02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

(e) simboliese tekens van ten minste 300mm x 300mm in grootte wat rook

en oop vlamme verbied aangebring is op alle sye van die tydelike

installasie; en

(f) ‘n minimum van twee 9kg droë chemiese brandblussers geïnstalleer is

binne 10m van die tydelike installasie.

(3) Enige persoon wat versuim om aan die bepalings van hierdie artikel te

voldoen begaan ‘n misdryf.

106. Aflewering van gevaarhoudende stowwe

(1) Enige persoon wat gevaarhoudende stowwe aan enige leweransier of

gebruiker lewer –

(a) mag nie enige afleweringsvoertuig op of oor enige sypaadjie of ‘n

openbare pad parkeer nie;

(b) mag nie enige afleweringspyp op of oor enige sypaadjie, openbare pad

of ander persele plaas of toelaat dat dit daarop of daaroor lê, of deur of

oor ‘n gebou gaan, nie;

(c) moet verseker dat ‘n 9kg droë chemiese brandblusser beskikbaar en in

die onmiddellike omgewing vir gereedheid te alle tye geplaas is;

(d) moet verseker dat gedurende die pompoordrag van gevaarhoudende

stowwe by wyse van ‘n pyp of slang, die afleweringsvoertuig en alle

komponenete van die oordrag ingesluit die opbergingsfasiliteit, verbind

en gegrond is;

(e) moet verseker dat die afleweringsvoertuig so geposisioneer is sodat dit

vinnig en maklik in die geval van ‘n noodsituasie verwyder kan word

sonder om die situasie te vererger; en

(f) moet verseker dat geen gevaarhoudende stowwe oorgeplaas word van

‘n afleweringsvoertuig na ‘n lekkende of stukkende fasiliteit.

(2) Die eienaar van enige apparaat wat verbind is met of gebruik word vir die

lewering van ‘n gevaarhoudende stof moet verseker dat die apparaat

ontwerp is vir die beoogde gebruik en in ‘n veilige en goeie werkende

toestand is.

(3) Die persoon in beheer van enige leweringsproses in verband met enige

gevaarhoudende stof moet redelike voorsorgmaatreëls tref om te verseker

dat geen gevaarhoudende stof op enige oppervlakte gemors word

gedurende die lewering of oordrag daarvan van ‘n afleweringsvoertuig na ‘n

opbergingsfasiliteit nie.

(4) Geen persoon mag enige gevaarhoudende stof na ‘n motorvoertuig,

vliegtuig, vaartuig, skip of boot oorplaas of die oorplasing daarvan toelaat

terwyl die kragtoevoer daarvan in werking is nie.

(5) Geen persoon mag ‘n gevaarhoudende stof na ‘n vliegtuig oorplaas nie

tensy en totdat die vliegtuig met die oorplasingsapparaat verbind en tot die

grond gegrond is.

(6) Enige persoon wat versuim om aan die bepalings van hierdie artikel te

voldoen begaan ‘n misdryf.

107. Sekere aksies verbode

56

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!