02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

(2) ‘n Munisipale bestuurder mag enige bevoegdheid wat ingevolge hierdie

Verordening aan hom verleen is delegeer in ooreenstemming met die

delegeringstelsel van die munisipaliteit wat ingevolge artikel 59 van die op

Munisipale Stelselswet ontwikkel is.

9. Brandweerhoof

(1) Die brandweerhoof het die bevoegdhede soos beoog in artikels 8(1) en 8(2)

van die Wet en moet ook –

(a) sodanige algemene bevele, prosedures, reëls en sodanige ander

maatreëls maak of implementeer as wat nodig geag word vir die

behoorlike administrasie en afdwinging van hierdie verordening; met

dien verstande dat die maak of implementering van sodanige algemene

bevele, prosedures, reëls en ander sodanige ander maatreëls nie

teenstrydig met die bepalings van hierdie verordening of enige ander

verordening of beleid van die munisipaliteit is nie.

(b) verseker dat kontaknommers ten opsigte van die diens beskikbaar

gemaak word aan die publiek en ander instellings of organisasies;

(c) die munisipale bestuurder in kennis stel van operasionele vereistes vir

die strukturering van die diens soos beoog in artikel 5.

(2) Nieteenstaande enigiets tot die teendeel vervat in enige ander wet, het die

brandweerhoof die bevoegdheid om die oorsaak, ontstaan en

omstandighede van enige brand of ander dreigende gevaar te ondersoek.

(3) Wanneer die brandweerhoof vir enige rede nie in staat is om sy ampspligte

te verrig nie, moet die munisipale bestuurder ‘n behoorlik gekwalifiseerde lid

van die diens as waarnemende brandweerhoof aanstel om die pligte en

bevoegdhede van die brandweerhoof te verrig.

10. Instruksies deur lede van diens

(1) Addisioneel tot enige bevoegdhede soos beoog in artikel 8 van die Wet,

mag ‘n lid enige instruksie aan enige persoon gee ten einde voldoening aan

hierdie verordening of die veiligheid van enige persoon of eiendom te

verseker.

(2) ‘n Instruksie mag mondelings of skriftelik gegee word en indien die

instruksie mondelings gegee word, moet die lid dit skriftelik bevestig en dit

by die vroegste geleentheid aan die persoon gee.

(3) ‘n Instruksie beoog in subartikel (3) mag insluit, maar is nie beperk tot ‘n

instruksie –

(a) vir die onmiddellike ontruiming van enige perseel;

(b) om enige perseel, of gedeelte daarvan, te sluit of te versper totdat enige

oortreding van hierdie verordening reggestel is;

(c) om enige aktiwiteit te staak;

(d) om enige onmiddellike bedreiging van die veiligheid van enige persoon

of eiendom te verwyder;

(e) om gespesifiseerde stappe te neem om onmiddellik of binne ‘n

gespesifiseerde tyd aan hierdie verordening te voldoen; en

15

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!