02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

(a) dit gehou word in die brandstoftenk van ‘n mototvoertuig vir normale

gebruik;

(b) dit gehou word in die brandstoftenk van ‘n stilstaande enjin : Met dien

verstande dat die volume van die brandstoftenk nie 1 000 liter oorskry

nie en dit omring word deur ‘n ondeurlatende keermeer, volumetries

geskik om die maksimum voorgestelde hoeveelheid vloeistof, plus 10%

van die volume van die tenk, te bevat.

(2) Enige persoon wat versuim om aan die bepalings van hierdie artikel te

voldoen begaan ‘n misdryf.

104. Hernuwing van spuitverf permitte en/of sertifikate van registrasie

(1) Enige houer van ‘n sertifikaat van registrasie of spuitpermit moet ‘n aansoek

vir die hernuwing van die sertifikaat of permit op die voorgeskrewe vorm en

voor die eerste werksdag van Desember elke jaar aan die munisipaliteit

voorlê, welke vorm vergesel moet wees van die voorgeskrewe gelde; met

dien verstande dat die munisipaliteit verdere, addisionele of gewysigde

planne van geregistreerde persele mag vereis vir doeleindes van

hernuwing.

(2) Enige persoon wat versuim om aan die bepalings van hierdie artikel te

voldoen is skuldig aan ‘n misdryf.

105. Tydelike opberging van gevaarhoudende stowwe

(1) Die munisipaliteit mag ‘n tydelike sertifikaat van registrasie uitreik vir ‘n

periode van nie meer as ses maande nie aan enige persoon wat vir bona

fide doeleindes meer gevaarhoudende stowwe as die hoeveelhede beoog

in artikel 101 van hierdie verordening, op die perseel benodig : Met dien

verstande dat –

(a) indien die gevaarhoudende stowwe benodig word vir of in verband met

uitgrawings, konstruksiewerk en padkonstruksie moet die hoeveelheid

beperk word tot 14 000 lter;

(b) ‘n aansoek voorgelê word op die voorgeskrewe vorm, vergesel van die

voorgeskrewe gelde en tesame met die planne vereis ingevolge artikel

100 van hierdie verordening; en

(c) die duur van tydelike opberging volgens die diskresie van die

brandweerhoof sal wees.

(2) Elke persoon wie se aansoek vir ‘n tydelike opbergingstenk goedgekeur is

moet verseker dat –

(a) die opbergingstenk omring is deur ‘n ondeurlatende keermuur,

volumetries geskik om die maksimum voorgestelde hoeveelheid

vloeistof, plus 10% van die volume van die tenk, te bevat;

(b) voorsiening gemaak is vir die afloop van moontlike reënwater vanaf die

keermure of keerwalle;

(c) die opbergingstenk nie opgerig is binne 5m van enige erfgrens, gebou,

uitgrawing, pad of rylaan nie;

(d) geen bron van aansteking of potensiële aansteking nader as 5m van die

opbergingstenk gebring word nie;

55

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!