02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

(e) terwyl enige persoon, behalwe die bestuurder of enige ander persoon

verantwoordelik vir ‘n bus beoog in die Nasionale Padverkeerswet, in of

op die bus is –

(i) die brandstoftenk volmaak of die volmaak daarvan toelaat; of

(ii) op die bus enige vlambare stof, behalwe in sy brandstoftenk, vervoer

of die vervoer toelaat; en

(f) enige vlambare stof aan enige perseel aflewer of voorsien of die

aflewering of voorsiening toelaat nie tensy die eienaar of persoon in

beheer van die perseel in besit is van ‘n geldige sertifikaat van

registrasie.

(3) Enige persoon wat subartikels (1) en (2) oortree begaan ‘n misdryf.

76. Gebruik, hantering en opberging van vloeibare petroleumgas

(1) Geen persoon mag vloeibare petroleumgas in enige hoeveelheid wat dié

aangedui in Bylae 2 oorskry, gebruik, hanteer of opberg nie tensy –

(a) die persoon in besit is van ‘n sertifikaat van registrasie beoog in artikel

64; en

(b) die gebruik, hantering en opberging van die vloeibare petroleumgas aan

die vereistes van SANS 087, Dele 1, 3, 7 en 10 voldoen.

(2) Vloeibare petroleumgas mag slegs gebruik, hanteer en opgeberg word

binne perseelgrense en met voldoening aan die veiligheidsafstande bepaal

in SANS 087, Dele 1, 3, 7 en 10.

(3) Enige opberging van vloeibare petroleumgassilinders by enige diensstasie

vir kleinhandeldoeleindes moet aan SANS 087, Deel 7, voldoen.

(4) Geen petroleumgassilinder mag by enige openbare uitstalling of

demonstrasie sonder die vooraf skriftelike toestemming van die

brandweerhoof gebruik, hanteer of opgeberg word nie.

(5) ‘n Aansoek om toestemming beoog in subartikel (4) moet skriftelik gedoen

word ten minste 14 dae voor die betrokke gebeurtenis.

(6) Die brandweerhoof mag enige redelike voorwaardes oplê vir die gebruik,

hantering of opberging van vloeibare petroleumgassilinders by enige

openbare uitstalling of demonstrasie, ingesluit maar nie daartoe beperk nie,

tot die getal silinders, wyse van opberging, veiligheidsafstande en ander

veiligheidsvereistes.

(7) Enige persoon wat enige vloeibare petroleumgassilinder gebruik, hanteer of

opberg by enige openbare uitstalling of demonstrasie moet aan enige

voorwaarde opgelê ingevolge subartikel (6) voldoen.

(8) Enige persoon wat subartikels (1), (2), (3), (4), (5), (6) en (7) oortree

begaan ‘n misdryf.

77. Vertoon van simboliese waarskuwingtekens vereis

(1) Die eienaar of enige persoon in beheer van enige perseel waar enige

vlambare of ontplofbare stof gebruik, hanteer of opgeberg word moet in die

geaffekteerde gedeelte van die perseel, simboliese tekens vertoon –

(a) wat rook en oop vlamme verbied;

(b) van ‘n grootte en getal bepaal deur die brandweerhoof; en

42

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!