02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

(7) Enige eienaar van persele of enige ander persoon wat betrokke is by enige

aktiwiteit soos beoog in hierdie artikel namens die eienaar en wat versuim

om aan die bepalings van hierdie artikel te voldoen, begaan ‘n misdryf.

101. Uitreiking van sertifikaat van registrasie

(1) Geen persoon mag op enige perseel gevaarhoudende stowwe gebruik of

toelaat dat dit gebruik, hanteer of opgeberg word in hoeveelhede wat meer

is as aangedui in Tabel 1 hieronder nie, tensy sodanige persoon in besit is

van ‘n sertifikaat van registrasie; met dien verstande dat hierdie artikel nie

van toepassing is nie op persele waar slegs een groep gevaarhoudende

stof gehou of gebruik word en waar die maksimum toelaatbare hoeveelheid

van sodanige stof nie oorskry word nie.

(2) Waar ingevolge subartikel (1) dit nie vereis word dat persele geregistreer

word nie, mag geen persoon enige gevaarhoudende stof gebruik of toelaat

dat dit gebruik, hanteer of opgeberg word nie behalwe in sodanige plek of

op so ‘n wyse wat sal verseker dat –

(a) geen gevaarhoudende stof of dampe in aanraking kom of moontlik in

aanraking sal kom met enige vlam, oop lig of ander bron van

aansteking;

(b) gevaarhoudende stowwe opgeberg word in sterk, geëtiketteerde en

digsluitende geseëlde houers terwyl nie in gebruik;

(c) die ontsnapping van mense of diere nie gehinder of belemmer sal word

in die geval van ‘n brand of noodsituasie nie; en

(d) geen persoon op enige sodanige perseel gevaarhoudende stowwe mag

gebruik of hanteer of veroorsaak of toelaat dat dit gebruik of hanteer

word, behalwe in ‘n paslike plek buitedeurs of in ‘n behoorlik

geventileerde vertrek.

(3) Geen sertifikaat van registrasie vir die gebruik, hantering of opberging van

gevaarhoudende stowwe mag ten opsigte van persele uitgereik word nie,

tensy al die toepaslike bepalings van hierdie verordening nagekom is en ‘n

skriftelike aansoek om registrasie op die voorgeskrewe vorm aan die

munisipaliteit voorgelê is, tesame met die voorgeskrewe gelde.

(4) ‘n Sertifikaat van registrasie –

(a) moet te alle tye in ‘n waterdigte houer op ‘n opsigtelike plek op die

perseel vertoon word soos aangewys deur ‘n lid van die munisipaliteit;

(b) moet in ‘n leesbare toestand gehou word;

(c) moet die groepe en hoeveelhede van gevaarhoudende stowwe

waarvoor die perseel geregistreer is, reflekteer;

(d) moet die getal bogrondse en/of ondergrondse opbergingstenks of

bergingsfasiliteite, en die kapasiteit van elke sodanige opbergingstenk

of bergingsfasiliteit, reflekteer; en/of

(e) moet die getal stoorkamers en die totale kapasiteit van elke stoorkamer

reflekteer; en/of

(f) moet die getal gasinstallasies, die soort gasinstallasie en die totale

volume en/of leweringskapasiteit van elke gasinstallasie reflekteer; en/of

52

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!