02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

(b) die spuit, verflaag, oorblaas of epoksieverf na gelang van die geval

uitgevoer word in ‘n spuitkamer goedgekeur deur die brandweerhoof op

‘n perseel geregistreer vir daardie doel.

(2) Enige persoon wat subartikel (1) oortree begaan ‘n misdryf.

125. Aansoek om spuitpermit

(1) Enige persoon wat ‘n spuitpermit wil bekom moet –

(a) ‘n aansoekvorm vir sodanige permit in die vorm en wyse soos

voorgeskryf voltooi en aan die brandweerhoof voorlê.

126. Kansellering van spuitpermit

(1) Die bepalings van artikel 45, gelees met die nodige wysigings, is van

toepassing op die kansellasie van enige spuitpermit deur die

brandweerhoof.

HOOFSTUK 13 : ALGEMEEN

127. Hantering van diere tydens noodgevalle

(1) Die eienaar, okkupeerder of persoon in beheer van enige dierkundige tuin,

voererf, stal, navorsingsinstituut, veeartseny praktyk of enige plek van

veeartseny wetenskaplike studie moet die professionele hantering van

enige dier op die perseel betrokke verseker tydens ‘n noodgeval.

(2) Nieteenstaande die bepalings van subartikel (1), mag die brandweerhoof

ten opsigte van enige perseel ‘n paslik gekwalifiseerde persoon magtig om

enige dier tydens ‘n noodgeval te hanteer of uit te sit.

(3) Die munisipaliteit mag enige koste aangegaan in verband met die

professionele hantering of uitsit van enige dier tydens ‘n noodgeval van die

eienaar of persoon in beheer van die perseel betrokke verhaal.

128. Vrystelling van bepalings van hierdie verordening

(1) Enige persoon mag skriftelik by die munisipaliteit aansoek doen om

vrystelling van enige bepaling van hierdie verordening, met spesifisering

van die redes vir vrystelling in sodanige aansoek.

(2) Die munisipaliteit mag ‘n vrystelling toestaan –

(a) in algemeen of in besonder;

(b) vir enige periode; en

(c) onderhewig aan enige voorwaarde wat in alle opsigte dieselfde

brandvoorkoming en beskerming wat die volle toepassing van hierdie

verordening tot gevolg sou hê, sal verskaf.

(3) Indien ‘n aansoek ingevolge subartikel (2) toegestaan word, moet die

munisipaliteit ‘n sertifikaat van vrystelling aan die persoon betrokke uitreik,

met spesifisering van die omvang en periode van die vrystelling en enige

voorwaardes opgelê.

(4) Die munisipaliteit mag ‘n sertifikaat van vrystelling te enige tyd wysig of

terugtrek.

65

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!