02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Sluit in groot winkel/vermaaklikheidsentrums, informele nedersettings, hawens,

hospitale, gevangenisse, groot lughawe geboue, toringgeboue en petrochemiese

aanlegte.

Nota : Toringgeboue is ‘n integrale deel van sentrale sakedistrikte en sal daarom

ingesluit word onder Kategorie A. Geboue met groot brandveiligheid of ander

risiko implikasies mag egter as spesiale risiko’s geklassifiseer word.

‘‘brandweerhoof’’ beteken die brandweerhoof aangestel deur die munisipaliteit

ingevolge artikel 5 van die Wet op Brandweerdienste en sluit in enige persoon

aangestel as waarnemende brandweerhoof;

“brandweertoerusting” beteken enige draagbare of mobiele brandblusser,

slangtol of brandkraan;

“Burgerlike Lugvaartowerheid’ beteken die Suid-Afrikaanse

Burgerlugvaartowerheid ingestel ingevolge artikel 2 van die Wet op Suid-

Afrikaanse Burgerlike Lugvaartowerheid, 1998 (Wet No 40 van 1998);

‘‘diens’’ beteken die brandweerdiens ingestel en onderhou deur die munisipaliteit

soos beoog in artikel 4;

“diensinstallasie” beteken enige outomatiese brandblusinstallasie,

brandpompaansluiting, noodkrag of bystandgenerator, brandbespeurder,

opsporings of alarmstelsel, noodbeligting of ontruimingskommunikasiestelsel,

meganiese ventilasiestelsel, drukreguleringstelsel, rookventilasiestelsel,

hystoestel, simboliese veiligheidsteken en rook of branddeurtoestel;

“dier” beteken enige dier wat vir huishoudelike, teel, navorsing, landboukundige,

herverkoop, veeartseny behandeling of diermaatskaplike doeleindes binne die

munisipale gebied aangehou word;

“distrik” beteken die jurisdiksie gebied van die Matzikamma munisipaliteit en

sluit in die jurisdiksie gebied van die Kategorie B munisipaliteite binne sodanige

gebied is;

‘‘eienaar’’ het sy gemenereg betekenis en sluit in –

(a) ‘n huurder of ander persoon wat die grond betrokke ingevolge ‘n kontrak,

testamentêre dokument, wet of ‘n bevel van ‘n Hoër Hof beheer;

(b) met betrekking tot grond beheer deur ‘n gemeenskap, die uitvoerende

liggaam van die gemeenskap ingevolge sy grondwet of enige wet of

gebruik;

(c) met betrekking tot Staatsgrond wat nie beheer word deur ‘n persoon beoog

in paragraaf (a) of ‘n gemeenskap nie –

(i) die Minister van die Staatsdepartement of die lid van die uitvoerende

raad van die provinsiale administrasie wat beheer uitoefen oor daardie

Staatsgrond; of

(ii) ‘n persoon deur hom of haar gemagtig; en

(d) met betrekking tot die munisipaliteit, die munisipale bestuurder van die

munisipaliteit of ‘n persoon deur hom of haar gemagtig;

‘‘gebou’’ beteken –

(a) enige struktuur, hetsy van ’n tydelike of permanente aard en ongeag die

materiaal wat by die bou daarvan gebruik is, wat opgerig is of gebruik word

vir of in verband met -

(i) die akkommodasie of gerief van mense of diere;

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!