02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

(i) Klas IA : vloeistof wat ‘n toe-deksel vlampunt onder 23°C en ‘n

kookpunt van onder 35°C het;

(ii) Klas IB : vloeistof wat ‘n toe-deksel vlampunt van onder 23°C en ‘n

kookpunt van 38°C of meer het;

(iii) Klas IC : vloeistof wat ‘n toe-deksel vlampunt van 23°C of meer maar

onder 38°C het;

(c) Klas II : vloeistof wat ‘n toe-deksel vlampunt van 38°C of meer maar onder

60,5°C het;

(d) Klas IIIA : vloeistof wat ‘n toe-deksel vlampunt van 60,5°C of meer maar

onder 93°C het; en

(e) Klas IIIB : vloeistof wat ‘n toe-deksel vlampunt van 93°C of meer het;

“landbouhoewe” beteken ‘n grondgedeelte nie minder as 0,8 hektaar in grootte

wat uitsluitlik of hoofsaaklik vir doeleindes van landbou, tuinbou of vir die teel of

aanhou van mak diere, pluimvee of bye gebruik word;

“lid” beteken ‘n lid van die diens en sluit die brandweerhoof in;

‘‘munisipale bestuurder’’ beteken ’n persoon aangestel ingevolge artikel 82 van

die Munisipale Strukturewet of sy genomineerde;

‘‘Munisipale Strukturewet’’ die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale

Strukture, 1998 (Wet 117 van 1998);

‘‘munisipaliteit’’ beteken die Matzikamma munisipaliteit, ingestel ingevolge

artikel 12 van die Munisipale Strukturewet, 117 van 1998, en sluit in enige

politieke struktuur, politieke ampsbekleër, raadslid of behoorlik gemagtigde agent

of enige werknemer wat ingevolge hierdie verordening handel uit hoofde van ‘n

bevoegdheid wat by die munisipaliteit berus en gedelegeer of gesubdelegeer is

aan sodanige politieke struktuur, politieke ampsbekleër, raadslid, agent of

werknemer;

‘‘Nasionale Bouregulasies’’ beteken die Wet op Nasionale Bouregulasies en

Boustandaarde, 1977 (Wet 103 van 1977) en enige regulasies gemaak ingevolge

daardie Wet;

‘‘Nasionale Padverkeerswet’’ beteken die Nasionale Padverkeerswet, 1996

(Wet 93 van 1996) en enige regulasies gemaak ingevolge daardie Wet;

“noodgeval” beteken enige insident of gebeurlikheid wat enige persoon of

eiendom ernstig in gevaar stel of in gevaar mag stel;

‘‘noodontruimingsplan’’ beteken ’n noodontruimingsplan beoog in artikel 38;

‘‘noodroete’’ beteken daardie deel van enige ontsnaproete wat –

(a) brandbeskerming bied aan die okkupeerders van enige gebou; en

(b) na ’n ontsnapdeur lei;

‘‘okkupeerder’’ beteken enige persoon wat enige perseel okkupeer of beheer

daaroor het;

“omheinde plek” in verband met huishoudelike diere, beteken enige kraal, hok,

kamp of soortgelyke omheining waar huishoudelike diere aangehou of geoefen

word;

‘‘ondergrondse tenk’’ beteken enige tenk wat gebruik word of bedoel is om

gebruik te word vir die opberging van vlambare vloeistof en wat heeltemal in die

grond versink is en onder die oppervlak van die grond is;

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!