02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

tesame met die voorgeskrewe gelde en ‘n sketsplan van die voorgenome

plek van die vuurwerke vertoning, ingesluit die afgebakende gebied vir die

afvuur en uitval van die vuurwerke.

(3) Die aansoek, voorgeskrewe gelde en gepaardgaande dokumente moet aan

die brandweerhoof voorgelê word ten minste 14 dae voor die datum van die

voorgestelde vuurwerke vertoning.

62. Handel in vuurwerke

(1) Geen persoon mag met vuurwerk handel nie tensy –

(a) daardie persoon in besit is van die vereiste vuurwerke lisensie

ingevolge die Wet op Ontplofbare Stowwe; en

(b) skriftelike magtiging van die brandweerhoof het.

(2) Enige persoon wat die skriftelike magteging van die brandweerhoof wil

verkry om met vuurwerke te handel soos beoog in subartikel (1) moet -

(a) ‘n aansoekvorm voltooi in die formaat en wyse bepaal deur die

munisipaliteit; en

(b) dit aan die brandweerhoof tesame met die voorgeskrewe gelde voorlê

ten minste 30 dae voordat die magtiging deur die aansoeker benodig

word.

(3) Die brandweerhoof mag enige magtiging om met vuurwerke te handel

kanselleer indien die houer van die magtiging enige bepaling van hierdie

verordening oortree.

63. Beslaglegging op vuurwerke

(1) ‘n Lid van die diens mag enige vuurwerke wat deur hom gevind word in

stryd met artikel 61(1) in sy besit neem en sodanige vuurwerke moet mee

gehandel word ingevolge die betrokke gedeeltes van die Strafproseswet

met betrekking tot beslaglegging en weddoening.

HOOFSTUK 6 : SERTIFIKAAT VAN REGISTRASIE VIR GEBRUIK,

HANTERING EN OPBERGING VAN VLAMBARE STOWWE

64. Gebruik, hantering en opberging van vlambare stowwe verbode in

sekere omstandighede

(1) Onderhewig aan die bepalings van subartikel (3) mag geen persoon enige

vlambare stof op enige perseel gebruik, hanteer of opberg nie of toelaat dat

sodanige stof gebruik, hanteer of opgeberg word tensy sodanige persoon

die houer is van ‘n sertifikaat van registrasie ten opsigte van vlambare

stowwe en die perseel betrokke uitgereik deur die brandweerhoof.

(2) ‘n Sertifikaat van registrasie beoog in subartikel (1) word nie benodig nie

indien die vlambare stof betrokke van ‘n klas is en nie die hoeveelheid

aangedui in Bylae 2 oorskry nie.

(3) Geen persoon mag enige vlambare stof op enige perseel gebruik, hanteer

of opberg nie of toelaat dat sodanige stof gebruik, hanteer of opgeberg

word tensy die vlambare stof –

(a) gebruik, hanteer of opgeberg word op ‘n wyse wat verseker dat –

37

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!