02.05.2013 Views

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

kaapse wynland distriksmunisipaliteit - Matzikama Munisipaliteit

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

of kennisgewing op ‘n opvallende plek by of naby die ingang tot sodanige

perseel opgeplak word en moet die lasgewing of kennisgewing per

geregistreerde pos gepos word na die laaste bekende adres van die

eienaar, die persoon in beheer van die perseel, of albei.

(4) ‘n Eienaar of die persoon in beheer van persele wie se regte geaffekteer

word deur enige besluit van die brandweerhoof soos beoog in subartikel (1)

mag teen sodanige besluit appèlleer ingevolge artikel 62 van die Munisipale

Stelselswet.

22. Betaling vir dienste

(1) Die munisipaliteit mag die gelde bepaal wat betaalbaar is deur ‘n persoon

namens wie die munisipaliteit enige diens gelewer het soos beoog in hierdie

verordening.

(2) Die Munisipaliteit mag ‘n voorgeskrewe geld hef vir die verskaffing van ‘n

inspeksie, herinspeksie of enige ander diens, ingesluit die goedkeuring of

uitreiking van permitte soos beoog in hierdie verordening.

(3) Enige koste aangegaan deur die munisipaliteit vir enige aksie nodig om ‘n

brandgevaar, ongeluk of ander dreigende gevaar te voorkom sal geag word

‘n geld betaalbaar deur ‘n persoon vir die dienste gelewer soos beoog in

subartikel (1).

(4) Enige koste aangegaan deur die munisipaliteit met betrekking tot die

ondersoek of analise van enige monster geneem van enige perseel vir

doeleindes van hierdie verordening, en ‘n verslag oor sodanige analise deur

‘n instelling geakkrediteer deur die brandweerhoof vir daardie perseel, mag

van die eienaar of persoon in beheer van die perseel verhaal word indien

sodanige eienaar of persoon in beheer nie aan hierdie verordening ten

opsigte van die betrokke stof voldoen nie.

(5) Ongeag die bepalings van subartikel (1) mag die brandweerhoof die

saamgestelde gelde beoog in subartikel (1) of enige gedeelte daarvan

bepaal; met dien verstande dat sodanige gedeelte nie minder is as negentig

persent van die saamgestelde gelde wat betaalbaar sou gewees het nie;

met dien verstande verder dat in die bepaling van sodanige gelde of

gedeelte daarvan, die nodige ag gegee word, benewens ander faktore,

aan-

(a) die feit dat die bedrag so bepaal vergelykbaar sal wees met die dienste

gelewer;

(b) die wyse, plek en oorsprong van vuur of ander noodsituasie;

(c) die verlies wat deur die vuur of ander noodsituasie aan die persoon

verantwoordelik vir betaling van die gelde veroorsaak sou gewees het

indiens die dienste nie gelewer was nie.

(6) Waar gelde bepaal is ingevolge subartikel (5)(a) en die persoon

verantwoordelik vir betaling van sodanige gelde is gegrief deur of met

sodanige bepaling, mag hy ‘n skriftelike appèl indien ingevolge artikel 132

van hierdie verordening.

23. Gesamentlike Brandweerdiens Komitee

19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!