Registratreurskonferensiebesluite - Aktepraktyk.co.za
Registratreurskonferensiebesluite - Aktepraktyk.co.za
Registratreurskonferensiebesluite - Aktepraktyk.co.za
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Registrateurskonferensiebesluite

aanvulling tot die

Selfstudie aktekursus

Die Registrateurskonferensiebesluite is gesorteer en volg die volgorde van die hoofstukke en

paragrawe in Dele 1,2 en 3 van die kursusnotas.

Deel 1

Aktepraktyk en die Registrasie van Akteswet

Hoofstuk 1 - Algemene Agtergrond

Paragraaf 3 Die Aktekantoor

Paragraaf 4 Die rol van die Transportbesorger

Vraag Regulasie 45(1) tot die Registrasie van Akteswet bepaal onder andere dat “Alle

aktes, verbande, dokumente en prokurasies wat vir verlyding of registrasie, na

gelang van die geval, geskik is deur ‘n transportbesorger wat by die setel van

die registrasiekantoor praktiseer of deur ‘n persoon wat in diens van ‘n

transportbesorger is ... ingedien moet word...” Hoe moet die frase ...”

transportbesorger wat by die setel van die registrasiekantoor praktiseer...”

geinterpreteer word met betrekking tot die grense of radius van ‘n betrokke

aktekantoor?

Besluit RKB18/2003 1 is bevestig - (RKB7/2008).

Hoofstuk 2 - Transportprosedures

Paragraaf 4.3 Uitklaringsyfers

Vraag Word enige diskresie nog toegelaat aangaande die nie-indiening van

belastinguitklaringsertifikate met betrekking tot “eiendom” soos gedefinieer in

die Munisipale Eiendomsbelasting Wet 6 van 2004?

Besluit Nee, slegs die plaaslike owerhede kan bewys in die verband verskaf 2 -

(RKB47/2009).

1 RKB18/2003 bepaal dat die woord “setel” nie in die Registrasie van Akteswet gedefinieer word nie. Aktekantore

moet gelei word deur die definisie van “registrasiekantoor” in artikel 102 van die Registrasie van Akteswet.

Artikel 102 van gemelde wet bepaal onder andere dat registrasiekantoor beteken: i) indien gebesig met

betrekking tot onroerende goed, die registrasiekantoor van aktes vir die gebied waarin daardie goed geleë is;

en ii) indien gebesig met betrekking tot ‘n akte of ander dokument, ‘n registrasiekantoor van aktes in die

Republiek waarin daardie akte of ander dokument geregistreer of registreerbaar is.

2 Dit beteken dat indien die plaaslike owerheid jou nie van ‘n uitklaringsertifikaat kan voorsien vir enige “eiendom”

(wat insluit die sessie van saaklike regte en deeltiteleenhede, uitsluitlike gebruiksgebiede, saaklike regte van

uitbreiding ens.), moet hul jou van ‘n sertifikaat voorsien dat hulle nie in staat is om sodanige uitklaringsertifikaat

aan jou te verskaf nie en dat oordrag sonder sodanige uitklaringsertifikaat mag plaasvind.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 1
Uitklaringsertifikate vir oordrag van dieselfde eiendom

Probleemstelling: A transporteer aan B wie onmiddellik dieselfde eiendom aan C oordra.

Die transaksie tussen B en C word nie gelyktydig met die een van A na B

ingedien nie. Die uitklaringsertifikaat uitgereik vir die transaksie waarby A aan

B betrokke is, is geldig vir ‘n tydperk van 60 dae en binne hierdie tydperk word

die transaksie vanaf B na C ingedien met die uitklaringsertifikaat wat met die

vorige transaksie vanaf A aan B ingedien is. Daar word verstaan dat indien die

hele stel gelyktydig ingedien sou word, hierdie uitklaringsertifikaat wel aanvaar

sou word vir beide transaksies. Stem die konferensie saam?

Besluit Nee, dieselfde uitklaringsertifikaat mag nie gebruik word nie – (RKB36/2011).

Paragraaf 8 Indiening, voorbereiding en registrasie

Vraag Dit wil voorkom asof daar geen eenvormige prosedure in aktekantore bestaan

aangaande die hantering van sekere dokumente nie. Sekere aktekantore sal

‘n dokument met die relevante akte liasseer wat die dokument (toestemming)

vereis en ‘n nota op die betrokke indienomslag maak dat die gemelde

dokument nou in ‘n ander indienomslag geliasseer is. Sekere aktekantore gee

dit ‘n BC nommer en ander dien dit in as ‘n ondersteunende dokument met die

akte, ensovoort.

Besluit Registrasiehandelinge, soos voorsiening gemaak in artikel 39(1), moet in ‘n

aparte indienomslag ingedien word, met ‘n BC kode en ‘n fooi is betaalbaar.

Sien RKB2 van 2009. Alle ondersteunende dokumente moet saam met die

relevante akte ingedien word en nie in ‘n aparte indienomslag nie. Hierdie

besluit is, met die nodige veranderinge, ook op die opening van ‘n

deeltitelregister van toepassing - (RKB 26/2009).

Paragraaf 8.3 Omstandighede waar dit nie nodig is om die titelakte in te dien

nie

Regulasie 51(2)

Vraag Hierdie regulasie maak vir die oordrag van onroerende eiendom voorsiening

sonder die voorlegging van die titelakte. Mag feite-endossemente op die

aktekantoorafskrif van ‘n titelakte gemaak word wat nodig is alvorens oordrag

van die eiendom kan plaasvind? (Mag aansoeke teen die aktekantoorafskrif

van die titelakte geëndosseer word, byvoorbeeld ‘n artikel 4(1)(b) aansoek, ten

einde daarna oordrag te bewerkstellig?)

Besluit Ja, die bewoording van die regulasie moet geїnterpreteer word om te beteken

dat alle registrasie handelinge wat nodig is om oordrag te bewerkstellig op die

aktekantoorafskrif van die titelakte gedoen kan word, met dien verstande dat

die applikant die nodige locus standi het om die betrokke aansoek te bring –

(RKB32/2011).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 2
Afskrifte van kwitansies kragtens regulasie 20(7) van die Registrasie van Akteswet

Vraag Mag ‘n registrateur kragtens regulasie 20(7) van die Registrasie van Akteswet,

‘n afskrif van ‘n hereregtekwitansie of belastinguitklaringsertifikaat,

gesertifiseer deur ‘n transportbesorger of notaris as ‘n ware afskrif van die

oorspronklike, aanvaar?

Besluit Nee, ‘n afskrif van ‘n uitklaringsertifikaat kan nie aanvaar word nie, aangesien

die oorspronklike nie in ‘n staatskantoor geliasseer is nie. ‘n Afskrif van ‘n

hereregtekwitansie, deur die Ontvanger van Inkomste as ‘n ware afskrif van

die oorspronklike gesertifiseer, mag egter wel aanvaar word – (RKB39/2010).

Hoofstuk 4 - Akte van Transport

Hoofstuk 3 Reëls van toepassing op die voorbereideing van aktes en

registreerbare dokumente

Regulasie 23: Letter grootte van woorde in aktes

Vraag Daar is omsendskrywes rakende die letter grootte van aktes wat opgestel

word, vir doeleindes van leesbaarheid op mikrofilm. Kan ‘n kleiner grootte

aanvaar word of nie?

Besluit Nee. ‘n Letter grootte wat kleiner as 2mm is sal nie aanvaar word nie –

(RKB30/2011).

Paragraaf 4.3 Aanhef

BESKRYWING VAN PERSONE WAT IN HUL PERSOONLIKE HOEDANIGHEID OPTREE

Algemene reels van toepassing op die beskrywing van natuurlike persone - afkorting

van identiteitsnommer

Vraag Die Aktepraktyk Handleiding bepaal dat die identiteitsnommer in aktes en

dokumente voorafgegaan moet word met die woord “identiteitsnommer” en dat

die afkorting “ID nommer” nie gebruik mag word nie, aangesien dit die

aanvaarde afkorting vir idem (dieselfde) is. Mag die afkorting “ID” (in

hoofletters) nie toegelaat word nie?

Besluit Nee. Afkortings met betrekking tot die identiteitsnommer word nie in aktes en

dokumente toegelaat nie - (RKB31/2006).

RKB 31 van 2006 en RKB 14 van 2008: Gebruik van Afkortings in aktes en dokumente

Vraag RKB 14 van 2008 verbied die gebruik van sekere afkortings. Hierdie praktyk

word egter toegelaat kragtens die bepalings van artikel 11 van die

Maatskappywet 71 van 2008. Behoort RKB14 van 2008 nie teruggetrek te

word nie?

Besluit Nee, RKB word bevestig – (RKB13/2012). 3

RKB 21 van 2004: Egskeidingsbevele

Vraag RKB 21 van 2004 4 moet uitgebrei word om daardie gevalle in te sluit waar die

3 Dit is slegs die woorde “identiteitsnommer” en “registrasienommer” wat nie afgekort mag word nie.

4 Hierin is besluit dat ‘n egskeidingshofbevel ingedien moet word waar ‘n eienaar wat voorheen buite

gemeenskap van goed getroud was of wie se huwelik deur die wette van ‘n ander land beheers was, nou met

die eiendom handel en as ongetroud beskryf word. Die rede hiervoor is dat die aktekantoor vas moet stel of die

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 3
voormalige gade oorlede is. Dit sal verpligtend wees om die sterftesertifikaat

van die oorlede gade as ‘n ondersteunende dokument in te dien.

Besluit RKB 21 van 2004 word bevestig. Die betrokke aangeleentheid is alreeds

aangespreek in RKB 15 van 2005 5 – (RKB10/2010).

Item 8 - Persone getroud volgens die wette van ‘n ander land

Registrateur het ‘n diskresie om af te sien van die bystand van die gade

Vraag Moet die gade wat handel met eiendom wat in sy/haar naam geregistreer is, in

sodanige handeling bygestaan word deur sy/haar gade?

Besluit Ja, maar die registrateur van aktes mag sy/haar diskresie uitoefen om af te

sien van die nodige bystand deur die gade in terme van artikel 17(6) van die

Registrasie van Akteswet vir die uitvoering van enige akte of dokument wat

vereis of aanvaar word vir registrasie in ‘n aktekantoor - (RKB14/2005).

Item 10 – Persone getroud kragtens die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike

Beskrywing van partye in ‘n poligame huwelik

Vraag Gegewe die saak van Ngwenyama v Mayelane and Another 474/2011 [2012]

ZASCA 94 gedateer 1 Junie 2012, hoe moet ‘n persoon beskryf word wat

huidiglik ‘n gade in ‘n monogame gebruiklike huwelik wat geag word binne

gemeenskap van goed te wees en wat ‘n poligame gebruiklike huwelik

aangegaan het, sonder die vereiste hofbevel soos voorsiening gemaak in

artikel 7(6) van Wet 120 van 1998?

Besluit Die volgende is die behoorlike manier om sodanige person te beskryf:

“A Identiteitsnommer ………….. en B Identiteitsnommer………..

Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar

en

A, getroud kragtens gewoontereg” – (RKB28/2012)

Item 11 - Registrasie in naam van ‘n vennootskap - partye getroud binne gemeenskap

van goedere met mekaar

Scenario Waar partye binne gemeenskap van goed getroud is en ’n

vennootskapsooreenkoms aangegaan het, behoort daar geen beswaar teen

die registrasie van onroerende eiendom in die naam van die vennootskap te

wees nie. ‘n Persoon wat binne gemeenskap van goed getroud is, is geregtig

om ‘n vennootskapsooreenkoms aan te gaan met ‘n ander persoon.

Vraag Hoekom behoort hulle verhoed te word om sodanige ooreenkoms met mekaar

aan te gaan?

Besluit Vanuit ‘n registrasie oogpunt is daar geen verbod teen die registrasie van

onroerende eiendom in die naam van ‘n vennootskap waar twee vennote binne

gemeenskap van goed met mekaar getroud is nie. - (RKB3/2005).

Scenario Partye getroud binne gemeenskap van goed met mekaar is elk geregtig op

een halwe aandeel van die bates van die gemeenskaplike boedel.

Vraag Mag die vennootskapsooreenkoms lees dat elke vennoot ‘n verskillende

regte van derde partye geraak word en of die terme van die hofbevel, waar van toepassing nagekom word.

5 Hierin is besluit dat waar die status van partye, getroud buite gemeenskap van goed of wie se huwelik beheers

word deur die wette van ‘n ander land, verander het as gevolg van die afsterwe van die gade, dit nie nodig is

om ‘n sterftesertifikaat of sterfkennis in te dien ten einde te bewys dat die gade oorlede is en dat die egskeiding

nie plaasgevind het nie. ‘n Aktevervaardigersertifikaat sal voldoende wees.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 4
aandeel in die vennootskap het?

Besluit Die gemeenregtelike posisie met betrekking tot die aandeel van elke party tot

‘n huwelik binne gemeenskap van goed kan nie deur ‘n

vennootskapsooreenkoms verander word nie. Die eiendom moet vestig in die

name van beide gades, getroud binne gemeeskap van goed met mekaar dit is

“... wie gesamentlik in vennootskap besigheid bedryf as ...”. - (RKB5/2006).

Vraag Mag partye getroud binne gemeenskap van goed met mekaar, met mekaar ‘n

vennootskapsooreenkoms aangaan?

Besluit Ja. 6

Beskrywing van ‘n Commenditaire vennootskap

Vraag Kan ‘n vestigingsklousule verwys na ‘n Commenditaire vennoot 7 in aktes en

dokumente?

Besluit Nee. Die bepalings van regulasie 34 van die Registrasie van Akteswet, Wet

47 van 1937 maak nie vir sodanige openbaarmaking of verwysing voorsiening

nie – (RKB22/2012).

Item 17 - Aard van huwelik

Scenario ‘n Aktevervaardiger mag sertifiseer met betrekking tot die aard van ‘n huwelik,

indien die identiteitsdokument / huweliksertifikaat nie die aard van die huwelik

weerspieël nie.

Vraag Mag die aktevervaardiger in die eerste plek sertifiseer met betrekking tot die

aard van die huwelik of mag hy/sy slegs sertifiseer dat die identiteitsdokument

/ huweliksertifikaat nie die aard van die huwelik weerspieël nie?

Besluit Die huweliksertifikaat sal voldoende wees tensy dit nie die aard van die

huwelik weerspieël nie. In sodanige geval moet ‘n beëdigde verklaring deur

die party / partye ingedien word - (RKB4/2006). (Meeste huweliksertifikate dui

nie die aard van die huwelik aan nie. Dit beteken dat waar die aard van die

huwelik nie op die huweliksertifikaat aangedui word nie, moet ‘n beëdigde

verklaring deur die paartjie ingedien word waarin die aard van die huwelik

bevestig word, byvoorbeeld of hulle binne of buite gemeenskap van goed

getroud is, volgens moslem of hindu gebruike of die wette van ‘n vreemde

(ander) land, ens.)

Item 17 - Bewys van gebruiklike huwelik

Vraag Watter bewys moet ingedien word dat ‘n geldige gebruiklike huwelik in terme

van die Wet op Gebruiklike Huwelike 120 van 1998 bestaan?

Besluit a) Bewys vanaf die Departement van Binnelandse Sake; of

b) ‘n Hofbevel - (RKB31/2005 soos bevestig deur RKB8/2006).

BESKRYWING VAN PERSONE WAT IN ‘N VERTEENWOORDIGENDE HOEDANIGHEID

OPTREE

Item 1 - maatskappye en beslote korporasies

Verwysing na maatskappybesluit

Vraag Is dit ‘n vereiste in terme van Regulasie 44A(d)(ii)(aa), om na die

6 Registrateurskonferensie besluit 8 van 2007 waardeur RKB3/2005 en RKB5/2006 bevestig is.

7 Met ander woorde ‘n stulswyende vennoot.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 5
maatskappybesluit in die volmag te verwys?

Besluit Die aanhef van die volmag, aansoek of toestemming moet bepaal of die

magtiging in terme van ‘n besluit of ‘n algemene volmag is, sonder om volle

besonderhede van die besluit te openbaar - (RKB7/2005 soos bevestig deur

RKB8/2008). 8

Afkorting van registrasienommer van maatskappye, beslote korporasies, trusts, ens.

Vraag Daar word verskillende afkortings gebruik met betrekking tot die woorde

“registrasienommer” in aktes en dokumente, byvoorbeeld: Reg Nommer.

Registrasie Nr. Wat is aanvaarbaar?

Besluit Afkortings van die woord “registrasienommer” van maatskappye, beslote

korporasies, trusts, ens. is nie in aktes en dokumente wat vir registrasie

ingedien word aanvaarbaar nie – (RKB14/2008)

RKB31 van 2006 en RKB 14 van 2008: Gebruik van afkortings in aktes en dokumente

Vraag RKB14 van 2008 verbied die gebruik van sekere afkortings. Hierdie praktyk

word egter toegelaat kragtens die bepalings van artikel 11 van die

Maatskappywet 71 van 2008. Behoort RKB 14 van 2008 nie teruggetrek te

word nie?

Besluit Nee, RKB 14 van 2008 word bevestig – (RKB14/2012). 9

Item 2 – Trusts

Bewind trust

Vraag Hoe moet ‘n “bewind trust” beskryf word in aktes en dokumente?

Besluit Dit moet op dieselfde manier beskryf word as enige ander mortis causa of inter

vivos trust (sien die woordomskrywing van “trust” in die Wet op Beheer van

Trustgoedere, 1998 (Wet 57 van 1998) – (RKB21/2012).

Item 6 - Insolvente boedels - (natuurlike persone)

Vraag Hoe moet die aanhef van ‘n akte van transport ingeklee word, waar die

eiendom geregistreer is in die naam van A, getroud buite gemeenskap van

goed en B, getroud buite gemeenskap van goed en die kurator in die

insolvente boedel van A ook die eiendom wat aan B (synde die gade van A)

behoort verkoop kragtens artikel 21(3) van die Insolvensiewet, 1936:

Besluit Die kurator in die insolvente boedel van A

Identiteitsnommer …

Getroud buite gemeenskap van goed

en handelend kragtens artikel 21(3) van Wet 24 van 1936

in die insolvente boedel van

B

8 Kragtens die besluit aanvaar die opsteller nie aanspreeklikheid in terme van regulasie 44A(d)(ii)(aa) vir die

mandaat in terme van die algemene volmag nie (sien die verwysing na regulasie 65 in regulasie 44A(d)(ii)(aa)).

Dit is dus steeds die registrateur se verantwoordelikheid om algemene volmagte na te gaan waarna verwys

word in volmagte, aansoeke en toestemmings. Die aanhef moet slegs bepaal of die magtiging in terme van ‘n

besluit of ‘n algemene volmag is sonder om volle besonderhede van die besluit te verskaf.

9 Slegs die gevalle na verwys in RKB31/2006, naamlik “identiteitsnommer” en in RKB14/2008, naamlik

“registrasienommer” mag nie afgekort word nie.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 6
Identiteitsnommer …

Getroud buite gemeenskap van goed - (RKB46/2009) 10

Paragraaf 4.4 Die causa klousule

Vraag Waar grond ‘n bate in ‘n gemeenskaplike boedel gevorm het van gades wat

geskei het en na die egskeiding het die partye die ooreenkoms gewysig,

sonder benadeling van derde partye, om saam die grond te verkoop, moet die

causa van die transport die volle feite openbaar of slegs dat die komparant se

prinsipaal die grond verkoop het?

Besluit Die causa van die transportakte hoef slegs die verkoping te reflekteer -

(RKB24/2006).

Vraag Die South African National Roads Agency Limited onteien ‘n gedeelte van ‘n

eiendom wat 200 vierkante meter groot is. Toe eiendomsreg van die

onteiende eiendom getransporteer moet word, blyk dit dat daar in die

tussentyd ‘n ander ooreenkoms met die geregistreerde eienaar van die

eiendom aangegaan is om ‘n addisionele 400 vierkante meter te transporteer.

Een kaart is opgestel met betrekking tot die hele 600 vierkante meter. In die

transportakte kom daar ‘n tweeledige causa voor, naamlik onteiening van 200

vierkante meter en die geskrewe ooreenkoms om die ander 400 vierkante

meter te transporteer. Kan dit in een transportakte oorgedra word?

Besluit Nee, aangesien die causa nie dieselfde is nie, moet die onteieningstransport

en die ooreenkoms afsonderlik van mekaar hanteer word. Die causa vir ‘n

artikel 31 transport is óf vestiging óf onteiening. Waar die

onteieningkennisgewing gelig word, kan eiendomsreg van die geheel van die

eiendom met een transport oorgedra word. Alternatiewelik kan dit kragtens

een vestigingstransport gedoen word soos wat daar in artikel 31 van die

Registrasie van Akteswet voorsiening gemaak word, op voorwaarde dat artikel

41(3) van die Wet op Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk en

op Nasionale Paaie 7 van 1998 voldoen word - (RKB37/2009).

Vraag Is die blote verwysing na ‘n ooreenkoms ‘n geldige causa vir ‘n transport van

onroerende eiendom?

Besluit Nee, ‘n blote verwysing na ‘n ooreenkoms is onvoldoende - (RKB38/2009). 11

Paragraaf 4.5 Die vestigingsklousule

Vraag Is dit toelaatbaar om eiendom as volg te vestig, indien partye nie as vennote

handel dryf nie, maar slegs ‘n gesamentlike onderneming bedryf?

1 Bellandia (Edms) Bpk

Registrasienommer. 1967/006312/07

2 Boness Development Phase 3 (Edms) Bpk

Registrasienommer. 1994/008516/07

10 Die gade van die insolvent moet ook beskryf word, aangesien dit geag word dat hy/sy ook insolvent is vir

doeleindes van die Insolvensiewet, tensy die kurator ‘n vrystelling (“disclaimer”) met betrekking tot die eiendom

wat in die naam van sodangie gade geregistreer is, gegee het.

11 In die causa moet vermeld word waaruit die ooreenkoms voortvloei, byvoorbeeld ‘n egskeiding, verkoping,

skenking ensovoorts.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 7
3 Southern Spirit Properties 156 (Edms) Bpk

Registrasienommer. 2005/020284/07

handeldrywend in gesamentlike onderneming as BREë STRAAT

GESAMENTLIKE ONDERNEMING

Besluit Die vestiging in ‘n gesamentlike onderneming is nie toelaatbaar nie, aangesien

dit nie ‘n regspersoon is nie. - (RKB29/2007).

Item 8

Vestiging van landbougrond in die name van gades wie se huwelik deur die reg van ‘n

ander land beheer word.

Vraag Waar partye binne gemeenskap van goed met mekaar getroud is word die

bepalings van die Wet op Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970 nie

oortree nie soos voorsiening gemaak in artikel 17(5)(a) van die Registrasie van

Akteswet. Hoe moet vestiging plaasvind waar gades getroud is ooreenkomstig

die wette van ‘n ander land om aan Wet 70 van 1970 te voldoen, waar die

huwelik geag word een van binne gemeenskap van goed te wees?

Besluit Waar die eiendom deur beide gades gekoop is moet die vestiging as volg lees,

naamlik:-

1 Joseph Dreyer

Geboortedatum / identiteitsnommer

getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van (naam van vreemde

land)

2 Elizabeth Dreyer

Geboortedatum / Identiteitsnommer

getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van ( vreemde land)

Toestemming deur die Minister in terme van Wet 70 van 1970 moet ingedien word

waar die eiendom in die name van beide gades vestig - (RKB39/2009).

Beskrywing van dieselfde geslag partye in ‘n buitelandse siviele huwelik / verbintenis

Vraag Hoe moet partye beskryf word indien hulle in ‘n huwelik / verbintenis is welke

huwelik / verbintenis deur die wette van ‘n ander land beheers word?

Besluit 1 Vennoot 1

Identiteitsnommer / gebore op

getroud, welke huwelik bepaal word deur die wette van (ander land)

2 Vennoot 2

Identiteitsnommer / gebore op

getroud, welke huwelik bepaal word deur die wette van (ander land) -

(RKB40/2009).

RKB 40 van 2009: Buitelandse huwelike: Beskrywing van dieselfde geslag partye in ‘n

buitelandse siviele verbintenis/huwelik

Vraag Dit is nie altyd seker of ‘n buitelandse huwelik as ‘n huwelik of as ‘n verbintenis

beskryf moet word nie.

Besluit RKB 40 van 2009 word hiermee bevestig – (RKB24/2010).

Item 2 - Trusts

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 8
Buitelandse trust

Vraag Aan watter formaliteite moet daar voldoen word alvorens onroerende eiendom

in die naam van ‘n buitelandse trust geregistreer kan word?

Besluit Die buitelandse trust moet eers by die Meester van die Hoë Hof geregistreer

word en ‘n magtigingsbrief moet aan die trustees daarvan uitgereik word soos

bedoel in artikel 8 van die Wet op Beheer oor Trustgoedere 57 van 1988 -

(RKB24/2009).

Paragraaf 4.8 Die voorwaarde klousule

Huiseienaarsvereniging voorwaardes

Scenario ‘n Voorwaarde wat die vervreemding of oordrag van ‘n eiendom verbied sonder

die toestemming van die huiseienaarsvereniging word vervat in ‘n titelakte van

‘n eiendom. By oordrag, dien die transportbesorger ‘n sertifikaat in wat bepaal

dat die huiseienaarsvereniging nog nie gestig is nie.

Vraag

1 Mag die registrateur van aktes hierdie sertifikaat aanvaar; en

2 Mag die voorwaarde vorentoe gebring word in die akte van transport?

Besluit

1 Nee. Daar moet op die toestemming aangedring word, by gebreke waaraan

die aangeleentheid na die hof verwys moet word vir toestemming tot oordrag

sonder die toestemming.

2 Die voorwaarde moet na die transportakte vorentoe gedra word - (RKB2/2007

and RKB43/2003).

Huiseienaarsverenigingvoorwaardes - laaste voorbehoudsbepaling tot art. 65

Vraag Is dit korrek om slegs ‘n uitklaring / sertifikaat van die huiseienaarsvereniging

te aanvaar dat die transportnemer homself/haarself verbind het om ‘n lid van

die vereniging te word en dat die grondwet van die vereniging nagekom is

waneer ookal eiendom getransporteer word? Moet ‘n toestemming deur die

transportnemer self nie ook ingedien word as bevestiging dat hy/sy aanvaar

het nie? In baie gevalle is hierdie voorwaardes geproklameerde voorwaardes.

Besluit Ja, dit is korrek. Geen aanvaarding deur die transportnemer is nodig nie,

aangesien hierdie ‘n geregistreerde voorwaarde is - (RKB27/2009).

Naamsverandering van ‘n Huiseienaarsvereniging

Vraag In die geval waar ‘n huiseienaarsvereniging sy naam verander op ‘n tydstip na

die dorp in die provinsiale koerant geproklameer is, hoe moet daar met die

naamsverandering gehandel word?

a) Moet die proklamasie verbatim gevolg word?

b) Wat sal die posisie wees waar die maatskappy se registrasienommer

verkeerd in die proklamasie gepubliseer was?

Besluit a) Nee. Die nuwe naam moet gevolg word. Bewys van naamsverandring

moet op die dorpeleêr geliasseer word en die geaffekteerde aktes moet

kragtens artikel 3(1)(v) van die Akteswet rakende die nuwe naam

geëndosseer word. ‘n Caveat moet teen al die betrokke erwe in die dorp

genoteer word tot die effek dat die nuwe naam gevolg moet word.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 9
) Die korrekte registrasienommer moet gevolg word. Bewys van die

verkeerde nommer moet op die dorpeleêr geliasseer word en die betrokke

aktes moet kragtens artikel 3(1)(v) geëndoseer word rakende die korrekte

nommer. ‘n Caveat moet teen alle betrokke erwe in die dorp genoteer

word tot die effek dat die korrekte registraseinommer gevolg moet word –

(RKB42/2011).

Huiseienaarsvereniging voorwaardes

Scenario ‘n Ontwikkelaar van ‘n dorpsgebied word gelikwideer en die hele ontwikkeling

word na ‘n nuwe eienaar getransporteer. Die nuwe eienaar vorm ‘n

huiseienaarsvereniging met nuwe voorwaardes. Hoe moet daar gehandel

word met die voorwaardes wat na die eerste Huiseienaarsvereniging verwys

(wat nie in werking is nie)?

Besluit Die voorwaardes wat die eerste Huiseienaarsvereniging skep moet verwyder

word kragtens die betrokke wetgewing of ‘n hofbevel moet bekom word –

(RKB39/2012).

Beperking op vervreemding

Vraag Gegewe die obiter dictum in die saak Standard Bank of South Africa Ltd v

Hunkydory Investments 188 (Pty) Ltd and others, saaknr. 154/27/2008, is dit

nogsteeds ‘n vereiste dat die persoon ten gunste van wie ‘n beperking op

vervreemding geregistreer is moet toestem tot die registrasie van ‘n verband

waar die eiendom onderhewig is aan ‘n beperking op vervreeding?

Besluit Ja, RKB35/2005; RKB2/2006; en RKB12/2008 word bevestig - (RKB6/2009).

Verwydering van beperkende voorwaardes

Vraag ‘n Titelvoorwaarde (wat in al die titelaktes in ‘n dorpsgebied voorkom) ten

gunste van die ontwikkelaar (of enige ander begunstigde) bepaal dat die

eienaar nie die eienaar van meer as een eiendom in ‘n spesifieke dorpsgebied

mag wees nie. Hoe moet daar met hierdie voorwaarde gehandel word

wanneer dit duidelik is dat die oordrag van die eiendom tot oortreding van

sodanige geregistreerde voorwaarde sal lei? Die voorwaarde maak nie

voorsiening vir die begunstigde se toestemming nie.

a) Is die Wet op Opheffing van Beperkende Voorwaardes of ‘n hofbvel die

enigste manier van kansellasie, gegewe dat hierdie voorwaarde teen al die

eiendomme in die dorpsgebied opgelê is?

b) Kan die ontwikkelaar tot die oordrag toestem?

Besluit

a) Konferensie kan nie ‘n besluit in hierdie verband neem nie, aangesien elke

voorwaarde op sy eie meriete beoordeel moet word.

b) Nee, die ontwikkelaar kan nie tot die oordrag toestem nie, aangesien die

voorwaarde nie vir ‘n toestemming voorsiening maak nie – (RKB63/2010).

Paragraaf 5 Aktes moet die volgorde van hul relatiewe oorsake volg

Vraag A het sy eiendom aan B verkoop op 01/10/2008 maar voordat die

koopooreenkoms tussen A en B geteken is, het B alreeds die eiendom aan C

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 10
verkoop op 01/10/2008. 12 Sal die bepalings van artikel 14 van die Registrasie

van Akteswet oortree word indien hierdie oordragte toegelaat word?

Besluit Nee, dit sal nie teenstrydig wees nie. A moet aan B transporteer en B aan C -

(RKB13/2009).

Paragraaf 4.10 Vergoedingsklousule

Waarde van eiendom

Vraag Moet daar na die waarde van die eiendom in die causa (Vorm H –

deeltitelakte) en in die vergoedingsklousule (Vorm E – konvensionele

transportakte) verwys word, of mag daar van hierdie vorms afgewyk word?

Besluit In deeltiteloordragte moet die waarde in die causa klousule geopenbaar word

(sien vorm H). In konvensionele transportaktes moet die waarde in die

vergoedingsklusule geopenbaar word (sien vorm E) – (RKB34/2012).

Paragraaf 5.3 Uitsonderings in artikel 14

Artikel 14(1)(b)(iii) - Vruggebruiker party tot herverdelingsooreenkoms

Vraag Waar eiendom bemaak is aan A en B onderhewig aan ‘n vruggebruik ten

gunste van C, moet die vruggebruiker ook ‘n party tot die

herverdelingsooreenkoms tussen A en B wees?

Besluit Nee, tensy die vruggebruiker ook die vruggebruik herverdeel -

(RKB12/2006).

12 ‘n Verkoper mag eiendom verkoop wat nie in sy naam geregistreer is nie solank as wat hy uitvoering aan sy

verpligting in terme van sodanige kontrak kan gee.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 11
Hoofstuk 5 - Volmag

Paragraaf 2.2 Opstel en ondertekening van die opstelsertifikaat

Toestemmings opgestel deur prokureur, notaris & transportbesorger

Vraag Welke toestemmings, vereis vir die uitvoer van ‘n registrasiehandeling soos

bedoel in regulasie 44 van die Registrasie van Akteswet, moet deur ‘n

prokureur, notaris en transportbesorger opgestel word?

Besluit Slegs toestemmings vereis vir doeleindes van ‘n registrasiehandeling en

opgestel deur ‘n prokureur, notaris of transportbesorger moet ‘n opstelklousule

bevat. - (RKB20/2006).

Paragraaf 2.3 Regulasie 44A - Verantwoordelikheid vir korrektheid

Regulsie 44A en HRO 7 van 2010: 13 Waarde van eiendom

Vraag Is die opstellende transportbesorger verantwoordelik vir die korrektheid van die

waarde van die eiendom? In sommige gevalle vereis die Ontvanger van

Inkomste nie ‘n waardasie nie (byvoorbeeld egskeidingsbevel). Sal

waardasiesertifikate bekom moet word?

Besluit Nee, dit is nie nodig om ‘n waardasiesertifikaat in te dien nie. In die

afwesigheid van ‘n hereregtekwitansie waarin die waarde van die eiendom

aangedui word, sal die bedrag soos in die akte of dokument gereflekteer,

gebasseer op die munisipale waardasie, as die waarde van die eiendom

aanvaar word – (RKB40/2010).

Verantwoordelikheid van transportbesorger

Scenario Indien ‘n verband gepasseer is ten gunste van die trustee (kurator) van ‘n

insolvente boedel, is die praktyk om dit te aanvaar, indien dit vir die balans van

die kooppprys is (die besluit deur die trustees hoef nie ingedien te word om

vas te stel of die trustee of kurator die regsbevoegdheid het om so op te tree

nie).

Vraag Is dit nie die plig van die registrateur van aktes maar eerder die

verantwoordelikheid van die transportbesorger in terme van regulasie 44A nie?

Wat sal die posisie wees in ‘n scenario waar ’n insolvent sy eiendom in Junie

2006 aan sy moeder verkoop het vir R900,000, en daarna, in Desember 2006

insolvent verklaar word. Sy moeder was die applikant. Die moeder het ‘n

eerste verband ten gunste van die trustee van die insolvent geregistreer in

Julie 2007 vir R190 000,00. Die causa was nie vir die balans van die koopprys

nie.

Besluit Dit is nie die plig van die registrateur van aktes om die causa van die verband

vas te stel nie en ook nie of die trustee optree in terme van sy magte nie. Dit is

13 Kragtens Hoofregistrateursomsendskrywe 7 van 2010, moet die vergoedingsklousule in ‘n transportakte of

aansoek vir oordrag by wyse van endossement, ‘n verwysing na die waarde van die eiendom bevat waar ‘n

koopprys nie van toepassing is nie. Sodanige verwysing sal as bewys van die waarde van die eiendom dien.

Dit bepaal verder dat waar ‘n hereregtekwitansie ‘n verwysing na beide die koopprys en die waarde van die

eiendom bevat, beide die koopprys en waarde van die eiendom in die vergoedingsklousule van die

transportakte of aansoek vir ‘n registrasie-endossement aangedui moet word. Die rede vir die insluiting

hiervan, is dat die aktekantoorfooi op die grootste van die koopprys of die waarde van die eiendom bereken

moet word.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 12
die verantwoordelikheid van die transportbesorger om die geldigheid van die

transaksie vas te stel. (RKB18/2007).

Vraag Rus daar ‘n onus op die registrateur van aktes om vas te stel of die

transportbesorger ‘n “transportbesorger” is en daardeur die magtiging het om

die opstelklousule op aktes en dokumente te onderteken?

Besluit Ja. In terme van artikel 15 sal aktes, verband, sertifikate van titel nie deur die

registrateur van aktes geregistreer / geattesteer / uitgevoer word, tensy dit

deur ‘n transportbesorger onderteken is nie - (RKB15/2009).

Behoud van nooiensvan

Vraag In die geval dat ‘n party in ‘n akte haar nooiensvan na haar huwelik behou,

moet bewys ingedien word, in die vorm van ‘n beëdigde verklaring van die

betrokke persoon of word dit gedek deur die bepalings van regulasie 44A?

Besluit Dit word gedek deur die bepalings van regulasie 44A - (RKB24/2007).

Vraag Indien ‘n party in ‘n akte na haar nooiensvan terugkeer of kies om haar

nooiensvan te behou, moet die registrateur van aktes aandring op bewys van

sodanige persoon met betrekking tot die behoud of terugkeer?

Besluit Nee, dit word gedek deur die bepalings van regulasie 44A - (RKB25/2007).

Landbougrond - transportnemer getroud binne gemeenskap van goed

Vraag Is dit die verantwoordelikheid van die registrateur van aktes om aan te dring

op bewys van ‘n huwelik binne gemeenskap van goed waar die

transportnemer van landbougrond binne gemeenskap van goed getroud is?

Besluit Nee, in terme van die bepalings van regulasie 44A is dit die

verantwoordelikheid van die transportbesorger- (RKB38/2007).

Identiteitsnommer en status van insolvent

Vraag Dit is vasgestelde praktyk om die identeitsnommer en status van enige

insolvent te openbaar wanneer die kurator grond transporteer op grond van ‘n

verkoping in insolvensie. Die status van die insolvent mag egter verander het

sedert die registrasie en aangesien die kurator die eienaar is, aanvaar die

transportbesorger nie verantwoordelikheid vir die korrektheid daarvan nie.

Moet die identiteitsnommer en status soos wat dit in die titelakte voorkom

gevolg word of moet die registrateur van aktes verantwoordelikheid daarvoor

aanvaar?

Besluit Die status en identiteitsnommer soos wat dit in die titelakte voorkom, moet

gevolg word - (RKB33/2008).

Magte van ‘n ondernemingredding praktisyn

Vraag Kan die ondernemingredding praktisyn maatskappyeiendom met verband

beswaar sonder ‘n besluit deur die raad van direkteure?

Besluit Ja, sien artikel 140 van die Maatskappywet, 2008 (Wet 71 van 2008) –

(RKB37/2012).

Paragraaf 2.5 Parafering van volmagte, aansoeke en toestemmings

Oortik van eerste bladsy

Vraag Waar die eerste bladsy van ‘n volmag oorgetik word, of waar die eerste bladsy

van ‘n beëdigde verklaring oorgetik word, moet die volmag herverly word en

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 13
die beëdigde verklaring oorgedoen word, of sal ‘n blote volle parafering

voldoende wees?

Besluit Die volmag moet herverly word en ’n nuwe beëdigde verklaring moet voorsien

word – (RKB29/2006).

Paragraaf 2.6 Waarmerking

Reël 63 van die Hooggeregshofreëls

Vraag Wie het die bevoeghheid om ‘n dokument wat in Antartika verly is vir gebruik in

die Republiek van Suid-Afrika te waarmerk, gegewe die bepalings van Reël 63

van die Hoë Hof?

Besluit Dokumente wat in Antartika verly is vereis nie waarmerking nie as gevolg van

die bepalings van artikel 2(1) van die Wet op Suid-Afrikaanse Burgers in

Antartika 55 van 1962. Die gemelde artikel bepaal dat die wette van die

Republiek van toepassing sal wees op Suid-Afrikaanse burgers terwyl hulle in

Antartika is – (RKB45/2010).

Reël 63 van die Hooggeregshof reels

Vraag Mag ‘n dokument wat in Namibië verly is vir gebruik in Suid-Afrika behoorlik

deur ‘n Notaris Publiek gewaarmerk word?

Besluit Nee. Die formaliteite soos voorgeskyrf deur die Den Haagse Konvensie

gedateer 5 Oktober 1961 mag egter gevolg word, aangesien Namibië ‘n party

tot sodanige konvensie is – (RKB46/2011).

Waarmerking van beëdigde verklarings

Vraag Moet ‘n beëdigde verklaring wat buite die Repuliek van Suid-Afrika verly word

ook in terme van Reël 63 van die Hooggeregshofreëls gewaarmerk word?

Besluit Ja, tensy die beëdigde verklaring voor ‘n beampte voorgeskryf in artikel 8 van

die Wet op Vrederegters en Kommissarisse van Ede 16 van 1963 gemaak

word - (RKB21/2009).

Paragraaf 2.7 Ontleding van ‘n volmag

Persoon wat die volmag onderteken

Magtiging om dokumente te onderteken: Grondwet van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996

Vraag Kragtens artikel 139(1)(b) van die Gronwet van die Republiek van Suid-

Afrika, 1996, kan die Provinsiale Kabinet ‘n administrateur vir ‘n sukkelende

munisipaliteit aanstel om volle verantwoordelikheid vir die administrasie,

insluitende die werkmag, finansiële en tegniese funksies van daardie

munisipaliteit, oor te neem. Sluit hierdie oorname van volle

verantwoordelikheid die bevoegdheid in om vorm DDD vir die oordrag van

onroerende eiendom te onderteken?

Besluit Ja, die aanststellingsbrief wat sodanige magte van die administrateur dek,

moet vir liassering ingedien word – (RKB49/2011).

Kommentaar Daar moet egter vasgestel word of sodanige persoon inderdaad magtiging

het, aangesien sodanige magtiging in die aanstellingsbrief uiteengesit sal

word.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 14
Die agent (Komparant)

‘n Transportbesorger voer aktes uit namens ‘n ander firma

Vraag Dit gebeur gereeld dat ‘n transportbesorger van ‘n ander firma aktes uitvoer

namens die firma wat die aktes ingedien het. Moet die registrateur ingelig

word aangaande sodanige gevalle of is dit nie sy/haar verantwoordelikheid

nie?

Besluit Nee. Die transportbesorgingsfirma moet verantwoordelikheid aanvaar vir die

uitvoer van hul eie aktes - (RKB33/2006).

Substitusie van uitvoerende transportbesorgers

Vraag RKB 49 van 1962 moet teruggetrek word in lig van RKB 18 van 2009. RKB 18

van 2009 moet egter ook heroorweeg word in lig van die namibiese saak

Roads Contractor Company Ltd v AE/ Gams Engineering Company Namibia

(Pty) Ltd.

Besluit Die naam van die transportbesorger, wat nie in die volmag voorkom nie, mag

in die volmag bygevoeg word met volle parafering, alternatiewelik mag ‘n akte

van substitusie, deur die transportbesorger wat in die volmag aangestel is,

ingedien word: met dien verstande dat die volmag voorsiening vir substitusie

moet maak. RKB 49 van 1962 en RKB 18 van 2009 word hiermee teruggetrek

– (RKB7/2010).

Die verlydingsklousule

Plek van verlyding van ‘n Volmag

Vraag Behoort daar nie ‘n wyer uitleg aan regulasies 25 en 65(2) gegee te word

betreffende die plek van verlyding van ‘n volmag as om in te sluit die

besondere land van verlyding nie?

Besluit Nee. Waar daar egter onsekerheid bestaan, mag die registrateur van aktes

vereis dat die transportbesorger ‘n sertifikaat verskaf wat aandui in watter land

van verlyding van die volmag plaasgevind het. 14

Paragraaf 5 Algemene Volmag

Afskrif van Volmag

Vraag ‘n Gesertifiseerde afskrif van ‘n volmag wat in een aktekantoor geregistreer is,

word by ‘n ander aktekantoor vir registrasie ingedien en daar word bevind dat

dit ongeskik vir registrasie is. Hoe moet dit hanteer word?

Besluit Die volmag moet nie geregistreer word totdat die teenstrydighede in die eerste

aktekantoor van registrasie aangespreek is nie. In die alternatief, moet ‘n

nuwe volmag geregistreer word - (RKB34/2008).

RKB 40 van 2008: Algemene Volmagte – vernietig of aflewer na registrasie

Vraag Daar word voorgestel dat die woord “vernietig” waarna daar in die besluit

verwys word met “geëndoseer tot die effek dat dit nie vir doeleindes van

registrasie in enige aktekantoor gebruik mag word nie” vervang moet word.

Stem konferensie saam?

Besluit Ja. Sien RKB40/2008, soos gewysig – (RKB 40/2008 word gewysig om as

14 Indien ‘n volmag byvoorbeeld in Parys, Suid-Afrika onderteken is, sal dit goeie transportbesorgingspraktyk

wees om aan te dui dat dit in Parys (Suid-Afrika) onderteken is en nie in Frankryk nie.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 15
volg te lees):

Algemene volmagte – vernietig of aflewer na registrasie

Vraag Voordat mikrofilming ingestel is was die agent in ‘n algemene volmag sonder

sy instrument van aanstelling gelaat sodra die algemene volmag geregistreer

is. Die remedie vir hom/haar was om vir ‘n gesertifiseerde afskrif aansoek te

doen. Die vraag is nou of ‘n algemene volmag na skandering geëndosseer

moet word rakende die feit dat dit nie vir doeleindes van registrasie in

enige aktekantoor gebruik mag word nie?

Besluit Die algemene volmag moet na skandering geëndosseer word rakende die

feit dat dit nie vir doeleindes van registrasie in enige aktekantoor gebruik

mag word nie – (RKB9/2011).

Na registrasie van algemene volmag veskaf deur bank of maatskappy,

naamsverandering / oordrag van bates

Vraag Kan ‘n agent wat deur ‘n bank of maatskappy aangestel is steeds handel in

terme van ‘n volmag wat deur sodanige bank of maatskappy gegee is en wat

daarna sy naam verander het of sy bates aan ‘n ander entiteit oorgedra het?

Besluit a) Ja. Die volmag sal nie termineer met ‘n naamsverandering nie; maar

b) Nee, die volmag sal stilswyend termineer deur die oordrag van bates na

‘n nuwe entiteit wat gevorm word - (RKB41/2008).

Herroeping van Algemene Volmag

Vraag Verskeie algemene volmagte wat ingedien word vir registrasie bevat ‘n

klousule wat die bestaande volmag herroep. Moet ‘n aparte kennisgewing van

herroeping ingedien word om die algemene volmag te herroep?

Besluit Nee. Die registrasie van ‘n algemene volmag en die herroeping van ‘n

bestaande algemene volmag mag in dieselfde dokument vervat word. In

sodanige geval sal die dokument ‘n PA kode ontvang welke kode ook gebruik

sal word vir doeleindes van die kansellering van die bestaande algemene

volmag. Die herroeping van ‘n algemene volmag kan egter ook in ‘n aparte

dokument vervat word, wat ‘n afsonderlike registrasiehandeling daarstel -

(RKB42/2008).

Kansellasie van volmag in meer as een kantoor

Vraag Algemene volmagte, veral deur finansiële instellings, word afsonderlik in elke

aktekantoor geregistreer. Implimentering van kansellasie van volmagte deur

finansiële instellings geregistreer in verskeie aktekantore lei tot praktiese

uitdagings.

Besluit Die status quo moet gehandhaaf word – (RKB61/2010).

Regulasie 65: Gebruik van afskrifte van algemene volmagte

Vraag ‘n Afskrif van ‘n algemene volmag word deur die aktekantoor van die eerste

registrasie uitgereik vir gebruik in ‘n ander aktekantoor in ooreenstemming met

regulasie 65(6). Kan sodanige afskrif van die geregistreerde algemene volmag

as ‘n ondersteunende dokument in ‘n ander aktekantoor ingedien word of moet

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 16
dit as sodanig in daardie aktekantoor geregistreer word?

Besluit Nee, die afskrif wat deur die registrateur van die eerste aktekantoor

gesertifiseer is en kragtens regulasie 65(6) uitgereik is, moet in

daaropvolgende aktekantore geregistreer word om dit maklik op te spoor

indien die volmaggewer besluit om die algemene volmag terug te trek/te

kanselleer – (RKB33/2011). 15

15 Let daarop dat jy ‘n algemene volmag na ‘n spesiale volmag kan “omskakel”. Die transportbesorger kan so

doen deur op sodanige algemene volmag te sertifiseer dat dit slegs gebruik sal word vir byvoorbeeld die

oordrag van Erf 1 Pretoria en kan dit dan as ‘n ondersteunende dokument indien. Dit sal egter duidelik nie

moontlik wees indien sodanige algemene volmag alreeds in ‘n ander aktekantoor geregistreer is nie.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 17
Hoofstuk 6 – Serwitute

Paragraaf 3.3 Tipes persoonlike serwitute

Kaarte vir habitatio: regulasie 73(2)

Vraag Is dit altyd nodig vir die indiening van ‘n kaart vir die registrasie van ‘n

habitatio, gegewe die feit dat ‘n habitatio slegs betrekking het op ‘n woning op

die grond?

Besluit Ja, sien die bepalings van regulasie 73(2) van Wet 47 van 1937. Sien ook

Kidson vs Jimspeed Enterprises, Saaknommer 3857408 ongerapporteerd.

(RKB 21 van 1961 word teruggetrek) – (RKB29/2012).

Paragraaf 3.5 Skepping van persoonlike serwitute

A Die algemene reel

RKB 24/2005: Eensydige notariële aktes van sessie van persoonlike serwituut

Vraag Moet RKB 24 van 2005 nie teruggetrek word, in lig daarvan dat regulasie 61(2)

van die Registrasie van Akteswet gewysig is nie? ‘n Eensydige sessie is nou

ook toelaatbaar, mits geen verpligting op die sessionaris geplaas word nie.

Besluit Nee. RKB 24 van 2005 word hiermee bevestig. Regulasie 61(2) van die Wet

is in die proses om gewysig te word deur slegs vir die eensydige sessie van

persoonlike serwitute soos bepaal in artikel 66 16 van die Registrasie van

Akteswet voorsiening te maak – (RKB12/2010).

Skepping van serwitute op of oor openbare grond

Vraag Die skepping van ‘n serwituut, synde die oordrag van regte oor ‘n openbare

pad, kan net sowel ‘n ontneming van die publiek se regte in enige straat tot

gevolg hê. Nieteenstaande die feit dat dit nie die genieting van die publiek se

regte mag affekteer nie, is dit steeds ‘n oordrag van regte aan ‘n party anders

as aan die algemene publiek.

a) Het die plaaslike bestuur die bevoegdheid om namens die algemene

publiek op te tree?

b) Watter openbare deelname is nodig wanneer daar op hul regte inbreuk

gemaak word?

Besluit a) Nee, dit is nie nodig vir die algemene publiek om ‘n party tot die

ooreenkoms te wees nie. Die Premier van die Provinsie moet namens

die algemene publiek toestem, en nie die stadsraad nie.

Alternatiewelik moet ‘n hofbevel verkry word – (sien artikel 65(1)

van Wet 47 van 1937)

b) Geen. Die publikasiekennisgewing in die staatskoerant vir openbare

kommentaar verskaf egter die nodige interaksie – (RKB87/2010).

16 Artikel 66 maak slegs vir die eensydige sessie van ‘n usufruct, usus en habitatio voorsiening, waar geen

verpligting op die sessionaris geplaas word nie.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 18
B Uitsonderings op die algemene reël

Artikel 65 - Interpretasie van die “behalwe klousule”

Vraag Hoe interpreteer Konferensie die behalwe klousule: “behalwe soos in ‘n ander

wet bepaal word”, in artikel 65 van die Registrasie van Akteswet? Beteken dit

dat ‘n besondere stuk wetgewing spesifiek die bepalings van die Registrasie

van Akteswet moet uitsluit wanneer dit betrekking het op die skepping van

persoonlike serwitute? Alternatiewelik, dat indien die besonderdere stuk

wetgewing ‘n magtiging verleen om voorwaardes op te lê, die bepalings van

artikel 65 nie nagekom hoef te word nie?

Besluit Nee. Die algemene reël is dat ‘n persoonlike serwituut deur die registrasie van

‘n notariële akte geskep moet word. Die bepalings van artikel 65 hoef nie

nagekom te word nie slegs waar ‘n ander wet andersins bepaal 17 -

(RKB14/2009).

Sessie van ‘n persoonlike serwituut

Vraag Moet ‘n sessie van ‘n persoonlike serwituut van usufruct, usus of habitatio,

kragtens ‘n eensydige notariële akte geskied, indien sodanige sessie van die

persoonlike serwituut ten gunste van die eienaar van die met serwituut

beswaarde grond is?

Besluit Ja - (RKB24/2005).

C Ander uitsonderings op die algemene reël

Hereregte / reg van weg ten gunste van algemene publiek

Vraag Is hereregte betaalbaar en deur wie wanneer ‘n reg van weg ten gunste van

die algemene publiek geskep word?

Besluit Geen hereregte is betaalbaar nie, maar ‘n hereregtevrystellingsertifikaat moet

ingedien word. - (RKB35/2006).

Artikel 2 van die Wet op Hereregte 40 van 1949

Vraag Moet daar op ‘n hereregtekwitanise of –vrystellingsertifikaat aangedring word

wanneer ‘n negatiewe persoonlike serwituut in ‘n volmag geskep word en

behoorlik aanvaar word?

Besluit Ja, dit is ‘n transaksie soos per die woordomskrywing van “transaksie” in die

Wet op Hereregte 40 van 1949, tensy dit vir enige ander rede vrygestel is –

(RKB43/2012).

Paragraaf 3.6 Registrasie van persoonlike serwitute

Artikel 68(1) - Afstanddoening van persoonlike serwitute

Scenario Die toepassing van artikel 68(1) wanneer die houer van ‘n persoonlike

serwituut van sy/haar reg afstand doen of daarvan afsien, word bevraagteken.

Die blote feit dat die titelakte van ‘n saaklike reg (dit is die serwituutakte) nie

17 “‘n ander wet” sluit ‘n Ordonnansie in. Indien voorwaardes geskep word in terme van ‘n Ordonnasie, hoef hull

nie in die volmag geskep te word nie, byvoorbeeld dorpstitingvoorwaardes.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 19
ingedien hoef te word nie is betreurenswaardig aangesien dit gebruik kan word

as ‘n pand, ens. en selfs ook in die geval van ‘n huur ooreenkoms.

Besluit Artikel 68(1) bepaal dat die titelakte van die serwituut slegs ingedien moet

word indien dit beskikbaar is. Die aktekantoor afskrif moet ge-endosseer word

en die nodige caveat moet genoteer word. (RKB19/2006).

Verval van persoonlike serwituut deur samesmelting

Vraag Moet die eienaar van grond aan die bepalings van artikel 68(1) van die

Registrasie van Akteswet voldoen waar ‘n persoonlike serwituut (vruggebruik)

deur samesmelting verval of word RKB29(1)/1966 bevestig?

Besluit Die bepalings van artikel 68 moet nie gebruik word nie.

Registrateurskonferensiebesluit 29(1)/1966 word bevestig - (RKB3/2008). 18

Vruggebruik vir ‘n spesifieke tydperk

Vraag Is die volgende vruggebruik registreerbaar? “Subject to a usufruct in favour of

the surviving spouse for a period of one year less than the life expectancy of

the surviving spouse...”?

Besluit Ja, dit is registreerbaar. Die tydperk kan vasgestel word in terme van die

tabelle vervat in die Boedelbelastingwet 45 van 1955 - (RKB42/2009).

Paragraaf 3.6 Verbande en persoonlike serwitute

Toestemming kragtens artikel 65(3) re Eskom en Randwaterraad

Vraag Is serwitute wat geregistreer staan te word ten gunste van Eskom en die

Randwaterraad vrygestel van die verkryging van die toestemming van

verbandhouers en houers van saaklike regte soos na verwys in artikel 65(3)

van Wet 47 van 1937?

Besluit Nee, Eskom en die Randwaterraad is nie vrygestel van die bepalings van

artikel 65(3) nie – (RKB18/2012).

Paragraaf 3.8 Transport en verbandbeswaring van grond met ‘n persoonlike

serwituut daarop

Insolvensieverkoping en persoonlike serwitute

Scenario Betreffende die beskikking deur ‘n kurator van ‘n insolvente boedel oor

eiendom wat onderhewig is aan ‘n persoonlike serwituut

Besluit Waar onroerende eiendom wat onderhewig is aan ‘n persoonlike serwituut in

insolvensie verkoop word, moet sodanige eiendom oorgedra word onderhewig

aan sodanige persoonlike serwituut. Indien die houer van die persoonlike

serwituut egter tesame met die kurator oor sy/haar regte beskik, kan die

bepalings van artikel 69(1) toegepas word. Waar ‘n afstanddoening van

voorrang deur die houer van die persoonlike serwituut bepaal dat die

onroerende eiendom vry van sodanige persoonlike serwituut verkoop mag

word, moet daar aan die bepalings van artikel 68(1) voldoen word -

(RKB3/2006).

18 Samesmelting vind slegs plaas vanaf die oomblik dat die geregistreerde eienaar van die eiendom ook die houer

van die persoonlike serwituut word of andersom: dus op datum van registrasie van transport of sessie. Dit is

dus verkeerd om die serwituut uit die nuwe akte weg te laat ten tyde van transport. Dit moet in die

transportakte vervat word en gelyktydig met registrasie, of daarna, moet die transportakte geëndosseer word

dat die serwituut weens samesmelting verval het. Geen aansoek is nodig nie.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 20
Paragraaf 3.9 Gesamentlike transaksies deur die fiduciarius en

fideicommissarius

Scenario ‘n Hofbevel was gegee om die fideicommissarii vas te stel en om die eiendom

te verkoop aan een van die fideikommissêre erfgename.

Vraag Wie moet oordrag gee? Artikel 69bis kan nie toegepas word nie. Dit is nie ‘n

oordrag “aan iemand anders” nie en die fideicommissarius kan nie aan

homself/haarself transporteer nie.

Besluit Die oordrag van die eiendom moet deur die fiduciarius aan die koper gegee

word, soos bepaal in die betrokke hofbevel - (RKB27/2007).

Artikel 53(2): “Terugvallingsreg proper”

Vraag Stem konferensie saam dat artikel 53(2) 19 van die Akteswet slegs toegepas

kan word met betrekking tot ‘n “terugvallingsreg proper” 20 en nie op ‘n

“terugvallingsregvoorwaarde” nie?

Besluit Ja, artikel 53(2) kan slegs toegepas word met betrekking tot ‘n terugvallingsreg

wat nie opvolgers in titel bind nie – (RKB27/2011).

Paragraaf 4.3 Skepping van grondserwitute

Artikel 76 - Skepping van serwitute

Vraag Waar grond in baie gedeeltes onderverdeel word in terme van ‘n kleinskaalse

onderverdeling, kan die bepalings van artikel 76 toegepas word om

grondserwitute oor of ten gunste van die onderskeie gedeeltes te skep, of

moet sodanige grondserwitute notarieël geskep word?

Besluit Ja, die bepalings van artikel 76 mag toegepas word sonder die

noodsaaklikheid om aansoek te doen vir die uitreik van sertifikate van

geregistreerde titel - (RKB17/2007).

Kommentaar (met ander woorde, grondserwitute kan direk in die transportaktes van die

gedeeltes van die grond geskep word in die geval van ‘n kleinskaalse

onderverdeling van grond. Dit is nie nodig om dit notarieël te skep en vir

SGT’s aansoek te doen nie.)

Paragraaf 5 Algemeen

Regulasie 73 - Aantekening van serwituut

Vraag Is dit moontlik om ‘n serwituut wat geregistreer is in terme van artikel 65 of 75

op ‘n alreeds geregistreerde algemene plan aan te teken en nie op ‘n kaart van

die eiendom nie?

Besluit Ja, dit is moontlik, op voorwaarde dat dit aangedui word op die algemene plan

wat deur die landmeter-generaal goedgekeur is - (RKB22/2007).

19 Hierdie artikel bepaal dat grond wat gehou word onderhewig aan ‘n voorwaarde dat, by die plaasvind van ‘n

sekere gebeurtenis, sodanige grond na ‘n person genoem in die voorwaarde sal terugval, deur die eienaar en

die houer van daardie terugvallingsreg gesamentlik en afsonderlik met verband beswaar mag word of deur die

eienaar van die grond verbind word met die toestemming van sodanige persoon.

20 ‘n Terugvallingsreg proper bind nie opvolgers in titel nie.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 21
Verwysing van ‘n serwituutkaart na die LG vir intekening (plot van die serwituut) –

moet dit voor of na registrasie van die serwituut plaasvind?

Scenario ‘n Reg van weg is geskep kragtens ‘n notariële akte van serwituut maar die

reg was nie op ‘n nuwe kaart aangetoon nie. Die notaris het gepoog om te

voldoen aan regulasie 73(2) van Wet 47 van 1937, en die aktes is ingedien en

geregistreer. Die kaart, aangeheg aan die kaartakte is toe na die Landmetergeneraal

verwys vir intekening (plot van die serwituut) maar die Landmeter -

generaal het die aktekantoor ingelig dat die serwituut nie ingeteken kon word

nie en dat die akte verkeerdelik geregistreer was.

Vraag Wanneer ‘n kaart in die aktekantoor geliasseer is en die Landmeter-generaal

‘n serwituut moet plot, moet sodanige kaart na die Landmeter-generaal verwys

word voor indiening. Moet goedkeuring vanaf die Landmeter-generaal verkry

word voor indiening?

Besluit Nee. Die Landmeter-generaal se goedkeuring word slegs vereis in

omstandighede waar die serwituut nie van ‘n konstante breedte en al langs die

volle lengte van ‘n opgemete lyn op ‘n reeds geregistreerde kaart loop nie.

Sien regulasie 73(2) van Wet 47 van 1937 – (RKB32/2012).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 22
Hoofstuk 7 - Boedeloordragte

Paragraaf 3.1 Artikel 42(1) sertifikaat

Artikel 42(1) sertifikaat kragtens die Boedelwet 66 van 1965

Vraag Moet ‘n artikel 42(1) van de Boedelwet sertifikaat, vir ‘n aansoek kragtens

artikel 45 aanvaar word of moet ioe registrateur op ‘n sertifikaat kragtens

regulasie 49(1)(f) aandring? Alternatiewelik, moet ‘n artikel 42(1) van die

Boedelwet sertifikaat in alle gevalle die bewoording van regulasie 49(1)(f)

volg?

Besluit Ja, die bewoording van die artikel 42(1) sertifikaat moet altyd die bewoording

van regulasie 49(1)(f) van die Akteswet volg – (RKB44/2011).

Kommentaar Met ander woorde daar is drie aangeleenthede wat in die sertifikaat vermeld

moet word, naamlik –

a) Die voorgestelde oordrag of endosseement is in ooreenstemming met die

likwidasie en distribusie rekening;

b) dit het vir inspeksie ter insae gelê; en

c) geen beswaar daartoe is ontvang nie.

Paragraaf 3.2 Artikel 42(2) sertifikaat

Artikel 42(2) van Wet 66 van 1965

Vraag Waar onroerende eiendom deur die eksekuteur in die boedel van die alleen lid

van ‘n beslote korporasie verkoop word, moet die Meester kragtens artikel

42(2) van Wet 66 van 1965, die nodige toestmeming gee?

Besluit Nee, die bepalings van artikel 42(2) van Wet 66 van 1965 is nie van

toepassing nie – (RKB41/2012).

Eiendom verkoop deur eksekuteur by dood van fiduciarius

Vraag Is ‘n artikel 42(2) sertifikaat al wat nodig is wanneer ‘n eksekuteur in die boedel

van die fiduciarius onroerende eiendom wat onderhewig is aan ‘n

fideicommissum verkoop en oordra?

Besluit Ja. ‘n Artikel 42(2) endossement deur die Meester is nodig. Dit is vasgestelde

praktyk dat die eksekuteur in die boedel van die fiduciarius die reg in terme

van die Boedelwet het om direk onroerende eiendom vanaf die boedel aan die

fiduciarius te verkoop, op voorwaarde dat die Meester ‘n magtiging in terme

van artikel 42(2) verleen. Die afstanddoening deur die fideicommissêre

erfgename is nie ‘n voorwaarde vir die verkoping nie - (RKB2/2008). 21

Vraag RKB 2 van 2008 beskerm nie die regte van fideikommissêre erfgename nie en

die toepassing daarvan is te wyd. Artikel 69bis(1)van die Registrasie van

Akteswet vereis dat die fideikommisêre erfgename saam met die eksekuteur

oordrag moet gee. Hoe moet hierdie voorwaardes verwyder word?

Die eksekuteur in die bestorwe boedel van die oorlede fiduciarius is slegs

geregtig om die eiendom wat aan ‘n fideicommissum onderhewig is te

verkoop, indien dit ‘n insolvente boedel kragtens artikel 34 van die Boedelwet

66 van 1965 is. RKB 2/2008 moet aangevul word deur te stel dat in ander

gevalle ‘n artikel 42(2) sertifikaat nie voldoende is nie.

Besluit RKB 2 van 2008 word bevestig - (RKB9/2009). 22

21

RKB37 van 2007 is gewysig deur die skrapping van die voorwaarde dat die fideikommissêre erfgename van hul

regte moet afstand doen).

22

Die redenasie agter hierdie besluit dat ‘n artikel 42(2) sertifikaat vanaf die Meester voldoende is, is dat alvorens

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 23
Verkoop van oorlede persoon se eiendom voor die aanstelling van eksekuteur

Vraag ‘n Persoon het gesterf. Na sy afsterwe verkoop ‘n familielid die oorledene se

eiendom voordat ‘n eksekuteur aangestel is. Hoe moet die aangeleentheid

hanteer word?

Besluit Indien die familielid voorgegee het om namens die oorledene te handel, sal

sodanige transaksie nietig en van nul en gener waarde wees – (RKB66/2010).

Paragraaf 5.1 Die causa klousule vir ‘n vererwing

Testamentêre voorwaardes

Vraag Waar onroerende eiendom bemaak is aan erfgename onderhewig aan sekere

testamentêre voorwaardes byvoorbeeld die uitsluiting van die gemeenskap

van goed en indien die erfgename ‘n herverdelingsooreenkoms aangegaan het

in terme waarvan een van die erfgename geregtig is op die eiendom, moet

sodanige eiendom as ‘n geheel onderhewig gemaak word aan die

testamentêre voorwaarde of is die aandele in die eiendom wat in terme van die

herverdelingsooreenkoms verkry is nie onderhewig aan sodanige testamentêre

voorwaarde nie?

Besluit Die hele eiendom moet aan die testamentêre voorwaardes onderhewig

gemaak word. - (RKB27/2006).

Paragraaf 5.4 Ondersteunende dokumente vir boedeloordragte op grond van

vererwing

Bewys van intestate vererwing

Vraag Kan ‘n sterfkennis onder andere aanvaar word, as bewys van intestaatheid?

Besluit ‘n Sterfkennis kan aanvaar word as bewys van dood, maar nie as bewys van

intestate vererwing nie en ook nie as bewys van afstammelinge en

voorgangers nie.

Vir bewys van erfgename, insluitende buite-egtelike kinders, moet daar op ‘n

naasbestaande verklaring aangedring word. 23

Vraag Gegewe die feit dat ‘n sterfkennis nie aanvaar kan word as bewys van

intestate vererwing nie (dat ‘n persoon sonder ‘n geldige testament gesterf

het), watter bewys moet vereis word?

Besluit

1 Daar moet op bewys, in die vorm van ‘n beëdigde verklaring deur die

eksekuteur / verteenwoordiger aangedring word.

2 In die geval van ‘n oordrag kragtens endossement in terme van artikel 45 van

die Registrasie van Akteswet 47 van 1937, sal ‘n regulasie 49(1)(g) sertifikaat

deur die Meester ook aanvaar word - (RKB3/2007).

Naasbestaande verklaring as bewys van erfgename

Vraag In RKB7/1997 was besluit dat daar op ‘n naasbestaande verklaring aangedring

moet word vir bewys van enige verdere erfgename, (insluitende buite-egtelike

kinders). Beteken dit dat daar op ‘n naasbestaande verklaring aangedring

moet word in alle gevalle waar ‘n testateur sy/haar kinders nomineer as

die Meester sodanige sertifikaat sal aanbring, hy die toestemming van al die erfgename (insluitende die

fideikommisêre erfgename) vereis.

23

In RKB7/1997 het die konferensie besluit dat ‘n sterfkennis onder andere aanvaar kan word as bewys van

intestate vererwing.

In RKB28/2006 het die konferensie besluit dat ‘n sterfkennis nie aanvaar kan word as bewys van intestate

vererwing nie. In RKB5/2007 is die laasgenoemde beslissing bevestig, 28/2006 is bevestig en RKB29/1996 en

RKB7/1997 is teruggetrek.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 24
erfgename, sonder om hulle te identifiseer, sowel as buite-egtelike kinders?

Besluit Ja. RKB7/1997 word bevestig. In alle gevalle hierbo vermeld, moet ‘n

naasbestaande verklaring ingedien word - (RKB11/2005).

Vraag Die Meester vereis slegs dat ‘n naasbestaande verklaring geliasseer word in

gevalle waar die oorledene nie ‘n geldige testament nagelaat het nie. Daar is

gevalle waar ‘n testateur eiendom bemaak aan “my kind of kinders”. Hoe moet

hierdie kinders bewys word? RKB5/2007 bepaal dat ‘n naasbestaande

verklaring as bewys van intestate sowel as testate erfgename ingedien moet

word. Wat as daar nie ‘n naasbestaande verklaring by die Meester geliasseer

is nie? Kan die likwidasie en distribusierekening as bewys aanvaar word?

Besluit Nee, die likwidasie-en distribusierekening is nie aanvaarbaar nie. ‘n

Naasbestaandeverklaring moet ingedien word - (RKB9/2008).

RKB 9 van 2008: Bewys van onbenoemde testate erfgename

Vraag Wat is die posisie indien ‘n naasbestaandeverklaring nie by die Meester

geliasseer is nie en die Meester nie ‘n nuwe naasbestaandeverklaring wil

aanvaar nie? Kan die oorspronklike naasbestaandeverklaring aanvaar word of

sal dit ‘n oortreding van regulasie 50 van die Registrasie van Akteswet wees?

Besluit Die oorspronklike naasbestaandeverklaring kan nie aanvaar word nie. Die

registrateur sal slegs ‘n Meestersgesertifiseerde afskrif van die

naasbestaandeverklaring as bewys van die erfgename in hierdie geval

aanvaar – (RKB16/2010).

Bewys van erfgename

Vraag Op watter bewys moet die registrateur van aktes aandring om ‘n

“afstammeling” (dit is ‘n persoon wat nie ‘n afstammeling van die oorledene is

nie maar deur die oorledene as sy/haar eie kind aanvaar is) soos gedefinieer

in die “Wet op Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging en Regulering

van Verbandhoudende Aangeleenthede 11 van 2009, te bewys?

Besluit ‘n Naasbestaandeverklaring, gesertifiseer as ‘n ware afskrif deur die Meester,

wat ‘n verwysing na sodanige “afstammeling” maak - (RKB44/2009).

Bewys van “verwerpte vrou”

Vraag ‘n “Verwerpte vrou” 24 word geag ‘n langslewende gade te wees vir doeleindes

van intestate erfopvolging. Aangesien sodanige huwelik egter nooit

geregistreer is nie, watter dokumentasie moet die registrasteur van aktes op

aandring as bewys dat sodanige “gade” kan erf kragtens die “Wet op

Hervorming van Gewoonteregtelike Erfopvolging en Regulering van

Verbandhoudende Aangeleenthede 11 van 2009”?

Besluit ‘n Naasbestaande verklaring, waarin sodanige verwerpte vrou aangedui word,

deur die Meester as ‘n ware afskrif gesertifiseer – (RKB45/2009).

Volmag deur eksekuteur - oorspronklike aanvaarbaar vir oordrag van eiendom

Vraag Kan die registrateur van aktes ‘n oorspronklike volmag aanvaar wat deur die

eksekuteur van die boedel gegee is (die sogenaamde boedelvolmag) of moet

dit ‘n gesertifiseerde afskrif deur die Meester van die Hoë Hof wees?

Besluit Ja, ‘n oorspronklike volmag is aanvaarbaar, aangesien niks die eksekuteur

verbied om iemand aan te stel om sekere dinge namens hom/haar te doen nie

- (RKB44/2008).

24 ‘n Verwerpte vrou is ‘n vrou wat ‘n gewoonteregtelike verbinding aangegaan het en haar man daarna ‘n siviele

huwelik voor 2 Desember 1988 met ‘n ander vrou aangegaan het.vrou. Die eerste vrou word as ongetroud

geag, met ander woorde haar “huwelik” is ongeldig.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 25
Artikel 14(1)(b)(iii) - Vruggebruiker party tot herverdelingsooreenkoms

Vraag Waar eiendom aan A en B bemaak is, onderhewig aan ‘n vruggebruik ten

gunste van C, moet die vruggebruiker ook ‘n party tot die

herverdelingsooreenkoms tussen A en B wees?

Besluit Nee, tensy die vruggebruiker ook die vruggebruik herverdeel - (RKB12/2006).

Herverdelingsooreenkoms

Vraag Dit is gevestigde praktyk dat: “redistribution agreements are nothing less than

a contract (see Bydawell v Chapman NO and Others 1953 (3) SA 514 (A)) and

thus all the requirements pertaining to contracts must be complied with.” Aktes

word verwerp sodat die ooreenkomste heropgestel moet word indien die

identiteitsnommers en huwelikstatus van die partye tot die ooreenkoms nie in

die ooreenkoms ingevoeg is nie. Is hierdie praktyk korrek?

Besluit Nee, die registrateur kan nie vereis dat herverdelingsooreenkomste

heropgestel moet word bloot omrede die identiteitsnommer en huwelikstatus

weggelaat is nie. Die aktekantoor mag op dokumentêre bewys aandring indien

die identiteitsnommers en huwelikstatus van die partye tot die ooreenkoms nie

duidelik uit die ooreenkoms blyk nie – (RKB52/2010).

Vraag Vanuit ‘n regsopinie is dit duidelik dat ‘n herverdelingsooreenkoms nie deur die

eksekuteur aangegaan hoef te word nie. Die ooreenkoms is slegs finaal sodra

die Meester dit aanvaar het. Die volgende vrae spruit uit die gemelde regsopinie

voort:

a) Moet die ooreenkoms ‘n aanvaardingsendossement deur die Meester bevat

of sal ‘n gesertifiseerde afskrif voldoende wees?

b) Boedels wat kragtens artikel 18(3) geadministreer word, word nie

geadverteer nie en derhalwe word die herverdelingsooreenkoms nie by die

Meester ingedien nie. Mag die oorspronklike ooreenkoms as ‘n

ondersteunende dokument deur die registrateur aanvaar word? In dieselfde

aar, mag ‘n oorspronklik ondertekende naasbestaandeverklaring aanvaar

word vir boedels wat kragtens artikel 18(3) van die Boedelwet 66 van 1965

beredder word?

Besluit a) Slegs herverdelingsooreenkomste wat die aanvaardingsertifikaat deur die

Meester bevat sal aanvaar word. ‘n Gesertifiseerde afskrif is nie voldoende

nie

b) Nee. Slegs gesertifiseerde afskrifte deur die Meester van die

herverdelingsooreenkoms, behoorlik deur hom aanvaar, en deur die

Meester gesertifiseerde afskrifte van die naasbestaandeverklarings is

aanvaarbaar – (RKB68/2010).

Indien van bewys

Vraag Eiendom is bemaak aan sekere persone met die opsie om dit na ‘n

maatskappy/beslote korporasie/trust oor te dra indien dit nie moontlik is om

dit na die persone self oor te dra nie, byvoorbeeld as gevolg van die

bepalings van Wet 70 van 1970. Is dit die verantwoordelikheid van die

aktekantoor om op bewys aan te dring dat die persone wat in die testament

as erfgename benoem is, die lede van die beslote korporasie,

aandeelhouers van die maatskappy of begunstigdes van die trust wat

geskep is, is?

Besluit Nee, dit is nie die verantwoordelikheid van die aktekantoor om op sodanige

bewys aan te dring nie – (RKB53/2010).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 26
Bewys van Moslem huwelik

Vraag Die Daniels besluit is uitgebrei in Hassam v Jacobs, N.O. CCT 83/2008, waar

besluit is dat alle gades in ‘n poligame Moslem huwelik geregtig is om intestaat

te erf van hul oorlede gade. Watter bewys kan aanvaar word om sodanige

huwelik te bewys?

Besluit ‘n Beëdigde verklaring deur die langslewende gade, tesame met enige ander

ondersteunende dokumentasie soos vasgestel deur die registrateur van aktes,

moet as bewys van erfgename aanvaar word - (RKB46/2006). 25

Bewys van (siviele) huwelike - voormalige TBVC state

Vraag Baie Grondbriewe is geregistreer in die naam van slegs een gade en met die

daaropvolgende oordrag (byvoorbeeld artikel 18(3) transport na die

langslewende gade), moet bewys van die huwelik ingedien word. In die

afwesigheid van ‘n huweliksertifikaat, watter dokumentasie kan as bewys van

die huwelik aanvaar word?

Besluit ‘n Beëdigde verklaring deur beide gades, alternatiewelik deur die

langslewende gade in sodanige huwelik. Sodanige beëdigde verklaring mag

ook aanvaar word met betrekking tot enige akte of dokument sonder ‘n

opstelklousule, soos vereis kragtens artikel 15 van die Registrasie van

Akteswet - (RKB33/2009, soos gewysig deur RKB23/2010).

Oordrag ten gunste van minderjarige kinders en onderhoudseis namens minderjarige

kinders

Vraag Somtyds gebeur dit dat ‘n testament heeltemal verander word deur ‘n

onderhoudseis deur die voog wat op die Meester se kantoor bedien is,

gedurende die likwidasie van die boedel, in terme van die Kinderwet 38 van

2005. Watter dokumentêre bewys moet ingedien word met ‘n boedeloordrag

of ‘n artikel 40 van die Boedelwet endossement ten gunste van die

minderjarige kinders, onstaande uit ‘n onderhoudseis teen die ouer se boedel?

Sal die artikel 42(1) van die Boedelwet transportbesorgersertifikaat voldoende

wees?

Besluit Ja, artikel 42(1) van die Boedelwet transportbesorgersertifikaat sal voldoende

wees. Die causa van die akte / aansoek moet al die feite uiteensit -

(RKB55/2008).

Paragraaf 5.5 Ontnemingsklousule

Ontneming van bestorwe boedels

Vraag Moet die bestorwe boedel of die eksekuteur in sodanige boedel ontneem word

in die ontnemingsklousules vir boedeltransporte?

Besluit Die bestorwe boedel, en nie die eksekuteur van die bestorwe boedel nie, moet

ontneem word in terme van regulasie 50(2)(c)- (RKB 29/2005).

25 RKB 46 van 2006, wat ‘n hofbevel as bewys van ‘n Moslem huwelik vereis het is met hierdie besluit herroep.

Ander bewys sal byvoorbeeld ‘n sertifikaat van die Moslem Regterlike Raad wees.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 27
Paragraaf 6.1 Artikel 45(1) endossement

Testamentêre Voorwaardes

Vraag Behoort die aansoek in terme van artikel 45 onderhewig gemaak te word aan

die testamentêre voorwaardes, indien enige op ‘n uitgebreide basis (in

extenso), of is ‘n blote verwysing na die voorwaarde voldoende?

Besluit Nee. ‘n Kort verwysing na die voorwaardes in die testament is aanvaarbaar -

(RKB14/2006).

Paragrawe 6.2 & 6.3 Artikels 39(2) en 39(3) endossemente

Toepassing van endossemente op artikel 18(3) boedels

Vraag Stem Konferensie saam dat dit nie moontlik is om aansoek te doen vir

endossemente kragtens artikel 39(2) en 39(3) van die Boedelwet op titelaktes

waar die boedel geadministreer word in terme van artikel 18(3) van die

Boedelwet 66 van 1965 nie?

Besluit Dit is nie toelaatbaar nie. Die bepalings van artikels 39(2) en 39 (3) van Wet

66 van 1965 verwys slegs na ‘n eksekuteur. Indien die Meester egter ‘n

direktief gee dat ‘n buitensporige swaar las bestaan of dat daar

ongeidentifiseerde erfgename in die artikel 18(3) boedel is, en die registrateur

versoek om soortgelyke bepalings as dié vervat in artikel 39, toe te pas, sal

registrateurs uitvoering aan sodanige direktief gee - (RKB51/2009) dat

Aansoek kragtens artikel 39(3) van die Boedelwet 66 van 1965, waar daar op eiendom

beslag gelê is

Vraag Is die registrasie van ‘n aansoek kragtens artikel 39(3) van Wet 66 van 1965

toelaatbaar waar daar op eiendom beslag gelê is?

Besluit Ja, aangesien artikel 39(3) van Wet 66 van 1965 nie ‘n registrasiehandeling is

nie – (RKB44/2012).

Paragraaf 6.4 Artikel 40 endossement

Uitklaringsertifikaat

Vraag Moet daar op ‘n uitklaringsertifikaat aangedring word wanneer ‘n aansoek in

terme van artikel 40 van die Boedelwet gebring word?

Besluit Nee. In terme van die bewoording van artikel 118 van die Plaaslike Bestuur

Munisipale Sisteme Wet 32 van 2000 moet daar op ‘n uitklaringsertifikaat

aangedring word by die oordrag van eiendom. Artikel 40 stel nie die oordrag

van eiendom daar nie - (RKB39/2005).

Beëindiging van mortis causa trust voordat endossement aangebring is

Vraag 1) Waar ‘n mortis causa trust beëndig is, voordat die artikel 40

endossement aangebring is, kan grond direk in die name van die

begunstigdes oorgedra word?

2) Verder, mag sodanige begunstigde ‘n herverdelingsooreenkoms

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 28
aangaan?

Besluit 1) Ja.

2) Ja. Sien artikel 14(1)(b)(i) en RKB3/1954 soos bevestig deur

RKB1/1969 - (RKB47/2008).

Naam van mortis causa trust

Scenario Johan Marais is die testateur en bemaak eiendom aan die Mia Marais

Testamentêre Trust en die Magdel Marais Testamentêre Trust. Verskillende

eiendomme word bemaak aan die twee trusts. Oordrag het plaasgevind in die

name van die twee trusts onderskeidelik by wyse van formele transporte en nie

in terme van artikel 40 van die Boedelwet nie. Die Meester het die trust as die

Johan Marais Testamentêre Trust (vir die voordeel van Mia en Magdel)

geregistreer en nie die Mia Marais Testamentêre Trust of die Magdel Marais

Testamentêre Trust nie.

Vraag 1) In die geval waar die testateur name aan die testamentêre trusts gee

(dit is die Mia Marais Testamentêre Trust of die Magdel Marais

Testamentêre Trust), kan die Meester ‘n testamentêre trust onder ‘n

ander naam (dit is Johan Marais Testamentêre Trust) registreer?

2) Hoe moet oordrag geskied? Is artikel 40 van die Boedelwet verpligtend

of kan ‘n formele oordrag plaasvind?

3) Indien die Meester ‘n magtigingsbrief uitgereik het ten gunste van die

Johan Marais Trust, kan oordrag na hierdie trust plaasvind?

4) Sal ‘n artikel 4(1)(b) regstelling toegelaat word om die korrekte posisie

weer te gee?

Besluit 1) Ja, dit kan geregistreer word. Sien RKB11/1995.

2) Artikel 40 is verpligtend.

3) Nee. Die Meester onderskei tussen die twee begunstigdes.

4) ‘n Artikel 4(1)(b) is toelaatbaar - RKB54/2008).

Titelakte verkeerdelik geëndosseer kragtens artikel 40 van Wet 66 van 1965

Vraag Eiendom is in ‘n testament aan ‘n bestaande trust bemaak. Die titelaktes was

verkeerdelik geëndoseeer kragtens artikel 40 van die Boedelwet in plaas van

die registrasie van ‘n formele transport na die trust. 26 Hoe kan dit reggestel

word?

Besluit Die eksekuteur 27 in die boedel moet ‘n formele transport doen, waarin die

volledige besonderhede van die verkeerde endossement kragtens artikel 40 in

die causa uiteengesit word - (RKB52/2009).

Paragraaf 7.7 Beperking op minderjarige se belange - art. 80

Afstanddoening van voorrang van vruggebruik

26

Artikel 40 is slegs van toepassing op tot ‘n mortis causa trust en nie ‘n inter vivos trust soos wat die geval hier

was nie.

27

Aangesien artikel 40 nie ‘n registrasie-endossement is nie, moet die eksekuteur oordrag gee.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 29
Vraag Moet daar aan die bepalings van artikel 80 van die Boedelwet voldoen word

waar ‘n minderjarige afstand doen van voorrang van sy/haar vruggebruik ten

gunste van ‘n verbandhouer?

Besluit Ja, dit kom neer op ‘n vervreemding van onroerende eiendom en daar moet

aan die bepalings van artikel 80 voldoen word - (RKB51/2006).

Aangaan van ‘n herverdelingsooreenkoms deur minderjarige

Vraag Kragtens ‘n bespreking met die Hoof Meester, is die bepalings van artikel 80

van die Boedelwet nie van toepassing op herverdelingsooreenkomste

(aangegaan deur ‘n minderjarige waar die onroerende eiendom wat aan die

minderjarige behoort die onderwerp van die herverdeling vorm) 28 nie. Behoort

RKB 48 van 2008 en 11 van 2009 nie nou teruggetrek te word nie?

Besluit Artikel 80 van die Boedelwet 66 van 1965 vind nie toepassing nie.

RKB48/2008 en 11 van 2009 word hiermee teruggetrek – (RKB30/2010).

Meesterskennisgewings

Vraag Waar daar ‘n Meesterskennisgewing (interdik) genoteer is dat ‘n minderjarige

‘n belang in eiendom het en sodanige eiendom aan enige persoon anders as

die minderjarige getransporteer word, hoe moet daar met die

Meesterskennisgewing gehandel word?

Besluit Indien daar ‘n artikel 42(2) sertifikaat of toestemming deur die Meester is, sal

die aktekantoor die Meesterskennisgewing verwyder op die veronderstelling

dat die Meester kennis geneem het van die minderjargige se belang –

(RKB50/2011).

Kommentaar Waar ‘n minderjarige ‘n erfgenaam is, sal die Meester kennis van hierdie feit

aan die aktekantoor gee ten einde die beskerming van die belange van die

minderjarige te verseker. In sommige aktekantore, word hierdie

kennisgewings egter nie meer vanaf die Meester ontvang nie.

Paragraaf 8 Diverse aangeleenthede

Artikel 18(3) van die Boedelwet

Vraag Kan ‘n verteenwoordiger wat in terme van artikel 18(3) aangestel is, eiendom

skenk?

Besluit Nee. Daar word geen goedkeuring in die Boedelwet Nr 66 van 1965 verleen

aan ‘n verteenwoordiger om eiendom te skenk nie. - (RKB38/2005).

Vraag Waar ‘n verteenwoordiger onroerende eiendom uit ‘n boedel, die

administrering waarvan hy aangestel is, verkoop vir ‘n koopprys van meer as

R125 000,00, rus die onus op die registrateur om op magtiging deur die

Meester vir sodanige verkoping aan te dring?

Besluit Ja. Die aktekantoor sal nie ‘n oordrag van onroerende eiendom uit artikel

18(3) boedels toelaat, sonder die skriftelike toestemming van die Meester nie -

soos per instruksie vanaf die Meesterskantoor - (RKB2/2003 en RKB3/2003

word deur RKB46/2008 herroep en vervang).

Bewys van adiasie / repudiasie

Vraag Wie het die bevoegdheid om te adieer of te repudieer in terme van ‘n

28 Die deel in kursief is deur skrywer hiervan ingevoeg om die vraag meer duidelik te maak, in lig van die vorige

vraag wat gevra is, en waarvan die besluit teruggetrek is.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 30
gesamentlike testament, indien die langslewende gade sterf voordat die opsie

uitgeoefen is?

Besluit Die bevoegdheid om te adieer of te repudieer vestig in die erfgename en nie in

die eksekuteur nie - Eyssel and Another v Barnes NO and Others

(ongerapporteerde saak 3617/1992 (Hooggeregshof NPA)) - (RKB29/2008).

Artikel 14 - bates in ‘n gemeenskaplike boedel

Vraag Waar eiendom ‘n bate in ‘n gemeenskaplike boedel vorm en beide gades

opeenvolgend sterf maw een jaar na mekaar, mag die eksekuteurs in beide

gades se boedels die eiendom verkoop of moet daar aan artikel 14 voldoen

word?

Besluit Artikel 14 is van toepassing. Daar moet eerste met die boedel van die

eersterwende gehandel word. Daarna kan die eksekuteur in die boedel van

die laassterwende gade die eiendom transporteer - (RKB12/2009). Hierdie

besluit is gewysig, sien die besluit direk hieronder, RKB21/2010.

RKB 12/2009: Artikel 14 van die Registrasie van Akteswet

Vraag RKB 12 van 2009 moet teruggetrek word of die besluit moet gewysig word om

te bepaal dat daar slegs aan artikel 14 van Wet 47 van 1937 voldoen moet

word in die geval van testate or intestate vererwing. 29

Besluit RKB 12 van 2009 word hiermee gewysig om as volg te lees:

Waar eiendom ‘n bate in ‘n gemeenskaplike boedel vorm en beide gades

agtereenvolgend sterf, dit is binne een jaar van mekaar, mag die eksekuteurs

in beide gades se boedels die eiendom verkoop, of moet daar aan artikel 14

voldoen word?

Besluit Ja, die eksekuteurs in beide gades se boedels mag gesamentlik die eiendom

verkoop. ’n Verkoop deur beide eksekuteurs is nie ‘n oortreding van artikel 14

nie - (RKB21/2010).

Herroeping van erfenis deur eksekuteur

Vraag Het ‘n eksekuteur die bevoegdheid om ‘n erfenis wat aan ‘n erfgenaam

behoort, te herroep?

Besluit Nee – (RKB59/2010).

Uitleg van die bepalings van ‘n testament

Vraag By die administrasie van boedels is die uitleg van die reg aangaande

opvolging en testamente die funksie van die eksekuteur, Meester of die Hof.

Kan die aktekantoor sodanige uitleg bevraagteken wanneer die likwidasie en

distribusie rekening vir inspeksie ter insae gelê het sonder enige besware?

Besluit Ja, sien RKB4/2010 30 wat mutatis mutandis op intestate erfopvolging van

toepassing is – (RKB51/2011).

Passering van verband deur eksekuteur

Vraag Mag ‘n verband deur die eksekuteur/verteenwoordiger van ‘n bestorwe boedel

gepasseer word?

Besluit Ja op voorwaarde dat dit deur die testament gemagtig word. Indien nie deur

die testament gemagtig nie, sal die eksekuteur ‘n hofbevel benodig alvorens

hy/sy ‘n verband sal kan passer, behalwe indien die verband vir doeleindes

29

Met ander woorde, nie waar ‘n oordrag kragtens ‘n verkoop betrokke is nie, maar slegs as gevolg van

vererwing.

30

RKB4/2010: RKB 35 van 1955 moet teruggetrek word aangesien die besluit aangeneem was voor die

promulgering van die Boedelwet 66 van 1965.

Besluit: Nee, RKB35/1955 word bevestig. Dit is die plig van die Registrateur om te verseker dat die transaksie

wat geregistreer staan te word in ooreenstemming met die bepaling van die testament is.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 31
van die betaling van boedelbelasting is waarvoor die boedel verantwoordelik

is. In laasgenoemde geval, is die Meester se toestemming voldoende. Sien

‘Law and Practice of the Administration of Estates’ deur Meyerowitz –

(RKB23/2012).

Afstanddoening van beperkte belang

Vraag Waar boedelsamesmelting en adiasie plaasgevind het, mag die persoon wat

die bepalings van die testament geadieer het, gelyktydig met die oordrag van

die onroerende eiendom na die erfgenaam, van sy/haar beperkte belang in die

saamgemelte eiendom afstand doen?

Besluit Ja, sien Rampathy v Krumm NO and Others 1978 (4) SA 935 –

(RKB24/2012). 31

Magte van eksekuteurs om oordrag te gee

Vraag Waar ‘n maatskappy wat slegs een direkteur het, gedurende die leeftyd van

die alleen direkteur, grond verkoop het en die grond nou oorgedra moet word,

wie het die bevoegdheid om sodanige oordrag te passeer? Die

maatskappywet is nie duidelik hieroor nie.

Besluit Die eksekuteur kan nie oordrag passeer nie. ‘n Nuwe direkteur sal aangestel

moet word om die registrasiehandeling uit te voer – (RKB25/2012).

Datum van transaksie waar samesmelting en adiasie plaasvind

Vraag Kragtens die Hereregtehandleiding uitgereik deur SAID, is daar groot

onsekerheid rakende die datum van die transaksie waar samesmelting en

adiasie of repudiasie plaasvind in gevalle van testate en intestate erfopvolging.

Wat is die “datum van die transaksie”?

Besluit Die datum van afsterwe (dood) van die testateur sal die datum van die

transaksie wees – (RKB27/2012).

31 In die causa van die oordrag, moet die volle feite vermeld word, met ander woorde … nademaal adiasie

plaasgevind het en nademaal die eiendom aan ‘n vruggebruik onderhewig is en nademaal daar van die

vruggebruik afstand gedoen is…

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 32
Hoofstuk 8 - Verdelingstransporte

Paragraaf 3 Die volmag vir verdelingstransporte

Skepping van serwituut in volmag

Scenario A & B is mede-eienaars van twee aparte stukke grond, Erf 1 and Erf 2. A & B

besluit om die grond te verdeel en in terme van die verdelingsooreenkoms is A

geregtig op Erf 1 en B geregtig op Erf 2. Ten einde die verdeling gelykop te

maak, verleen A ‘n persoonlike serwituut (vruggebruik) oor sy gedefinieerde

eiendom aan B.

Vraag Hoe moet hierdie serwituut geskep word? Kan dit geskep word in die

verdelingstransport of moet dit notarieël geskep word?

Besluit Dit kan in die volmag vir die verdelingstransport geskep word - (artikel26(2)(d))

- RKB9/2006 en RKB37/2005).

Verdeling van grond geregistreer in die naam van ‘n oorledene - regulasie 52(1) van

Wet 47 van 1937

Vraag Indien by die verdeling van grond, die onderverdeelde aandele geregistreer is

in die naam van ‘n oorledene of in sy/haar boedel of in die langslewende gade,

sal die registrateur van aktes, indien sodanige aandeel bemaak is, nie slegs

die toestemming van die Meester kragtens artikel 53 van die Boedelwet 1913,

namens die erfgename en legatarisse wie minderjariges mag wees vereis nie,

maar ook dokumentêre bewys tot sy/haar bevrediging dat daar op die

verdeling gedurende die leeftyd van die testateur ooreengekom is.

Sal die toestemming van die Meester vereis word waar die oorledene ná 1

Oktober 1967 gesterf het? Selfs met die dokumentêre bewys dat daar op die

verdeling gedurende die leeftyd van die testateur ooreengekom is? Die

Boedelwet vereis nie die Meester se toestemming nie. Slegs indien die

oorledene voor 1 Oktober 1967 gesterf het word die Meester se toestmeming

kragtens artikel 53 van die herroepde Boedelwet van 1913 vereis.

Besluit Die toestemming van die Meester word vereis (sien Prinsloo v Swart en

Andere 1965 (3) 686 op 689 (OPA)) - (RKB30/2009).

Paragraaf 8 – Verdeling van grond onderhewig aan ‘n fideicommissum

Verdeling van grond onderhewig aan Fideicommissum: Toestemming van kurator van

insolvente fideikommisêre erfgenaam

Vraag Kragtens artikel 30 van Wet 47 van 1937 moet die kurator toestem tot die

verdeling van grond indien die fideikommissêre erfgenaam insolvent is.

Kragtens die woordomskrywing van “eiendom” in artikel 2 van die

Insolvensiewet 24 van 1936, beteken “eiendom” roerende of onroerende

eiendom en word die daaropvolgende belang van ‘n fideicommissarius

erfgenaam in die eiendom uitgesluit. Die fideikommissêre erfgenaam word nie

erken as die eienaar van die eiendom nie. Moet die toestemming van die

kurator vereis word indien die bepalings van artikel 2 van die Insolvensiewet in

ag geneem word?

Besluit Ja. Die toestemming van die kurator namens die fideikommissêre erfgenaam

moet kragtens artikel 30 van Wet 47 van 1937 verkry word – (RKB31/2012).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 33
Hoofstuk 9 - Sertifikate van geregistreerde titel

Paragraaf 1 Artikel 34 SGT vir ‘n mede-eienaar se onverdeelde aandeel

Artikel 34(1A): Gemeenskaplike boedels

Vraag Sal dit ‘n oortreding van artikel 34(1A) van die Akteswet wees indien partye

getroud binne gemeenskap van goed met mekaar aansoek doen vir ‘n

sertifikaat van geregistreerde titel vir ‘n breukdeel van ‘n aandeel in die

eiendom waarvan hulle die eienaar is?

Besluit Nee, dit is nie ‘n oortreding waar hulle gesamentlik ‘n breukdeel van die

onverdeelde aandeel in die eiendom bekom nie – (RKB25/2011).

Paragraaf 5 Artikel 38 SGT om verlore akte te vervang

Artikel 38(3)

Vraag In terme van artikel 38(3), moet ‘n konsep van die voorgestelde sertifikaat vir

inspeksie ter insae lê. Wat as die sertifikaat ingedien en verwerp word as

gevolg van verkeerde voorwaardes ens.? Moet dit weer vir inspeksie ter insae

lê? Indien nie, wat is die nut om ‘n konsep sertifikaat beskikbaar te stel vir

inspeksie in die eerste plek?

Besluit Die sertifikaat moet ingedien word vir ondersoek slegs nadat dit ter insae gelê

het vir inspeksie en na die verstryking van die ses weke tydperk.

Heradvertering in die geval van verkeerde voorwaardes wat die regte van

derde partye mag affekteer val binne die diskresie van die registrateur van

aktes - (RKB13/2006).

Artikel 38: Opgradering van titelverwysing in verbande

Vraag Die titelakte verwysing van die titelakte in die eiendomsbeskrywing van

verbande moet opgedateer word tydens die uitreiking van ‘n titel kragtens

artikel 38 van die Registrasie van Akteswet. Behoort alle verbande nie vir

endossering ingedien te word om die titelverwysing daarin op te dateer nie?

Besluit Ja, die verbande wat oor die eiendom geregistreer is, moet ingedien word

wanneer ‘n titel kragtens artikel 38 uitgereik word – (RKB33/2010).

Artikel 38 en regulasie 68 van die Registrasie van Akteswet: Verlore bladsye

Vraag Artikel 38 handel nie met verlore bladsye nie en regulasie 68 handel met

verlore of vernietigde titlebewyse. Hoe handel mens met ‘n onvolledige titel of

verband. Voorbeelde:

a) ‘n Bladsy in die titelakte van die kliënt se afskrif en die aktekantoorafskrif is

verlore.

b) Die aanhangsel van ‘n deelverband in die kliënt se afskrif en die

aktekantoor afskrif bevat nie al die bladsye nie.

Besluit

a) Artikel 38 van die Registrasie van Akteswet moet toegepas word.

b) Met betrekking tot verbande, moet daar aan die bepalings van regulasie

68(11A) voldoen word en ‘n vervangende verband moet geregistreer

word. Alternatiewelik, moet die aangeleentheid na die hof verwys word

– (RKB34/2010)

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 34
Paragraaf 8 Sertifikaat van verenigde titel - artikel 40

Serwituut uitgelaat op konsolidasiekaart

Vraag Indien ‘n serwituut aangedui word op ‘n onderverdelingskaart van ‘n gedeelte

en sodanige gedeelte word daarna gekonsolideer met die weglating van

daardie serwituut op die konsolidasiekaart, moet die konsolidasiekaart terug

verwys word na die landmeter-generaal vir wysiging?

Besluit Ja. Die konsolidasiekaart moet terug verwys word na die LG vir wysiging

(regstelling) - (RKB37/2006).

Artikel 40(1)(d) - Twee plase en ‘n nedersetting word gekonsolideer om ‘n plaas te

vorm

Vraag In terme van artikel 40(1)(d) mag eiendom gekonsolideer word indien dit in

dieselfde grondregister geregistreer is. Is ‘n konsolidasie registreerbaar waar

die een eiendom ‘n plaas is en die ander ‘n nedersetting of landbouhoewe en

die LG kaarte is deur die landmeter-generaal goedgekeur?

Besluit Ja, op voorwaarde dat die verskillende komponente na dieselfde grondregister

omgeskakel is - (RKB18/2005).

Koppelingsvoorwaardes

Vraag Waar twee stukke grond gekonsolideer word en die komponente onderhewig

is aan ‘n koppelingsvoorwaarde, hoe moet daar met hierdie voorwaarde

gehandel word?

Besluit Artikel 68 is nie van toepassing nie. Die voorwaarde moet in die sertifikaat van

verenigde titel opgeneem word en die registrateur moet die sertifikaat van

verenigde titel endosseer met betrekking tot die verval van die

koppelingsvoorwaarde. Die houer van die reg moet egter toestem tot die

uitreiking van die sertifikaat van verenigde titel - (RKB21/2008).

Artikel 40: Konsolidasie van eiendomme geleë in verskillende plaaslike owerhede

Vraag Mag twee aangresende stukke grond, wat aan al die vereistes van artikel 40

voldoen gtekonsolideer word indien hulle binne verskillende plaaslike

owerhede geleë is?

Besluit Ja, dit kn gedoen word, aangesien dit nie ‘n orotreding van artikel 40 van Wet

47 van 1937 daarstel nie – (RKB26/2011).

Artikel 20 van die Opmetingswet 8 van 1997

Vraag Die grootte van eiendomme verskil dikwels wanneer konsolidasies en

onderverdelings geregistreer word, byvoorbeeld waar ‘n gekonsolideerde

eiendom onderverdeel word en die onderverdeelde gedeeltes se totale grootte

effens verskil van die grootte in die titel. Vir baie jare was dit aanvaarde

praktyk dat waar die verskille gering is, die aktekantoor nie die aktes verwerp

nie, aangesien die Landmeter-general erken het dat daar ‘n sekere

persentasie afwyking toegelaat behoort te word gesien in lig van die feit dat by

her-opmeting dit verduidelik kan word. Kan Konferensie riglyne in hierdie

verband neerlê?

Besluit Die grootte verskaf op ‘n kaart is die verantwoordelikheid van die Landmetergeneraal

en nie diѐ van die registrateur van aktes nie – (RKB48/2011).

Kommentaar Met ander woorde die aktekantoor sal nie die grootte van die eiendomme

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 35
onder hierdie omstandighede bevraagteken nie.

Paragraaf 9 SGT vir ‘n gedeelte van grond - artikel 43

Paragraaf 9.3 Voorvereistes vir uitreiking van Artikel 43 sertifikate

Onderverdelingsvoorwaardes geëndosseer op volmag / aansoek vir onderverdeling

Vraag Moet die Registrateur aandring op ‘n regulasie 38 sertifikaat kragtens

Ordonnansie 15 van 1986, sowel as die toestemming tot onderverdeling vanaf

die plaaslike bestuur, by die onderverdeling van ‘n erf?

Besluit Ja, die regulasie 38 sertifikaat sowel as die toestemming tot onderverdeling

kragtens artikel 92 van Ordonnansie 15 van 1986 moet ingedien word.

Laasgenoemde is nodig ten einde vas te stel of daar registreerbare

voorwaardes is wat geskep of vorentoe gebring moet word – (RKB33/2012).

Uitklaringsertifikaat vir die restant van die grond

Scenario Waar ‘n gedeelte van grond alreeds as ‘n entiteit geregistreer is, word die

uitklaringsertifikaat vir die restant van die grond ingedien. Toe die

uitklaringsertifikaat vir daardie spesifieke gedeelte versoek word, beweer die

transportbesorger dat die stadsraad se rekords nog nie opgedateer is nie en

dat sodanige gedeelte nog nie op hul rekords verskyn nie en het die stadsraad

derhalwe ‘n uitklaringsertifikaat vir die restant uitgereik. Die transportbesorger

beweer verder dat stadsrade nie bereid is om ‘n sertifikaat te verskaf tot die

effek dat sodanige geregistreerde gedeelte nie op hulle rekords aangetoon

word nie.

Vraag Kan die uitklaringsertifikaat van die restant aanvaar word in sodanige geval,

tesame met die sertifikaat deur die transportbesorger dat sodanige gedeelte

nie op die rekords van die stadsraad verskyn nie en dat die ingediende

uitklaringsertifikaat die gedeelte dek?

Besluit ‘n Uitklaringsertifikaat vir die resterende gedeelte, vergesel deur ‘n

verduidelikende brief vanaf die stadraad tot die effek dat sodanige

uitklaringsertifikaat die grond wat getransporteer staan te word dek, kan

aanvaar word. - (RKB36/2006).

Verbod teen onderverdeling

Vraag Waar grond onderverdeel word maar geen addisionele stuk grond geskep

word nie, is die titelvoorwaarde wat onderverdeling verbied van toepassing in

hierdie geval waar die onderverdeelde gedeelte gelyktydig gekonsolideer

word?

Besluit Die registrateur van aktes sal nie hierdie onderverdeling toelaat nie, aangesien

daar nie wettiglik daarvoor voorsiening gemaak word nie. Die titelvoorwaardes

wat onderverdeling verbied, sonder die opsie van ‘n toestemming, sal eers

voor die onderverdeling verwyder moet word - (RKB43/2009).

Huurpag

Vraag Artikel 56(3) van die Wet op Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe 4 van

1984 bepaal dat ‘n dorpsontwikkelaar ‘n reg op huurpag mag verleen sonder

om eers ‘n sertifikaat van geregistreerde titel met betrekking tot die betrokke

grond te bekom. In analogie hierop, mag ‘n dorpsontwikkeaar ‘n huurpag

uitreik ten opsigte van ‘n gedeelte van ‘n erf wat op ‘n algemene plan

aangetoon word, sonder om eers ‘n sertifikaat van geregistreerde titel vir die

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 36
moedereiendom te bekom?

Besluit Nee. ‘n Sertifikaat van titel moet eers bekom word – (RKB84/2010).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 37
Hoofstuk 10 - Dorpstigting

Paragraaf 3 Dorp op ‘n gedeelte van ‘n stuk grond

Artikel 46(4) en Artikel 43 Sertifikaat van Dorpstitel

Vraag Is die uitneem van ‘n sertifikaat van dorpstitel in terme van artikel 46(4)

verpligtend of is ‘n sertifikaat van geregistreerde titel in terme van artikel 43

ook toelaatbaar indien die grond waarop die dorp uitgelê staan te word slegs ‘n

gedeelte van ‘n bestaande stuk grond uitmaak?

Besluit Beide is aanvaarbaar - (RKB16/2006).

Paragraaf 4 Dorp uitgelê op twee of meer stukke grond

Vraag Mag drie verskillende eienaars wat drie verskillende eiendomme apart besit,

een dorp open op al drie hierdie eiendomme (maw een algemene plan is

goedgekeur waarop die dorpsgebied uitgelê op al drie eiendomme, aangedui

word)?

Besluit Dit word nie toegelaat nie. Die bepalings van artikel 22 van die Registrasie

van Akteswet 32 kan nie toegepas word waar die restant van die dorp oorgedra

moet word nie. Die eienaars het ook nie locus standi om sodanige dorp te

open met betrekking tot die eiendomme wat nie aan hulle behoort nie -

(RKB34/2009).

RKB 34 van 2009: Een dorp op meer as een eiendom

Vraag Mag ‘n dorp ge-open word op meer as een eiendom wat deur verskillende

eienaars besit word, in gevalle waar die dorpsaansoek goedgekeur was voor

die inwerkingtreding van RKB34 van 2009, welke besluit sodanige opening

verbied?

Besluit Nee, RKB 34 van 2009 vind toepassing – (RKB14/2011).

Paragraaf 8 Transport van ‘n hele dorp of van ‘n gedeelte daarvan

Transport van die restant van ‘n dorp

Vraag Sal ‘n formele transport vir die restant van ‘n dorp toegelaat word, waar slegs

strate in sodanige dorp oorbly?

Besluit Nee, ‘n formele transport kan nie gebruik word nie. Artikel 31 van die

Registrasie van Akteswet moet gebruik word - (RKB35/2009). 33

Paragraaf 9 Diverse aangeleenthede

Eskom serwitute - bykomende regte

Vraag Met betrekking tot die oordrag van erwe vanaf ‘n dorpstitel, gebeur dit dikwels

dat, as gevolg van die ligging van die erf, sodange erf nie wees ligging

onderhewig aan die bykomende regte van Eskom serwitute kan wees nie. Is

dit steeds nodig om sodanige voorwaardes in die nuwe transportakte vorentoe

te dra?

Besluit Ja, tensy die houer van die serwituut dokumentêre bewys verskaf dat hy van

32 Kragtens artikel 22(1) mag twee of meer persone wat elkeen verskillende stukke grond in eiendom het nie

daardie stukke grond aan een of meer persone transporteer met dieselfde transportakte nie, tensy sodanige

transport deur ‘n regsbepaling of ‘n hofbevel gemagtig is nie.

33 Tensy sodanige strate erfnommers het of ‘n straatsluiting gedoen word.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 38
die bykomende regte op die betrokke grond afstand doen - (RKB47/2006).

Artikel 82 van die Ordonnansie op Dorpe en Dorpsbeplanning 15 van 1986 (TVL)

Vraag Kragtens artikel 82 van Ordonnansie 15 van 1986, sal die registrateur nie ‘n

transportakte van ‘n erf in ‘n dorp registreer, totdat die plaaslike bestuur binne

wie se jurisdiksiegebied die dorp geleë is gesertifiseer het dat dit binne ‘n

tydperk van 3 maande vanaf die datum van die sertifikaat in staat sal wees om

die dienste wat dit ookal mag nodig ag aan die erf te voorsien nie en dat dit

bereid is om ‘n aansoek vir die goedkeuring van ‘n bouplan met betrekking tot

die erf te oorweeg. Die vraag is of daar aan die voormelde artikel voldoen

moet word indien ‘n ontwikkelaar ‘n eenheid in ‘n skema wat op ‘n erf in ‘n dorp

geopen is, wil transporteer en daar nog nie ‘n artikel 82 sertifikaat verskaf is

nie?

Besluit Ja, daar moet aan artikel 82 voldoen word tydens die opening van die

deeltitelskema en die oordrag van eenhede in sodanige skema. Waar ‘n

sertifikaat van geregistreerde titel egter uitgereik word, moet ‘n caveat teen die

betrokke eiendom aangeteken word tot die effek dat by die oordrag van die erf

of die eenhede in die skema deur die ontwikkelaar, daar aan die bepalings van

artikel 82 voldoen moet word – (RKB70/2010).

Koopdatum van eerste oordrag voor proklamasie datum van die dorp

Vraag Kragtens die Ordonnansies, mag grond in ‘n dorp nie verkoop, verruil, verhuur

of op enige manier oor beskik word voor die proklamasiedatum nie. Kan die

eienaar, gebasseer op die Huntrex 148 (Pty) Ltd vs JA van Jaarsveld, saak

217/2010, eiendom verkoop voordat die dorp geproklameer is?

Besluit Daar moet aan die Ordonnansies voldoen word. Alternatiewelik moet ‘n

hofbevel bekom word – (RKB45/2012).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 39
Hoofstuk 11 - Endossemente

Paragraaf 1 Artikel 3(1)(v) endossement

Vraag Waar ‘n eienaar van onroerende eiendom ‘n geslagsveranderingsoperasie

ondergaan het en sy name daarna verander het en ‘n nuwe identiteitsnommer

aan hom/haar toegeken is, hoe moet die nuwe identiteitsnommer teen die

titelakte van die betrokke onroerende eiendom aangeteken word?

Besluit Die bepalings van artikel 3(1)(v) moet toegepas word en dokumentêre bewys

van die nuwe identiteitsnommer moet tesame met die aansoek ingedien word -

(RKB16/2005).

Vraag Gades is buite gemeenskap van goedere getroud. Hulle smelt hul boedels

saam en bemaak hul saamgesmelte boedel aan die langslewende van hulle,

onderhewig aan ‘n fideicommissum ten gunste van hul kinders. Watter

registrasiehandeling moet plaasvind waar die grond geregistreer is in die naam

van die langslewende gade?

Besluit ‘n Endossement in terme van artikel 3(1)(v) van die Registrasie van Akteswet

moet gedoen word - (RKB31/2008).

Oordrag aan Staatsdepartemente

Vraag Indien ‘n akte van transport geregistreer is en die eiendom is gevestig in die

naam van ‘n staatsdepartement, byvoorbeeld die Departement van Grondsake,

hoe moet die vestiging verander word om die eienaar as die Nasionale

Regering van die Republiek van Suid-Afrika aan te dui? 34

Besluit ‘n Aansoek kragtens artikel 3(1)(v) van die Registrasie van Akteswet wat óf die

Provinsiale Regering óf die Nasionale Regering van die Republiek van Suid-

Afrika aanwys as die eienaar van die eiendom, moet deur ‘n gemagtigde

beampte van die betrokke staatsdepartement gedoen word – (RKB56/2010).

Artikel 10A en 10B van die Behuisingswet 107 van 1997 voorwaardes

Vraag ‘n Transportbesorger het nagelaat om die artikel 10A en 10B van die

Behuisingswet voorwaardes te registreer tydens die oodrag van ‘n eiendom na

die gesubsidieerde koper. Hoe moet hierdie voorwaardes teen die titelakte

geregistreer word?

Besluit TDIe voorwaardes kan geregistreer word deur die indien deur die eienaar van

‘n aansoek kragtens artikel 3(1)(v) van Wet 47 van 1937, tesame met die

nodige bewys – (RKB46/2012). 35

Paragraaf 2 Artikel 4(1)(b) endossement

Wysiging van voorwaardes: bylae vir lang voorwaardes

Vraag RKB 19 van 2009 beveel die indien van ‘n bylae aan in die geval van lang

voorwaardes van titel, wanneer dit onprakties is om die titelakte kragtens

artikel 4(1)(b) van die Registrasie van Akteswet te endosseer. Is dit korrek om

‘n aktekantoorfooi te hef op die bylae van voorwaardes, bloot omdat dit in ‘n

aparte indienomslag ingedien word en die indienomslag ‘n S …. / …. K kode

ontvang?

Besluit Nee, die Bylae van Fooie maak nie vir ‘n aparte fooi in hierdie verband

34

Na die inwerkingtreding van die Grondwet van Suid-Afrika, mag eiendom slegs in die Nasionale of Provinsiale

Regering vestig.

35

Aangesien hierdie statutêre voorwaardes is, hoef dit nie geskep te word nie.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 40
voorsiening nie. Die bylae van voorwaardes moet in dieselfde indienomslag as

die aansoek ingedien word en slegs een fooi moet gehef word –

(RKB15/2010).

Regstellling van gekanselleerde verbande

Vraag Moet ‘n artikel 4(1)(b) regstelling gedoen word om ‘n fout in ‘n verband reg te

stel, byvoorbeeld ‘n verkeerde erf nommer, spelfout in die naam van die

verbandgewer, anders as die regstelling van die besonderhede van die

verbandhouer, wanneer sodanige verband gekanselleer word.

Besluit Nee, slegs verkeerde besonderhede met betrekking tot die verbandhouer moet

reggestel word - (RKB11/2006).

Wysiging van verband wat gekanselleer staan te word

Vraag Waar ‘n verband gekanselleer moet word, maar by nadere ondersoek blyk dit

dat die verband gepasseer is deur die verbandgewer ten gunste van die

verbandgewer, kan sodanige kansellasie gedoen word deur die korrekte

verbandhouer waar ‘n artikel 4(1)(b) regstelling gebring word deur sodanige

korrekte verbandhouer?

Besluit Bewys aangaande die korrekte posisie in terme van artikle 4(1)(a) van die

Registrasie van AKteswet moet gegee word. Die verband moet dan reggestel

word in terme van ‘n artikel 4(1)(b) aansoek, gebring deur die korrekte

verbandhouer, waarna die gemelde verband gekanselleer moet word. Daar

moet op die toestemming van alle belanghebbende partye aangedring word -

(RKB30/2008).

Registrateur het ‘n diskresie

Vraag ‘n Caveat is teen die naam van A aangeteken tot die effek dat sy naam op

verskillende maniere gespel is in aktes geregistreer in die aktekantoor. A is

egter oorlede en die eksekuteur in sy/haar boedel wil nou oordrag gee van

sommige van die eiendomme geregistreer in die naam van A. Moet ‘n artikel

4(1)(b) aansoek om die fout reg te stel gebring word voor registrasie van

oordrag?

Besluit Die registrateur het ‘n diskresie om die oordrag toe te laat sonder die

regstelling van die fout - (RKB17/2005 en RKB6.23/1999).

Meerdere foute reggestel deur een aansoek

Vraag Moet die woorde “‘n fout” in artikel 4(1)(b) van die Registrasie van Akteswet so

geinterpreteer word dat slegs een fout per aansoek reggestel kan word of is dit

toelaatbaar om meerdere foute met een aansoek reg te stel. Wat as daar

verskillende foute in verskillende titelaktes voorkom?

Besluit Meerdere foute mag met een aansoek reggestel word selfs al is daar

verskillende foute in verskillende titelaktes - (RKB18/2008).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 41
RKB 10 van 2009: Artikel 4(1)(b)

Vraag RKB 10 van 2009 36 word nogsteeds nie eenvormig deur aktekantore toegepas

nie. Óf die praktyk moet uitgespel word óf die aangeleentheid moet in die

vorm van ‘n Hoofregistrateursomsendskrywe aangespreek word.

Besluit ‘n Transportbesorger, nie onder eed nie, behoorlik daartoe gemagtig kragtens

‘n volmag, waarin hy gemagtig word om enigiets te doen wat die eienaar mag

doen, kan die aansoek kragtens artkel 4(1)(b) bring, mits die fout nie

betrekking het op die persoonlike besonderhede van die eienaar nie. In die

laasgenoemde geval, moet die eienaar die aansoek onder eed bring, of die

transportbesorger mag die aansoek bring indien hy behoorlik daartoe gemagtig

is. Dokumentêre bewys moet met betrekking tot die korrekte stand van sake

verskaf word. In die geval van gedwonge verkopings, mag die

eksekuteur/balju/kurator die aansoek bring, nie onder eed nie, en die nodige

dokumentêre bewys rakende die korrekte stand van sake indien –

(RKB20/2010).

Vraag Is dit nodig om op die verbandhouer se toestemming aan te dring waar ‘n

wysiging aan die titelakte nie ‘n negatiewe effek op die verbandhouer se

sekuriteit sal hê nie? Hoe interpreter Konferensie die woorde

“belanghebbende partye” in artikel 4(1)(b)?

Besluit Ja, die verbandhouer se toestemming word altyd vereis kragtens artikel 4(1)(b)

van die Registrasie van Akteswet. ‘n Verbandhouer sal altyd ‘n belang in die

regstelling van die titelakte hê – (RKB32/2010).

Weglating van komponent eiendom uit Sertifikaat van Verenigde Titel

Vraag ‘n Sertifikaat van verenigde titel van drie eiendomme, A, B en C is in 2006

onder T1/2006 geregistreer en die nuwe eiendom word D genoem. In 2009

word op grond van die kaart wat aan T1/2006 aangeheg is, besef dat eiendom

B, tesame met sy onderskeidende voorwaardes nie ingesluit is in die sertifikaat

van verenigde titel nie. Hoe moet hierdie situasie reggestel word?

Besluit Die situasie kan deur ‘n artikel 4(1)(b) aansoek reggestel word -

(RKB31/2009).

Titelvoorwaardes in titelaktes van voormalige TBVC state

Vraag Dorpstigtingsvoorwaardes is weggelaat uit sekere titelaktes van die

voormalige TBVC state toe Grondbriewe geregistreer is. Sodanige

voorwaardes moet in die nuwe transportakte vorentoe gebring word by ‘n

daaropvolgende transport. Vind artikel 4(1)(b) van die Registrasie van

Akteswet toepassing? Indien ja, wie moet die aansoek bring?

Besluit Ja, artikel 4(1)(b) van Wet 47 van 1937 vind toepassing. Die

transportbesorger mag aansoek doen met die toestemming van die eienaar en

36 Vraag In terme van RKB 19 van 2008, mag ‘n transportbesorger aansoek doen vir die regstelling van ‘n

titelakte kragtens artikel 4(1)(b) van die Registrasie van Akteswet. Moet hierdie besluit nie gewysig word om te

lees dat “ ‘n transportbesorger, behoorlik daartoe gemagtig deur die eienaar van die grond” aansoek mag doen

kragtens artikel 4(1)(b) nie?

Besluit Nee. Artikel 4(1)(b) vereis nie ‘n aansoek deur die eienaar van die grond nie. Die eienaar kan

aansoek doen met die toestemming van ander belanghebbende partye. Alternatiewelik kan die

transportbesorger aansoek doen met die toestemming van die eienaar en ander belanghebbende partye. RKB

19 van 2008 word hierby teruggetrek - (RKB10/2009). LET DAAROP DAT rkb10/2009 DEUR rkb1/2011

HERROEP IS.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 42
alle belanghebbende partye - (RKB32/2009).

Artikel 4(1)(b)

Vraag Hoe moet “belanghebbende party” in artikel 4(1)(b) van Wet 47 van 1937

geinterpreteer word, dit is, wie moet as ‘n belanghebbende party beskou word

en die nodige toestemming vir die wysiging van die fout in registrasie gee?

Besluit Dit moet uitgelê word as enige persoon wie se regte deur die regstelling van

die fout geraak mag word – (RKB15/2012).

Verkeerdelike verwydering van voorwaarde kragtens artikel 68(1) en regstelling

daarvan

Vraag Indien ‘n voorwaarde verkeerdelik kragtens artikel 68(1) van Wet 47 van 1937

in plaas van die toepaslike wetgewing (Wet op verwydering van beperkende

voorwaardes) verwyder is, hoe moet hierdie fout hanteer word of reggestel

word?

Besluit Artikel 4(1)(b) van Wet 47 van 1937 moet toegepas word om die voorwaarde

te laat herleef en die teoapslike wetgewing (bv. Wet op vervyderling van

Beperkende Voorwaardes) moet gebruik word vir die verwydering daarvan –

(RKB19/2012).

Paragraaf 4 Artikel 17(4) endossement

Artikel 3(1)(v) endossement - eiendom geregistreer slegs in die naam van die man

voor 1984

Scenario ‘n Eiendom is slegs geregistreer in die naam van die man voor 1984. (Sien

artikel 17(4)(c)).

Vraag Is dit nodig om die titelakte outomaties in terme van artikel 3(1)(v) te

endosseer met betrekking tot die vestiging van die eiendom in die naam van

die man en vrou getroud binne gemeenskap van goed met mekaar?

Besluit Nee, dit is nie nodig om outomaties die titelakte te endoseer nie. Jy kan jou

beroep op Artikel 17(4) - (RKB13/2007).

Paragrawe 8, 9, 10 & 11 - Artikel 45 en 45bis endossemente

Artikels 45 en 45bis endossemente

Vraag Kan artikel 45 en 45bis aansoeke gebruik word waar gades binne

gemeenskap van goed getrou het ná die dood of egskeiding van ‘n gade of

moet ‘n formele transport plaasvind?

Besluit Ja, artikel 45 en 45bis mag gebruik word - (RKB14/2007).

Kommentaar

(Dit beteken dat die aandeel getransporteer moet word óf by wyse van ‘n

artikel 45 of 45bis endossement óf ‘n transportakte. Óf die een óf die ander

moet gedoen word.)

Registrasiefooi en artikel 45

Vraag ‘n Hereregtekwitansie verwys normaalweg na die waarde van die hele

eiendom en nie na die waarde van die halwe aandeel wat verkry word nie

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 43
(waar van toepassing). Is die registrasiefooi betaalbaar op die hele eiendom

soos aangedui op die hereregtekwitansie of slegs op die halwe aandeel wat

oorgedra word?

Besluit ‘n Registrasiefooi is betaalbaar op die waarde van die halwe aandeel van die

eiendom – (RKB58/2010).

Berekening van Fooi kragtens Regulasie 84

Vraag Waar meer as een eiendom in ‘n artikel 45 aansoek ingesluit is, hoe moet die

aktekantoorfooi bereken word? Moet dit op elkeen van die eiendomme

afsonderlik bereken word of op die somtoaal van die waarde?

Besluit Die fooi moet op die somtotaal van die waarde van al die eiendomme bereken

word – (RKB20/2012).

Artikel 45bis en artikel 45bis(1A)

Vraag Artikel 45bis en artikel 45bis(1A) handel met aansoeke en kontrakte kragtens

artikels 20 en 21(1) van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984. Wat van

die geval waar die partye ooreenkom om buite gemeenskap van goed te trou

en die huweliksvoorwaardekontrak nooit voor hul huwelik verly was nie. Die

hof magtig dat ‘n kontrak kragtens artikel 88 van die Registrasie van Akteswet

37

aangegaan mag word. Voor registrasie van die notariële kontrak kragtens

artikel 88, besit die partye eiendom geregistreer in hul naam waarin hulle as

getroud binne gemeenskap van goed beskryf word. Kan artikel 45bis en 45bis

(1A) toegepas word of sal ‘n feite-endossement kragtens artikel 3(1)(v) van die

Registrasie van Akteswet voldoende wees?

Besluit Artikel 45bis(1)(b) en artikel 45bis(1A) moet toegepas word – (RKB35/2010).

Paragraaf 9 - Artikel 45bis(1)(a) endossement

‘n Vrystellingsertifikaat moet ingedien word

Vraag Is dit nodig om altyd ‘n hereregtevrystellingsertifikaat vanaf SAID in te dien in

gevalle soos die onlangse wysigings aan die Wet op Hereregte, waarin die

betaling van hereregte vrygestel is by oordragte as gevolg van egskeiding?

Besluit Ja. ‘n Hereregtevrystellingsertifikaat vanaf SAID moet ingedien word -

(RKB43/2006).

Afskrifte van buitelandse egskeidingsbevele

Vraag Wie mag ‘n afskrif van ‘n buitelandse egskeidingsbevel as ‘n ware afskrif

sertifiseer, waar daar met eiendom in Suid-Afrika gehandel word? Moet die

buitelandse egskeidingsbevel deur ‘n Suid-Afrikaanse hof aanvaar word?

Besluit a) ‘n Buitelandse egskeidingsbevel hoef nie deur die Hoë Hof van Suid-

Afrika aanvaar te word nie.

b) Die buitelandse egskeidingsbevel mag deur ‘n transportbesorger of

notaris as ‘n ware afskrif gesertifiseer word – (RKB64/2010).

37 Kragtens artikel 88 van die Registrasie van Akteswet, mag ‘n hof, onderhewig aan sodanige voorwaardes as

wat dit wenslik ag, die verlyding van ‘n nahuwelikse kontrak magtig wat die effek van ‘n

huweliksvoorwaardekontrak sal hê, indien daar reeds voor die huwelik opdie terme daarvan deur die

voorgenome gades ooreengekom is.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 44
Paragraph 11 - Artikel 45bis(1A)(b) endossement

Onvolledige hofbevel

Vraag Waar partye hulle huweliksgoederebedeling in terme van artikel 21 van Wet op

Huweliksgoedere 88 van 1984 verander het vanaf binne gemeenskap van

goed na buite gemeenskap van goed, maar die hofbevel wat die registrasie

beveel, spreek nie enige onroerende eiendom aan wat in die naam van die

gemeenskaplike boedel geregistreer is nie, hoe moet met sodanige eiendom

gehandel word? Moet die bepalings van artikel 45bis(1A)(b) toegepas word of

moet ‘n aansoek vir die wysiging van die hofbevel gedoen word?

Besluit Artikel 45bis(1A)(b) moet toegepas word. Indien die gades egter hieroor verskil,

moet die aangeleentheid terug na die hof verwys word. - (RKB30/2007).

Huwelikstatus - registrasie van nahuwelikse kontrak

Scenario Onroerende eiendom is gekoop en geregistreer in die naam van ‘n eienaar

beskryf as getroud buite gemeenskap van goed. Na die registrasie blyk dit dat

geen voorhuwelikse kontrak geregistreer was nie. Die gades doen nou

aansoek vir die registrasie van ‘n nahuwelikse kontrak. Die kontrak meld niks

aangaande die onroerende eiendom nie.

Vraag Hoe moet die registrateur die aangeleentheid regstel voordat daar met die

eiendom gehandel kan word?

Besluit Die titelakte moet eers reggestel word in terme van artikel 4(1)(b), waarna ‘n

aansoek in terme van artikel 45bis(1A)(b) gebring moet word - (RKB32/2005).

Artikel 45bis(1A): Uitklaringsertifikaat

Vraag Word ‘n uitklaringsertifikaat vereis vir ‘n aansoek kragtens artikel 45bis(1A)?

Besluit Nee, geen uitklaringsertifikaat word vereis nie – (RKB36/2010 soos bevestig

deur RKB28/2011).

Paragraaf 12 Artikel 58 endossement

Toepassing van artikel 58 op insolvente vruggebruiker

Vraag Moet die bepalings van artikel 58 ook toegepas word op ‘n vruggebruiker in die

geval van insolvensie?

Besluit Ja, artikel 58 is van toepassing - (RKB18/2006).

Artikel 92: Oordrag by wyse van endossement

Vraag Is dit verpligtend om ‘n uitklaringsertifikaat vir die volgende

registrasiehandelinge in te dien?

a) Oordrag deur endossement kragtens artikel 24bis(2);

b) Oordrag deur endossement kragtens artikel 25(3);

c) Oordrag deur endossement kragtens artikel 45(1);

d) Oordrag deur endossement kragtens artikel 45bis(1)(a)/(b);

e) Oordrag deur endossement kragtens artikel 45bis(1A)(a)/(b); en

f) Oordrag deur endossement kragtens artikel 58(2).

Besluit

a) Nee;

b) Nee;

c) Ja (sien ook RKB5/2002)

d) Ja;

e) Nee (sien ook RKB36/2010);

f)

(RKB28/2011).

Nee

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 45
Paragraaf 13 Artikel 68(1) endossement

Toepassing van artkel 68(1)

Vraag Waar ‘n persoonlike serwituut verval het en die grond wat daardeur beswaar is

word oorgedra, is dit verpligtend om aan te dring op ‘n aansoek in terme van

artikel 68(1), of sal die indiening van dokumentêre bewys voldoende wees?

Besluit Daar moet in alle gevalle aan artikel 68(1) voldoen word waar ‘n persoonlike

serwituut vir welke rede ookal verval - (RKB15/2007).

Vraag Onsekerheid bestaan met betrekking tot die praktyk wat gevolg moet word

wanneer terugvallingsregte en voorkoopsregte gekanselleer word. Is ‘n

onderhandse afstanddoening aanvaarbaar of moet die bepalings van artikel

68(1) van die Registrasie van Akteswet gebruik word?

Besluit Registrateurskonferensiebesluit 15/2007 word bevestig - (RKB16/2008). 38

Verval van vruggebruik oor 100 jaar oud - geen sterftesertifikaat beskikbaar

Vraag Is dit werklik nodig om ‘n hofbevel te bekom waar daar geen sterftesertifikaat

beskikbaar is om die dood van die vruggebruiker te bewys wat meer as ‘n

honderd jaar oud sou wees nie? ‘ n Beëdigde verklaring deur haar oorlewende

kinders aangaande haar is dood is beskikbaar.

Besluit Ja, ‘n hofbevel moet bekom word waar geen sterftesertifikaat of sterfkennis

beskikbaar is om die dood van die vruggebuiker te bewys nie. -

(RKB32/2006). 39

Artikel 68(1) - Eiendom verkoop in eksekusie

Scenario ‘n Vruggebruiker het gesterf en ‘n verband is gepasseer onderhewig aan die

vruggebruik. Die eiendom is in eksekusie verkoop. Die vruggebruiker het

afstand van voorang ten gunste van die verbandhouer gedoen.

Vraag Wie moet aansoek vir die kansellering van die vruggebruik in hierdie

omstandighede doen? Die geregistreerde eienaar weier om enige dokumente

te onderteken.

Besluit Artikel 68 hoef nie toegepas te word nie. Die balju tree as statutêre agent op,

namens die hof - (RKB16/2007).

Kommentaar

Dit beteken dat geen aansoeke nodig is nie, nóg deur die balju nóg deur die

geregistreerde eienaar van die eiendom.

Verval van terugvallingsreg

Vraag Wat is die korrekte posisie in gevalle waar ‘n titelakte ‘n voorwaarde

(terugvallingsreg) bevat wat opvolgers in titel bind, dat ‘n woonhuis binne ‘n

spesifieke tydperk opgerig moet word?

a) Moet die voorwaarde outomaties weggelaat word uit verdere titelaktes by

oordrag van die eiendom, in gevalle waar die woonhuis inderdaad opgerig

is?

b) Moet die voorwaarde outomaties weggelaat word by oordrag van die

eiendom in gevalle waar die tydperk verval het?

c) Wat is die posisie waar die tydperk verval het en die woonhuis is nie

opgerig nie?

38

‘n Aansoek om endossement in terme van artikel 68(1) moet gebring word. ‘n Onderhandse afstanddoening is

nie voldoende nie.

39

Die besluit is baie onduidelik en die vraag is slegs verwoord. Ek het beide die vraag en besluit aangepas ten

einde sin te maak en aan die Deeds Practice Manuals op bladsy 3-28 te voldoen

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 46
Besluit

a) Daar moet aan die bepalings van artikel 68(1) van die Registrasie van

Akteswet voldoen word. Toestemming moet ingedien word waarin

aangedui word dat die gebou opgerig is.

b) Nee,artikel 68(1) van die Registrasie van Akteswet vind toepassing. Die

houer moet sy reg uitoefen of van sy reg afstand doen.

c) Artikel 68 vind toepasssing, mits die person wat die voorwaarde mag

afdwing van sodanige voorwaarde afstand doen – (RKB49/2010).

RKB 49 van 2010: Terugvallingsregte

Vraag RKB49/2010 handel nie met die posisie waar die tydperk nog nie verval het

nie en ‘n woning nog nie opgerig is nie. Hoe moet daar met hierdie

voorwaarde gehandel word?

Besluit Die voorwaarde moet vorentoe gedra word in die nuwe akte – (RKB17/2011). 40

Kansellasie van voorwaardes opgelê kragtens artikels 10A en 10B van Wet 107/1997

Vraag Artikel 10B(6)(b) van Wet 107 van 1997 skryf ‘n prosedure voor vir die

kansellasie van voorwaardes opgelê kragtens artikels 10A en 10B van die

Behuisingswet 107 van 1997. Watter prosedures moet gevolg word vir die

kansellasie van die voorwaardes en moet ‘n hereregtekwitansie of

vrystellingsertifikaat ingedien word?

Besluit a) Artikel 68(1) moet gevolg word. Hereregtekwitansies of

vrystellingsertifikate word nie vereis vir die kansellasie van hierdie

voorwaardes nie.

b) Voorwaardes opgelê kragtens artikels 10A en 10B van die

Behuisingswet 107 van 1997 moet kragtens artikel 10B(6)(b) van Wet

107 van 1997 gekanselleer word deur middel van ‘n endossement soos

voorsiening in gemelde Wet gemaak – (RKB72/2010).

Hereregtekwitansie met kansellasie van persoonlike- of grondserwituut

Vraag Waar ‘n persoonlike- of grondserwituut gekanselleer word, óf in terme van

artikel 68(1), artikel 68(2) óf artikel 75(3) van die Registrasie van Akteswet,

moet die registrateur op ‘n hereregtekwitansie of hereregtevrystellingsertifikaat

aandring?

Besluit Waar ‘n persoonlike of grondserwituut gekanselleer is óf in terme van artikel

68(1), artikel 68(2) óf artikel 76(2)bis of artikel 76(1)bis van die Registrasie van

Akteswet, moet die registrateur van aktes aandring op die indiening van ‘n

hereregtekwitansie of hereregtevrystellingsertifikaat, tensy die serwituut sy tyd

uitgedien het, byvoorbeeld die dood van die vruggebruiker of tydsverloop, ens.

- (RKB5/2005).

Voorkoopreg ten gunste van ‘n gederegistreerde maatskappy

Vraag Hoe moet ‘n voorkoopsreg ten gunste van ‘n gederegistreerde maatskappy

gekanselleer word?

Besluit ‘n Voorkoopsreg kan gekanselleer word kragtens artikel 68(1) van die

Registrasie van Akteswet, slegs indien bewys dat sodanige maatskappy finaal

40 Hierdie besluit is slegs van toepassing indien die terugvallingsreg op die transportnemer en sy/haar opvolgers

in titel opgelê is. Indien dit slegs op die transportnemer opgelê is, sal die reg gekanselleer moet word en

indien dit wel vorentoe gedra moet word, sal dit her-opgelê moet word kragtens die laaste voorbehoudsbepaling

in artikel 65(1) van die Registrasie van Akteswet.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 47
gederegistreer is, ingedien word – (RKB37/2011).

Paragraaf 15 Artikel 93(1) endossement

Vraag In terme van Registrateurskonferensiebesluit 6.5/1999 moet ‘n afskrif van die

staatskoerant ingedien word as bewys by ‘n aansoek om naamsverandering in

terme van artikel 93 van die Registrasie van Akteswet. Is hierdie besluit

nogsteeds van toepassing?

Besluit Ja, Registrateurskonferensiebesluit 6.5/1999 word bevestig - (RKB5/2008)

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 48
Hoofstuk 12 - Verlore aktes

Paragraaf 2.1 Regulasie 68(1)

Algemene volmag wat mandaat aan agent gee, is onaanvaarbaar

Stelling ‘n Gemagtigde persoon (agent) kan nie ‘n beëdigde verklaring namens sy/haar

prinsipaal aflê nie. (in terme van RKB 6.12 van 1999).

Vraag Wat is die posisie met betrekking tot ‘n beëdigde verklaring in terme van

regulasie 68(11), waar die agent (transportbesorger) namens die

verbandhouer (bank) optree uit hoofde van ‘n algemene volmag?

Besluit RKB 6.12 van 1999 moet ook toegepas word op aansoeke en beëdigde

verklarings in terme van regulasie 68(11). ‘n Algemene volmag wat magtiging

aan ‘n agent verleen om ‘n beëdigde verklaring namens sy/haar prinsipaal te

maak, is contra bonis mores en behoort nie toegelaat te word nie -

(RKB7/2007).

Gesertifiseerde afskrif (“VA afskrif”) alreeds uitgereik

Vraag Waar ‘n aansoek en beëdigde verklaring gebring word vir die uitreik van ‘n

gesertifiseerde afskrif van ‘n titelakte, verband ensovoorts, waarvoor daar

alreeds ‘n gesertifiseerde afskrif (“VA afskrif”) uitgereik was, moet die aansoek

gebring word in terme van regulasie 68(7) of regulasie 68(1)?

Besluit Die aansoek moet in terme van regulasie 68(1) gebring word en nie regulasie

68(7) nie. Die volle feite moet egter geopenbaar word - (RKB20/2007).

Onbekende omstandighede

Vraag Regulasie 68(1) bepaal dat die omstandighede in die aansoek vermeld moet

word. Wat indien die omstandighede onbekend is? Kan dit uit die aansoek

weggelaat word of moet die aansoek dan reflekteer dat die omstandighede

onbekend is?

Besluit ‘n Verwysing na die feit dat die omstandighede nie bekend is nie, hoef nie in

die aansoek gemeld te word nie - (RKB21/2006).

Vraag Registrateurskonferensiebesluit 21/2006 bepaal dat ‘n verwysing na die feit

dat die omstandighede waaronder aktes verlore geraak het onbekend is, nie in

die aansoek openbaar gemaak hoef te word nie. Regulasie 68(1) bepaal dat

die omstandighede genoem moet word, waar moontlik. Indien die feit dat die

omstandighede onbekend is nie in die aansoek genoem word nie, mag dit

geinterpreteer word as dat die applikant die feit dat die omstandighede gemeld

moet word geignoreer het. Hoe sal ‘n ondersoeker weet of die omstandighede

onbekend is of dat die omstandighede wel bekend is, maar nie genoem word

nie? Die gevolg sal wees dat die ondersoeker ‘n nota sal maak dat die

omstandighede ingesluit moet word waar niks daaroor gemeld word nie.

Besluit ‘n Verwysing na die feit dat die omstandighede onbekend is, hoef nie in die

aansoek vervat te wees nie. RKB21/2006 word bevestig - (RKB13/2008).

Aansoek gebring deur gade getroud binne gemeenskap van goed

Vraag Kan slegs een gade, getroud binne gemeenskap van goed aansoek doen vir

die uitreik van ‘n gesertifiseerde afskrif?

Besluit Ja, enige gade kan aansoek doen. Die registrateur van aktes het egter ‘n

diskresie om te vra vir die toestemming van die “nie-applikant”. (sien regulasie

68(2) - (RKB26/2005).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 49
Wie moet aansoek bring indien direkteur van maatskappy oorlede is?

Vraag Wie het die bevoegdheid om aansoek te doen vir ‘n gesertifiseerde afskrif van

‘n titelakte geregistreer in die naam van ‘n maatskppy, waar die enigste

direketeur van sodanige maatskappy gesterf het?

Besluit Die eksekuteur mag aansoek doen. Dit is die verantwoordelikheid van die

transportbesorger om vas te stel of the eksekuteur se naam in die lederegister

van die maatskappy aangeteken is. (Sien Corporate Law deur Cilliers,

Benadie, Botha, Oosthuizen en Delarey, 1987 uitgawe, hoofstuk 11 bladsy

131) - (RKB32/2008).

Verlore notariële akte

Vraag Indien ‘n oorspronklike notariële akte van serwituut verlore is en die

aktekantoor se afskrif ook verlore is, maar die protokolafskrif steeds in die besit

van die notaris is, mag ‘n aktekantoorafskrif gegenereer word vanaf die

protokolafskrif?

Besluit Nee. ‘n Vervangende notariële akte wat die bestaande serwituut kanselleer en

die verlore notariële akte vervang, moet geregistreer word - (RKB38/2008).

RKB 38 van 2008: Verlore notariële akte

Vraag Die besluit handel slegs met notariële aktes van serwituut en nie ander

notariële aktes wat in ‘n notaris se protokol geliasseer word nie (byvoorbeeld

notariële verbande, huurkontrakte en huweliksvoorwaardekontrakte). Hoe

moet daar met hierdie ander aktes gehandel word indien die aktekantoorafskrif

ook verlore of vernietig is?

Besluit RKB 38 van 2008 word hiermee bevestig. Met betrekking tot ‘n verlore

notariële verband, moet daar met die verband gehandel word kragtens

regulasie 68(11A) 41 van die Registrasie van Akteswet. In soverre

huweliksvoorwaardekontrakte en huurkontrakte aanbetref, moet ‘n hofbevel

bekom word – (RKB18/2010). 42

Verwysing na verbandhouer in aansoek

Vraag Stem Konferensie saam dat dit nie nodig is om na die besonderhede van die

verbande wat oor die eiendom geregistreer is in die aansoek (beëdigde

verklaring) te verwys wanneer aansoek gedoen word vir ‘n gesertifiseerde

afskrif in terme van regulasie 68(1) van die Registrasie van Akteswet nie?

Besluit Ja, dit is nie nodig om na die besonderhede van die verband in die aansoek vir

die uitreiking van ‘n gesertifiseerde afskrif van ‘n titelakte te verwys nie. Die

bepalings van regulasie 68(1) en (2) moet egter nagekom word in soverre dat

die beëdigde verklairng moet stel dat die titel nie verpand is of andersins as

sekuriteit gehou word nie en die verbandhouer moet toestem 43 -

RKB17/2009).

Paragraaf 2.2 Aansoek vir afskrif waar grond met verband beswaar is –

(regulasie 68(2)

Regulasie 68(2): Verbandhouer se toestemming op briefhoofde

Vraag Dit is praktyk in sekere aktekantore om daarop aan te dring dat, wanneer

41

Met ander woorde die verlore verband moet gekanselleer word kragtens die prosedure uiteengesit in regulasie

68(11A) en ‘n vervangende verband moet geregistreer word.

42

Die rede waarom die protokol van die notaris nie gebruik kan word nie, is omdat dit nie met enige verdere

transaksies opgedateer word nie.

43

Nie alleen moet die verbandhouer toestem tot die uitreiking van die gesertifiseerde afskrif nie, maar ook

bevestig dat hy nie in besit van die verlore akte is nie.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 50
aansoek gedoen word vir ‘n gesertifiseerde afskrif van ‘n titelakte, wat met

verband beswaar is, die verbandhouer se toestemming, soos vereis deur

regulasie 68(2), op die briefhoof van die betrokke finansiële instelling moet

vookom. Hierdie praktyk veroorsaak onnodige praktiese probleme en geen

magtiging vir die aandring daarop bestaan nie. Moet daar met hierdie praktyk

volgehou word?

Besluit Nee, die praktyk moet gestop word – (RKB41/2010).

Paragraaf 2.4 Regulasie 68(11)

Verlore bladsye van verlore verband

Scenario Waar ‘n verband vir kansellasie in terme van regulasie 68(11) ingedien word en

by ondersoek word bevind dat die bladsye van die aktekantoorafskrif, onder

andere die eiendomsbeskrywingsbladsy, nie geskandeer/gemikrofilm is nie,

watter prosedure moet gevolg word om die verband te kanselleer?

Besluit ‘n Hofbevel moet bekom word, tensy mens kan vasstel dat die verband van

toepassing is op die aansoek wat gebring word - (RKB21/2007).

Afskrif van kliënt en aktekantoor verlore - verband gekanselleer te word

Vraag Die prosedure vir die kansellasie van ‘n verband waar die kliënt se afskrif en

die aktekantoor se afskrif van ‘n verband verlore is moet oorweeg word. RKB

15 van 2002 moet teruggetrek word.

Besluit RKB 15 van 2002 44 word bevestig, hangende die uitreiking van ‘n

Hoofregistrateursomsendskrywe wat riglyne bevat wat insluit die publikasie

van ‘n kennisgewing van voorneme om die verlore / vernietigde verband te

kanselleer - (RKB4/2009).

Paragraaf 2.5 Regulasie 68(11A)

Toepassing van regulasie 68(11A)

RKB 42 van 2010: Aansoek kragtens Regulasie 68(11A)

Vraag Is hierdie besluit nie teenstrydig met HRO 1 van 2010 insoverre dit handel oor

die aantal advertensies wat in die Staatskoerant geplaas moet word nie?

Besluit Hangende die wysiging van regulasie 68(11A), moet die riglyne uiteengesit in

HRO 1 van 2010 gevolg word, deurdat twee agtereenvolgende advertensies

geplaas moet word. (RKB 42 van 2010 45 word teruggetrek) – (RKB16/2011).

Kommentaar Let daarop dat kragtens HRO1/2010, publikasie slegs vereis word in twee

agtereenvolgende uitgawes van die staatskoerant en nie in enige gewone

koerante nie.

44

Volgens hierdie Registrateurskonferensiebesluit word ‘n hofbevel vir sodanige kansellasie vereis.

45

RKB42/2010

Vraag Regulasie 68(11A) bepaal dat “… indien tevrede dat geen goeie rede tot die teendeel bestaan …”.

Op watter bewys moet die registrateur aandring gegewe hierdie vae diskresie?

Besluit Advertering in die Staatkoerant sal voldoende wees.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 51
Hoofstuk 14 - Verbande

Paragraaf 1 Agtergrond

Taal van konsepverband

Vraag Mag ‘n konsepverband (wat aan die volmag om ‘n verband te passer

aangeheg is) 46 in ‘n ander taal as die taal in die verband wat geregistreer staan

te word, getik wees?

Besluit Nee, die verband moet die taal van die konsepverband volg – (RKB38/2012).

Paragraaf 3.7 Rangorde klousule

Sessie van verband as tweede in rangorde sessie in securitatem debiti

Vraag Is dit moontlik om ‘n sessie van ‘n verband as ‘n tweede in rangorde sessie in

securitatem debiti te registreer?

Besluit Nee. Die Registrasie van Akteswet maak nie voorsiening vir die registrasie

van sodanige sessies nie - (RKB28/2007).

Paragraaf 7.5 Toestemming tot verskeie registrasie prosedures

Interpretasie van die konsep “vervreem” (“alienate”)

Vraag Wat is die korrekte interpretasie van die konsep “vervreem” - sluit dit bewaring

met verband in?

Besluit Verbandbeswaring is die ‘eerste stap’ tot vervreemding. Dit moet beskou word

as sui generis en hanteer word asof dit vervreemding is. Dus, waar ‘n titelakte

‘n verbod teen vervreemding bevat, moet die persoon ten gunste van wie

sodanige verbod geregistreer is toestemming verleen tot verbandbeswaring

van die eiendom - (RKB2/2006).

Vraag Party aktekantore pas nie RKB35/2005 ,wat verband hou met die vereiste van

‘n toestemming wanneer grond beswaar word waar daar ‘n beperking op

vervreemding is, toe nie. Is die besluit verpligtend of bloot aanwysend?

Besluit RKB35/2005, soos gewysig deur RKB2/2006 word bevestig en moet

eenvormig toegepas word. Met ander woorde vervreemding moet beskou

word as om beswaring met verband in te sluit en ‘n toestemming tot die

beswaring met ‘n verband moet derhalwe ingedien word waar daar ‘n

beperking op vervreemding vervat is in die titelakte van die grond as deel van

die titelvoorwaardes - (RKB12/2008).

Vraag Gegewe die obiter dictum in die saak Standard Bank of South Africa Ltd v

Hunkydory Investments 188 (Pty) Ltd and others, saaknr. 154/27/2008, is dit

nogsteeds ‘n vereiste dat die persoon ten gunste van wie ‘n beperking op

vervreemding geregistreer is moet toestem tot die registrasie van ‘n verband

waar die eiendom onderhewig is aan ‘n beperking op vervreeding?

Besluit Ja, RKB35/2005; RKB2/2006; en RKB12/2008 word bevestig - (RKB6/2009).

46 Die bewoording in skuinsdruk is deur die samesteller hiervan bygevoeg.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 52
RKB 35 van 2005, RKB 2 van 2006, RKB 12 van 2008 en RKB 6 van 2009:

Toestemming deur verbandhouer tot vervreemding

Vraag Hierdie besluite suggereer dat “beswaring” die “eerste stap” tot vervreemding

is. Artikel 1 van die Wet op Vervreemding van Grond 68 van 1981 omskryf

“vervreem” as verkoop, verruil en skenk, wat nie verbandbeswaring insluit nie.

Besluit RKB35/2005, RKB2/2006, RKB12/2008 en RKB6/2009 word hierby bevestig,

vir die redes uiteengesit in gemelde besluite – (RKB4/2011).

Paragraaf 3.5.1 Verbandbedrag

Vraag Een van die vereistes vir ‘n verband is dat daar ‘n skuld moet wees. ‘n Skuld

hoef nie noodwendig ‘n geldskuld te wees nie. Dit is egter nie ‘n voorvereiste

dat ‘n verband, anders as ‘n dekkingsverband, ‘n bedrag hoef te openbaar nie.

Geen gesag kan gevind word dat ‘n verband die bedrag moet openbaar nie,

behalwe artikel 51(1) van die Registrasie van Akteswet, wat slegs op

dekkingsverbande van toepassing is.

Besluit Dit is uitgemaakte reg dat die bedrag van die verband geopenbaar moet word

en dit is ‘n noodsaaklikheid om die registrasiefooi betaalbaar vas te stel. Sien

ook Silberberg se “The Law of Property” op bladsy 39 - (RKB22/2009).

Paragraaf 3.8 Eiendoms- of sekuriteitsklousule

Beswaring van ‘n aandeel in ‘n lantermyn huurkontrak

Vraag Mag ‘n onverdeelde aandeel in ‘n huukontrak dien as sekuriteit onder ‘n

verband?

Besluit Nee, die Registrasie van Akteswet maak nie voorsiening vir die beswaring van

‘n aandeel in ‘n langtermynhuurkontrak nie - (RKB23/2009).

Paragraaf 7 Toestemmings - regulasie 39

Openbaarmaking van besonderhede in Toestemmings

Vraag Waar ‘n toestemming opgestel ooreenkomstig voorgeskrewe vorm MM

ingedien word, moet sodanige toestemming besonderhede van alle vorige

handelinge met sodanige verband, soos sessies, gedeeltelike betalings

ensovoorts bevat?

Besluit Dit is slegs nodig om na vorige sessie te verwys. Sien Vorm MM –

(RKB30/2012).

Kansellasie van verband

Vraag Waar ‘n verband gekanselleer moet word, maar by nadere ondersoek blyk dit

dat die verband gepasseer is deur die verbandgewer ten gunste van die

verbandgewer, kan sodanige kansellasie gedoen word deur die korrekte

verbandhouer waar ‘n artikel 4(1)(b) regstelling gebring word deur sodanige

korrekte verbandhouer?

Besluit Bewys aangaande die korrekte posisie in terme van artikle 4(1)(a) van die

Registrasie van AKteswet moet gegee word. Die verband moet dan reggestel

word in terme van ‘n artikel 4(1)(b) aansoek, gebring deur die korrekte

verbandhouer, waarna die gemelde verband gekanselleer moet word. Daar

moet op die toestemming van alle belanghebbende partye aangedring word -

(RKB30/2008).

Vraag Regulasie 39(1) maak voorsiening vir die indiening van ‘n aparte toestemming

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 53
vir die ontheffing van “eiendom” uit die werking van die verband. Mag een

toestemming gebruik word vir die ontheffing van meer as een “eiendom” uit

dieselfde verband?

Besluit Ja. Regulasie 39(1) maak voorsiening dat een toestemming gebruik kan word

vir die ontheffing van meer as een “eiendom” uit dieselfde verband -

(RKB16/2009).

Artikel 56(1)(b) van die Registrasie van Akteswet: Vrywillige likwidasies

Vraag Is dit verpligtend dat waar ‘n maatskappy of beslote korporasie vrywillig

gelikwideer word by wyse van ‘n spesiale besluit omdat dit nie sy skulde kan

betaal nie, die oop verbande vir afhandeling ingedien moet word? Die opinie is

dat verbande slegs vir afhandeling ingedien moet word waar die maatskappy

of beslote korpasie deur ‘n hof gelikwideer word.

Besluit Waar ‘n maatskappy of beslote korporasie nie deur die Hoë Hof gelikwideer

word nie, moet die verbande vir afhandeling ingedien word – (RKB37/2010).

Artikel 56(1)(b) van die Registrasie van Akteswet: Vrywillige likwidasie van

maatskappy / beslote korporasie en kansellasie van verbande

Vraag Dit is praktyk om ‘n sertifikaat deur ‘n transportbesorger te aanvaar in gevalle

waar ‘n maatskappy nie in staat is om sy skulde te kan betaal nie. Behoort dit

nie die likwidateur te wees wat hierdie feit sertifiseer nie?

Besluit Ja. Ten einde aan artikel 56(1)(b) van die Akteswet te voldoen, is dit nodig dat

‘n oordrag van ‘n eiendom wat aan ‘n maatskappy of beslote korporasie

behoort vergesel gaan van ‘n sertifikaat deur die likwidateur dat die

maatskappy/beslote korporasie nie sy skulde kan betaal nie- - (RKB38/2010).

Paragraaf 8 Substitusie van skuldenaar

Toestemming van mede-verbandgewer

Vraag Is die toestemming van die mede-verbandgewer nodig by ‘n substitusie in

terme van artikel 57?

Besluit a) Ja, die toestemming van die mede-verbandgewer is nodig en al die

regseksepsies moet van afstand gedoen word (RKB19/2005); maar

b) artikel 57 vind slegs toepassing waar die “ hele van die daarmee

beswaarde grond...” gesubstitueer word - (RKB7/1994 en

RKB7/2006).

Diverse Aangeleenthede

Vraag T1/1999 is geregistreer in die naam van Mnr Y en die eiendom is onderhewig

aan B1/1999. Mnr X doen by die hof aansoek om T1/1999 te kanselleer

aangesien hy beweer dat Mnr Y die eiendom verkry het op ‘n

eksekusieverkoping. Mnr X doen aansoek om sy titel T2/1987 te laat herleef.

Daar was ‘n verband B9/1988 deur Mnr X oor die eiendom geregistreer toe hy

die eienaar was. Hoe moet B1/1999 (die bestaande verband oor die eiendom)

gekanselleer word? Hoe moet B9/1988 herleef? Sal Mnr X nou ‘n verbandvry

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 54
titel ontvang?

Besluit Die aangeleentheid moet na die hof toe terugverwys word om aan te dui op

welke wyse beide verbande hanteer moet word - (RKB41/2009).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 55
15 - Algemeen

Paragraaf 1 - Onteieningstransporte

Vraag In lig van die ratio vervat in die ongerapporteerde saak South Africa’s National

Roads Agency Limited v Chief Registrar of Deeds (saak nr. 9147/2009) wil dit

voorkom asof die praktyk om aan te dring op uitklaringsertifikate vir alle

onteienings- en vestigingstransporte, nie langer ‘n vereiste is nie. Is die

aanname korrek?

Besluit Ja, geen uitklaringsertifikate word vereis vir onteienings- en

vestigingstransporte nie - (RKB5/2009). 47

Pragraaf 3 – Transporte kragtens artikel 18(3) van die Boedelwet

Oordrag deur ‘n Meestersverteenwoordiger van eiendom geskenk deur die oorledene

gedurende sy leeftyd

Vraag Sal daar op goedkeuring aangedring word waar eiendom gedurende die

leeftyd van die oorledene deur hom geskenk is en die Meester se

verteenwoordiger nou vereis word om die eiendom te transporteer?

Besluit Nee. Die waarde van die eiendom word geopenbaar. Indien die waarde die

voorgeskrewe bedrag, soos gepubliseer oorskry, moet die aangeleentheid

terugverwys word na die Meester vir toestemming – (RKB60/2010).

Vraag Waar grond geërf is vanuit ‘n boedel wat kragtens artikel 18(3) van die

Boedelwet beredder word, en daarna verkoop word vir ‘n koopprys wat R125

000,00 oorskry en die oordragte gelyktydig plaasvind, moet die Meester

genader word om die daaropvolgende verkoop goed te keur?

Besluit Nee. Die daaropvolgende verkoop is van geen belang vir die Meester of die

Registrateur nie – (RKB67/2010).

47 Registrateurskonferensiebesluite 1/2004; 13/2005; 9/2007 en 10/2008 is met hierdie RKB teruggetrek.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 56
16 - Diverse Aangeleenthede

Artikel 6: Kansellasie van akte

Vraag Daar bestaan geen prosedure in Wet 47 van 1937 aangaande hoe ‘n akte

gekanselleer moet word sodra ‘n hof ‘n beslissing gemaak het nie. Dit is

praktyk dat ‘n aansoek ingedien word met die titelaktes/gesertifiseerde afskrifte

van die aktes, ens. In praktyk word ‘n hofbevel wat die registrateur van aktes

opdrag gee om ‘n titelakte te kanselleer op die registrateur beteken.

Gewoonlik word die hofbevel geliasseer en as ‘n caveat teen die titelaktes

genoteer. Indien enige afskrif van die geaffekteerde titlekates versoek word

voordat die aansoek ingedien was, sal die titelaktes nie die ware feite soos per

die hofbevel reflekteer nie. Wat is die korrekte prosedure om te volg?

Besluit By ontvangs van die hofbevel, moet die aktekantoorafskrif van die betrokke

titelakte geëndoseer word om die titelakte te kanselleer en die vorige titelakte

te laat herleef. ‘n Caveat moet genoteer word tot die effek dat sodra die kliënt

se afkrif van die titelakte ingedien word, dit met die ensdossement opgedateer

moet word. Data moet dan opgedateer word en die aktekantoorrekords moet

ge-herskandeer word – (RKB22/2011).

Kommentaar Met ander woorde geen aansoek moet deur die transportbesorger ingedien

word nie. Die aktekantoor vanuit sy eie inisiatief moet die aktekantoorafskrif

rakende die kansellasie en herlewing endosseer.

Hantering van verbande waar titel kragtens artikel 6 gekanselleer is

Vraag Waar ‘n titel kragtens artikel 6 van Wet 47 van 1937 gekanselleer is en die hof

beveel dat die verbande wat oor die eiendom onder die oorspronklike titel

bestaan het, heringestel moet word, hoe moet die heringestelde verbande

teen die herleefde titel geëndosseer word?

Besluit Heringestelde verbande moet her-endosseer word op die herleefde titel en ‘n

handgeskrewe endossement, wat die rede vir die herinstelling uiteensit, moet

direk bo die nuwe verband-endossement aangebring word – (RKB16/2012).

Artikels 6(1) en 6(2): Herlewende titelakte

Vraag Probleemstelling: ‘n Gedeelte van ‘n plaas is onderverdeel in gedeelte 1 en

die restant. Gedeelte 1 word dan oorgedra. ‘n Hofbevel word toegestaan wat

die transport van gedeelte 1 kansellleer. Kragtens artikel 6(2) moet die vorige

titelakte herleef. Wat gebeur met die onderverdeelde grondgedeelte? Hoe

moet die titelakte geëndosseer word?

Besluit Die titelakte van die onderverdeling moet geëndosseer word rakende die

kansellasie daarvan. Die vorige titelakte moet herleef word en geëndoseer

word rakende die kansellasie van die titelakte vir die onderverdeling. Die

kantoor van die Landmeter-generaal moet in kennis gestel word rakende die

kansellasie van die registrasie van die onderverdeling – (RKB23/2011).

Artikel 33 transporte: uitklaringsertfikate en hereregtekwitansies

Vraag Moet ‘n uitklaringsertifikaat en ‘n hereregtevrystellingsertifikaat met ‘n artikel

33 oordrag ingedien word?

Besluit Ja, sien artikels 33(10) en 92(1) van Wet 47 van 1937, sowel as artikel 118 van

die Munisipale Sisteme Wet 32 van 200 – (RKB24/2011).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 57
Transportbesorgersertifikaat om te bewys dat sterfte plaasgevind het voor egskeiding

Vraag Waar die status van partye, getroud buite gemeenskap van goed of waar hul

huwelik bepaal word deur die reg van ‘n ander land, verander het as gevolg

van egskeiding, moet die egskeidingsbevel ingedien word om te bepaal of die

regte van derde partye geaffekteer word. Indien die gade egter oorlede is, wat

moet ingedien word om te bewys dat die gade gesterf het en dat die

egskeiding nie plaasgevind het nie - ‘n sterfkennis-/ sertifikaat?

Besluit ‘n Sertifikaat deur die transportbesorger sal voldoende wees - (RKB15/2005).

Insolvensie

Vraag Kan ‘n kurator van ‘n insolvente boedel eiendom transporteer, wat voor die

rehabilitasie van die insolvent in die trustee gevestig het, 10 jaar nadat die

insolvent outomaties gerehabiliteer is?

Besluit Nee. Sien die bepalings van artikel 25 van die Insolvensiewet 24 van 1936 -

(RKB37/2008).

Vraag Die kennisgewing van sekwestrasie van ‘n insolvente persoon, getroud buite

gemeenskap van goed, word ook teen die naam van die solvente gade

aangeteken. Wanneer die solvente gade met sy/haar eiendom wil handel, is ‘n

sertifikaat deur die transportbesorger dat die sekwestrasie nie op die solvente

gade van toepassing is nie voldoende?

Besluit Nee. Die kurator moet ‘n vrystelling uitreik - (RKB39/2008).

Registrasie afskrifte van kaarte

Vraag Aktekantore vereis dat kaarte, soos voorsiening gemaak in regulasie 32 van

die Registrasie van Akteswet, in duplikaat ingedien moet word. Moet daar

steeds met hierdie praktyk voortgegaan word?

Besluit Regulasie 32 verwys na “‘n kaart”. Slegs een kaart hoef derhalwe ingedien te

word. Regulasie 79bis 48 moet nogsteeds nagekom word - (RKB3/2009). 49

Berekening van registrasiefooi

Vraag Waar ‘n transportakte of verband die koopprys of bedrag geleen in ‘n

buitelandse geldeenheid uitdruk, op watter tydstip moet die registrasiefooi

bereken word ooreenkomstig die wisselkoers?

Besluit Die registrasiefooi moet op datum van registrasie bereken word -

(RKB20/2009).

Plig om transportbesorger in te lig dat aktes nie geregistreer is nie

Vraag Is dit die plig van die aktekantoor om die transportbesorger in te lig dat aktes

nie geregistreer is nie of is dit die plig van die transportbesorger om

homself/haarself te vergewis dat die aktes wel uitgevoer is voordat hy die bank

daarvan in kennis stel?

48 Volgens hierdie regulasie is dit die registrateur se plig om die Landmeter-Generaal van enige

registrasiehandeling wat ‘n kaart affekteer in te lig.

49 Hierdie besluit is nie op deeltitels van toepassing nie. Voorbeelde van kaarte waarvan daar nou slegs een

ingedien hoef te word, is in die geval van:- a) onderverdeling van eiendom; b) by sertifikate van geregistreerde

titel; c) by sertifikate van verenigde titel; d) by notariële aktes van serwituut; e) by notariële huurooreenkomste;

f) by notariële onderverhuringsooreenkomste.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 58
Besluit Dit is nie die plig van die aktekantoor om die transportbesorger in kennis te stel

nie. Die transportbesorger moet homself/haarself vergewis dat die aktes wel

uitgevoer is - (RKB25/2009).

Trustaktes geliasseer en geregistreer in aktekantore - Hoofmeestersdirektief 2 van

2009

Vraag Hoofmeestersdirektief 2 van 2009 pas strenger beheer toe met betrekking tot

inligting / afskrifte van trust dokumente geregistreer in die meesterskantore.

Daar is steeds baie trustaktes wat voorheen in die aktekantoor geregistreer en

geliasseer is. Mag aktekantore steeds inligting en afskrifte aan kliënte verskaf

soos voorheen?

Besluit Ja, aktekantore mag steeds inligting en afskrifte aan kliënte gee -

(RKB28/2009).

Notariële akte vir mynmetodes

Vraag Is ‘n notariële akte, wat die mynmetodes wat die houer van die minerale regte

mag gebruik in die uitoefening van sy/haar reg, registreerbaar in die

aktekantoor?

Besluit Nee. Dit mag nie in die aktekantoor geregistreer word nie. Notariële aktes

moet na die Departement Mineraal en Energiesake verwys word -

(RKB29/2009). 50

Minerale regte

Vraag Mag die aktekantoor toesien tot die wysiging van sertifikate van minerale

regte?

Besluit Nee. Dit mag nie in die aktekantoor geregistreer word nie. Die notariële aktes

moet na die Departement Mineraal en Energiesake verwys word -

(RKB36/2009).

Artikel 11(8) van die Wet op Adverteer langs en Toebou van Paaie 21 van 1940

Vraag Waar voorwaardes vervat in ‘n titelakte gekanselleer word in terme van artikel

11(8) van die Wet op Adverteer langs en Toebou van Paaie 21 van 1940,

noodsaak sodanige kansellasie die indiening van ‘n hereregtekwitansie of

vrystellingsertifikaat?

Besluit Nee, ‘n hereregtekwitansie of vrystellingsertifikaat word nie vereis nie -

(RKB49/2009).

Artikel 10A en 10B van die Behuisingswet 107 van 1997 voorwaardes

Vraag ‘n Transportbesorger het nagelaat om artikel 10A en 10B van die

Behuisingswet 107 van 1997 voorwaardes te registreer by ‘n oordrag aan ‘n

gesubsidieerde koper. Hoe moet hierdie voorwaardes teen die titelakte

geregistreer word?

Besluit Die voorwaardes kan geregistreer word deur die indiening deur die eienaar

van ‘n aansoek kragtens artikel 3(1)(v) van Wet 47 van 1937, saam met die

nodige bewyse – (RKB46/2012).

50 Let egter dat regte bykomend tot myn, byvoorbeeld ‘n reg van weg of ‘n reg op water ten gunste van die

mineraalreghouer steeds in die aktekantoor registreerbaar is.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 59
RKB 39 van 2006, RKB 57 van 2009 51 en RKB 50 van 2009 52 : Eksekusieverkopings

Vraag Hoe moet die registrateur van aktes die saak van Sheriff Kuilsrivier v Registrar

of Deeds Cape Town 2011 toepas op eksekusieverkopings?

Besluit Met betrekking tot eksekusieverkopings, in navolging van artikel 66(4) van die

Wet op Landdroshowe 32 van 1944, moet die registrateur, na die verval van

een jaar na die datum van die beslaglegging, op ‘n sertifikaat deur die baju van

die betrokke landdroshof aandring wat duidelik bepaal dat die eiendom nie

onderhewig is aan enige eis wat preferent is tot daardie van die

vonnisskuldeiser na verwys in die kennisgewing van beslaglegging nie –

(RKB5/2011).

Sitering van bedrag in ‘n akte of dokument

Vraag HRO 18 van 1973 bepaal dat die bedrae in aktes en dokumente uiteengesit

moet word met ‘n komma voor die sente. Is hierdie praktyk verpligtend of kan

‘n punt ook gebruik word?

Besluit HRO 18 van 1973 is steeds van toepassing – (RKB43/2010).

Waarde van die eiendom

Vraag ‘n Eksekuteur in die boedel van B, wie in 1979 gesterf het, dra ‘n eiendom oor

na ‘n erfgenaam. Ten tyde van die aanstelling van die eksekuteur (1980) was

die waarde van hierdie eiendom R80 000,00 soos aangedui in die likwidasie-

en distribusierekening. Die kinders van die oorledene (erfgename) het ‘n

verkooptransaksie aangegaan met Q en verkoop die eiendom nou vir R400

000,00 synde die huidige waarde van die eiendom. Hierdie twee transaksies

word gelyktydig geskakel en ingedien. In die vergoedingsklousule van die

eerste transportakte vanaf die eksekuteur aan die erfgename, welke waarde

moet gereflekteer word: R80 000,00 of R400 000,00?

Besluit In die eerste transportakte sal die waarde R80 000,00 wees soos aangedui in

die likwidasie- en distribusierekening. Met betrekking tot die tweede oordrag

moet die registrasiefooi op die bedrag van R400 000,00 bereken word –

(RKB50/2010).

Is dit verpligtend vir die balju om eiendom op ‘n openbare veiling te verkoop?

Vraag ‘n Eienaar het ‘n verbandlening by ‘n bank bekom. As gevolg van sy onvermoë

51

Vraag Verwys hierdie artikel slegs na preferente eis-verkopings in eksekusie met betrekking tot

beslagleggings uitgereik deur ‘n Landdrofhof of na alle verkope in eksekusie met betrekking tot beslagleggings

uitgereik deur die Landdroshof teen onroerende eiendom? Sien September and Another v Nedcor Bank Ltd

and Another 2005 (1) SA 500, vir die werklike rede vir die artikel.

Besluit Die huidige praktyk moet voortleef deurdat die beslaglegging όf teruggetrek moet word όf bewys

ingedien moet word dat dit nie verval het nie of dat dit verleng is – (RKB57/2009 soos bevestig deur

RKB28/2010). (Daar was ‘n hofbeslissing wat bepaal het dat die 12 maande tydperk slegs ten opsigte van

preferente skuldeisers geld. Die aktekantoor weet egter nie wie preferent is en wie nie, derhalwe was die

huidige praktyk bevestig).

Let daarop dat RKB57/2009 deur RKB1/2011 herroep is.

52

Vraag Artikel 66(4) van die Wet op Landdroshowe 32 van 1944 bepaal dat indien die relevante eiendom nie in

ekseksie verkoop is of onthef is van die beslaglegging binne ‘n periode van 1 jaar vanaf die datum van

beslaglegging nie, verval die beslaglegging. Watter datum moet as die datum van beslaglegging beskou word?

Besluit As gevolg van ‘n gebrek aan duidelikheid met betrekking tot die datum van beslaglegging, moet

registrateurs die datum van betekening van die beslaglegging op die registrateur van aktes as die

aanvangsdatum vir die berekening van die 1 jaar tydperk beskou - (RKB50/2009).

Let daarop dat RKB50/2009 deur RKB1/2011 herroep is

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 60
Besluit

om die lening te diens, besluit die bank om op die eiendom beslag te lê. Net

voordat die balju die eiendom op openbare veiling wil verkoop, maak A ‘n

aanbod om die eiendom te koop. Die bank stem toe tot die verkoop en wil nie

met die verkoping per openbare veiling voortgaan nie.

a) Wie moet oordrag gee?

b) Is dit verpligtend vir die balju om die eiendom op ‘n openbare veiling te

verkoop?

a) Die eienaar moet oordrag gee en die beslaglegging moet gelig word.

b) Nee, dit is nie in hierdie geval nodig nie, aangesien die eienaar oordrag sal

gee – (RKB51/2010).

Eiendom verkoop in eksekusie

Vraag Indien eiendom in eksekusie verkoop is en die skuldenaar word na

sodanige verkoping gesekwestreer, verhoed die sekwestrasie die balju

om voort te gaan met die oordrag van die eiendom op grond van die

eksekusieverkoping?

Besluit Ja. In Dirk Corenlius De Jager NO and Others v Balju van die

Hooggereghof, Bloemfontein-Wes and Others gedateer 4 Junie 2010, is

egter beslis dat die verkoop van die eiendom nie opgeskort wanneer

aansoek om sekwestrasie gedoen word nie. Sodra die

sekwestrasiebevel egter toegestaan is, mag slegs die kurator,

onderhewig aan die bepalings van artikel 5 van die Insolvensiewet

oordrag passeer – (RKB54/2010).

RKB54 van 2010: EIendom verkoop in eksekusie

Vraag RKB 54 van 2010 moet heroorweeg word gegewe die saak van Edkins v

Registrar of Deeds (Saaknommer 16117/2011).

Besluit RKB54 van 2010 is geldig, hangedne die uitkoms van die appѐl in die Edkinssaak

– (RKB6/2012).

Beslaglegging van eiendom deur die balju na die dood van die eienaar

Vraag Die baju lê op ‘n eiendom beslag na die dood van die eienaar en verkoop dit in

eksekusie. Wie is verantwoordelik vir die oordrag van die eiendom, die balju of

die eksekuteur in die bestorwe boedel?

Besluit Die baju moet oordrag passeer – (RKB65/2010).

Artikel 20 en passering van oordrag

Vraag Waar daar op onroerende eiendom beslag gelê en in eksekusie verkoop is en

die eienaar daarna sterf, wie moet oordrag van die eiendom passeer?

Besluit Die balju as statutêre agent mag met die oordrag voortgaan. Die bepalings

van artikel 30 van Wet 66 van 1965 vind nie toepassing nie – (RKB17/2012).

Eksekusieverkopings

Vraag In Elsie Gundwana v Stekop Development CC and Ohters CCT 44/10 [2011]

ZACC 14, is beslils dat “where execution against the homes of indigent debtors

who run the risk of losing their security of tenure is sought after a judgement on

a money debt, further judicial oversight by a court of law …” ‘n moet is. Plaas

dit ‘n verantwoordelikheid op die aktekantoor om op ‘n hofbevel aan te dring

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 61
wat die verkoping magtig, bykomend tot die beslagleggingsbevel?

Besluit Nee, daar is geen verpligting op die registrateur van aktes om op so ‘n bevel

aan te dring nie – (RKB41/2011).

Gesertifiseerde afskrif waar daar op die eiendom beslag gelê is

Vraag Mag ‘n registrateur van aktes weier om ‘n gesertifiseerde afskrif van ‘n titelakte

uit te reik op grond daarvan dat daar op die betrokke eiendom beslag gelê is?

Besluit Nee, ‘n aansoek vir ‘n gesertifiseerde afskrif word nie geag ‘n handeling met

die eiendom te wees nie – (RKB43/2011).

Kommentaar ‘n Beslaglegging affekteer slegs die handeling met die eiendom

Beslagleggingskennisgewing verwys na verkeerde eiendomsbeskrywing

Scenario Die geheel van ‘n eiendom is onderverdeel in twee erwe onderhewig aan ‘n

LG caveat wat aandui dat die eiendom onderverdeel is en geen restant laat

nie. Een van die erwe is ondertussen oorgedra. Daar is daarna op die restant

van die eiendom wat die laaste erf om oorgedra te word verteenwoordig,

beslag gelê en ‘n balju transport word nou ingedien. In plaas van om na die

restant te verwys soos per die beslagleggingskennisgewing, transporeter die

balju nou die nuwe erf soos per die LGO caveat. Kan dit toegelaat word?

Besluit Die oordrag wat na die geskepte erf verwys moet toegelaat word, op

voorwaarde dat die betrokke kaart aangeheg word. Die beslagleggingskennisgewing

hoef nie gewysig te word nie – (RKB36/2012).

Sekwestrasie en egskeiding

Vraag Dit gebeur dikwels in praktyk dat onroerende eiendom geregistreer is in die

name van gades getroud binne gemeenskap van goed met mekaar, wie, na

die registrasie van die onroerende eiendom, skei en daarna word een van die

gades insolvent verklaar. Die vraag is: wie is geregtig om met sodanige

onroerende eiendom te handel: die person wat op die eiendom geregtig is

kragtens die egskeidingsooreenkoms of die kurator aangestel in die insolvente

boedel van die voormalige gade? Op hede word ons deur twee teenstrydige

beslissings gekonfronteer, naamlik – Corporate Liquidators (Pty) Ltd v M A

Wiggill 2007 (2) SA 520 T en Middleton v Middleton 2010 SA 179 (D). Watter

praktyk moet gevolg word?

Besluit Die saak van Corporate Liquidators (Pty) Ltd v M A Wiggill, moet gevolg word

aangesien dit op appѐl aangehoor was deur ‘n volbank. Die verdeling van

eiendomsreg vind plaas by die toestaan van die egskeiding – (RKB35/2011).

Transaksies waarby grond waarop ‘n grondeis interdik genoteer is, betrokke is

Vraag ‘n Transaksie waarby ‘n eiendom, waarop ‘n grondeis interdik genoteer was,

betrokke was, is verwerp omrede die interdik nie opgehef was nie.

a) Is dit korrek om so ‘n transaksie te verwerp?

b) Hoe moet die interdik opgehef word?

Besluit

a) Nee.

b) Die interdik hoef nie opgehef te word nie, aangesien die interdik nie ‘n

verbod op die vervreemding van eiendom is nie – (RKB38/2011).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 62
Verbande en grondeis interdikte

Vraag Kan ‘n eienaar van ‘n eiendom, waarteen ‘n grondeis interdik genoteer is,

sodanige eiendom met verband beswaar?

Besluit Ja, daar is geen verbod teen die verbandbeswaring van die eiendom nie –

(RKB39/2011).

Grondeis caveat en verbande

Vraag Indien ‘n interdik rakende ‘n grondeis teen ‘n eiendom genoteer is wat op die

punt staan om met verband beswaar te word, moet die verband spesiaal aan

die grondeis onderhewig gemaak word?

Besluit Nee – (RKB40/2011).

Terugvallingsregvoorwaarde en die opsie om die tydperk te verleng

Vraag Indien ‘n terugvallingsregvoorwaarde ‘n opsie bevat om die tydperk te verleng,

moet die verlengde tydperk in die toestemming openbaar gemaak word?

Indien wel, moet die nuwe tydperk in die voorwaarde aangedui word? Is die

toestemming tot oordrag voldoende of moet daar eers aan die bepalings van

artikel 68(1) voldoen word en die nuwe voorwaarde waarin die verlengde

tydperk uiteengesit word, opgelê word?

Besluit Nee, dit is nie nodig om die verlengde tydperk in die toestemming te openbaar

nie. Die voorwaarde sal eers verval indien die houer van die terugvallingsreg

toestemming tot die kansellasie daarvan verleen het, of daar ten volle aan die

voorwaarde voldoen is, in welke geval artikel 68(1) toepassing vind.

Kommentaar Let daarop dat die tydperk slegs verleng mag word indien die voorwaarde

opvolgers in titel bind. Indien nie, moet die voorwaarde gekanselleer word (by

wyse van artikel 68) en her-opgelê word vir die verlengde tydperk.

Proklamasie 293 van 1962 en Regulasie 51(2) van Wet 47 van 1937

Vraag Is regulasie 51(2) van Wet 47 van 1937 op Proklamasie 293 van 1962 aktes

van toepassing?

Besluit Nee. Regulasie 51(2) hou verband met titels uitgereik kragtens Wet 47 van

1937 en kan nie toepassing vind waar ‘n ander manier van oordrag plaasvind

nie, byvoorbeeld dieselfde grondbrief word geëndosseer met opeenvolgende

oordragte/transporte – (RKB53/2011).

Gedeelte van publieke (openbare) gebied of publieke straat gesluit en omskep in

gewone erf

Vraag Die eiendomsreg van publieke gebiede en publieke strate vestig in die

plaaslike bestuur binne wie se jurisdiksiegebied daardie grond geleë is –

(artikel 28 van Ordonnansie 15 van 1985). Wat is die korrekte

registrasieprosedure wanneer ‘n gedeelte van ‘n publieke gebied of publieke

straat gesluit is en na ‘n gewone erf omskep word?

Besluit ‘n Artikel 31 vestigingstransport moet die oordrag na ‘n derde party voorafgaan

– (RKB35/2012).

Endossering van titelaktes kragtens item 28(1) Bylae

Vraag ‘n Vestiging kragtens Item 28(1) van Bylae 9 van die Grondwet moet

geëndosseer word, maar die titelaktes is nie beskikbaar nie. Hoe moet die

vestiging gedoen word?

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 63
Besluit Indien die kliënt se afskrif van die titelakte nie beskikbaar is nie moet die

aktekantoorafskrif geëndosser word om sodanige vestiging aan te toon, op

voorwaarde dat bewyse vanaf die department ingedien word om die

onbeskikbaarheid van die kliënt se afskrif aan te dui. ‘n Caveat moet genoteer

word vir doeleindes van die endossering van die kliënt se afskrif –

(RKB48/2012).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 64
Hoofstuk 1 - Deeltitels

Deel 2

Deeltitels en Aktekantoor Prosedure

Paragraaf 3.3 Skema op een of meer stukke grond

Reservering van regte van uitbreiding

Vraag Waar ‘n deeltitelregister geopen is en ‘n saaklike reg van uitbreiding oor die

grond gereserveer is, aangrensend of nie-aangrensend, en dit duidelik is dat

die uitbreiding dele op die grond as oogmerk het, moet ‘n notariële

koppelingsooreenkoms gelyktydig met die aanvanklike opening van die skema

plaasvind of slegs wanneer die reg uitgeoefen word?

Besluit Dit moet gelyktydig met die opening van die deeltitelregister geregistreer word

- (RKB70/2009).

Twee notrieël gekoppelde stukke grond

Vraag ‘n Skema word geopen op twee stukke grond wat aangrensend is en notarieël

verbind is. Die ontwikkelaar bou op een van die stukke grond maar nie op die

ander stuk nie. Is dit korrek om ‘n uitklaringsertifikaat vir die eiendom waarop

daar gebou is te aanvaar en om ‘n caveat ten opsigte van die ander stuk grond

aan te teken tot die effek dat ‘n uitklaringsertifikaat ten opsigte daarvan

ingedien moet word wanneer daar op die ander stuk grond gebou word?

Besluit Nee. Die twee stukke grond is notarieël verbind vir doeleindes van die

opening van ‘n deeltitelskema en vorm deel van een skema. Derhalwe moet

uitklaring-sertifikate ten opsigte van beide stukke grond ingedien word –

(RKB85/2010).

Paragraaf 4.2 Dokumente om in te dien vir

a) opening van deeltitelregister en

b) registrasie van deelplan

Artikel 14: Vervanging deelplanne

Vraag Aktekantore en kantore van die Landmeter-generaal word toegegooi onder

versoeke om deelplanne te vervang wat beweer word verkeerd is met

betrekking tot die nommering deurdat die de facto posisie en die de iure

posisie nie ooreenstem nie. Behoort hierdie planne vatbaar vir vervanging te

wees, indien hulle nie ooglopend verkeerd is nie?

Besluit Regstellingstransporte moet geregistreer word om die situasie reg te stel, of ‘n

hofbevel moet verkry word wat die vervanging van die planne kragtens artikel

14 van die Wet op Deeltitels te magtig – (RKB58/2011).

Kommentaar Hierdie situasie kom voor indien ‘n persoon nie oordrag vanaf die ontwikkelaar

ontvang van die deel wat hy gekoop het nie, maar van ‘n ander deel, as gevolg

daarvan dat die fisiese nommer van die deel soos wat dit op die deur

aangetoon word, verskil van die deelnommer soos aangedui op die deelplan,

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 65
of as gevolg daarvan dat wanneer hy sy deel koop (byvoorbeeld deel 5), die

finale nommers van die dele op die deelplan nog nie deur die Landmetergeneraal

geallokeer en goedgekeur is nie.

Artikel 14(3): Wysiging van die deelplanne

Vraag Waar ‘n wysiging van ‘n deelplan kragtens artikel 14(3) gedoen word, moet ‘n

aansoek vir die registrasie van die wysiging van die plan ingedien word?

Besluit Ja, ‘n Aansoek moet ingedien word wat ‘n BC-kode sal ontvang en waarop ‘n

registrasiefooi betaalbaar sal wees – (RKB60/2011).

Artikel 14(8) en kansellasie van planne deur ‘n hofbevel

Vraag Wet 95 van 1986 bepaal niks aangaande die prosedure wat gevolg moet word

wanneer ‘n regspersoon totstandgekom het nie. Is dit korrek dat die

ontwikkelaar se titel nie kan herleef nie en dat sertifikate van geregistreerde

titel aan die eienaars in ooreenstemming met hul deelnemingskwotas uitgereik

moet word? Die eenhede en artikels 25 van 27 regte mag ook met verband

beswaar wees en daar moet met die verbande gehandel word, dit is,

kansellasie of substitusie?

Besluit Die sertifikate van geregistreerde titel moet uitgereik word en daar moet met

die verbande gehandel word soos voorsiening gemaak in artikel 18 van Wet

95 van 1986 – (RKB49/2012).

Afskrif van artikel 11(3)(b) skedule van voorwaardes is verlore

Vraag Waar beide die aktekantoor afskrif en die kliënt se afskrif van die artikel

11(3)(b) skedule van voorwaardes verlore is, onder watter gesag kan aansoek

gebring word vir ‘n afskrif daarvan?

Besluit Die beginsels vervat in artikel 38 van die Registrasie van Akteswet kan gebruik

word. - (RKB40/2007).

Kommentaar (LET DAAROP DAT DIE REGULASIES ONDER DIE WET OP DEELTITELS

GEWYSIG IS, EFFEKTIEF VANAF 28 OKTOBER 2011. REGULASIE 13A SIT

NOU DIE PROSEDURE WAT IN HIERDIE GEVAL GEVOLG MOET WORD

UITEEN.

Die oplegging van registreerbare voorwaardes in die 11(3)(b) skedule van

voorwaardes in terme van artikel 11(2) van die Wet op Deeltitels

Vraag Artikel 11(2) van die Wet op Deeltitels verwys na ‘n “registreerbare

voorwaardes”. Hoe moet dit geinterpreteer word? Moet die bepalings van

artikel 63 van die Registrasie van Akteswet toepassing vind?

Besluit Alle nuut opgelegde voorwaardes moet in terme van artikel 63 van die

Registrasie van Akteswet registreerbaar wees - (RKB58/2008).

Kommentaar

Artikel 63 van die Registrasie van Akteswet bepaal dat ‘n persoonlike reg of

voorwaarde wat nie die uitoefening van eiendomsreg in verband met

onroerende goed beperk nie, nie vir registrasie vatbaar is nie, behalwe as

sodanige voorwaarde volgens die mening van die registrateur aanvullend is tot

of andersins diensbaar is aan ‘n registreerbare voorwaarde.

Artikel 11(3)(b) sertifikaat

Vraag Mag ‘n algemene verwysing na artikel 25 en 27 in die artikel 11(3)(b) bylae

gemaak word in gevalle waar meer s een sertifikaat van saaklike reg uigereik

is?

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 66
Besluit Ja, waar aparte sertifikate van saaklike reg egter uitgereik word kragtens

artikel 25 en 27, word aanbeveel om dit volledig in die artikel 11(3)(b) bylae

uiteen te sit – (RKB75/2012)

Artikel 11: Uitreiking van sertifikate

Vraag Artikel 11(3)(d) maak voorsiening vir die uitreiking van meer as een sertifikaat,

terwyl die daaropvolgende artikels slegs voorsiening maak vir een sertifikaat:

artikel 25(6), artikel 25(6A), artikel 25(10)(d) en artikel 25(11)(c). Hoe moet dit

in die aktekantore toegepas word?

Besluit Hangende die wysiging van die Wet, moet die uitreiking van meer as een

sertifikaat toegelaat word – (RKB56/2011).

Paragraaf 5.2 Die Akte van Transport

Paragraaf 5.2.2 – Die causa klousule

Waarde van eiendom

Vraag Moet daar na die waarde van die eiendom verwys word in die causa klousule

(vorm H – deeltitelakte) of op die laaste bladsy (vorm E – konvensionele

transportakte) of mag daar van hierdie vorms afgewyk word?

Besluit In deeltiteloordragte moet die waarde in die causa klousule openbaar gemaak

word (sien vorm H). In konvensionele transportaktes moet die waarde in die

vergoedingsklousule geopenbaar word (sien vorm E) – (RKB34/2012).

Paragraaf 5.2.4 Die eiendomsklousule

Vraag Een van die voetnote in Vorm H bepaal dat die eiendomsbeskrywing klousule

van die transport van ‘n eenheid, die beskrywing van die plaas moet insluit.

Sluit hierdie beskrywing die registrasie afdeling en provinsie in, of is die

plaasnaam en -nommer voldoende?

Besluit Die volle beskrywing, insluitende die registrasie afdeling en provinsie word

vereis - (RKB64/2008).

Paragraaf 5.2.6 - Die voorwaardeklousule

Vraag Dit blyk asof RKB 29 van 2002 en RKB 6 van 2008 mekaar weerspreek.

RKB29/2002 bepaal dat beperkende voorwaardes in die transportakte

opgeneem moet word (Vorm H van Wet 95 van 1986), terwyl RKB6/2008

bepaal dat beperkende voorwaardes in die sertifikate van geregistreerde

deeltitel opgeneem moet word en vandaar na die daaropvolgende

transportaktes vorentoe gedra moet word.

Besluit RKB29/2002 en RKB6/2008 weerspreek mekaar nie en moet in samehang met

mekaar gelees word.

RKB6/2008 word gewysig om as volg te lees, naamlik –

Inlywing van beperkende / huiseienaarsvereniging voorwaardes vervat in artikel

11(3)(b) bylae in nuwe transportakte

Vraag Die artikel 11(3)(b) bylae van voorwaardes moet nagegaan word om vas te

stel of daar enige beperkende voorwaardes is. Indien daar beperkende

voorwaardes is, moet die transportbesorger die nodige toestemming,

magtiging of uitklaring indien. Indien sodanige voorwaardes nog nie in die

titelakte opgeneem is nie, moet die transportbesorger dit in die transportakte

opneem?

Besluit RKB29/2002 word bevestig. Wanneer ‘n deeltitelregister geopen word en daar

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 67
eperkende voorwaardes bestaan en/of dit opgelê word kragtens artikel 11(2)

van die Wet op Deeltitels, moet sodanige voorwaardes in die sertifikate van

geregistreerde deeltitel en sertifikate van saaklike reg van uitsluitlike

gebruiksgebiede en saaklike regte van uitbreiding opgeneem word en

vorentoe gebring word in die daaropvolgende transportaktes en sessie van

saaklike regte. Met betrekking tot bestaande skemas, waar die voorwaardes

nie in die titelaktes vorentoe gebring is nie, moet dit in die nuwe titelaktes

vorentoe gebring word - (RKB6/2008, soos gewysig deur RKB3/2011).).

Dele oorgedra onder Wet op Deeltitels, 1971 en Vorm H

Vraag Voorgeskrewe vorm H verwys na artikel 11(3)(b) en artikel 28 van Wet 95 van

1986. Waar dele egter getransporteer word ten opsigte waarvan die register

onder die Wet op Deeltitels van 1971 geopen was, kan daar nie verwys word

na Vorm H en artikel 28 nie. Hoe moet die nuwe akte lees?

Resolution Hangende die wysiging van vorm H, moet die volgende woorde bygevoeg

word by par 3(i) van die gemelde vorm:

“geëndosseer op die deelplan en die serwtiute na verwys in artikel 19 van die

Wet op Deeltiels, 1971 (Wet 66 van 1971); en” – (RKB61/2012).

Paragraaf 5.4 Artikel 15B(3)(a) transportbesorger sertifikaat

Reg van uitbreiding en artikel 15B(3)(a) sertifikate

Vraag Moet daar aan artikel 15B(3)(a)(ii) van die Wet op Deeltitels voldoen word

waar die causa vir die oordrag van ‘n deeltiteleenheid nie ‘n verkoping is nie?

Besluit Nee, daar hoef nie aan die bepalings van artikel 15B(3)(a)(ii) voldoen te word

nie - (RKB59/2008).

Kommentaar

Artikel 15B(3)(a)(ii) bepaal dat ‘n registrateur nie die oordrag van ‘n eenheid of

‘n onverdeelde aandeel daarin sal registreer sonder ‘n

transportbesorgersertifikaat waarin bevestig word dat daar geen saaklike reg

van uitbreiding ten gunste van die ontwikkelaar of die regpersoon geregistreer

is nie of indien daar wel ‘n saaklike reg van uitbreiding is, dat daar aan die

bepalings van artikel 25 van die Wet op Deeltitels voldoen is.

Verval van saaklike reg van uitbreiding

Vraag Om ‘n eienaar / regspersoon te dwing om tot die kansellasie van ‘n saaklike

reg van uitbreding toe te sien veroorsaak onnodige swarigheid. Artikel

15B(3)(ii) van die Wet op Deeltitels 95 van 1986 vereis slegs dat die sertifikaat

moet openbaar dat ‘n reg van uitbreiding geregistreer is en dat die nodige

openbaarmakings in die akte van vervreemding gemaak is.

Besluit RKB 17 van 2008 en RKB 42 van 2007 word hiermee teruggetrek. 53 Dit is

egter steeds die registreur se plig om vas te stel dat die artikel 15B(3)

sertifikaat met betrekking tot die reg van uitbreiding korrek is - (RKB8/2009). 54

Paragraaf 5.5 Beëdigde verklaring deur ontwikkelaar - Artikel 15B(3)(c)

Transport vanaf boedel van ontwikkelaar

Vraag Waar die eksekuteur in die boedel van ‘n ontwikkelaar ‘n eenheid in ‘n

53 Kragtens hierdie twee besluite is dit die plig van die transportbesorger om na te gaan of die saaklike reg van

uitbreiding verval het al dan nie. Indien daar vasgestel is dat sodanige reg wel verval het, moet ‘n artikel 68(1)

aansoek in terme van die Registrasie van Akteswet deur die regspersoon ingedien word. Die 15B(3) sertifikaat

moet reflekteer dat ‘n saaklike reg van uitbreiding geregistreer is, maar dat sodanige reg verval het -

(RKB42/2007).

54 Die artikel 15B(3) sertifikaat moet nogsteeds waar wees. Met ander woorde, indien die saaklike reg verval het,

moet dit reflekteer dat dit deur tydsverloop verval het of dat die reg uitgedien is.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 68
deeltitelskema transporteer na ‘n erfgenaam, moet daar nogsteeds aan die

bepalings van artikel 15B(3)(c) voldoen word?

Besluit Ja - (RKB27/2008).

Paragraaf 5.6 Dokumente wat by die aktekantoor met die oordrag van ‘n

eenheid en sessie van uitsluitlike gebruiksgebied ingedien moet word

Uitklaringsertifikate

Vraag Die Plaaslike Bestuur: Munisipale Eiendomsbelastingwet 6 van 2004 sal ten

volle inwerking tree op 1 Julie 2009. Sal dit tot gevolg hê dat die wet ook

toegepas sal word op ‘n reg geregistreer teen onroerende eiendom soos na

verwys in artikel 3 daarvan? Indien wel, sal dit ook uitsluitlike

gebruiksgebiede, saaklike regte van uitbreiding ensovoorts insluit?

Besluit Ja. Wet 6 van 2004 is duidelik. Indien die reg wat teen die onroerende

eiendom geregistreer is, nie aangeslaan word nie, moet ‘n uitklaringsertifikaat

deur die plaaslike bestuur uitgereik word - (RKB65/2008).

Vraag Waar die gemeenskaplike eiendom van ‘n deeltitelskema vervreem is en dele

gekanselleer word, moet die registrateur van aktes op ‘n

belastinguitklaringsertifikaat vir sodanige gekanselleerde dele aandring?

Besluit Nee - (RKB69/2008).

Vraag In sommige gevalle is die waardasierolle vir sekere deeltitelskemas van die

munisipaliteite onvolledig. Is dit korrek om slegs op ‘n

transportbesorgersertifikaat in terme van artikel 15(B)(3)(b) te steun wat stel

dat “geen voorsiening nog gemaak is vir die afsonderlike heffing van die

eenheid nie” of moet die munisipaliteit self ‘n sertifikaat tot hierdie effek gee?

Besluit Die munisipaliteit self moet die nodige sertifikaat gee, en nie die

transportbesorger nie - (RKB70/2008).

Vraag In terme van artikel 15B(3)(b) van die wet op Deeltitels, moet ‘n

uitklaringsertifikaat vir die grond en geboue in die skema verskaf word, indien

voorsiening kragtens wet gemaak is vir die aparte heffing van belastings van

eenhede. In terme van die Munisipale Eiendomsbelastingwet 6 van 2004, het

dit die effek dat twee uitklaringsertifikate ingedien moet word, naamlik een vir

die grond en een vir die geboue. Is hierdie interpretasie van artikel 15B(3)

korrek?

Besluit Nee, dit is nie nodig vir die indiening van twee uitklaringsertifikate saam met ‘n

transport van ‘n eenheid nie. By die eerste transport van ‘n eenheid wat die

totstandkoming van die regpersoon tot gevolg het kragtens artikel 36 van Wet

95 van 1986, moet ‘n uitklaringsertifikaat egter vir die grond sowel as vir die

eenheid / uitsluitlike gebruiksgebied wat getransporteer / gesedeer word,

ingedien word. Daarna moet slegs een uitklaringsertifikaat by die transport

van ‘n eenheid (nie die grond nie) ingedien word en een uitklaringsertifikaat by

die sessie van ‘n uitsluitlike gebruiksgebied (waar van toepassing) -

(RKB58/2009). 55

55 Die verwysing voorheen in die artikel 15B(3) sertifikaat dat “daar nie by wet of andersins voorsiening gemaak is

vir die afsonderlike heffing van belasting nie”, moet nou geheel en al wegggelaat word.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 69
Vraag Wanneer ‘n deeltitelregister geopen word of ‘n fase-ontwikkeling geregistreer

word en oordrag van nuut geskepte dele gelyktydig daarmee geregistreer

word, moet ‘n uitklaringsertifikaat vir sodanige dele ingedien word, of kan een

uitklaringsertifikaat vir die grond waarop sodanige skema geopen word

ingedien word?

Besluit Ja, ‘n uitklaringsertifikaat moet vir elke deel ingedien word. Alternatiewelik

mag ‘n uitklaringsertifikaat vir die grond waarop die skema geopen staan te

word ingedien word, tesame met bewys vanaf die plaaslike bestuur dat daar

nog nie belastings op sodanige nuwe dele gehef word nie – (RKB26/2010).

Paragraaf 7 Mede-eienaarskap van ‘n eenheid in onverdeelde aandele – a 15B(4),

(5) & (5A)

Sertifikaat van geregistreerde deeltitel vir die som van aandele

Vraag Artikel 15B(5A) van Wet 95 van 1986 is ingevoeg om dit vir ‘n persoon wat die

alleeneienaar van ‘n eenheid is, moontlik te maak om ‘n sertifikaat van

geregistreerde deeltitel te bekom vir enige breuk van sy onverdeelde aandeel

in sodanige eenheid. Hierdie wysiging is hoofsaaklik gedoen om vir tyddeel

voorsiening te maak. Daar is geen bepaling in Wet 95 van 1986 vir die eienaar

van onverdeelde aandele in ‘n eenheid om ‘n sertifikaat van geregistreerde

deeltitel vir die som van sy aandele te bekom soos bepaal in artikel 35 van Wet

47 van 1937 nie. Mag ‘n eienaar wat verskeie titelaktes bekom het

waarkragtens hy individuele aandele in ‘n eenheid in ‘n skema hou, gebruik

maak van artikel 35 van Wet 47 van 1937 om ‘n sertifikaat van geregistreerde

titel vir die som van sy aandele te bekom?

Besluit Die bepalings van artikel 35 van Wet 47 van 1037 mag gebruik word. Sien

artikel 3(1) van Wet 95 van 1986 – (RKB79/2011).

Paragraaf 9 Handelinge met gemeenskaplike eiendom - artikel 17

Artikel 17(5) - toestemming

Vraag Artikel 17(5) maak voorsiening dat die titelaktes vir die eenhede en regte

geregistreer oor sodanige eenhede en die titelaktes van die uitsluitlike

gebruiksgebiede aan die registrateur vir kansellasie besorg moet word. Geen

voorsiening word egter gemaak vir die toestemming van houers van

geregistreerde regte oor uitsluitlike gebruiksgebiede nie en vir die besorging

van sodanige tielaktes nie. In die verband kan verwys word na artikel 27(6),

wat voorsiening maak vir die registrasie van verskeie regte oor uitsluitlike

gebruiksgebiede. Dit moet oorweeg word of daar van die houers van sodanige

geregistreerde regte ook ‘n toestemming tot kansellasie van hul regte vereis

moet word. Die regte kan nie “omgeskakel” word in regte oor grond nie en

derhalwe sal dit gekanselleer moet word.

Besluit Hangende die wysiging van die Wet, moet die regte geregistreer oor die

uitsluitlike gebruiksgebiede gekanselleer word - (RKB59/2009).

Artikel 17: Persoonlike serwitute

Vraag Artikel 17 handel nie met ‘n persoonlike serwituut (byvoorbeeld ‘n vruggebruik)

wat oor ‘n deel of uitsluitlike gebruiksgebied geregistreer is wanneer die geheel

of ‘n gedeelte van die eenheid of uitsluitlike gebruiksgebied in die transport van

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 70
die gemeenskaplike eiendom ingesluit is nie. Daar word aan die hand gedoen

dat die titelakte van sodanige serwituut ook ingedien moet word, tesame met

die toestemming van die houer daarvan tot die kansellasie van die

eenheid/uitsluitlike gebruiksgebied of gedeelte daarvan. Die titelakte van die

serwituut moet gekanselleer word indien die geheel van die eenheid/uitsluitlike

gebruiksgebied getransporteer word. Indien slegs ‘n gedeelte betrokke is,

moet die titelakte ‘n feite-endossement kry tot daardie effek. Stem Konferensie

saam?

Besluit Ja, Hangende die wysiging van die Wet, moet die titelakte van sodanige

serwituut ingedien word tesame met die toestemming van die houer daarvan

tot die kansellasie van die eenheid/uitsluitlike gebruiksgebied. Indien slegs ‘n

gedeelte betrokke is, moet die titelakte van die serwituut ingedien word tesame

met die toestemming deur die houer daarvan. ‘n Feite-endossement moet op

sodanige titelakte geplaas word – (RKB61/2011).

Artikel 17: Toestemming om ingedien te word

Vraag Wanneer ‘n hele deel ingesluit is in die oordrag van die gemeenskaplike

eiendom, moet die eienaar van die deel toestem tot die kansellasie van die

deel (artikel 17(4)(a)). Wanneer ‘n gedeelte van ‘n deel egter in die transport

van die gemeenskaplike eiendom ingesluit is, is dit nie duidelik of ‘n

toestemming ingedien moet word nie. Konferensie moet riglyne gee.

Besluit Hangende die wysiging van die Wet, moet die toestemming ingedien word –

(RKB62/2011).

Artikel 17: uitstrekklousule in transportakte

Vraag Wanneer oordrag van ‘n gedeelte van gemeenskaplike eiendom geregistreer

staan te word (sien vorm H par 2), moet ‘n kaart ingedien word en ‘n

uitstrekklousule moet in die akte vervat word. Hoe moet die uitstrekklousule

lees?

Besluit Voorgeskrewe vorm TT moet gevolg word waarin daar na die nuwe kaart en

die titelakte waarkragtens die eiendom gehou word verwys word,

laasgenoemde synde die titelakte van die grond waarop die register geopen is

– (RKB50/2012).

Artikel 17: Transport van gedeelte van gemeenskaplike eiendom wat ‘n gedeelte van

‘n uitsluitlike gebruikgsgebied insluit

Vraag Wanneer ‘n gedeelte van gemeenskaplike eiendom, wat ‘n gedeelte van ‘n

deel insluit, oorgedra word, moet ‘n gewysigde deelnemingskwotablad wat die

grootte van die oorblywende gedeelte van die deel aandui, ingedien word.

Wanneer ‘n gedeelte van ‘n uitsluitlike gebruiksgebied geskep kragtens artikel

27(1) deur die oordrag geraak word, hoe moet daar met die uitsluiltike

gebruikgebied gehandel word?

Besluit Die geheel van die uitsluiltike gebruiksgebied moet gekanselleer word –

(RKB51/2012). 56

Artikel 18 van Wet 95 van 1986 en die toepassing van artikels 56 en 57 van Wet 47 van

1937

Vraag Artikel 18 van Wet 95 van 1986 maak artikels 56 en 57 van Wet 47 van 1937

van toepassing op oordragte kragtens artikel 17 van Wet 95 van 1986. Is dit

moontlik om artikel 57 toe te pas wanneer oordragte plaasvind kragtens artikel

17(5), dit is, waar die geheel van die grond deur die regspersoon

56 ‘n Kleiner uitsluitlike gebruiksgebied kan dan heringeskets word en na die betrokke houer gesedeer word.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 71
getransporteer word? Daar sal heel moontlik verskillende eienaars met

verskillende verbande wees. Daar word aan die hand gedoen dat artikel 57

(substitusie van verbande) nie toegepas kan word by artikel 17(5) oordragte

nie.

Besluit Hangende die wysiging van die Wet, sal die verbande gekanselleer moet word

– (RKB63/2011).

RKB 45 van 2003 en RKB 63 van 2011: oordrag van geheel van die gemeenskaplike

eiendom

Vraag RKB 45 van 2003 word deur RKB 63 van 2011 geraak (sien die besluit direk

hierbo) met betrekking tot die oordrag van die geheel van die gemeenskaplike

eiendom. RKB 45 van 2003 moet gewysig word om aan te toon dat artikel 57

van Wet 47 van 1937 nie toegepas kan word by die oordrag van die geheel

van die gemeenskaplike eiendom nie.

Besluit Die verbande moet gekanselleer word. Waar die geheel van gemeenskaplike

eiendom oorgedra word (of ‘n gedeelte daarvan insluitende meer as een deel

wat aan verskillende verbande onderhewig is) kan artikel 57 van Wet 47 van

1937 nie toegepas word nie

(RKB 45 van 2003 word teruggetrek) – (RKB3/2012).

Artikel 18 en verbande geregistreer oor saaklike regte

Vraag Artikel 18 maak artikels 56 en 57 57 van Wet 47 van 1937 van toepassing op

artikel 17 transporte. Artikel 18 is egter nie van toepassing op uitsluitlike

gebruiksgebiede en saaklike regte van uitbreiding nie. Hoe moet daar met

verbande geregistreer oor uitsluitlike gebruiksgebiede en artikel 25 regte

gehandel word?

Besluit Totdat die Wet gewysig word, moet artikel 18 toegepas word met betrekking tot

uitsluitlike gebruiksgebiede en artikel 25 regte. Kansellasie van verbande of

ontheffing van regte moet gedoen word – (RKB52/2012).

Oordrag van gedeelte van saaklike reg van uitbreiding

Vraag Artikel 17 maak voorsiening vir daardie gevalle waar die gemeenskaplike

eiendom, waarop ‘n gedeelte van ‘n deel of uitsluitlike gebruiksgebied geleë is,

vervreem word. Dit swyg egter oor wanneer die gemeenskaplike eiendom

waarop ‘n gedeelte van ‘n artikel 25 reg van uitbreiding geregistreer is,

oorgedra (vervreem) word. Hoe moet dit hanteer word wanneer ‘n gedeelte

van ‘n artikel 25 reg saam met die gemeenskaplike eiendom oorgedra word? 58

Besluit Die prosedure vervat in artikel 17(4B) van die Wet op Deeltititels wat handel

oor die kansellasie van ‘n gedeelte van ‘n uitsluitlike gebruiksgebied, moet met

die nodige veranderinge toegepas word totdat die Wet gewysig is –

(RKB73/2010).

Paragraaf 10 Onderverdeling en konsolidasie van dele

Artikel 22 en 23 en vruggebruik

Vraag Wanneer ‘n deel onderverdeel word en sodanige deel is aan ‘n saaklike reg

byvoorbeeld ‘n vruggebruik onderhewig, moet die sertifikate van

geregistreerde deeltitel van die nuwe dele die vruggebruik as ‘n voorwaarde

insluit. Wanneer twee dele egter gekonsolideer word en een van die dele aan

57 Daar moet in gedagte gehou word dat artikel 57 slegs gebruik kan word met betrekking tot grond. Saaklike

regte in grond is nie grond nie en derhalwe kan artikel 57 van die Registrasie van Akteswet nie met betrekking

daartoe gebruik word nie..

58 Skrywer hiervan het die vraag herbewoord, ten einde dit meer duidelik te stel.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 72
‘n vruggebruik onderhewig is, hoe moet dit in die sertifikaat van geregistreerde

deeltitel van die gekonsolideerde deel hanteer word?

Besluit Die voorwaardeklousule moet gekwalifiseer word om na die voomalige deel

wat aan die vruggebruik onderhewig was, te verwys – (RKB53/2012).

Artikel 22 en verbande

Vraag Wet 95 van 1986 maak voorsiening vir die uitreiking van sertifikate van

geregistreerde deeltitel in die name van persone wat uit hoofde van die

verdelingsooreenkoms daarop geregtig is

(a) Wat van ‘n verband wat deur beide mede-eienaars oor die

oorspronklike deel geregistreer is? Kan die verband gesubstitueer

word?

(b) Was dit die bedoeling van die wetgewer dat die sertifikate van

geregistreerde deeltitel ten gunste van die persone wat daarop geregtig

is uitgereik word en nie aan die mede-eienaars van die oorspronklike

eenheid nie? Beteken dit ook dat geen verdelingstransporte

geregistreer sal word na die uitreiking van die sertifikate van

geregistreerde deeltitel nie?

Besluit a) Ja. Die verband kan gesubstitueer word en die verbandendossement

op die sertifikate van geregistreerde deeltitel moet gekwalifiseer word

met “Met ander Eiendom” of “MAE”.

b) Die Wet is duidelik in soverre sertifikate van geregistreerde deeltitel

uitgereik moet word aan die onderskeie eienaars of persone wat daarop

geregtig is ten einde aan die verdelingooreenkoms uitvoering te gee –

(RKB54/2012).

Gedeeltelike vernietiging van ‘n deel

Vraag Watter prosedure moet gevolg word in die geval van gedeeltelike vernietiging

van ‘n deel?

Besluit Die bepalings van artikel 22 (indien van toepassing) saamgelees met artikels

48 en 49 van Wet 95 van 1986 is van toepassing – (RKB77/2012).

Bevoegdheid van ontwikkelaar om ‘n deel te onderverdeel, dele te konsolideer of ‘n

deel uit te brei

Vraag Wet 95 van 1986 bepaal niks aangaande of die ontwikkelaar, voor die

totstandkoming van die regspersoon die bevoegdheid het om dele te

onderverdeel, te konsolideer of uit te brei of om gemeenskaplike eiendom uit

te brei nie. Daar is ‘n denkrigting wat van mening is dat dit die

gemeenregtelike reg van die ontwikkeaar is om dit te kan doen. Indien die

wetgewer egter bedoel het dat die ontwikkelaar dit mag doen sou hy duidelik

in die Wet sodanig bepaal het.

Besluit Ja, die ontwikkelaar het die reg om sodanige registrasiehandelinge aan te

gaan. ‘n Registrateur sal egter nie sodanige handelinge registreer nie tensy

die ontwikkeaar ‘n beëdigde verklaring indien tot die effek dat geen eenheid in

die skema verkoop geskenk of verruil is nie of indien dit wel sodanig vervreem

is, dat die besondere registrasiehandeling geregistreer staan te word skriftelik

aan die koper van ‘n eenheid geopenbaar is, of in die afwesigheid daarvan die

skriftelike toestemming tot sodanige registrasiehandelinge verkry is –

(RKB64/2012).

Paragraaf 11 Uitbreiding van dele - Artikel 24

Uitbreiding van verskeie dele aangedui op een deelplan van uitbreiding

Vraag Waar daar slegs een plan voorsien word vir die uitbreiding van verskeie dele

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 73
wat aan verskillende eienaars behoort, mag een aansoek ingedien word, met

verwysing na elke eienaar of moet verskillende aansoeke ingedien word en ‘n

fooi vir elkeen gevra word, met dien verstande dat slegs een SS nommer

toegeken word? Moet al die uitbreidings gelyktydig geregistreer word?

Besluit Een aansoek mag ingedien word waarin die onderskeie eienaars uiteengesit

word of verskeie aansoeke mag ook in een indienomslag ingedien word. Een

fooi is in beide gevalle betaalbaar. Alle uitbreidings op die deelplan moet

gelyktydig geregistreer word - (RKB61/2009).

Uitbreiding van ‘n deel binne in ‘n aangrensende uitsluitlike gebruiksgebied

Vraag Wanneer ‘n deel kragtens artikel 24 van Wet 95 van 1986 uitgebrei word

binne-in ‘n aangrensende uitsluitlike gebruiksgebied, byvoorbeeld ‘n tuin is dit

nodig om die bestaande uitsluitlike gebruiksgebied te kanselleer en ‘n nuwe

uitsluitlike gebruiksgebied te registreer (kragtens artikel 27). Indien die deel en

die uitsluitlike gebruiksgebied deur dieselfde eienaar gehou word was hierdie

twee wysigings histories op dieselfde wysigingsdeelplan aangetoon en sonder

enige ooglopende probleme geregistreer. Indien wysigings soos hierbo

genoem as een registrasiestel hanteer word, vereis die Registrateur aparte

wysigingsdeelplanne opgestel kragtens artikel 24 en 27 onderskeidelik of is dit

aanvaarbaar om beide wysigings op een plan aan te toon?

Besluit Waar ‘n uitsluitlike gebruiksgebied direk deur die wysiging van ‘n deel geraak

word en die uitsluitlike gebruiksgebied geregistreer is in dieselfde naam as die

eenheid, mag die twee wysiging op dieselfde plan aangetoon word –

(RKB76/2012).

Indiening van blokplan

Vraag Wanneer ‘n deel uitgebrei word, is dit nie nodig om ‘n blokplan in te dien nie.

Hoe sal ondersoekers vasstel of die uitbreiding op die saaklike reg van

uitbreiding of enige aangrensende eiendom oorskry?

Besluit ‘n Blokplan moet ook ingedien word met die uitbreiding van ‘n deel. Waar die

blokplan egter nie verander het nie en daar ‘n nota deur die landmeter of

argitek op die vloerplan tot dien effekte aangebring is, hoef ‘n blokplan nie

ingedien te word nie - (RKB62/2009).

Artikel 24(6)(d): Aansoek

Vraag Stem Konferensie saam dat artikel 24(6)(d), soos gewysig, as volg toegepas

moet word –

a) Indien daar geen verbande oor enige van die eenhede in die skema

geregistreer is nie, is voldoening aan hierdie artikel onnodig?

b) Indien slegs die uitgebreide deel beswaar is, sal dit slegs nodig wees vir

die indiening van daardie verband?

c) Indien die uitgebreide deel nie met verband beswaar is nie, maar enige van

die ander dele met verband beswaar is, moet die sertifikaat/e saam met die

aansoek ingedien word?

Besluit a) Ja

b) Ja.

c) Ja – (RKB64/2011).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 74
Artikel 24 uitbreiding en uitklaringsertifikate

Vraag Waar ‘n deel kragtens artikel 24 van Wet 95 van 1986 uitgebrei word, moet ‘n

uitklaringsertifikaat kragtens die Munisipale Sistemewet 2000 ingedien word?

Besluit Nee. Wet 32 van 2000 maak nie hiervoor voorsiening nie – (RKB75/2010).

Artikel 24 uitbreiding en hereregte

Vraag Waar ‘n deel uitgebrei word, sonder om die vloeroppervlakte van sodanige

deel te vergroot, moet ‘n hereregtekwitansie of vrystellingsertifikaat ingedien

word? In RKB 40 van 1989 is dit ‘n vereiste waar die vloeroppervlakte

vergroot word.

Besluit Kragtens artikel 5(1)(b) van die Wet op Hereregte 40 van 1949, moet ‘n

hereregtekwitansie of vrystellingsertifikaat ingedien word – (RKB76/2010).

Paragraaf 12 Uitbreiding van skemas

Artikel 25: geen sertifikaat van saaklike reg

Vraag Waar ‘n saaklike reg van uitbreiding op ‘n deelplan as ‘n caveat aangetoon is,

maar geen dokumentasie kragtens artikel 25(2) ingedien is nie en geen

sertifikaat van saaklike reg van uitbreiding geregistreer is nie, hoe moet die

aangeleentheid reggestel word?

Besluit Die saaklike reg van uitbreiding het nooit tot stand gekom nie en moet de novo

geskep word – (RKB73/2012).

Beskrywing van saaklike reg van uitbreiding

Vraag Waar ‘n saaklike reg vna uitbreiding verkoop is en daar word vasgestel dat

slegs die restant van die reg bestaan aangesien sekere fases alreeds

uitgeoefen is, hoe moet die beskrywing van sodanige saaklike reg van

uitbreiding in die notariële akte van sessie lees?

Besluit Die beskrywing moet langs die volgende lyne lees, naamlik –

Die reg om van tyd tot tyd binne ‘n tydperk van vyf jaar vanaf datum van

registrasie van die saaklike reg van uitbreiding vir sy/haar persoonlike rekening

(vermeld watter regte, d.i. artikel 25(1)(a), (b) en/of (c) voorbehou word)

op te rig en te voltooi op die aangewese gedeelte van die gemeenskaplike

eiendom soos aangetoon op die plan soos bedoel in artikel 25(2)(a) van die

Wet, in hierdie kantoor geliasseer, en om sodanige gebou of geboue te verdeel

in ‘n deel of dele en gemeenskaplike eiendom en om die reg tot uitsluitlike

gebruik oor ‘n gedeelte van sodanige gemeenskaplike eiendom te verleen aan

die eienaar of eienaars van een of meer dele in die skema bekend as Ivory

Park ten opsigte van die grond en gebou of geboue geleë te Erf 1234,

Zwartkops dorpsgebied, plaaslike bestuur: City of Tshwane Metropolitan

Municipality, en getoon op Deeplan SS43/2002, met uitsluiting van die regte

van uitbreiding wat alreeds gesedeer is.

(RKB68/2012).

Saaklike reg van uitbreiding gereserveer en verband geregistreer staan te word oor

die restant van die reg

Vraag ‘n Ontwikkelaar het ‘n reg van uitbreiding kragtens artikel 25 van Wet 95 van

1986 gereserveer. Drie van die beoogde fases is alreeds geregistreer. Die

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 75
ontwikkelaar wil nou ‘n verband registreer oor die restant van die saaklike reg

van uitbreiding. Is dit moontlik om ‘n verband oor die restant van sodanige

saaklik reg te registreer en indien wel, hoe moet dit beskryf (geidentifiseer)

word? Artikel 25(4)(b) bepaal niks hieroor hie.

Besluit Ja dit is moontlik om ‘n verband te registreer. Die sekuriteit onder die verband

moet beskryf word soos aangedui in RKB68/2012 – (RKB45/2005 soos

gewysig deur RKB68/2012).

RKB 56 van 2006: Meer as een Sertifikaat van Saaklike Reg ten aansien van

reservering kragtens artikel 25(1) van Wet 95 van 1986

Vraag Kragtens RKB56/2006 is dit toelaatbaar om artikel 64(1) van Wet 47 van 1937

toe te pas en sertifikate van saaklike reg vir gedeeltes van ‘n artikel 25-reg uit

te reik sodra ‘n sertifikaat van saaklike reg vir die geheel van die artikel 25-reg

uitgereik was. Artikel 64(1) maak egter voorsieing vir die uitreiking van ‘n

sertifikaat vir die geheel van ‘n saaklike reg wat in ‘n titelakte gereserveer is en

nie vir gedeeltes van ‘n saaklike reg wanneer ‘n sertifikaat vir daardie reg

alreeds bestaan nie. Die doel van artikel 64(1) is om ‘n titelakte te verkry vir ‘n

saaklike reg wat gereserveer is en nie vir die onderverdeling van sodanige reg

deur die uitreiking van sertifikate van saaklike reg vir die gedeeltes van die

saaklike reg nie. Verdermeer, noudat die Wet die uitreikingvan sertifikate

toelaat, is dit nogsteeds toelaatbaar om gedeeltes van die artikel 25-reg uit te

reik na die opening van die skema en die registrasie van die sertifikaat van

saaklike reg van uitbreiding kragtens artikel 25?

Besluit Nee, hangende die wysiging van die Wet, mag die bepalings van artikel 64 van

Wet 47 van 1937 nie gebruik word ten einde die ontwikkelaar van ‘n saaklike

reg van uitbreiding in staat te stel om sertifikate van saaklike reg vir

onderverdeelde gedeeltes van sodanige reg te bekom nie – (RKB6/2011).

Reservering van saaklike reg van uitbreiding

Vraag Die onlangse wysiging aan artikel 11(3)(d) maak nou voorsiening dat waar die

ontwikkelaar aansoek gedoen het vir die opening van die deeltitelregister,

uitsluitlike gebruiksgebiede en regte van uitbreiding (gedeeltes van regte van

uitbreiding) afsonderlike titelaktes mag hê vir elke uitsluitlike gebruiksgebied/

regte van uitbreiding. Die vraag is of ‘n ontwikkelaar ‘n algemene reg van

uitbreiding mag reserveer, tesame met gedeeltes van saaklike regte?

Besluit Die ontwikkelaar kan nie ‘n algemene saaklike reg van uitbreiding tesame met

gedeeltes van saaklike regte in die artikel 11(3)(b) bylae reserveer nie. Waar

‘n ontwikkelaar verlang om saaklike reg gebiede tesame met ‘n algemene

saaklike te reserveer, sal hy ‘n algemene saaklike reg moet reserveer en

daarna gedeeltes van regte van uitbreiding sedeer vanaf die algemene

saaklike reg titel – (RKB57/2011).

Kommentaar ‘n Algemene saaklike reg van uitbreiding kan nie geregistreer word nie,

aangesien sodanige reg gereserveer moet word met betrekking tot ‘n

gespesifiseerde gedeelte van die gemeenskaplike eiendom.

Reg van uitbreiding moet vir ‘n spesifieke tydperk gereserveer word

Vraag Kan ‘n reg van uitbreiding gereserveer word vir ‘n onbepaalde tydperk?

Besluit Nee. In terme van die bewoording van regulasie 14, saamgelees met die

voorgeskrewe Vorm F, sowel as die bewoording van artikel 25(1), is dit duidelik

dat die wetgewer bedoel het dat daar ‘n gespesifiseerde tydperk moet wees -

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 76
(RKB4/2005).

Artikel 25 en verval van saaklike reg van uitbreiding

Vraag Wanneer dit duidelik uit die aktekantoor se rekords blyk dat ‘n saaklike reg van

uitrbreiding verval het omdat dit uitgeoefen is of die tydperk verval het, behoort

die Registrateur van Aktes nie uit eie beweging die artikel 11(3)(b) bylae van

voorwaardes te endosseer rakende die verval van die reg nie.? Die

ewigdurende voortsetting van die reg in die aktekantoor se registers moet nie

toegelaat word nie.

Besluit Nee - (RKB55/2012).

Verkeerdelike kansellasie van saaklike reg van uitbreiding

Vraag Waar ‘n saaklike reg van uitbreiding verkeerdelik gekanselleer is kragtens

artikel 68(1) van Wet 47 van 1937, watter prosedure moet gevolg word om

sodanige reg te laat herleef?

Besluit Die bepalings van artikel 25(6) van Wet 95 van 1986 kan gebruik word. 59

Alternatiewelik moet ‘n hofbevel bekom word om die reg te laat herleef –

(RKB63/2012).

Artikel 25(1): Verlenging van tydperk

Vraag Die onlangse wysiging tot artikel 25(1) maak voorsiening dat die tydperk

verleng mag word, indien daartoe ooreengekom deur ‘n eenparige besluit van

die regspersoon en die verbandhouer voor die verval van die tydperk

uiteengesit in die oorspronklike reg, by wyse van notariële akte. Met

verwysing na die tweesydige notariële akte is dit voor die handliggend dat die

tweesydige notariële akte aangegaan moet word tussen die regspersoon en

die houer van die saaklike reg of die gedeelte van die saaklike reg. ‘n Vraag

wat geopper kan word is of die notariële akte wat die verlengde tydperk

aandui, geregistreer moet word voor die verval van die tydperk waarvoor dit

oorspronklik gereserveer was, of die eenparige besluit geneem moes word

voor die verval van die oorspronklike gereserveerde tydperk?

Besluit Die notariële akte wat die tydperk verleng moet voor die notaris verly word

voor die verval van die reg van uitbreiding – (RKB65/2011).

Vraag Met verwysing na die tweesydige notariële akte soos in artikel 25 voorsiening

gemaak om die tydperk te verleng waarbinne ‘n saaklike reg van uitbreiding

uitgeoefen moet word, moet die volgende aangeleenthede uitgeklaar word:

a) Is hereregte betaalbaar op die registrasie van die verlenging?

b) Moet die toestemming van die verbandhouers ingedien word?

c) Moet die eenparige besluit ingedien word?

Besluit a) Ja, hereregte is betaalbaar aangesien dit kwalifiseer as ‘n transaksie soos

omskryf in artikel 1 van die Wet op Hereregte 40 van 1949.

b) Nee, die verbandhoeurs se toestemming moet egter verkry word en in die

notaris se protokol geliasseer word

c) Nee, dit moet in die notaris se protokol geliasseer word – (RKB68/2011).

Vraag Mag die ontwikkelaar, voor die totstandkoming van die regspersoon,

59 Met ander woorde die regspersoon akn ‘n saaklike reg van uitbreiding reserveer en terugsedeer aan die

ontwikkelaar.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 77
eensydiglik die tydperk verleng? En, waar die oorspronklike ontwikkelaar ‘n

gedeelte van ‘n reg van uitbreiding gesedeer het (en daardeur ‘n medeontwikkelaar

in die skema geword het), kan die mede-ontwikkelaar, voor die

totstandkoming van die regspersoon, die tydperk verleng deur die aangaan

van ‘n tweesydige notariële akte met die oorspronklike ontwikkelaar om die

tydperk van sy/haar reg van uitbreiding te verleng?

Besluit Nee, die ontwikkelaar mag nie eensydiglik die tydperk voor die totstandkoming

van die regspersoon verleng nie. ‘n Mede-ontwikkeaar mag ook nie die

tydperk van die reg van uitbreiding voor die totstandkoming van die

regsperoon verleng nie. Die ontwikkelaar moet die huidige reg kanselleer en

‘n nuwe reg registreer – (RKB66/2011).

Verval van reg van uitbreiding

Vraag Waar ‘n ontwikkeaar ‘n saaklike reg van uitbreiding vir ‘n sekere tydperk

gereserveer het, mag sodanige ontwikkelaar die reg vir ‘n korter tydperk

sedeer. Indien die korter tydperk verval het sonder dat dit verleng is, vestig

sodanige reg daarna in die ontwikkelaar wat sodanige reg gesedeer het

(aangesien die reg vir ‘n verdere tydperk was welke tydperk nog nie verval het

nie) of vestig die reg nou in die regspersoon?

Besluit Indien daar geen terugvallingsreg gereserveer was in die sessie vir die korter

tydperk nie, verval die reg van uitbreiding – (RKB79/2012). 60

Verkryging van titel om uit te brei deur die regspersoon

Vraag a) Waar ‘n reg van uitbreiding verval het en die regsperoon titel van sodanige

reg bekom kragtens artikel 25(6), moet die sertifikaat van saaklike reg vir ‘n

spesifieke tydperk wees?

b) Verder, waar die regspersoon die reg van uitbreiding sedeer wat in terme

van artikel 25(6) gereserveer is, moet die sessie vir ‘n spesifieke tydperk

wees?

Besluit a) Ja, wanneer die regspersoon ‘n sertifikaat van saaklike reg van uitbreiding

soos bedoel in artikel 25(6) bekom, moet sodanige regte vir ‘n spesifieke

tydperk wees.

b) Ja, wanneer die reg gesedeer word moet dit vir ‘n spesifieke tydperk

gesedeer word - (RKB65/2009).

Geen tydperk vir reg van uitbreiding - artikel 25(1)

Vraag Watter prosedure moet gevolg word waar dit na registrasie vasgestel word dat

die reservering van die saaklike reg nie ‘n spesifieke tydperk spesifiseer

waarbinne die reg uitgeoefen moet word nie?

Besluit ‘n Notariële wysigingsooreenkoms moet aangegaan word deur en tussen die

regspersoon, met die skriftelike toestemming van al die lede van die

regspersoon aan die eenkant en die ontwikkelaar aan die ander kant, tesame

met die skriftelike toestemming van die verbandhouers van elke eenheid in die

skema, by gebreke aan welke ooreenkoms of toestemmings, ‘n hofbevel

verkry moet word.

Indien ‘n regspersoon nog nie bestaan nie, kan ‘n aansoek in terme van artikel

60 Op grond daarvan dat ‘n beperkte reg nie oor ‘n beperkte reg geregistreer kan word nie, is dit betwyfelbaar of

die sessie van die saaklike reg van uitbreiding onderhewig aan ‘n terugvallingsreg kan plaasvind.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 78
4(1)(b) van die Registrasie van Akteswet ingedien word, waar ‘n reg

gereserveer is van tyd tot tyd, maar daar geen tydperk in die voorwaarde

gestipuleer is nie.- (RKB43/2007).

Artikel 25(4)(b): Onderverdeling van artikel 25-reg

Vraag

a) Met die onderverdeling van die artikel 25-reg, mag sodanige onderverdelings nie

op die aanvanklike plan vir die skema aangedui word nie en die akte van sessie

van die onderverdeelde reg moet vergesel gaan van ‘n plan wat die gedeelte wat

gesedeer word, aandui. Is dit egter nie uitvoerbaar (doenbaar) wanneer die reg

onderverdeel word gelyktydig met die opening van die skema nie? Sessies van al

die onderverdeelde regte mag ook nie gelyktydig met die opening van die skema

gesedeer word nie. Hoe moet daar met hierdie omstandighede gehandel word?

b) Indien die onderverdelingsplan op die hooflêer geliasser is, moet die planne

nogsteeds ingedien word met die sessie van elke onderverdeelde artikel 25 reg?

c) Moet die grootte van die onderverdeelde regte op die planne aangedui word?

Besluit

a) Die onderverdeelde reg moet tot bevrediging van die Landmeter-generaal

geїdentifiseer word en mag op die blokplan of op ‘n aparte artikel 25(4) plan

aangetoon word.

b) Nee.

c) Ja – (RKB70/2011).

Artikel 25 en RKB 70 van 2011

Vraag Die grootte van die reg van uitbreiding moet in die onderverdelingsplanne

vermeld word. Voorgeskrewe vorm F (sertifikaat van saaklike reg kragtens

artikel 25) maak egter nie voorsiening vir die grootte van die aanvanklike

artikel 25 reg nie. As gevolg daarvan dat die artikel 25 reg onderverdeel kan

word, het dit ‘n noodsaaklikheid geword dat die grootte vermeld moet word.

Besluit Hangende die wysiging van die regulasies, moet Vorm F aangepas word om

vir die voltooing van die grootte van die artikel 25 reg voorsiening te maak –

(RKB56/2012).

Artikel 25(5): Sessie van uitsluitlike gebruiksgebiede

Vraag Artikel 25(5) van die Wet, soos gewysig, bepaal dat die regte tot uitsluitlike

gebruik binne 12 maande nadat dit geskep is, gesedeer moet word. Wat is die

bepalende faktor vir die aanvang van die 12 maande: die datum van die

transaksie of die datum van die uitvoering van die notariële akte?

Besluit Die datum van registrasie van die sertifikaat van saaklike reg waarkragtens die

uitsluitlike gebruiksgebiede geskep is, sal die bepalende datum wees –

(RKB71/2011).

Vraag ‘n Reg gereserveer kragtens artikel 25(1) mag deur die ontwikkelaar of sy of

haar opvolger in titel daartoe uitgeoefen word, selfs as die ontwikkelaar of sy of

haar opvolger in titel, na gelang van die geval, geen ander belang in die

gemeenskapilike eiendom het nie, deur die byvoeging van uitsluitlike

gebruiksgebiede: met dien verstande dat die regte van uitsluitlike gebruik

binne 12 maande na hul skepping gesedeer word, hetsy aan die regspersoon

van die skema of aan een of meer geregistreerde eienaars van ‘n deel in die

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 79
skema. Die vraag is wanneer vind sessie plaas?

Besluit Op die datum van verlyding van die notariële akte – (RKB72/2011).

Artikel 25(5): Sessie van uitsluitlike gebruiksgebiede aan die ontwikkelaar

Vraag Wat sal die posisie wees as die ontwikkelaar nogsteeds die eienaar van ‘n

eenheid in die skema is en die uitsluitlike gebruiksgebied is aan die eienaar

van daardie eenheid toegeken? Moet dit nogsteeds binne die voorgeskrewe

12 maande gesedeer word? Dit sal tot gevolg hê dat die ontwikkelaar die

uitsluitlike gebruiksgebied aan homself moet sedeer?

Besluit Artikel 25(5) sal nie toepassing vind waar die ontwikkelaar nogsteeds die

eienaar van ‘n deel in die skema is nie – (RKB73/2011).

Vraag ‘n Saaklike reg van uitbreiding mag deur die ontwikkelaar of sy opvolger in titel

daartoe gereserveer word, selfs indien die ontwikkelaar of sy of haar opvolger

in titel geen ander belang in die gemeenskaplike eiendom het nie, deur die

byvoeging van uitsluitlike gebruiksgebiede: Met dien verstande dat sodanige

uitsluitlike gebruiksgebiede binne 12 maande na hul skepping gesedeer moet

word, hetsy aan die regspersoon of aan een of meer eienaars van eenhede in

die skema.

Behoort ‘n verwysing gemaak word dat sodanige reg binne 12 maande

gesedeer moet word en as ‘n beperkende voorwaarde teen die sertifikaat van

uitsluitlike gebruiksgebied ingesluit te word ten einde dit toe onderskei van

enige ander sertifikaat van uitsluitlike gebruiksgebied?

Besluit ‘n Caveat moet teen die uitsluitlike gebruiksgebiede genoteer word om aan te

dui dat dit binne die 12 maande tydperk gesedeer moet word – (RKB74/2011).

Reg van uitbreiding - artikel 25(6) - toestemming benodig

Vraag Waar ‘n reg van uitbreiding gereserveer is deur die regspersoon en daarna

vervreem word, moet die toestemming van die lede van die regspersoon

bekom en ingedien word. Word die toestemming van die vruggebruikers oor

die eenhede ook vereis?

Besluit Nee. - (RKB46/2007).

Verval van reg van uitbreiding - artikel 25(6A)

Vraag Waar ‘n ontwikkelaar ‘n reg van uitbreiding greserveer het, maar sodanige reg

van uitbreiding het verval weens tydsverloop, mag die ontwikkelaar, voor die

totstandkoming van die regspersoon, ‘n verdere reg van uitbreiding reserveer,

gegewe die bewoording van artikel 25(6A), viz: “Indien geen voorbehoud deur

die ontwikkelaar... gemaak is nie...”

Besluit Ja, op voorwaarde dat ‘n aansoek gebring word in terme van artikel 68(1) van

die Registrasie van Akteswet vir die verval van die verstreke reg -

(RKB45/2007).

RKB 8 van 2009 en RKB 31 van 2010: REg van uitbreiding en artikel 15B(3) sertifikate

Vraag RKB 8 van 2009 en RKB 31 van 2010 is teenstrydig met HRO 6 van 1988

(paragraaf 14.5). Indien ‘n artikel 25 reg verval het, moet ‘n aansoek vir die

notering van die verval van die reg gedoen word alvorens die ontwikkelaar

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 80
aansoek doen vir ‘n reg van uitbreiding kragtens artikel 25(6A)?

Besluit Ja, artikel 15B(1)(d) van Wet 95 van 1986 moet gebruik word om die verval te

noteer alvorens die ontwikkelaar aansoek doen vir ‘n reg van uibreiding

kragtens artikel 25(6A) van Wet 95 van 1986. Die bepalings van artikel 68(1)

van Wet 47 van 1937 moet toegepas word met die nodige veranderinge –

(RKB13/2011, soos gewysig deur RKB5/2012).

RKB 13 van 2011, RKB 8 van 2009 en RKB 31 van 2010: Notering van verval van artikel

25 reg

Vraag RKB 13 van 2011, RKB 8 van 2009 en RKB 31 van 2010 is teenstrydig met

HRO 6 van 1988. Indien ‘n artikel 25 reg verval het, moet ‘n artikel 15B(1)(d)

aansoek ingedien word om die verval van die reg te noteer voordat die

ontwikkelaar of die regspersoon aansoek doen vir ‘n reg van uitbreiding

kragtens artikel 25(6A) of artikel 25(6)?

Besluit Ja, ‘n artikel 15B(1)(d) aansoek moet ingedien word om die verval van die reg

te noteer voordat die ontwikkelaar of die regspersoon aansoek doen vir ‘n reg

van uitbreiding kragtens artikel 25(6A) of artikel 25(6) van Wet 95 van 1986.

Die bepalings van artkel 68(1) van Wet 47 van 1937 is met die nodige

veranderinge van toepassing – (RKB10/2012).

Vraag In RKB1/1991 is besluit dat die deelplan van uitbreiding geregistreer mag word

nadat die duur van die reg van uitbreiding verval het, op voorwaarde dat die

geboue alreeds voltooi is. Watter bewys moet by die registrateur van aktes

ingedien word om te bewys dat die geboue reeds opgerig was voor die datum

van verval?

Besluit ‘n Sertifikaat vanaf die plaaslike bestuur dat die geboue opgerig was voor die

datum van die verval van die saaklike reg van uitbreiding moet ingedien word -

(RKB4/2008).

Kansellasie van reg van uitbreiding

Vraag Die Wet op Deeltitels maak nie voorsiening vir die kansellasie van ‘n reg van

uitbreiding nie. Gegewe hierdie leemte, watter gesag bestaan vir sodanige

kansellasie?

Besluit Die reg kan in terme van artikel 15B(1)(d) gekanselleer word. Waar die

regspersoon totstand gekom het, word ‘n tweesydige notariële akte vir die

kansellasie van sodanige reg vereis - (RKB72/2009).

Kansellasie van ‘n gedeelte van ‘n saaklike reg van uitbreiding

Vraag Mag ‘n ontwikkelaar wat ‘n saaklike reg van uitbreiding gereserveer het,

sodanige reg gedeeltelik kanselleer?

Besluit Nee, die Wet maak nie daarvoor voorsiening nie. Die ontwikkelaar sal die reg

in sy geheel moet kanselleer en ‘n nuwe reg met betrekking tot die gedeelte

reserveer – (RKB67/2012).

Vraag ‘n Saaklike reg van uitbreiding is onderverdeel in verskeie gedeeltes. Watter

presedures moet gevolg word vir doeleindes van die endossering van die

verval van die reg op die artikel 11(3)(b) bylae van voorwaardes?

Besluit Die artikel 11(3)(b) bylae moet slegs in terme van artikel 15B(1)(d) van Wet 95

van 1986 geëndosseer word nadat die geheel van die reg verval het. Die

bepalings van artikel 68(1) van Wet 47 van 1937 moet met die nodige

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 81
veranderinge toegepas word – (RKB60/2008, soos gewysig deur

RKB5/2012).).

Terugtrekking van RKB 47 van 2005 of RKB 8 van 2009: Artikel 25(10) verval van reg

van uitbreiding

Vraag RKB 47 van 2008 bepaal dat die kansellasie van ‘n saaklike reg van uitbreiding

verpligtend is waar die reg homself uitgeput het. Hierdie besluit weerspreek

RKB 8 van 2009. 61 Watter prosedure moet gevolg word?

Besluit RKB 47 van 2005 word hiermee teruggetrek – (RKB31/2010).

Registrasie van vruggebruik oor reg van uitbreiding

Vraag Kan ‘n vruggebruik geregistreer word oor ‘n reg op uitbreiding, soos bedoel in

artikel 25(9) van die Wet op Deeltitels 95 van 1986?

Besluit Nee, die Wet op Deeltitels maak nie voorsiening vir die registrasie van ‘n

vruggebruik oor ‘n reg van uitbreiding nie. - (RKB6/2007). 62

Vraag ‘n Saaklike reg van uitbreiding is geregistreer in die gemeenskaplike boedel

van partye getroud binne gemeenskap van goed. Die partye verander hul

huweliksgoederebedeling in terme van artikel 21 van die Wet op

Huweliksgoedere 88 van 1984 na buite gemeenskap van goed en die hof

beveel dat die reg van uitbreiding gelykop tussen die gades verdeel moet

word. Die bepalings van artikel 45bis (1A)(b) kan nie gebruik word nie soos

per RKB15/2006. Hoe moet registrasie plaasvind aangesien die bepalings van

artkel 25(4) tot ‘n absurditeit sal lei?

Besluit Die status quo wat in die aktekantore gevolg word moet gehandhaaf word,

hangende die wysiging van die Registrasie van Akteswet (RKB22/2008).

Kommentaar

Een halwe aandeel in die saaklike reg van uitbreiding moet derhalwe met die

registrasie van ‘n notariële akte van sessie na die man gesedeer word en die

ander halwe aandeel op dieselfde wyse na die vrou.

Artikel 25: Uitreiking van Sertifikate van Saaklike Reg van Uitbreiding

Vraag Waar ‘n saaklike reg van uitbreiding ten opsigte van uitsluitlike

gebruiksgebiede uitgeoefen word, bepaal die Wet niks rakende die feit of meer

as een sertifikaat van saaklike reg uitgereik mag word met betrekking tot

uitsluitlike gebruiksgebiede, soos wat wel die posisie by die opening van ‘n

deeltitelregister is nie. Dit blyk ‘n oorsig deur die wetgewer te wees en

Konferensie moet leiding gee rakende die vraag of meer as een sertifikaat

uitgereik mag word, hangende die wysiging van die Wet.

Besluit Hangende die wysiging van die Wet, moet die uitreiking van meer as een

sertifikaat van saaklike reg toegelaat word - (RKB69/2011).

61 Kragtens hierdie besluit, hoef ‘n eienaar / die regspersoon nie tot die kansellasie van die saaklike reg van

uitbreiding toe te sien, waar sodanige reg uitgeput is nie. Dit is egter nogsteeds die Registrateur se plig om vas

te stel of die artikel 15B(3) sertifikaat met betrekking tot die reg van uitbreiding korrek is. Met ander woorde, in

die artkel 15B(3)(a) transportbesorgersertifikaat, moet gestel word dat daar wel ‘n saaklike reg van uitbreiding

geregistreer is, maar dat sodanige reg uitgeput is.

62 Teenoor hierdie artikel, bepaal artikel 27(6) van die Wet op Deeltitels spesifiek dat ‘n vruggebruik oor die

uitsluitlike gebruik van die gemeenskaplike eiendom, dit is ‘n uitsluitlike gebruiksgebied, geregistreer mag word.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 82
RKB 2 van 2009: Artikel 25(13)

Vraag Is dit die plig van die registrateur van aktes om voldoening betreffende

afwykings af te dwing?

Besluit Nee. Sien RKB2/2009, soos gewysig. RKB2/2009 is gewysig om as volg te

lees:

Artikel 25 (RKB 4 van 1994 en RKB 10 van 2005

Vraag In lig van die ongerapporteerde saak Dolphin Whisper Trading 10 (Pty) Ltd v

The Registrar of Deeds and the Body Corporate, Skilliepark 2, wil dit voorkom

asof the bestaande praktyk van ondersoekers soos voorsiening gemaak in

RKB 10 van 2005 en RKB 4 van 1994 om nie vas te stel of ‘n reg van

uitbreiding ‘n afwyking is van die planne ingedien in terme van artikel 25(13)

nie, gestaak moet word. Moet die praktyk nou wees dat alle afwykings na die

hof verwys moet word?

Besluit Kragtens RKB7 van 2011 is dit nie die plig van die registrateur om voldoening

rakende afwykings af te dwing nie. Dit is egter die plig van die registrateur om

te verseker dat die uitbreiding binne die fisiese grense van die gereserveerde

reg plaasvind – (RKB12/2011).

Artikel 25 afwyking van artikel 25(2) planne en hereregte

Vraag Indien ‘n ontwikkelaar van die artikel 25 planne afwyk wanneer hy ‘n skema

uitbrei, moet die registrateur op ‘n hereregtekwitansie aandring vir die regte

wat hy/sy verkry om die skema uit te brei op die gedeeltes van die

gemeenskaplike eiendom waarop die reg nie gereserveer was nie?

Besluit Die ontwikkelaar het areas van die gemeenskaplike eiendom oorskry wat nie

as sulks gereserveer was nie. Sodanige bestaande reg sal gekanselleer moet

word, herskep moet word deur die regspersoon en na die ontwikkelaar

gesedeer moet word, op welke verkryging hereregte betaal moet word –

(RKB67/2011, soos gewysig deur RKB11/2012)

RKB 61 of 2008: Voldoening aan artikel 25(2)(a) en (b) van Wet Act 95 van 1986

Vraag Artikel 25(2) van die Wet op Deeltitels sit die vereistes uiteen vir die planne

van uitbreiding waar daar ‘n saaklike reg van uitbreiding gereserveer is. Om

voldoening aan die tegniese vereistes van sodanige planne te verseker, kan

die registrateur van aktes dit ‘n vereiste maak dat ‘n landmeter of argitek

sertifiseer dat die planne opgetrek is in ooreenstemming met artikel 25(2)?

Gegewe die tegniese aard van die planne, lê die ekpertise by die landmeter of

argitek en dit sou ‘n onredelike las op die registrateur plaas om sodanige

planne te ondersoek.

Besluit Ja, die registrateur van aktes moet op so ‘n sertifikaat van die landmeter of

argitek aandring rakende die voldoening aan artikel 25(2)(a) en 25(2)(b) van

Wet 95 van 1986 – (RKB 61/2008 soos gewysig deur RKB11/2011 en

RKB9/2012).

Verkeerde deelenemingskwotablad

Vraag ‘n Saaklike reg in terme van artikel 25 was deur die ontwikkelaar gereserveer

by die opening van die skema. Al die dokumente vereis deur artikel 25(2)(c) is

ingedien en die artikel 25(2)(a) en (b) planne het al die eenhede wat deel van

die uitbreiding sou vorm, korrek gereflekteer. Toe die skema oopgemaak is het

die skedule wat die geskatte deelnemingskwotas van al die dele in die skema,

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 83
insluitende dié deel wat uitgebrei sou word aandui, was egter verkeerd (maw

dit het nie al die dele wat op die artikel 25(a) en (b) planne aangedui is

gereflekteer nie). Hoe kan hierdie fout reggestel word?

Besluit Indien die wegglating voor die uitoefening van die reg van uitbreiding vasgestel

word, kan sodanige weglating reggestel word deur ‘n versoek deur die

transportbesorger vir die regstelling van die deelnemingskwotablad -

(RKB64/2009).

Paragraaf 13 Uitsluitlike gebruik van gemeenskaplike eiendom

Artikel 27(1)(c) om in lyn met artikel 27(4)(b) te wees

Vraag Artikel 27(1)(c) van Wet 95 van 1986 moet gewysig word om in lyn te wees

met artikel 27(4)(b) van die Wet om ook geregistreerde saaklike regte (vry van

die verband of geregistreerde saaklike reg) in te sluit. Hoe moet dit in die

aktekantore toegepas word hangende die wysiging van die Wet?

Besluit Hangende die wysiging van die Wet, sal dit in die regspersoon vestig vry van

enige verband of enige ander geregistreerde saaklike regte – (RKB75/2011).

Vertaling van uitsluitlike gebruiksgebiede

Vraag Waar ‘n deelplan in Afrikaans na ‘n uitsluiltike gebruiksgebied verwys,

byvoorbeeld “Werf – W1”, mag sodanige uitsluiltike gebruikgebied na Engels

vertaal word waar die sessie nou in Engels gedoen word, byvoorbeeld “Y” en

“W1”?

Besluit Nee, die bewoording van die deelplan moet gevolg word – (RKB65/2012).

Beskrywing van uitsluitlike gebruiksgebiede

Vraag Mag ‘n uitsluitlike gebruiksgebied bloot beskryf word as ‘n uitsluitlike

gebruiksgebied met geen spesifieke verwysing na die gebruik daarvan nie,

byvoorbeeld toep, partkering, tuin ens.?

Besluit Nee, daar moet na die tipe uitsluitlike gebruiksgebied soos ingeskets op die

deelplan, verwys word. Indien sodanige gebruik op die deelplan as ‘n

algemene uitsluitlike gebruiksgebied beskryf word, moet sodanige beskrywing

dan gevolg word

Verwysing na “UGG” sonder spesifieke verwysing na die tipe sal nie aanvaar

word nie.

(Deelplanne goedgekeur voor 2 Januarie 2013 hoef nie gewysig te word nie) -

RKB72/2012).

Registrasie van vruggebruik oor uitsluitlike gebruik van gemeenskaplike eiendom

Vraag Kan ‘n vruggebruik geregistreer word oor ‘n uitsluitlike gebruiksgebied?

Besluit Ja, dit is moontlik om ‘n vruggebruik te registreer oor ‘n uitsluitlike

gebruiksgebied. 63

Kommentaar

Enige persoonlike serwituut van usufruct, usus of habitatio mag oor ‘n

uitsluitlike gebruiksgebied geregistreer word - (artikel 27(6) van die Wet op

Deeltitels).

Huurkontrakte oor uitsluitlike gebruiksgebiede

Vraag Kan ‘n ontwikkelaar ‘n huurkontrak oor uitsluitlike gebruiksgebiede verleen?

Indien ja, kan ‘n ontwikkelaar ‘n huur oor ‘n uitsluitlike gebruiksgebied gee aan

63 RKB 41/2003 en RKB 37/1996 en artikel 27(6) van die Wet op Deeltitels 95 van 1986.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 84
‘n persoon wat nie ‘n eienaar in die skema is nie? Wanneer die ontwikkelaar

ophou op ‘n eienaar te wees, wie geniet die voordele van die huur noudat die

regspersoon die eienaar van die uitsluitlike gebruiksgebiede word? Hoe moet

artikel 27(6) van Wet 95 van 1986 geinterpreteer word?

Besluit Ja, ‘n ontwikkelaar mag ‘n huurkontrak oor ‘n uitsluitlike gebruiksgebied

verleen in terme van artikel 27(6) - (RKB73/2009).

Sessie van uitsluitlike gebruiksgebiede

Scenario Oordrag van ‘n eenheid in ‘n deeltitelskema is in 1997 vanaf die ontwikkelaar

na A geregistreer. Gelyktydig met die gemelde oordrag is ‘n uitsluitlike

gebruiksgebied, wat deel van die transaksie gevorm het, ook vanaf die

ontwikkelaar aan A gesedeer. In 2000 is oordrag van dieselfde eenheid vanaf

A na B geregistreer. Geen sessie van die uitsluitlike gebruiksgebied is

geregistreer nie, alhoewel dit deel van die transaksie gevorm het. Daarna is

verskeie oordragte van die eenheid geregistreer (dit is vanaf B na C, vanaf C

na D, vanaf D na E, ens.), voortspruitend uit die verkoop van die eenheid en

die uitsluitlike gebruiksgebied. Tans, is daar ‘n verdere oordrag van die

eenheid wat geregistreer staan te word. Slegs nou, in 2005, word die nalate

om die uitsluitlike gebruikgebied tesame met elk van die vorige oordragte te

sedeer vasgestel. Vanuit die rekords blyk dit dat A nogsteeds die

geregistreerde houer van die uitsluitlike gebruiksgebied is.

Vraag Hoe moet hierdie nalate nou hanteer word? Wie moet nou die uitsluitlike

gebruiksgebied sedeer?

Besluit Artikel 27(4)(b) en 27(4)(c) verskaf die prosedure wat gevolg moet word:

indien die houer van die saaklike reg nogsteeds ‘n lid van die regspersoon is,

moet daar aan die bepalings van artikel 14, saamgelees met artikel 33 van die

Registrasie van Akteswet voldoen word - (RKB2/2006).

Kommentaar

Dit beteken dat, indien die houer van die saaklike reg nie meer ‘n lid van die

regspersoon is nie, die uitsluitlike gebruiksgebied in die regspersoon vestig

(vry van enige verband). Die regspersoon moet dan by die registrateur van

aktes aansoek doen vir die uitreik aan hom van ‘n sertifikaat van saaklike reg

van uitsluitlike gebruiksgebied ten gunste van homself. (Artikel 27(4)(b)&(c)).

RKB 36 van 2002: Kansellasie van ‘n uitsluitlike gebruiksgebied

Vraag Waar dieselfde uitsluitlike gebruiksgebied verkeerdelik na twee eienaars van

dele in ‘n skema oorgedra is, hoekom vereis RKB36/2002 dat beide uitsluitlike

gebruiksgebiede gekanselleer moet word en dat die regspersoon die reg de

novo herreserveer? Behoort nie slegs die uitsluitlike gebruiksgebied wat deur

die verkeerde houer gehou word gekanselleer te word nie?

Besluit Nee. Wet 95 van 1986 maak nie voorsiening vir die kansellasie van ‘n

verkeerdelik geregistreerde reg van uitsluiltike gebruiksgebied nie –

(RKB36/2002 word bevestig – (RKB20/2012)

Artikel 27(5)

Vraag Artikel 27(5) van die Wet op Deeltitels 95 van 1986 maak voorsiening vir die

kansellasie van ‘n uitsluitlike gebruiksgebied met die toestemming van die

verbandhouer van die betrokke deel. Is die toestemming altyd nodig selfs

waar die uitsluitlike gebruiksgebied nie ook as sekuriteit onder die verband wat

die deel verbind, verbind is nie?

Besluit Die toestemming van die verbandhouer word slegs vereis indien die uitsluitlike

gebruiksgebied ook onder die verband verbind is – (RKB78/2010).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 85
Artikel 27(5): Kansellasie van uitsluitlike gebruiksgebied

Vraag Artikel 27(5) van die Wet is gewysig om voorsiening te maak vir die

toestemming van die verbandhouer van die uitsluitlike gebruiksgebied (nie die

eenheid) en houer van ‘n geregistreerde saaklike reg. Dit meld egter niks van

die houer van ‘n geregistreerde saaklike reg wat oor die uitsluitlike

gebruiksgebied geregistreer is nie. Wat indien ‘n saaklike reg oor die betrokke

deel waaraan die uitsluitlike gebruikgebied gekoppel is, geregistreer is?

Besluit Die toestemming van die houer van die geregistreerde saaklike reg moet ook

ingedien word – (RKB76/2011).

Kansellasie van uitsluitlike gebruiksgebied

Vraag Hoe moet ‘n uitsluitlike gebruiksgebied gekanselleer word waar die

regspersoon nog nie tot stand gekom het nie, aangesien artikel 27(5) bepaal

dat ‘n uitsluitlike gebruiksgebied slegs kragtens ‘n tweesydige notariële akte,

aangegaan tussen die regspersoon en die geregistreerde houer gekanselleer

kan word?

Besluit ‘n Eensydige notariële akte van kansellasie deur die ontwikkelaar is

toelaatbaar – (RKB80/2011).

RKB 76 van 2011 – toestemming van verbandhouer

Vraag Kragtens RKB76/2011 moet die toestemming van die houer van die saaklike

reg geregistreer oor die deel wat aan die uitsluiltike gebruikgebied gekoppel is,

ook ingediee word. Wat indien byvoorbeeld ‘n vruggebruik slegs oor ‘n deel

geregistreer is en die uitsluitlike gebruikgebied gekanselleer word. Word die

toestemming van die houer van die vruggebruik oor die deel nogsteeds vereis?

Besluit Dit sal nie nodig wees om die toestemming van die houer van die saaklikie reg

in te dien nie indien die saaklike reg slegs oor die deel geregistreer is, en die

uitsluitlike gebruiksgebied wat aan daardie deel gekoppel is, gekanselleer word

RKB 76/2011 is slegs van toepassing waar die uitsluitlike gebruiksgebied wat

gekanselleer staan te word, aan die saaklike reg onderhewig is –

(RKB12/2012).

Causa in sessie van uitsluitlike gebruiksgebied

Vraag Moet daar in die causa van ‘n sessie van uitsluitlike gebuiksgebied, wanneer

dit in terme van artikel 27(1)(b) gesedeer word, aangedui word dat die gebied

deel vorm van die transaksie (koopprys) waarkragtens die spesifieke deel

verkoop was?

Besluit Ja. Daar moet aangehou word met die manier waarop die causa tans die

uitsluitlike gebruiksgebied reflekteer as deel van die transaksie –

(RKB63/2008).

Toestemming deur verbandhouers

Vraag Moet die verbandhouers van alle eenhede en regte van uitbreiding toestem tot

die skepping van uitsluitlike gebruiksgebiede? Die Wet sê niks hieroor nie.

Besluit Nee. Die Wet maak nie voorsiening vir die indiening van die toestemming van

die verbandhouers nie - (RKB68/2008).

Regulasie 28 en aparte titel vir uitsluitlike gebruiksgebied

Vraag Regulasie 28 bepaal dat die eienaar van ‘n uitsluitlike gebruiksgebied, op

aansoek, ‘n aparte titel vir sy/haar uitsluitlike gebruiksgebied mag bekom.

Daar is egter geen voorgeskrewe vorm vir sodanige aansoek.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 86
Besluit Hangende die wysiging van die Wet, moet Vorm I gebruik word –

(RKB60/2012). 64

Artikel 27A reëls

Vraag Artikel 27A bepaal dat ‘n regspersoon of ontwikkelaar reëls mag maak wat

regte van uitsluitlike gebruik en genot op dele van die gemeenskaplike

eiendom aan lede van die regspersoon toeken:

a) Moet hierdie reëls in die bestuurs- of gedragsreëls geinkorporeer word of is

dit sui generis?

b) Hoe en met wie se toestemming mag hierdie reëls gewysig word?

Besluit a) Hierdie reëls mag όf in die bestuursreëls όf in die gedragsreëls ingelyf word.

b) Hierdie reëls kan hetsy met ‘n eenparige besluit όf met ‘n spesiale besluit

gewysig word, afhangend daarvan op dit in die bestuursreëls of in die

gedragsreëls geskep is – (RKB69/2009, soos gewysig deur RKB15/2011).

Paragraaf 14 Skepping van serwitute

Reg van weg

Scenario In praktyk gebeur dit dikwels dat ‘n eienaar van ‘n deel ‘n reg van weg ten

gunste van ander dele of die algemene publiek verleen oor ‘n gedeelte van sy

deel, byvoorbeeld ‘n deurloop, ens.

Vraag Is sodanige reg van weg registreerbaar?

Besluit Ja, op voorwaarde dat dit op die deelplan aangedui word - (RKB51/2007).

Oorskrydings - Artikel 25 van die Wet op Deeltitels

Vraag Waar ‘n deelplan van uitbreiding geregistreer staan te word in terme van artikel

25 van die Wet op Deeltitels verwys na ‘n serwituut van oorskryding op

aangrensende grond, hoe moet hierdie serwituut geregistreer word? M.a.w.

deur wie en wie moet daartoe toestem?

Besluit Die reg van oorskryding moet geregistreer word tussen die regspersoon,

indien gestig, en indien nie, deur die ontwikkelaar en die aangrensende

eienaar, tesame met die toestemming van die verbandhouers van die

aangrensende grond met registrasie van die deelplan van uitbreiding. Artikel

75(3) van die Registrasie van Akteswet is van toepassing - (RKB55/2006).

Skepping van serwitute kragtens artikel 29(3)

Vraag Mag ‘n ontwikkelaar, voor die totstandkoming van die regspersoon, ‘n notariële

akte soos bedoel in artikel 29 aangaan wat die gemeenskaplike eiendom van

die deeltitelskema beperk?

Besluit Ja, die ontwikkelaar het die reg om ‘n notariële akte aan te gaan wat die

gemeenskaplike eiendom beperk. Die registrateur sal egter nie sodanige

notariële akte registreer nie tensy ‘n beëdigde verklaring deur die ontwikkelaar

ingedien word tot die effek dat geen eenheid in die skema verkoop, verrruil of

geskenk is nie, of indien dit wel so vervreem is, dat die ontwikkelaar skriftelik

aan die verkryger daarvan die beoogde registrasie van die serwituut

geopenbaar het of in die afwesighid daarvan, indien die verkryger skriftelik

64 Die artikel wat op regulasie 28 betrekking het, is artikel 27(7). Hierdie artikel bepaal dat enige persoon wat

twee of meer regte tot uitsluitlike gebruiksgebiede of aandele kragtens een titelakte hou, ‘n aparte titelakte met

betrekking tot een of meer van die uitsluitike gebruiksgebiede daarin gehou mag bekom, onderhewig aan die

voorgeskrewe voorwaardes. Dit is die ooreenstemmende artikel van artikel 36 in die Registrasie van Akteswet,

met betrekking tot voltiteleiendom.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 87
daartoe toegestem het – (RKB57/2012).

RKB55 van 2006: beskrywing van ontwikkeaar

Vraag Kragtens RKB55 van 2006 moet die ontwikkelaar ‘n party wees tot die

notariële akte vir doeleindes van die die registrasie van ‘n oorskryding. Hoe

moet die ontwikkelaar beskryf word?

Besluit “Naam van Ontwikkelaar ………………. ontwikkelaar van die skema

(naam van skema) …………………… Nr SS ………………….” –

(RKB4/2012).

Paragraaf 20 Deelverbande

Deelverbande en uitsluitlike gebruiksgebiede

Vraag Moet dit nie verpligtend gemaak word dat die deel en ‘n uitsluitlike

gebruiksgebied wat so nou verband hou met die deel, onder dieselfde verband

verbind word nie? Die nie-registrasie van verbande veroorsaak onnodige

hoofbrekens by beslaglegging ens. Alternatiewelik behoort uitsluitlike

gebruiksgebiede, wat nie afsonderlik van die deel kan bestaan nie, nie

notarieël verbind te word gelyktydig met die opening van die deeltitelregister

nie?

Besluit Nee, beswaring van sodanige deel en uitsluitlike gebruiksgebied kan nie

afgedwing word nie – (KB81/2011).

Verband onderhewig aan titelvoorwaardes

Vraag Waar ‘n deeltiteleenheid onderhewig is aan voorwaardes, opgelê ten gunste

van die huiseienaarsvereniging, wat oordrag verbied, ens., moet die verband

wat oor die eenheid geregistreer is spesiaal onerhewig aan sodanige

voorwaardes gemaak word?

Besluit Ja, deelverbande moet onderhewig gemaak word aan beperkende

huiseienaarsvereniging voorwaardes. 65

Afstanddoening van voorrang van vruggebruik

Vraag Hoe moet die afstanddoening van voorrang van ‘n saaklike reg, soos ‘n

serwituut van vruggebruik, in ‘n deelverband uiteengesit word?

Besluit Die vruggebruiker moet óf persoonlik óf deur ‘n agent voor die

transportbesorger verskyn. Die serwituut van vruggebruik moet onderhewig

gemaak word aan die verband en die afstanddoening moet in die verband

vervat wees en nie in die aanhangsel nie - (RKB52/2007). 66

Deeltitelskema geopen op grond wat verbind is onder verband

Vraag Waar ‘n deeltitelskema geopen word op grond wat verbind is onder ‘n verband,

welke verband verskeie ander eiendomme wat as sekuriteit vir die lening dien

verbind, mag die verband na ‘n deelverband omskep word met betrekking tot

die grond waarop die skema geopen word? Indien wel, hoe sal ‘n wysiging

van die bepalings van die verband geaffektteer word?

Besluit Die verband word geag omgeskakel te word na ‘n deelverband, slegs met

65 Registrateurskonferensiebesluit 4 van 2007. RKB 5/1987 en 22/2005 is bevestig.

66 Die bewoording van die resolusies is na my mening verkeerd. Dit lees dat: “Die verband moet onderhewig

gemaak word aan die vruggebruik en die afstanddoening moet in die verband vervat wees en nie in die

aanhangsel nie”. Die doel van die afstanddoening is om die serwituut onderhewig aan die verband te maak en

nie anders om nie.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 88
etrekking tot die geaffekteerde eiendom. Dit is nie nodig vir die ontheffing

van die ander eiendomme uit die werking van sodanige verband nie. Dit is

moontlik om ‘n wysiging van die voorwaardes van die verband aan te bring.

Die endossement met betrekking tot die wysiging van die voorwaardes moet

gekwalifiseer word in ooreenstemming met die geaffekteerde eiendomme -

(RKB67/2008).

Paragraaf 22 Diverse aangeleenthede

Scenario In terme van artikel 60(3) kan uitsluitlike gebruiksgebiede toegeken word in

terme van die bestuursreëls en hoef dan as sulks nie op die deelplan geskets

te wees nie.

Vraag Kan die regspersoon, kragtens ‘n spesiale resolusie, besluit om sodanige

regte formeel te sedeer en om dit in die aktekantoor te laat registreer?

Besluit Ja, op voorwaarde dat daar aan die bepalings van artikel 27 voldoen word -

(RKB47/2007).

Algemeen

Endossement in terme van artikel 42(2) van die Boedelwet

Vraag Die eksekuteur in ‘n bestorwe boedel het ‘n eenheid en uitsluitlike

gebruiksgebied in ‘n deeltitelskema verkoop. Is dit nodig dat die Meester beide

die transportakte en notariële sessie van uitsluitlike gebruiksgebied in terme

van artikel 42(2) van die Boedelwet endosseer?

Besluit Waar die volmag om oordrag te gee ‘n verwysing na die uitsluitlike

gebruiksgebied maak en sodanige volmag is met betrekking tot artikel 42(2)

van die Boedelwet geëndosseer, is dit nie nodig om die notariële akte van

sessie van uitsluitlike gebruiksgebied in die verband te endosseer nie -

(RKB66/2008).

Naamsverandering van ‘n deeltitelskema

Vraag Watter prosedure moet gevolg word om die naam van ‘n deeltitelskema te

verander?

Besluit Die hof sal genader moet word. Die aangeleentheid moet egter na die

Deeltitels Regulasies Raad verwys word - (RKB68/2008).

Name toegeken aan deeltitelskemas

Vraag Daar was ‘n praktyk dat ontwikkelaars die indekse van aktekantore moes

nagaan ten einde die duplisering van name wat aan deeltitelskemas toegeken

word te voorkom, maar dit blyk asof hierdie praktyk weggeval het. Die

duplisering van name veroorsaak egter verwarring en regsgevegte. Behoort

daar nie ‘n vorm van beheer te wees rakende die toekenning van name aan

deeltitelskemas nie?

Besluit Nee, die uniekheid lê in die registrasienommer – (RKB82/2011).

Sertifikaat van geregistreerde titel vir ‘n gedefinieerde gedeelte van die

gemeenskaplike eiendom

Vraag Laat die Wet op Deeltitels die regspersoon toe om aansoek te doen vir die

uitreiking van ‘n sertifikaat van geregistreerde titel met betrekking tot ‘n

gedeelte van die gemeenskaplike eiendom?

Besluit Nee, die Wet maak nie in die verband voorsiening nie - (RKB71/2009).

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 89
RKB 30 van 1987: Deeltitelskema in konflik met ‘n titelvoorwaarde

Vraag Kragtens artikel 7, saamgelees met artikel 4(5) van Wet 95 van 1986, blyk dit

dat ‘n alternatiewe gebruik ontwikkel het of dat geen eenvormige praktyk

gevolg word met betrekking tot die verwydering van alle teenstrydige

titelvoorwaardes vanuit ‘n titelakte van grond voor die opening van ‘n skema

nie. Is dit korrek om ‘n sertifikaat ter kondonasie of ‘n goedkeuring deur die

houer van die reg (gewoonlik die stadsraad) te aanvaar?

Besluit RKB 30 van 1987 word bevestig. Waar daar enige konflik met die

voorwaardes is, moet sodanige voorwaardes verwyder of gewysig word –

(RKB8/2010).

RKB 45 van 2004: Vruggebruiker en opening van ‘n deeltitelskema

Vraag Waar grond waarop ‘n deeltitelregister geopen staan te word aan ‘n

vruggebruik onderhewig is, bepaal RKB 45 van 2004 dat die vruggebruiker

saam met die blote eienaar aansoek kan doen vir die opening van die

deeltitelregister. Behoort hierdie besluit nie verpligtend te wees of vir ‘n

alternatief voorsiening te maak nie?

Besluit Die vruggebruiker kan saam met die blote eienaar aansoek doen vir die

opening van die deeltitelskema; alternatiewelik kan die vruggebruiker toestem

tot die registrasie van die skema – (RKB11/2010). 67

Huurpag

Vraag Mag ‘n deeltitelskema op huurpag grond geopen word?

Besluit Nee. Kragtens die definisie van eienaar in artikel 1 van Wet 95 van 1986, is dit

nie toelaatbaar nie – (RKB80/2010).

‘n Deeltitelregister op Proklamasie 293 van 1962 eiendomme?

Vraag Mag ‘n deeltitelregister geopen word op Proklamasie R293 van 1962

eiendomme?

Besluit Nee, sien die definisie van eienaar in artikel 1 van Wet 95 van 1986. Die

houer van die grondbrief/huurpag regte is nie die geregistreerde eienaar van

die grond nie. Die reg moet eers opgegradeer word – (RKB81/2010).

RKB 80 en 81 van 2010: Deeltitelregister op Proklamasie 293 van 1962 eiendomme en

huurpageiedomme

Vraag Artikel 4 van Wet 112 van 1991 vestig dieselfde regte in die houer van regte

kragtens Proklamasie 293 van 1962 en huurpag kragtens Wet 4 van 1984, as

wat hulle sou hê, indien hulle die eienaar van die onderliggende grond sou

wees. RKB 80 en 81 van 2010 blyk artikel 4 van Wet 112 van 1998 te

weerspreek. Stem Konferensie saam?

Besluit Nee, die bepalings van artikel 4 van Wet 112 van 19914 tree slegs in werking

by die omskakeling van die reg na volle eiendomsreg kragtens artikel 2(1)(b)

van daardie Wet – (RKB18/2011).

Mag ‘n likwidateur aansoek doen vir die opening van ‘n skema?

Vraag Mag ‘n likwidateur van ‘n maatskappy onder likwidasie aansoek doen vir die

opening van ‘n deeltitelregister oor die eiendom van die gelikwideerde

maatskappy? Indien wel, wat moet met die verbande gedoen word wat oor die

eiendom geregistreer is waarop die skema geopen staan te word?

67 Alle titelaktes wat kragtens die skema wat uitgereik word, moet in beide gevalle aan die vruggebruik

onderhewig gemaak word. Hierdie beginsels is ook mutatis mutandis op ‘n fideicommissum van toepassing.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 90
Besluit Ja, die likwidateur mag aansoek doen, indien behoorlik daartoe gemagtig by

die twee vergadering van skuldeisers. Die verbandhouer moet toestem tot die

opening van die deeltitelregister soos voorgeskryf in die Wet op Deeltitels. Die

verband moet vorentoe gedra word na die Sertifikate van Geregistreerde

Deeltitel en Sertifikate van Saaklike reg, indien enige – (RKB82/2010).

Mag die eksekuteur aansoek doen vir die opening van ‘n deeltitelregister?

Vraag Mag ‘n eksekuteur, wat die boedel van ‘n oorlede “ontwikkelaar” beredder,

aansoek doen vir die opening van ‘n deeltitelregister?

Besluit Ja, waar ‘n oorledene eenheid in ‘n skema verkoop, geskenk, vervreem,

bemaak of beswaar 68 het, of waar dit vir die eksekuteur nodig geword het in

die uitoefning van sy/haar pligte in die bereddering van die boedel, mag die

eksekuteur voortgaan met die aansoek vir die opening van die skema –

(RKB83/2010 69 soos gewysig deur RKB19/2011 en verder gewysig deur

RKB7/2012).

RKB 48 van 2007 70 met betrekking tot die toepassing van HRO 6 van 2002, moet

heroorweging geniet

Besluit RKB 48 van 2007 word bevestig – (RKB14/2012).

Kansellasie van saaklike reg oor eenheid

Vraag Kan ‘n saaklike reg oor ‘n eenheid wat weens enige rede verval het, kragtens

artikel 68(1) van die Registrasie van Akteswet gekanselleer word?

Besluit Nee, ‘n saaklike reg oor ‘n eenheid wat verval het moet kragtens artikel

15B(1)(d) van die Wet op Deeltitels gekanselleer word – (RKB86/2010). 71

Oorskryding ooreenkomste by deeltitelskemas

Vraag Watter bewys word vereis wanneer ‘n goedgekeurde deelplan ‘n oorskryding

oor ‘n bestaande serwituut aandui?

Besluit Die toestemming van die houer van die serwituut moet verkry en by die

Registrateur ingedien word - (RKB88/2010).

Skepping van serwitute ten gunste van ‘n deeltitelskema

Probleemstelling – Maatskappy X is die eienaar van eiendom A. ‘n Deeltitelskema is op

eiendom B geregistreer en maatskappy X is die ontwikkelaar en ook die

eienaar van alle eenhede en houer van alle regte in die skema met ander

woorde die regspersoon is nog nie gestig nie. Maatskappy X wil eiendom A

verkoop en ‘n serwituut ten gunste van eiendom B reserveer. Die regspersoon

is egter nog nie gestig om die serwituut kragtens artikel 29 van Wet 95 van

68 Hierdie sal weer gewysig word om nie net na verkoop te verwys nie maar ook na enige handeling met die

eenheid, byvoorbeeld, skenk, verruil, bemaak, ensovoorts.

69 Hierdie besluit was heroorweeg, aangesien dit dikwels gebeur dat die ontwikkelaar, voor sy dood, eenhede

verkoop het met betrekking tot ‘n skema waarvan die deeltitelregister nog nie ge-open is nie en die restant van

die boedel, insluitende onverkooopte eenhede, aan die erfgename bemaak het. Die erfgename kon nie

oordrag van die eenhede wat alreeds deur die oorledene verkoop is ontvang nie, aangesien dit kragtens

RKB83/2010, (voordat dit gewysig is) deur die eksekuteur aan die regmatige eienaars daarvan getransporteer

moes word.

70 RKB48/2007 : Wet op Onderverdeling van Landbougrond 70 van 1970

Waar ‘n deeltitelregister oopgemaak word op grond wat die woord “plaas” in die eiendomsbeskrywing bevat,

moet HRO 6 van 2002 toegepas word deurdat die toestemming van die Minister bekom moet word,

alternatiewelik bewys dat die grond nie as landbougrond geag word nie?

Besluit

Ja, HRO 6 van 2002 is van toepassing..

71 Aangesien daar geen voorgeskrewe vorm vir hierdie aansoek is nie, kan dit, met die nodige veranderinge,

langs die lyne van ‘n aansoek kragtens artikel 68(1) van die Registrasie van Akteswet opgestel word.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 91
1986 te skep nie. Hoe moet die serwituut geskep word?

Besluit Die bepalings van artikel 76(1) van Wet 47 van 1937 kan toegepas word –

(RKB83/2011).

Kansellasie van serwituut waarop gemeenskaplike eiendom geregtig is en artikel

75(2)bis van die Registrasie van Akteswet

Vraag Hoe moet artikel 75(2)bis van die Registrasie van Akteswet geinterpreteer

word wanneer ‘n serwituut waarop gemeenskaplike eiendom van ‘n

deeltitelskema geregtig is, gekanselleer word? Die vereiste dat alle verbande

ingedien moet word is moeilik om aan te voldoen, veral in groot skemas?

Besluit Artikel 75(2)bis van die Registrasie van Akteswet is duidelik. Die verbande

tesame met die toestemming van alle verbandhouers, wat op datum van

verlyding van die notariële akte van kansellasie van serwituut bestaan, moet

ingedien word – (RKB89/2010, 72 soos gewysig deur RKB20/2011 en bevestig

deur RKB8/2012).

Likwidasie van die sake van die regspersoon

Vraag Artikel 48(6)(a) bepaal dat ‘n hof, op aansoek deur die regspersoon of enige lid

daarvan of enige houer van ‘n betrokke geregistreerde saaklike reg, of enige

vonnis skuldeiser, deur ‘n bevel voorsiening mag maak vir die likwidasie van

die sake van die regspersoon. Die hof mag ook kragtens dieselfde bevel of ‘n

daaropvolgende bevel die regspersoon ontbind, soos vanaf die datum

gespesifiseer in die hofbevel.

Daar is geen voorsiening in die Wet vir wanneer die sake van die regspersoon

gelikwideer is en die regspersoon ontbind word nie. Waar die hof ‘n bevel tot

daardie effek gegee het en die egboue kragtens artikel 48 geag vernietig te

wees en die grond waaruit die skema bestaan aan ‘n derde persoon verkoop

word deur ‘n Administrateur aangestel kragtens artikel 46 van die Wet, stem

Konferensie saam dat die bepalings van artikel 17(5) gebruik kan word om

oordrag aan die derde te bewerkstellig? Sodra al die geboue vernietig is, word

daar slegs gemeenskaplike eiendom in die skema gehou. Artikel 48 verwys na

die terugvalling na gemeenskaplike eiendom terwyl artikel 49 ‘n verwysing na

die terugvalling na die grondregister bevat. Bykomend, bepaal artikel 46(3)

van die Wet op Deeltitels dat die Aministrateur tot uitsluiting van die

regspersoon, oor die bevoegdhede en pligte van die regspersoon beskik, of

oor soveel van daardie bevoegdhede en pligte as wat die Hof gelas, wat die

Administrateur derhalwe toelaat om gemeenskaplike eiendom te vervreem.

Stem Konferensie saam?

Besluit Nee, die bepalings van artikels 48 en 49 van Wet 95 van 1986 vind toepassing

– (RKB77/2011).

Kommentaar ‘n Regspersoon kan slegs gelikwideer word indien die skema na die

grondregister terugval kragtens artikels 17 of 48 en 49.

Artikel 48(3)(a): herbou van geheel of gedeelte van gebou€

Vraag Die eienaars mag die herbou van die geheel of ‘n gedeelte van die gebou(e)

magtig

(a) Wat is die doel om ‘n kennisgewing by die registrateur in te dien vir die

herbou van die geheel van die gebou, as in ag geneem word dat die gebou

ooreenkomstig die bestaande planne herbou moet word? Dit is nie

72 Voor die wysiging het die besluit slegs die indiening van die verbandhouers se toestemming vereis en nie ook

die verbande self nie.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 92
Besluit

belangrik om dit te registreer nie, behalwe vir historiese doeleindes. Indien

sodanige aansoek ingedien word, sal die registrateur dit aanvaar en hoe

sal enige van die titelaktes wat geraak word, geëndosseer word, dit is as

endossering nodig is?

(b) Artikel 48(3)(a)(ii) maak voorsiening vir die oordrag van die belang van

eienaars wie se dele in geheel of gedeeltelik vernietig is, en vorm X

vermeld die oordrag van die belang. Indien die geheel van die gebou

herbou word sal oordrag van sodanige belang nie plaasvind nie,

aangesien geen van die dele in die skema geaffekteer sal word nie. Moet

die eenparige besluit na verwys in artikel 48(3) en die oordrag van die

belang van eienaars van geaffekteerde dele in voorgeskrewe vorm X

weggelaat word?

(a) Dit moet ingedien en in die deeltitellêer geliasseer word vir doeleindes van

opdatering van die status van die sekma en vir ‘n ware weerspieëling van

die geskiedenis van die skema. Die titelaktes van die dele wat geraak is,

moet met ‘n feite-endossememnt geëndoseer word om aan te dui dat dit

geag vernietig was maar dat die geheel van die deel herbou is, met

verwysing van die BC nommer wat aan die kennisgewing toegeken is.

(b) Die eenparige besluit en vorm X sal aangepas moet word om die

verwysing van die oordrag van die belang van die eienaars van die

geaffekteerde dele weg te laat – (RKB58/2012).

Artikel 49(3)(b) en regte van habitatio

Vraag Waar ‘n deeltitelskema gesluit word kragtens artikels 48 en 49 van die Wet en

een van die dele aan ‘n habitatio onderhewig is, sal hierdie reg geag word

omgeskakel te wees in ‘n saaklike reg oor die onverdeelde aandeel in die

grond wat deur sodanige saaklike reg geraak word. Die vraag is, hoe kan ‘n

habitatio bestaan oor grond sonder ‘n woonhuis wat daarop opgerig is?

Besluit Die reg van habitatio sal voortbestaan totdat dit gekanselleer word –

(RKB59/2012).

Registrasie van grondserwittuut oor ‘n deel

Vraag Mag ‘n eienaar van ‘n deel ‘n grondserwituut oor sy/haar deel verleen ten

gunste van die eienaar van ‘n ander deel in die skema?

Besluit Ja, gegewe die bepalings van artikel 2(d), saamgelees met artkel 15B(1)(d)

van Wet 95 van 1986, wat aan ‘n eienaar sodanige regte verleen. Die

toestemming van die verbandhouer oor die dienende eiendom word egter

vereis – (RKB66/212).

Herlewing van titelakte en endossering daarvan

Vraag Artikel 14(7) 73 en regulasie 15(6)(b) maak voorsiening vir die herlewing van

die ontwikkelaar se titel, alternatiewelik vir die uitreiking van sertifikate van

geregistreerde titel. Indien ‘n serwituut, na die opening van die

deeltitelregister, oor gemeenskaplike eiendom geregistreer word, sal die artikel

11(3)(b) bylae van voorwaarde geëndosseer word met die serwituut. Wanneer

die titelakte van die ontwikkelaar herleef, hoe moet die serwituut wat sodanige

geëndoseer is vorentoe gebring word op die titelakte wat herleef?

Besluit Die ontwikkelaar se titelakte 74 kan geëndosseer word rakende die bestaan

van die serwituut. Alternatiewelik kan sertifikate van geregistreerde titel

uitgereik word in gevalle waar sodanige veranderinge op die artikel 11(3)(b)

bylae aangbring was, met die effek om die voorwaardeste wysig en met die

73 Dit is wanneer die ontwikkelaar aansoek den vir die sluit van die skema.

74 Dit is sy herleefde titelakte.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 93
gevolg dat die ontwikkelaar se titel nie langer ‘n opgedateerde weergawe is nie

– (RKB69/2012).

Aansoek vir kansellasie van planne en kansellasie van serwitute

Vraag Wanneer ‘n aansoek deur die ontwikkelaar ingedien word vir die kansellasie

van planne, moet die transportbesorger sertifiseer dat die eenhede ensovoorts

nie verhuur word of beswaar is met ‘n deelverband of op enige ander manier

nie. 75 Dit word uitgelê dat indien ‘n serwituut oor ‘n eenheid gereigstreer is, die

eenheid deur sodanige serwituut beswaar is en sodanige serwituut,

byvoorbeeld ‘n vruggebruik gekanselleer moet word. Hoofregistrateursomsendskrywe

6 van 1988 vermeld ook dat enige saaklike reg vir kansellasie

ingedien moet word. Is dit ook van toepassing op ‘n vruggebruik wat bestaan

het voor die opening van die skema waar al die eenheide aan die vruggebruik

onderhewig gemaak is by die opening van die deeltitelregister? Die

vruggebruik sal in die titelakte van die grond voorkom voordat die skema

geopen is. Wanneer die titelakte van die ontwikkelaar van die grond herleef,

sal die vruggebruik voorwaarde outomaties herleef. Indien die ontwikkelaar

aansoek doen vir die uitreiking van’n nuwe sertifikaat van geregistreerde titel,

kan die grond aan die vruggebruik onderhewig gemaak word omdat dit

bestaan het voor die opening van die skema. Tweedens, indien sodanige

vruggebruik sal herleef, hoe kan die transportbesorger sertifiseer dat die

eenhede nie op enige ander wyse beswaar is nie? Hoe moet dit toegepas

word?

Besluit Die sertifikaat deur die transportbesorger kragtens artikel 14(6)(c) moet slegs

met betrekking tot serwitute wees wat na die opening van die deeltitelregister

geregistreer is. Serwitute wat voor die opening van die deeltitelregister

geregistreer is, herleef outomaties (sien artikel 14(7) van Wet 95 van 1986) –

(RKB70/2012).

Alle eenhede geregistreer in die naam van die ontwikkelaar: Artikel 14(6) en 14(7)

Vraag Dit is ‘n vereiste van artikel 14(6) dat al die eenhede in die naam van die

ontwikkelaar geregistreer moet wees en dat die ontwikkelaar die houer van

artikel 25 en 27 regte moet wees. Dit spesifiseer nie watter ontwikkelaar nie.

Wat sal die posisie wees waar die artikel 25 reg aan ‘n mede-ontwikkelaar

gesedeer en kragtens artikel 25(9) uitgeoefen was of die ontwikkelaar sy/haar

belang (geheel of gedeeltelik) aan ‘n ander ontwikkelaar oorgedra het? Die

regspersoon het nog nie totstand gekom nie. Sal hierdie artikel nogsteeds tot

die beskikking van die ontwikkelaars wees? Mag beide ontwikkelaars aansoek

doen vir die kansellasie van die planne?

Besluit Ja. Artikel 14(6) is van toepassing waar ‘n saaklike reg van uitbreiding

gesedeer en uitgeoefen is kragtens article 25(9), waardeur ‘n medeontwikkelaar

bygekom het. Soortgelyk waar ‘n aandeel oorgedra word

kragtens artikel 34(3), kan die bepaplings van artikel 14(6) ook toepassing

vind. Indien enige saaklike regte van uitbreiding gesedeer maar nie uitgeoefen

is nie, moet sodanige regte gekanselleer word of teruggesedeer word na die

ontwikkelaar alvorens daar van artikel 14(6) gebruik gemaak kan word. In die

75 Artikel 14(6)(c). Artikel 14(6) bepaal dat die registrateur, op aansoek deur die ontwikkelaar, welke aansoek

vergesel moet gaan van ‘n sertifikaat deur ‘n transportbesorger wat sertifiseer dat –

a) Al die eenhede in die skema in die naam van die ontwikkelaar geregistreer is;

b) Indien van toepassing, die ontwikkelaar die houer is van ‘n reg na verwys in artikel 25 of 27; en

c) Geen eenheid of reg na verwys in artikel 25 of 27 deur ‘n deelverband, of ‘n huur of op enige ander wyse

beswaar is nie,

die deeltitelregister kan sluit en die Landmeter-generaal en die plaaslike bestuur in kennis stel dat die register

gesluit is, waarna die Landmeter-generaal die oorspronklike deelplan en die aktekantoorafskrif daarvan sal

kanselleer.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 94
geval van mede-ontwikkelaars kan die titelakte nie herleef nie maar sertifikate

van saaklike reg moet aan alle mede-eienaars uitgereik word – (RKB71/2012).

Artikel 14(5) van Wet 95 van 1986: Wysiging en Kansellasie van Deeplanne

Vraag Artikel 14(5) van Wet 95 van 1986 verwys nie na uitsluitlike gebruiksgebiede of

saaklike regte van uitbreiding nie. Kan die grootte of beskrywing van sodanige

gebiede gewysig word kragtens artikel 14(5)?

Besluit Nee, artikel 14(5) 76 maak nie vir uitsluitlike gebruiksgebiede voorsiening nie.

Artikel 14(1) 77 van Wet 95 van 1986 laat egter die Landmeter-generaal toe om

enige geregistreerde deelplan wat bevind word verkeerd te wees, te wysig en

dit moet gelees word as om in te sluit groottes of beskrywings van uitsluitlike

gebruiksgebiede en saaklike regte van uitbreiding – (RKB81/2012).

Titelvoorwaardes wat die opening van die deeltitelregister verbied

Vraag Kan ‘n deeltitelregister oopgemaak word op grond wat ‘n voorwaarde bevat

wat die onderverdeling van grond verbied?

Besluit Ja, die opening van ‘n deeltitelskema kom nie op ‘n onderverdeling van grond

neer nie – (RKB78/2012).

Deeltitelskema notarieë gekoppel aan grond buite die skema

Vraag Mag ‘n deel met grond buite die skema notarieë gekoppel word?

Besluit Ja. Die Wet verbied dit nie – (RKB80/2012).

76 Artikel 14(5) bepaal dat die Landmeter-generaal die registrateur en die plaaslike bestuur in kennis sal stel van

enige wysiging of substitusie van ‘n deelplan kragtens artikel 14(1) wat die beskrywing of grootte van ‘n deel

affekteer, waarna die registrateur die nodige endossemente sal aanbring om die verandering in die beskrywing

of grootte aan te toon op die aktekantoorafskrif van die deeltitelakte en op enige ander geregistreerde

dokumente wat deur die verandering geraak word, en sal op soortgelyke wyse die eienaar of houer se afskrif

van die deeltitelakte of enige ander geregistreerde dokument aanbring wanneer dit ookal vir enige doel by die

aktekantoor ingedien word.

77 Die Landmeter-generaal mag van die landmeter of argitek wat die geregistreerde deelplan opgestel het, vereis

om die plan te wysig,of van die ontwikkelaar of regspersoon om te veroorsaak dat enige geregistreerde

deelplan wat bevind word verkeerd te wees gewysig word, of om dit met ‘n ander deelplan te vervang.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 95
Deel 3

Aktepraktyk en ander Toepaslike Wette

Hoofstuk 3 – Wet op Vervreemding van Grond

Artikel 20 van Wet 68 van 1981 endossemente

Probleemstelling – ‘n Artikel 20 van Wet 68 van 1981 endossement is teen ‘n titelakte

geëndosseer. Die eienaar van die grond het gesterf en die eiendom is aan sy erfgenaam

oorgedra. Daar is nie met artikel 20 gehandel nie, maar ‘n voorwaarde wat na die artikel 20

endossement verwys is in die transportakte ingelyf. Hoe moet daar met hierdie voorwaarde

gehandel word?

Besluit Die endossement is verkeerdelik in die titelakte vorentoe gebring. Die oordrag,

is derhalwe ultra vires die bepalings van artikel 20(2)(b) van Wet 68 van 1981,

en die aangeleentheid moet na die hof verwys word – (RKB54/2011).

Kommentaar Indien daar ‘n endossement kragtens artikel 20 teen die titelakte van die

eiendom aangebring is, mag die eiendom net aan die koper soos aangedui op

die endossement, oorgedra word. Die boedel moes derhalwe die boedel

oopgehou het totdat die laaste paaiement betaal is.

Artikel 20 van die Wet op Vervreemding van Grond 68 van 1981

Vraag Kan ‘n kontrak, soos bedoel in artikel 20 van die Wet op Vervreemding van

Grond 68 van 1981, teen ‘n saaklike reg van uitbreiding, soos omskryf in Wet

95 van 1986, aangeteken word?

Besluit Nee, dit val nie binne die omskrywing van “grond” in Wet 68 van 1981 nie –

(RKB78/2011).

Kommentaar Let wel dat ‘n kontrak teen ‘n uitsluitlike gebruiksgebied opgeteken kan word. 78

Artikel 20 van die Wet op Vervreemding van GRond 68 van 1981

Vraag Mag ‘n kontrak soos bedoel in artikel 20 van Wet 68 van 1981, teen

residensiële eiendom waarop daar beslag gelê is, opgeteken word?

Besluit Gegewe die bepalings van die Wet op Vervreemding van Grond, mag

sodanige kontrak opgeteken word, op voorwaarde dat die koper skriftelik

bevestig dat hy kennis van die beslaglegging dra – (RKB42/2012).

Hoofstuk 3 – Onderverdeling van Landbougrond

Oordrag van die restant van plaas met ‘n koopdatum voor die datum van uitreiking

van die Wet 70 van 1970 toestemming

Vraag ‘n Sertifikaat van Geregistreerde Titel word uitgeneem vir ‘n gedeelte van ‘n

plaas wat aan die bepalings van Wet 70 van 1970 onderhewig is. Hoe moet

die registrateur verseker dat hetsy die gedeelte of die restant getransporteer

word met ‘n koopdatum voor die datum van uitreiking van die Wet 70 van 1970

78 RKB41/2004: Die omskrywing van “grond” in Wet 68 van 1981 maak nie voorsiening vir die optekening van ‘n

artikel 20 kontrak teen ‘n reg tot uitsluitlike gebruik nie, Konferensie, is egter van mening dat dit nie die

bedoeling van die Wetgewer kon wees om uitsluitlike gebruiksgebiede uit die omvang van die omskrywing van

“grond” uit te sluit nie en besluit derhalwe dat die optekening van artikel 20 kontrakte teen uitsluitlike

gebruiksgebiede toegelaat behoort te word.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 96
toestemming?

Besluit Die ondersoeker moet ‘n caveat noteer wat bepaal dat by die oordrag van die

onderverdeelde gedeelte of die restant, die koopdatum na verwys in die

transportakte vergelyk moet word met die datum van uitreiking van die Wet 70

van 1970 toestemming wat by die Sertifikaat van Geregistreerde Titel

geliasseer is. Dit moet gedoen word om te verseker dat die verkoop

plaasgevind het na die uitreiking van die Wet 70 van 1970 toestemming. Die

caveat kan ook teen die naam van die geregistreerde eienaar genoteer word –

(RKB47/2012).

Hoofstuk 6 – Maatskappywet

Transaksies aangegaan deur ‘n vreemde Maatskappy

Vraag Kragtens artikel 23(2), saamgelees met artikel 23(2A) van die Maatskappywet

71 van 2008, is dit onseker of ‘n vreemde maatskappy onroerende eiendom

kan verkry of ‘n verbandhouer kan wees, sonder om as ‘n buitelandse

maatskappy te hoef registreer. Kan Konferensie leiding verskaf?

Besluit Nieteenstaande HRO 6 van 2011, 79 kan ‘n vreemde maatskappy eiendom

verkry of as ‘n verbandhouer optree, op voorwaarde dat die transportbesorger

die registrateur van aktes van dokumentêre bewys (byvoorbeeld ‘n

ouditeursertifikaat of beëdigde verklaring van die direkteur van sodanige

vreemde maatskappy) voorsien tot die effek dat die maatskappy nie kragtens

artikel 23(2) van Wet 71 van 2008 as ‘n buitelandse maatskappy hoef te

registreer nie – (RKB47/2011).

Magte van die ondernemingreddingpraktisyn

Vraag Kan die ondernemingreddingpraktisyn maatskappy eiendom sonder die besluit

deur die raad van direkteure met verband beswaar?

Besluit Ja, sien artikel 140 van die Maatskappywet, 2008 (Wet 71 van 2008) –

(RKB37/2012).

Hoofstuk 27 - Ontwikkelingsfasilitering

Wet op Ontwikkelingsfasilitering 67 van 1995

Vraag In terme van artikel 55(b) van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, moet ‘n

onderverdelingskaart en ‘n plan ingedien word vir onderverdelings in terme van

Hoofstuk VI. Dit blyk belaglik te wees, aangesien die kaart(e) skynbaar

genoegsaam behoort te wees.

Besluit Die onderverdelingskaart of algemene plan moet ingedien word - (RKB45/2008).

79 HRO6/2011 is ondertussen herroep deur HRO3/2012 wat eenvormig met hierdie besluit is en in werklikheid na

hierdie RKB47 van 2011 verwys.

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 97
Opgestel deur

Erinda Frantzen

Bcom (Regte)(UP) LLB (UNISA)

Prokureur, Aktevervaardiger en Notaris van die Hooggeregshof van Suid-Afrika

en

Gawie le Roux

BA(Regte)(UP) LLB (UP) BA Honeurs (UNISA)

Prokureur en Aktevervaardiger van die Hooggeregshof van Suid-Afrika

en gepubliseer deur

Selfstudie Aktekursus CC

Registrasie nommer 1994/016876/23

Posbus 74047

Lynnwoodrif

0040

Flinders Steeg 451

Lynnwood, Pretoria

Tel: (012) 361-1715

Faks: (012) 361-1108

Webtuiste: www.aktepraktyk.co.za

BRONNE

Registrateurskonferensiebesluite

The Consolidated Practice Manuals of the Deeds Office of South Africa

Toepaslike wette, regulasies en voorgeskrewe vorms

Februarie 2013 Selfstudie Aktekursus 98