02.05.2013 Views

scenario SENWES

scenario SENWES

scenario SENWES

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

24

••• SENWES VILLAGE

Roere vir die boere

vervolg van bladsy 23

Trijicon I 055: Swarovski-produkte is duur, maar van

hoogstaande gehalte. Die kompakte verkyker is ’n

8x32, die ander een ’n 10x42 EL en die teleskoop is

die Z5, 5-30x50 met die Ballistic Tower stelknop.

SPEEL SÓ MET TOEBEHORE

Nuwe gewere is egter nie al waarna jagters kyk nie.

Daar is ’n magdom teleskoop- en verkykerfabrikate

waarmee ons ons jaggoed kan opgradeer. Hoë kwa -

liteit Europese produkte soos dié van Swarov ski laat

harte vinniger klop en is ’n moet vir enigie mand wat

homself as ’n connoisseur beskou. Vir die gewone

salaristrekker is ’n Swarovski se prys galbitter, maar

loer gerus deur een. Het jy dit een maal gedoen,

maak ander produkte jou omtrent so opgewonde

soos wanneer jou ouma jou met ’n piksoen op die

wang groet.

Die kompakte 8x32 EL verkyker verkoop teen

onge veer R22 000 en die 10x42 EL teen ’n katspoegie

minder as R30 000. Met een van hierdie

menere kan jy vir ure lank wild of voëls besigtig

sonder om hoofpyn te kry. Koop gerus een, dan kan

>> PRODUKTE

Die produkte wat in dié artikel genoem word,

is by Senwes se Villages op Bothaville en Vereeniging

beskikbaar, terwyl die toebehore en

ammunisie ook by Kroonstad en Potchefstroom

se Villages gevind kan word. Tom Clack, wat

Senwes Village Vereeniging se wapenafdeling

beman, sal ook by die NAMPO Oesdag diens

doen. Maak gerus ’n draai en knoop ’n geselsie

met hom aan!

As jy hierdie

artikel geniet het, lees

gerus ook Koos Barnard se

Jagstories op bladsy 64.

jou vrou dit ook sommer gebruik...om daardie lenige

snelboulers se agterstewes te beloer as julle weer

gaan krieket kyk. (As jy duur speelgoed wil koop,

werk met ’n plan.)

Daar is verskeie teleskoopmodelle; van die

3-9x36 tot ’n 5-30x50. Laasgenoemde is tans

Swarovski se vlagskip en is bedoel vir lang skote

op daardie halsstarrige bles- en springbokke wat

verseg om binne klipgooi-afstand vas te steek.

Van die modelle is beskikbaar met Swarovski se

sogenaamde Ballistic Tower stelknop. Dit stel jou in

staat om verskeie vooraf bepaalde instelafstande

te stoor. Staan ’n bok op 300 m, draai jy gou-gou

die stelknop die verlangde hoeveelheid aan tot by

’n duidelike merker en dan mik jy presies daar waar

jy wil tref. Diegene wat ’n Swarovski koop, betaal

nie net vir hul ongelooflike optiese kwaliteit nie,

maar ook vir die gemoedsrus wat hul duursaamheid

waarborg. Pryse van Swarovski teleskope wissel

van sowat R17 000 tot R30 000. Ek gebruik reeds

10 jaar lank Swarovski’s en glo my, dis een groot

plesier.

WAARDE VIR JOU GELD

Suid-Afrikaners val al jare lank terug op Lynx-pro dukte

en ek glo dis tans van die beste waarde vir geld.

Ek gebruik reeds die afgelope 18 maande ’n Lynx

Winchester 033: Winchester se Model 70. Die nuwe

Winchesters se gehalte is baie beter as hul voorgangers

s’n.

senwes.co.za • April 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!