02.05.2013 Views

scenario SENWES

scenario SENWES

scenario SENWES

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

54

••• AGRI-WENKE

Laer graanpryse

Op die lande staan daar tans ’n

baie goeie mielie-oes, hoofsaaklik as gevolg van

die goeie reën wat gedurende die somer-groeiseisoen

geval het. Die beskikbare mielies gaan heel

waarskynlik meer wees as die binne landse verbruik.

Hierdie surplus sal waarskynlik daartoe lei dat die

produkprys nader aan die uitvoerpariteitprys neig.

Maar, soos van die produsente sê, as daar tonne

is, kan hy met ’n laer prys steeds sy ver pligtinge

nakom.

Die laer mielieprys gaan tot gevolg hê dat meer

produsente alternatiewe strategieë, soos die groei

en afrond van kalwers of skape, sal beproef. Hierdie

tendens kan weer voordelig wees vir die tradisionele

veeprodusente, as daar ’n groter vraag na

speenkalwers en -skape bewerkstellig kan word.

Indien die klimaat gedurende die afdroogtyd van

die mielies nog relatief klam bly, kan kopvrot veral

by die later geplante wit mielies of deklaag-bewerkte

lande ’n probleem wees.

Gestroopte mielielande is uitstekende winterweiding

vir vee. Indien die koppe nie opgetel word

nie, is die kwaliteit van die reste net soveel beter.

GRONDBONE

Dit raak nou tyd om

grondbone uit te haal. Trek

gesonde grondbone wanneer

75% van die

peule se doppe aan

die bi bbinnekant nne bruin verkleur is.

Ind Indien die grond aan die

bbegin

van April redelik

na nat is, kan die sade in

die ooudste

peule begin

uitloop.

>> KORING

Dries Dries kruger

kruger

SONNEBLOM

Heelwat minder sonneblom is hierdie seisoen geplant

en die kleiner aanbod kan die prys moontlik

bevoordeel. Gevolglik bestaan daar ’n moontlikheid

dat daar ’n aanvraag gaan wees na vroeë sonneblom

vir lewering in Februarie/Maart 2011.

GROENTEGEWASSE

Dit is nou planttyd vir uie en

knoffel. S

Het jy die rubriek geniet?

Lees dan ook die artikel oor alternatiewe

weidingsgewasse op bladsy 11.

senwes.co.za • April 2010

Drie

ger

Aan die positiewe kant het die gereserveerde

lande vir die plant van koring voldoende opge -

gaar de grondwater na die goeie reën. Ongelukkig

is die vooruitsig om koring winsge wend te

produseer teen die lae prysvlakke wat tans

heers, nie goed nie. Gebiede en lande met

’n hoë opbrengs poten siaal kan miskien nog

oorweeg word vir die plant van ‘n bietjie koring.

In teenstelling hiermee, raak die risiko vir die

gebiede en lande met ‘n opbrengspotensiaal

van minder as 1,5 ton graan per hektaar, net

te groot om koring te plant.

Produsente kan oorweeg om eerder vroeë

sonneblom op die lande met ’n lae koringpotensiaal

te plant. Die waarskynlikheid om ’n

winsgewende vroeë sonneblomoes te produseer

op die lae opbrengspotensiaal lande en

gebiede is net beter as dié van koring.

Dries Kruger is 'n Senior Akkerboukundige by Senwes

Landboudienste. Vir meer inligting aangaande die artikel,

skakel hom by (051) 430-2070 of stuur 'n e-pos aan dries.

kruger@senwes.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!