02.05.2013 Views

scenario SENWES

scenario SENWES

scenario SENWES

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Verder is klante tydens die onderhoud gevra om die

dienslewering van hul sleutelrekeningbestuurder ’n

punt uit tien te gee en ’n meerderheid van 46% het

Senwes Credit volpunte gegee, terwyl ’n verdere

50% van die respondente ’n punt tussen 8 en 9

toegeken het.

’n Meerderheid het ook ‘n punt van agt en

hoër toegeken vir die gehalte van die finansiële

kennis van die sleutelrekeningbestuurder wat hulle

gehelp het en weer eens is geen punt laer as ses

aangeteken nie.

In al die afdelings van die navorsing is die

sleutelrekeningsbestuurders as baie bekwaam

gekeur en gevolglik het hulle in die meerderheid

onderhoude hoë punte verdien. Volgens die

produsente wat aan die navorsing deelgeneem het,

is die diens wat deur die sleutelrekeningbestuurders

gelewer word, van goeie kwaliteit en volledig – ’n

meerderheid van 39% het volpunte toegeken vir

hul terugvoer wanneer dit kom by kredietversoeke.

91% sê die besoek het waarde toegevoeg tot hul

besluitneming en 97% dink dat dit ’n goeie ding is

dat daar sulke persone in die veld is. ’n Meerderheid

het ook bevestig dat hulle kwartaalliks met hul

sleutelrekeningbestuurders in kontak tree.

SENWES CREDIT •••

>> Senwes se gewilde R1 miljoen-trekking vir dié seisoen is op ’n einde. Hou jou posbus dop

vir die volgende uitgawe van die Senwes Scenario en ontmoet die gelukkige finaliste.

“Ek is baie tevrede met die uitslag. Daar is wel

’n paar punte waaraan ons gaan werk, want ons

doelwit is om 100% te behaal. Die span sleutelrekeningbestuurders

is definitief die beste span

in die mark wanneer dit oor samewerking en

klantediens gaan. Vir ons as ’n span is klantediens

uiters belangrik – of dit nou ekstern of intern is,”

was Johan Meiring (Senior Bestuurder: Besigheidsontwikkeling;

Senwes Credit) se reaksie op die

navorsingsresultate.

Volgens Johan is die rede agter die sukses

omdat die sleutelrekeningbestuurspan altyd bereid

is om te help en die maatskappy se naam met

trots uitdra. Hulle is ook goed vertroud met die

verskillende produkte wat deur Senwes Credit en hul

konkurrente gebied word.

“Ons leuse is: diens, diens, diens!” het Johan

vertel.

Senwes Credit kan die pluimpie met grasie

aanvaar en sal intussen begin werk aan dié

afdelings wat volgens die navorsingsdeelnemers

meer aandag vereis. S

Ilana Koegelenberg is 'n landboujoernalis by Infoworks.

Skakel haar by (018) 468-2716.

47

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!