02.05.2013 Views

scenario SENWES

scenario SENWES

scenario SENWES

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

definisie van ’n goeie produsent is dus ’n persoon

met vele fasette, wat goeie interpersoonlike verhoudings

handhaaf.

Maak nie saak hoe groot of klein

jou boerdery is nie, jou begrotings

moet fyn opgestel word en by

gehou word – selfs al is dit jou

huishoudelike begroting.

DIE GROTER PRENTJIE

Ander bestuurspraktyke wat deur die jare tot Casper

se sukses bygedra het, is sy vermoë om die groter

prentjie te kan sien. “’n Mens beoordeel ’n bedryf

oor vyf jaar, nie net oor een jaar nie. As ’n mens

byvoorbeeld net oor een jaar die winsgewendheid

van mielies beoordeel en jy gebruik 2010 as

voor beeld, sal mielies nie vir jou ’n winsgewende

gewas wees om aan te plant nie. Maar as jy dit

oor vyf jaar beoordeel, kry jy ’n beter oorsig oor die

winsgewendheid van die gewas,” verduidelik Casper.

Casper is nougeset op sy begrotings en beveel

hierdie bestuurspraktyk aan. “Maak nie saak hoe

groot of klein jou boerdery is nie, jou begrotings

moet fyn opgestel word en by gehou word – selfs al

is dit jou huishoudelike begroting,” het Casper gesê.

Dit is egter nie net finansiële bestuur en deurset

tingsvermoë wat Casper se besigheid ’n sukses

gemaak het nie, maar ook sy diepe geloof. Hy glo

dat sy Skepper aan hom die vermoëns gee wat

nodig is om sy besigheid suksesvol te behartig.

“Soms voel dit die besigheid raak nou te groot en

wonder ek hoe alles behartig gaan word, maar daar

is altyd hulp van God af,” het hy vertel.

Daarbenewens glo Casper steeds in die vyf

fak tore wat hy sedert sy jongboerdae in ag neem

wanneer hy produksiebesluite moet neem, naamlik

winsgewendheid, risiko, praktiese uitvoerbaarheid,

sy kundigheid en dié van sy personeel om uitvoering

aan besluite te gee en die produksiebesluit se bydrae

tot die boerderyonderneming se stabiliteit op

medium, sowel as lang termyn.

GEE STRUKTUUR

Een van die beste praktiese maniere om ’n groot

besigheid te bestuur is, volgens Casper, om struktuur

in jou boerdery te hê. Jou plaas bestuur ders,

April 2010 • senwes.co.za

vervolg op bladsy 42

KOLLIG OP CASPER BOTHA •••

Casper se kantoor op Potchefstroom

maak dit makliker om ’n ogie oor alle

bedrywighede te hou.

SENWES Scenario

41

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!