02.05.2013 Views

scenario SENWES

scenario SENWES

scenario SENWES

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

34

••• SENWES GRAINLINK

Mielieprys:

produseer vir die plaaslike mark

OM ’N MEER REALISTIESE MIELIE PRYS

TE KRY, SAL DIE SUID-AFRIKAANSE

PRODUSENT MOET AG SLAAN OP

DIE BESKIKBARE MARKRUIMTE.

DIE SUID-AFRIKAANSE MIELIEMARK

IS NIE ELASTIES GENOEG OM

OORTOLLIGE VOORRAAD VINNIG UIT

DIE MARK TE NEEM NIE. GROOT

OORDRAGVOORRAAD KAN DIE

MIELIEPRYS GEVOLGLIK VIR ’N

GERUIME TYD LAAG HOU. ’N SENWES

GRAANANALIS VERDUIDELIK WAAROM

PRODUSENTE NIE MEER AS DIE

BESKIKBARE PRODUKSIERUIMTE

MOET PRODUSEER NIE.

> TEKS: THYS GROBBELAAR

Indien die mark waarneem dat

daar meer as die produksieruimte geproduseer

word, is daar geen angstigheid by die verwerkers van

’n kommoditeit om dit te besit nie. Die verwerkers

leef “van die hand na die mond” en kleiner volumes

word derhalwe op Safex verhandel, wat druk op die

prys plaas.

Daar is tans ’n groot gaping, van om en by

’n Vergelyking tussen die oordragvoorraad en die

kontantprys van witmielies op Safex.

R1 200 per ton, tussen die berekende in- en uitvoer

pariteit van mielies. Dit is ook teoreties die

hoeveelheid wat die prys tans tussen in- en uitvoerpariteit

kan beweeg. Die Safexprys het in die

afgelope 13 jaar reeds agt keer so laag – en selfs

laer – as uitvoerpariteit beweeg. As die Safexprys

laer as uitvoerpariteit beweeg is die kanse goed dat

dit laer sal wees as die produsent se produksieuitgawes

op mielies, wat tot groot verliese vir die

produsent kan lei.

Aan die ander kant het die Safexprys van witmielies

al by drie geleenthede hoër as die bereken

de invoerpariteit beweeg. Die ideaal sou wees

dat die mielieprys so na as moontlik aan die

bere kende invoerpariteit moet vorm. Om dit te

kan bewerkstellig moet die oordragvoorraad as ’n

persen tasie van verbruik nie veel hoër as 15 persent

wees nie.

Dit is ook moontlik vir ’n groot oorskot om binne

agt maande basies te verdwyn, as gevolg van die

onvriendelike Suid-Afrikaanse klimaat.

DIE MIELIEPRYS EN OORDRAGVOORRAAD

Uit die meegaande grafiek, wat die Suid-Afrikaanse

witmielieprys teenoor die oordragvoorraad aandui,

kan duidelik afgelei word dat daar ’n sterk verband

tussen die oordragvoorraad en die Safexprys van

witmielies is. Mielies verhandel reeds sedert 1995

op Safex, maar aktiewe verhandeling het eers in

1997 gerealiseer. Die mark het egter eers in 1999

redelik “volwasse” begin verhandel.

’n Vergelyking tussen die geelmielieprys op CBT en

die oordragvoorraad.

senwes.co.za • April 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!