02.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Deel 3

Die Ryk van Satan teen die Koninkryk van God

In ons vorige twee Studies het ons aangetoon hoedat die twaalf stamme

van Israel verdeel is in die twee “Huise”, die Huis van Israel (die tien

stamme) en die Huis van Juda (die twee stamme), en dat hierdie verdeling

van God was volgens 1 Konings 12:24. Die twee is nog nooit met mekaar

herenig nie, en sal ook so bly tot met die Wederkoms van Christus.

Die Bybel sal tot ‘n groot mate ‘n geslote Boek bly totdat hierdie verskil

tussen die Huis van Israel en die Huis van Juda, soos dit in die Skrif geleer

word, reg verstaan word.

Hierdie duidelike verskil word nooit in die Bybel uit die oog verloor nie. Dit

sal onmoontlik wees om die profesieë van die Bybel te volg, of die Bybelse

verhaal van Israel, voordat hierdie onderskeid nie raakgesien word nie.

Die meeste mense dink nog dat waar Israel in die Bybel voorkom, dit die

“Jode” beteken. Ons lees artikels en luister na preke waarin die skrywers

en sprekers praat van “Abraham die Jood”. Isak en Jakob word dikwels

“Jode” genoem, wat uiters dwaas en onmoontlik is soos ons uit die Skrif sal

sien. Dit is ‘n doodgewone verskynsel om predikers en skrywers te hoor

wat sulke benamings soos die volgende gebruik:

“Die Jode in Egipte”,

“Die uittog van die Jode uit Egipte”,

“Die Jode by berg Sinai”,

“Toe die Jode die Land Kanaän ingeneem het”,

“Die 12 stamme van die Jode”,

“Abraham die Jood”.

Duisende Christene gebruik die terme “Israel”, “Jood”, “Die Huis van

Israel”, “Die Huis van Juda”, somaar deurmekaar asof al hierdie benamings

maar net op een en dieselfde mense betrekking het.

Hulle weet blykbaar nie, dat volgens die Bybel, daar geen Jode as sulks

was tot ongeveer 15 eeue na die geboorte van Abraham, of tot 600 jaar na

die dood van Moses nie!

Die meeste Hebreërs nie Jode nie

Met Adam begin nie net die kronologiese geskiedenis van die mens nie,

maar ook al die geslagsregisters van die Bybel.

Daar is tien geslagte vanaf Adam tot by Noag,

Tien geslagte vanaf Sem (Noag se seun) tot Abraham.

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!