02.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Dit sal ‘n lywige verhandeling op sigself verg om hierdie saak van Babilon

(polities, ekonomies, godsdienstig) in besonder te behandel, en kan nie in

hierdie reeks gedoen word nie. Maar as u die kern van die saak insien, sal

u uit wat ons verder van Babilon sal noem inverband met ons onderwerp

onder bespreking, genoeg kry om die draad self deur die Bybel te kan volg.

Vandag in die Kommunistiese poging tot wêreldoorheersing sien ons hoe

die Satan baie mooi van al drie die fases van die Babiloniese Stelsel

gebruik maak.

Dank God, die vernietiging van Babilon word vir ons in God se Woord

verseker. Ons sal dit nog in hierdie reeks duidelik sien. Kyk maar net

byvoorbeeld hoe wonderbaarlik aangrypend en skrikwekkend groots die

gewelddadige omverwerping van Babilon die Grote vir ons beskryf word,

en dit staan voor die deur.

Openbaring 18:2-5;

2 En hy het met ‘n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval

het die groot Babilon, en dit het geword ‘n woonplek van duiwels en

‘n versamelplek van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek

van allerhande onreine en haatlike voëls,

3 omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid

van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar

gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het

deur die mag van haar weelderigheid.

4 En ek het ‘n ander stem uit die hemele hoor sê: Gaan uit haar uit,

my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en

van haar plae ontvang nie.

5 Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar

ongeregtighede onthou.

Daar word ‘n volledige uiteensetting hiervan in ons verhandeling oor die

“Boek van Openbaring” gegee.

Babel tart God uit!

Met die bou van die Toring van Babel het hulle dan begin om God uit te

tart. Lees Génesis 11:1-4, 9, self in u Bybel.

Dit is kenmerkend, en geen toevalligheid nie, dat Sem en sy geskiedenis

eers na die bou en onderbreking van die toring van Babel genoem word.

30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!