02.05.2013 Views

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

Laai boek af : PDF

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Heber was die vierde geslag vanaf Sem.

Al die afstammelinge van Heber was Hebreërs.

Abraham het ses geslagte later gekom. Hy was dus ‘n Hebreër. Die

Hebreërs was nie Jode nie, want Juda, van wie die Jode afstam, was toe

nog nie eers gebore nie. Toe die Jode eeue later op die aarde gekom het,

was hulle natuurlik ook Hebreërs (natuurlik net ‘n klein gedeelte van hulle),

maar die oorgrote massa Hebreërs was nie Jode nie, en is dit ook nie

vandag nie.

Kom ons bekyk ‘n bietjie die feite van naderby:

Abraham het agt seuns gehad.

Een van hulle was Ismael, wie se moeder Hagar was.

Een seun was Isak, en sy moeder was Sara.

Na die dood van Sara het Abraham met Ketura getrou, en sy het vir hom

ses seuns gebaar.

Omdat Abraham ‘n Hebreër was, of ‘n afstammeling van Heber, sou al sy

nakomelinge natuurlik Hebreërs wees, en hulle nakomelinge sou ook

Hebreërs wees, maar hulle afstammelinge is nie Jode nie. Indien hulle is,

dan moet Ismael ‘n Jood gewees het; en siende dat die Arabiere die

afstammelinge van Ismael is, sal dit van die Arabiere Jode maak.

Die nasate van Ketura se ses seuns het weer in sommige van die Indiese

rasse ontwikkel.

Vergelyk Génesis 25:5-6;

5 En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,

6 maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham

geskenke gegee, en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos

laat wegtrek, na die Oosland.

Dit sou dwaas wees om te verklaar dat hulle Jode is, alhoewel hulle as die

afstammelinge van Abraham, van die geslag van Heber is, en dus

Hebreërs.

Hierdie selfde redenasie geld ook vir Isak. Isak was ‘n Hebreër, die seun

van Abraham. Isak het twee seuns gehad, Esau en Jakob. As Isak ‘n

Jood was, dan moes beide Esau en Jakob ook Jode gewees het. Dit sal

van die afstammelinge van Esau ook Jode maak. Maar die nakomelinge

van Esau het die Edomiete geword, en uit hulle het weer die Turke en

verwante nasies ontstaan.

Volgens F.F. Bosworth was die Farao’s wat Israel so verdruk het, ook van

die Esau geslag, maar nie een van hierdie mense was Jode nie.

Om Abraham ‘n Jood te noem, sal van hom ‘n afstammeling maak van Isak

se, toe nog ongebore kleinseun, Juda

26

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!