01.05.2013 Views

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Doelwit en Strategie

Die doelwit van die Overberg Agri Groep is die handhawing van ’n volhoubare en gefokusde besigheid om welvaart te skep

tot voordeel van aandeelhouers en ander belangegroepe.

Die strewe na ’n volhoubare en welvarende maatskappy word vergestalt deur die gefokusde maatskappystruktuur wat bestaan

uit ’n landbou-gefokusde maatskappy asook ’n groepering van beleggingsondersteunende maatskappye. Die filosofie agter

die maatskappystruktuur is om fokus te bewerkstellig op volhoubaarheid, om spesifiek ’n rol te speel in die volhoubaarheid

van landboukliënte en om besighede te bedryf waardeur welvaart gebou word vir die maatskappy, sy aandeelhouers en die

betrokke belanghebbendes.

Direksie

Die toepassing van goeie korporatiewe bestuursbeginsels en die effektiewe beheer en bestuur van die Groep is primêr die

Direksie se verantwoordelikheid. Die Direksie is verbind tot die behoorlike nakoming van sy pligte en verantwoordelikhede

soos uiteengesit in wetgewing en die maatskappy se Statute en poog deurentyd om nie bloot die minimum voorskrifte in

hierdie verband na te kom nie, maar om goeie korporatiewe burgerskap na te streef in alle opsigte. Hierdie primêre doelwitte

en die nakoming daarvan word deurlopend geëvalueer aan die hand van die verwagtinge van alle belanghebbendes van die

maatskappy en die Direksie is daadwerklik verbind tot die nakoming van etiese waardes en norme ten opsigte van alle aspekte

van die onderneming. Voldoening aan hierdie beginsels word voortdurend geëvalueer en reggestel waar nodig.

Ooreenkomstig die bepalings van die maatskappy se Statute moes die Direksie met die 2008 Algemene Jaarvergadering verminder

van 12 na 10 nie-uitvoerende Direkteure. Die vermindering het toevallig plaasgevind deurdat mnr. Willem Agenbach

tydens die vergadering as Direkteur en Voorsitter van die Direksie uitgetree het en mnr. JG Muller (Direkteur) op 6 Mei 2008

oorlede is.

Die Direksie bestaan dus sedert die Algemene Jaarvergadering, wat op 26 Augustus 2008 plaasgevind het, uit 10 nie-uitvoerende

Direkteure en 4 uitvoerende Direkteure. Die nuutverkose Voorsitter, mnr. Deon de Kock, asook die nuutverkose

Ondervoorsitter, mnr. Douw de Kock, is beide nie-uitvoerende Direkteure.

Komitees vanuit die Direksie- en Bestuursgeledere word gevorm met die spesifieke doel om die Direksie behulpsaam te wees

en by te staan met die uitvoering van sy verantwoordelikhede. Hierdie komitees is die Oudit- en Risikokomitee en die

Vergoeding- en Nominasiekomitee. Drie geskeduleerde vergaderings en een ongeskeduleerde vergadering is gedurende die

jaar deur die Oudit- en Risikokomitee gehou. Die Vergoeding- en Nominasiekomitee het twee keer die afgelope jaar vergader.

Ad hoc-komitees word ook van tyd tot tyd gevestig om fokus op spesifieke aangeleenthede te vestig soos benodig.

Enkele voorbeelde hiervan is ’n Komitee vir die bestuur van Swart Ekonomiese Bemagtiging asook ’n Komitee vir die bestuur

van spesifieke Eiendomsaangeleenthede. Die Swart Ekonomiese Bemagtigingskomitee, wat bestaan uit drie nie-uitvoerende

Direkteure en die Besturende Direkteur, het ten doel om as besprekingsforum te dien vir SEB-aangeleenthede en funksioneer

binne die raamwerk van ’n formele Handves. Die Komitee vir Eiendomsaangeleenthede se primêre doel is om die Direksie

by te staan ten opsigte van vaste eiendomsaangeleenthede en die komitee was veral die afgelope jaar aktief betrokke by die

maatskappy se langtermynonderhoudsbehoeftes en noodsaaklike opgraderings.

Hierdie komitees het geen besluitnemingsmagte nie, maar maak aanbevelings aan die Direksie. Die Voorsitter van die

komitees rapporteer na afloop van elke vergadering aan die Direksie ten opsigte van hulle werksaamhede en aanbevelings.

Elke filiaalmaatskappy beskik sedert Augustus 2007 oor ’n volwaardige Direksie wat binne sekere bemagtigingsriglyne die volle

verantwoordelikheid van ’n Direksie dra. Die Direkteure wat dien op hierdie Direksies word hoofsaaklik aangewys vanuit die

Direkteure wat op die Groep Direksie dien. Ses vergaderings is deur die onderskeie filiaaldireksies gehou gedurende die jaar

onder oorsig. Die filiaaldireksies, wat juis gevestig is om meer fokus op die doelstellings en werksaamhede van die filiaalmaatskappye

te plaas, funksioneer baie effektief en doeltreffend.

9

OVERBERG AGRI BEPERK EN SY FILIALE

KORPORATIEWE BESTUUR

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!