01.05.2013 Views

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

3. Finansiëlerisikobestuur (vervolg)

40

OVERBERG AGRI BEPERK EN SY FILIALE

Aantekeninge tot die finansiële state (vervolg)

VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2009

Op jaareinde, indien die ekwiteitsekuriteite-prys met R1 versterk/verswak het, met al die ander veranderlikes wat

konstant gehou word, sou die volgende billikewaarde-aanpassings plaasgevind het:

Ekwiteitsekuriteit 2009 2008

R’000 R’000

Pioneer Foods Beperk 16,747 16,747

Ander 2 2

(iii) Kontantvloei- en billikewaarde-rentekoersrisiko

16,749 16,749

Die Groep se inkomste- en bedryfskontantvloei is tot ’n mindere mate afhanklik van veranderings in markrentekoerse. Die

rentekoers van huurkoopkontrakte waar die Groep die verskaffer ten opsigte van huurkoopbates is, word by die ontstaan van

die huurkoopkontrak vasgestel en word aangepas met heersende markrentekoerse.

Die Groep se kontantvloei-rentekoersrisiko ontstaan uit kontant en kontantekwivalente, en langtermyn- en korttermynlenings.

Lenings toegestaan teen veranderlike koerse stel die Groep bloot aan kontantvloeirentekoersrisiko.

Op jaareinde, indien die rentekoers met 100 basispunte versterk/verswak het teenoor die onderskeie geldeenhede, met al

die ander veranderlikes wat konstant gehou word, sou die na-belaste wins vir die jaar R259,744 (2008: R294,779) hoër/laer

gewees het, hoofsaaklik as gevolg van veranderlike rentekoersveranderinge.

(b) Kredietrisiko

Die Groep se kredietrisiko ontstaan as gevolg van kredietblootstelling aan landbou, groothandel- en kleinhandeldebiteure,

kontant en kontantekwivalente en deposito’s by banke. Deurlopende kredietevaluerings word van die finansiële posisies,

vorige ondervindings en ander faktore van sodanige debiteure individueel uitgevoer, asook die vestiging van geskikte sekuriteite,

ooreenkomstig ’n formele kredietbeleid wat deurlopend geherevalueer word om veranderings in risiko’s in ag te neem.

Die Groep se kontant en kontantekwivalente word geplaas by hoëkredietkwaliteit finansiële instellings.

Kredietfasiliteit

Saldo

R’000 R’000

28 Februarie 2009

Kontant en kontantekwivalente 37,000 30,627

29 Februarie 2008

Kontant en kontantekwivalente 37,000 78,571

ABSA se kredietwaardasie deur Moody’s in Februarie 2009 was Aa, wat beoordeel word as ’n hoë kwaliteit en wat onderworpe

is aan baie lae kredietrisiko. ABSA se kredietwaardasie deur Fitch in Maart 2009 was AA, wat beoordeel word as ’n

baie hoë kredietkwaliteit met ’n baie lae verwagting van kredietrisiko. Fitch se waardasie dui op ’n baie sterk vermoë om

finansiële verpligtings te finansier en hierdie vermoë is nie wesenlik beïnvloedbaar deur toekomstige gebeure nie.

(c) Likiditeitsrisiko

Omsigtige likiditeitsrisikobestuur impliseer die instandhouding van toereikende kontant en bemarkbare sekuriteite, die beskikbaarheid

van befondsing deur middel van ’n toereikende hoeveelheid goedgekeurde kredietfasiliteite en die vermoë om

markposisies volkome te ontbondel. As gevolg van die dinamiese aard van die onderliggende besighede, beoog Bestuur om

befondsingsaanpasbaarheid te handhaaf deur goedgekeurde kredietlyne beskikbaar te hou.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!