01.05.2013 Views

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1.33 Kritiese rekeningkundige aannames en oordeel

34

OVERBERG AGRI BEPERK EN SY FILIALE

Aantekeninge tot die finansiële state (vervolg)

VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2009

Ramings en aannames word voortdurend geëvalueer en is gebaseer op historiese ondervinding en ander faktore, insluitende

verwagtinge van toekomstige gebeure wat redelik is onder die omstandighede.

Die Groep maak ramings en aannames aangaande die toekoms. Die gevolglike rekeningkundige ramings mag moontlik nie, volgens

definisie, ooreenstem met die werklike resultate nie. Aannames en skattings, wat ’n wesenlike risiko het om ’n wesenlike aansuiwering

tot die drabedrag van bates en laste binne die volgende finansiële jaar tot gevolg te hê, word hieronder bespreek:

Lewensduur en reswaarde van vaste bates en ontasbare bates

Bestuur hersien die lewensduur en reswaarde van vaste bates en toepaslike ontasbare bates op ’n jaarlikse grondslag en

aanpassings word gemaak soos toepaslik. Bestuur gebruik hul ervaring, oordeel en aannames in die proses om lewensduur en

reswaarde te bepaal.

Waardedaling van silo’s

Bestuur doen ’n waardedalingstoets op die silo’s en silotoerusting van die Groep ten einde die verhaalbare waarde van die

silo’s as ’n afsonderlike kontantgenererende eenheid te bepaal. Dit kan aanleiding gee tot ’n waarde-aanpassing op drawaardes

soos geopenbaar in aantekening 4.

Die volgende aannames is gebruik tydens die berekening:

• Verdiskonteerde kontantvloei-metode is gebruik om die waardasie te doen;

• Aangepaste GSI-standaardkoste per ton is gebruik as basis vir koste;

• 6-jaar gemiddelde tonnemaat is gebruik as basis vir volumes;

• 50% van koring op dagtarief en dagtarief-opberging duur gemiddeld 45 dae (2008: 50 dae); en

• Verdiskonteringskoers 15,75% (na belasting) (2008: 17,64%).

Die volgende is indikators wat aanleiding kan gee tot ’n waardedalingstoets en uiteindelike terugskrywing van die

vorige tydperke se waardedalings/-stygings:

• Rentekoersveranderinge;

• Wesenlike veranderinge in oesopbrengste;

• Ekonomiese omstandighede; en

• Alternatiewe graanopbergingsmoontlikhede.

Waardedaling van kliënteverhoudinge

Kliënteverhoudinge ten opsigte van die versekeringsbesigheid is aan die einde van die finansiële periode waarin die bate

verkry is, deur ’n spesialiswaardeerder oorweeg vir waardedaling deur van die vryekontantvloei-metode gebruik te maak. Die

totale versekeringsbesigheid is as ’n kontantgenererende eenheid geïdentifiseer vir waardedalingstoetse. Bestuur sal in toekomstige

periodes kliënte-verhoudinge vir waardedaling oorweeg deur van soortgelyke metodes gebruik te maak.

Waardedaling van klandisiewaarde

Klandisiewaarde ten opsigte van die versekeringsbesigheid is aan die einde van die finansiële periode waarin die bate verkry

is, deur ’n spesialiswaardeerder oorweeg vir waardedaling deur van die vryekontantvloei-metode gebruik te maak. Die totale

versekeringsbesigheid is as ’n kontantgenererende eenheid geïdentifiseer vir waardedalingstoetse. Bestuur sal in toekomstige

periodes klandisiewaarde vir waardedaling oorweeg deur van soortgelyke metodes gebruik te maak.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!