01.05.2013 Views

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6. Ontasbare bates (vervolg)

46

OVERBERG AGRI BEPERK EN SY FILIALE

Aantekeninge tot die finansiële state (vervolg)

VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2009

Die verhaalbare bedrag van ’n KGE word vasgestel gebaseer op waarde-in-gebruik berekeninge. Vir hierdie berekeninge word

gebruik gemaak van kontantvloeiprojeksies gebaseer op finansiële begrotings wat ’n periode van vyf jaar dek, soos goedgekeur

deur Bestuur. Kontantvloeie buite die vyf-jaar periode word geëkstrapoleer deur gebruikmaking van die verwagte groeikoerse

soos hieronder aangedui.

Bestuur het klandisiewaarde, kliënteverhoudinge, handelsmerke en mineraalregte beoordeel en gevind dat waardedaling

slegs plaasgevind het op die klandisiewaarde van die Toyota Bredasdorp agentskap. Bestuur het die drawaarde van die Toyota

Bredasdorp agentskap se klandisiewaarde aangepas met R1,372,224 na ’n drawaarde van R nul. Hierdie waardedalingsverlies is

bereken deur die vergelyking van die drawaarde van die KGE met die waarde-in-gebruik van die KGE.

Sleutelaannames gebruik vir waarde-in-gebruik berekeninge:

Versekeringsagentskap-besigheid Klandisie- Kliëntewaarde

verhoudinge

Gemiddelde toename in omset per jaar 7% – 11% 7% – 11%

Gemiddelde VVRBDA-toename per jaar 25% – 38% 25% – 38%

Gemiddelde VVRBDA-marge 26% – 94% 26% – 94%

Verdiskonteringskoers (na belasting) 16,36% 16,36%

Risikopremie 1,46% 1,46%

Groeikoers 4% 4%

Waardedalingstoetsing vir die versekeringsagentskap-besigheid is bereken deur onafhanklike eksterne waardasie-spesialiste.

Begrote omset en VVRBDA-marges is gebaseer op Bestuur se verwagtinge vir markontwikkeling en eksterne waardasiespesialiste

se kennis van die industrie. Die groeikoers gebruik verteenwoordig die langtermyn-groeikoers gebaseer op vooruitgeskatte

inflasiekoerse. Die verdiskonteringskoers verteenwoordig ’n nabelaste koers gebaseer op die Groep se geweegde

gemiddelde koste van kapitaal.

’n Redelike moontlike verandering in bogenoemde sleutelaannames waarop Bestuur hul berekening van die verhaalbare bedrag

gebaseer het, sal nie veroorsaak dat die drabedrag die verhaalbare bedrag oorskry nie.

Promeal (Edms) Bpk Handels- Kliëntemerke

verhoudinge

Groei in bruto wins vir die jaar 10% 10%

Verdiskonteringskoers (na belasting) 14,90% 14,90%

Groeikoers 5,25% 5,25%

Bestuur het die begrote bruto marges vasgestel, gebaseer op gewese prestasie en sy verwagtinge vir markontwikkeling. Die

groeikoers wat gebruik word, verteenwoordig die langtermyn-groeikoers gebaseer op vooruitgeskatte inflasiekoerse. Die

verdiskonteringskoers verteenwoordig ’n na-belaste koers gebaseer op die Groep se geweegde gemiddelde koste van kapitaal.

Die volgende verandering in bogenoemde sleutelaannames waarop Bestuur hul berekening van die verhaalbare bedrag

gebaseer het, sal tot gevolg hê dat die drabedrag die verhaalbare bedrag soos volg oorskry:

• ’n Toename in die verdiskonteringskoers (na belasting) van 2,10%;

• n Afname in groeikoers van 3,45%; en

• ’n Afname in groei in bruto wins per jaar van 1,70%.

Bontebok Lime Works (Edms) Bpk Mineraalregte

Groei in bruto wins per jaar 13%

Verdiskonteringskoers (na belasting) 14,90%

Groeikoers 5,25%

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!