01.05.2013 Views

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Direkteure se jaarverslag, wat deel vorm van die geouditeerde finansiële jaarstate van die Groep en die Maatskappy vir

die jaar geëindig 28 Februarie 2009, word hieronder aangebied.

1. Aard van besigheid en bedrywighede

Die doelstellings van die onderneming het nie verander gedurende die finansiële jaar nie. Die hoofaktiwiteite van die Groep

is die verskaffing en lewering van landbouverwante produkte en dienste, asook die fokus op ’n aantal welvaartskeppende

ondernemings waarvan mynbou-aktiwiteite, ’n slagpale, vervaardiging van nat troeteldierkos, verkoop van industriële hegstukke,

en motorhandelaaragentskappe die belangrikste is.

2. Direkteure

Verwys na Maatskappy-inligting soos op bladsy 2.

Direkteursbelange

Die Uitvoerende Direkteure van die Groep en sy filiale besit ’n aandeelhouding van kleiner as een persent.

Direkteure se dienskontrakte en handelsbeperkings

Die Uitvoerende Direkteure van die Groep en sy filiale is onderhewig aan skriftelike diensooreenkomste. Die diensooreenkomste

reguleer die pligte, vergoeding, toelaes, beperkings, verlof en kennisgewingstydperke van die Uitvoerende Direkteure.

Direkteursvergoeding

Die Direkteure se vergoeding vir die jaar onder oorsig word in aantekening 42 uiteengesit.

3. Maatskappysekretaris

Die Maatskappy se sekretaris is A Steyn.

Besigheidsadres:

Donkinstraat 11

Caledon

7230

4. Aandelekapitaal

Die gemagtigde en uitgereikte aandelekapitaal het onveranderd gebly gedurende die jaar onder oorsig. Die gemagtigde aan-

delekapitaal bestaan uit 10,000,000 gewone aandele van 15 sent elk. Op die balansstaatdatum was 8,388,583 uitgereik. Die

onuitgereikte aandele word onder die beheer van die Direksie geplaas tot die volgende Algemene Jaarvergadering.

5. Finansiële resultate, dividende en ander finansiële aangeleenthede

Dividend en kapitaaldistribusie

’n Dividend van 121 sent (2008: 90 sent) per aandeel is op 25 Junie 2008 verklaar en op 14 Julie 2008 betaal.

16

OVERBERG AGRI BEPERK EN SY FILIALE

DIREKTEURSVERSLAG

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!