01.05.2013 Views

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Maatskappywet van Suid-Afrika bepaal dat die Direkteure verantwoordelik is vir die opstel van finansiële jaarstate en

groepsfinansiële jaarstate wat voldoen aan “International Financial Reporting Standards” en ’n redelike weergawe bied van

die finansiële posisie van die Groep soos aan die einde van die finansiële jaar, en van die netto wins en kontantvloei vir die

tydperk. Die Direkteure is ook verantwoordelik vir die ander inligting in die jaarverslag en vir die akkuraatheid daarvan, sowel

as die ooreenstemming daarvan met die finansiële state.

Dit is die verantwoordelikheid van die onafhanklike eksterne ouditeure om verslag te doen oor die redelike aanbieding van

die finansiële state.

Die Direkteure is uiteindelik verantwoordelik vir die Groep se stelsel van interne finansiële beheer. Bestuur stel die

Direkteure in staat om hul verantwoordelikheid in hierdie verband na te kom. Standaarde en stelsels van interne kontroles

is ontwerp en geïmplementeer deur Bestuur om redelike, maar nie absolute nie, gerusstelling te bied aangaande die integriteit

en betroubaarheid van finansiële rekords en die finansiële jaarstate, asook om voldoende beskerming, verifikasie en

handhawing van aanspreeklikheid te bied vir die Groep se bates. Toepaslike rekeningkundige beleide, ondersteun deur billike

en omsigtige menings en ramings, word op ’n konsekwente en lopendesaakbasis toegepas. Stelsels en kontroles sluit in die

toepassing en delegasie van verantwoordelikhede, doeltreffende rekeningkundige prosedures en voldoende skeiding van pligte.

Geen aangeleenthede het onder die aandag van die Direkteure gekom wat ’n wesenlike ineenstorting in die funksionering van

hierdie kontroles, prosedures en stelsels gedurende die tydperk onder oorsig aandui nie.

Gebaseer op die inligting en verduidelikings soos deur Bestuur en die interne ouditeure voorsien, is die Direkteure van

mening dat die rekeningkundige kontroles voldoende is en dat op die finansiële rekords staatgemaak kan word vir die opstel

van die finansiële state en vir die handhawing van aanspreeklikheid vir die Maatskappy en die Groep se bates en laste. Die

Direkteure het ’n redelike verwagting dat die Groep oor voldoende bronne beskik om vir die afsienbare toekoms

operasioneel te bly voortbestaan en aanvaar die lopendesaakbasis vir die opstel van die finansiële state.

Die finansiële jaarstate is geouditeer deur die onafhanklike rekenmeestersfirma, PricewaterhouseCoopers Ingelyf, wat onbeperkte

toegang gegee is tot alle finansiële rekords en verwante data, met inbegrip van notules van alle vergaderings van

aandeelhouers, die Direksie en Direksiekomitees. Die Direkteure meen dat alle verklarings wat gedurende die oudit aan die

onafhanklike ouditeure gemaak is, geldig en toepaslik was.

Die finansiële state, wat op bladsye 16 – 74 aangebied word, is deur die Raad van Direkteure goedgekeur en namens hulle

onderteken deur:

D de Kock R Pheiffer

Voorsitter Besturende Direkteur 11 Junie 2009

In my hoedanigheid as Maatskappysekretaris, bevestig ek hiermee dat die Maatskappy alle opgawes soos vereis vir ’n publieke

maatskappy ingevolge Artikel 268 G(d) van die Maatskappywet, 1973, by die Registrateur van Maatskappye ingedien het en dat

sodanige opgawes waar, korrek en op datum is.

A Steyn

Maatskappysekretaris

Caledon 11 Junie 2009

14

OVERBERG AGRI BEPERK EN SY FILIALE

DIREKTEURSVERANTWOORDE-

LIKHEDE EN -GOEDKEURING

OVERBERG AGRI BEPERK EN SY FILIALE

SERTIFIKAAT VAN DIE

MAATSKAPPYSEKRETARIS

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!