01.05.2013 Views

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

3. Finansiëlerisikobestuur

Finansiëlerisikofaktore

Die Groep se aktiwiteite stel hom bloot aan ’n verskeidenheid van finansiële risiko’s:

39

OVERBERG AGRI BEPERK EN SY FILIALE

Aantekeninge tot die finansiële state (vervolg)

VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2009

(a) markrisiko (insluitende prysrisiko en valutarisiko) en kontantvloei- en billike waarde rentekoersrisiko;

(b) kredietrisiko; en

(c) likiditeitsrisiko

Die Groep se oorkoepelende risikobestuursprogram fokus op die onvoorspelbaarheid van finansiële markte en poog om

potensiële ongunstige uitwerkings op die Groep se finansiële prestasie tot die minimum te beperk.

Bestuur is verantwoordelik vir die Groep se risikobestuur en identifiseer, evalueer en verskans finansiële risiko’s waar nodig in

noue samewerking met die Groep se bedryfseenhede. Die Direksie verskaf beginsels vir oorkoepelende risikobestuur sowel

as ’n geskrewe beleid wat spesifieke areas, soos wisselkoersrisiko, rentekoersrisiko, kredietrisiko, die gebruik van afgeleide

finansiële instrumente en nie-afgeleide finansiële instrumente en die belegging van surpluslikiditeit dek.

(a) Markrisiko (insluitende prysrisiko en valutarisiko) en kontantvloei- en billike waarde rentekoersrisiko

(i) Wisselkoersrisiko

Een filiaal in die Groep voer produkte vanaf die buiteland in en is blootgestel aan wisselkoersrisiko wat ontstaan uit verskeie

valutablootstellings, hoofsaaklik die VSA dollar, Britse pond en Euro. Wisselkoersrisiko ontstaan wanneer invoere van produkte

teen ’n ander wisselkoers realiseer as waarteen die bestelling plaasgevind het vir produkte wat reeds teen ’n ooreengekome

prys gekontrakteer is.

Die filiaal se funksionele geldeenheid is ZAR en Bestuur het ’n beleid opgestel wat bepaal hoe die filiaal se wisselkoersrisiko

bestuur moet word. Om die wisselkoersrisiko te bestuur, gebruik die filiaal wisselkoersverskansingsinstrumente wat aangegaan

word wanneer bepaalde wisselkoersvlakke bereik word. Die wisselkoersverskansingsinstrumente word met ’n finansiële instelling

gesluit.

Op 28 Februarie 2009, indien die wisselkoers met R1 verander het, sal die effek op wins na belasting R110,722 wees

(2008: R nul). Verwys na aantekening 32 vir wisselkoersverskille gedurende 2009.

(ii) Prysrisiko

Die Groep is blootgestel aan kommoditeite-prysrisiko as gevolg van kommoditeite wat as voorraad gehou word. Verliese sal

gely word indien die netto realiseerbare waarde laer as die kosprys van die kommoditeite daal.

Op jaareinde, indien die kommoditeitsprys met R1 versterk/verswak het, met al die ander veranderlikes wat konstant gehou

word, sou die na-belaste wins vir die jaar laer/hoër gewees het, soos volg:

Kommoditeite 2009 2008

R’000 R’000

Chemiese middels 18 11

Voer 179 276

Kunsmis 8 18

Brandstof 189 473

Saad 3 2

397 780

Die Groep is blootgestel aan ekwiteitsekuriteite-prysrisiko as gevolg van beleggings wat deur die Groep gehou word en op

die Balansstaat as beskikbaar-vir-verkoop en nie-bedryfsbates gehou-vir-verkoop geklassifiseer word. Ekwiteit sal toeneem/

afneem as gevolg van enige winste/verliese op ekwiteitsekuriteite wat geklassifiseer word as beskikbaar-vir-verkoop beleggings

en nie-bedryfsbates gehou-vir-verkoop.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!