01.05.2013 Views

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1.33 Kritiese rekeningkundige aannames en oordeel (vervolg)

Surplus op werknemervoordeel-pensioenfonds

36

OVERBERG AGRI BEPERK EN SY FILIALE

Aantekeninge tot die finansiële state (vervolg)

VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2009

Die Groep se beleid is om alle winste en verliese soos dit ontstaan in die Inkomstestaat te erken. Die oordeel van die

toedeling van enige surplusse en tekorte berus by die Raad van Trustees, soos op daardie tydstip aangestel.

Die volgende voordeelverbetering wat aan Bestuurslede toegeken is wat nie aan ander lede toegeken is nie, is gerapporteer:

Tydperk 1 Augustus 1982 tot 1 Junie 1986:

Volgens die waardasieverslag van 1 Augustus 1982 was daar geen onderskeid tussen die voordele waarop Bestuurslede

geregtig was teenoor die voordele waarop ander lede geregtig was nie.

Volgens die gekonsolideerde Reëls van die Fonds soos op 1 Junie 1986 is sommige wysigings sedert 1982 aangebring.

Die wysigings sou ’n verhoging in die verstreke diensverpligting van sekere lede veroorsaak het. Die surplus in die Fonds het

dienooreenkomstig verminder, in die veronderstelling dat ’n ooreenstemmende bedrag nie in die Fonds inbetaal is om dit te

finansier nie. Die addisionele verstreke diensverpligting kwalifiseer dus as ’n onbehoorlike aanwending van surplus.

Aansporingskema

Die billike waarde van werknemersdienste ontvang in ruil vir kontant-vereffende aandeel-gebaseerde betaling word bepaal

deur die billike waarde van die opsie te bereken. Verwys na aantekening 25 vir aannames gebruik in hierdie berekening.

Mynlisensie

Die mynlisensie moet in 2009 hernu word. Bestuur is van mening dat die aansoek om hernuwing van die lisensie suksesvol

sal wees. Die myn se bates is dus oor die bates se verwagte nuttige lewensduur gedepresieer, en nie oor die oorblywende

lewensduur van die lisensie nie.

Verdienste per aandeel en segmentverslagdoening

Die Maatskappy se aandele word nie aan die algemene publiek oor die toonbank verhandel nie, maar word beperk tot ’n

spesifieke groepering deur die Maatskappy se Statute. Bestuur is van mening dat die vereiste om verdienste per aandeel en

segmentverslagdoening te openbaar, nie van toepassing op die Maatskappy is nie.

Tussentydse finansiële verslagdoening

Een van die filiale in die Groep, wat ’n beduidende invloed op die Groep se syfers het, se bedryfsaktiwiteite is nie eweredig

versprei deur die loop van die jaar nie, maar vind siklies plaas. In die lig hiervan het die Groep vrystelling van die Registrateur

van Maatskappye ontvang om nie tussentydse finansiële verslagdoening toe te pas nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!