01.05.2013 Views

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die doelwit van die Groep, naamlik om ’n volhoubare en gefokusde besigheid te handhaaf en om terselfdertyd ook wel-

vaart te skep tot voordeel van aandeelhouers en ander belangegroepe, is gedurende die jaar deur die Direksie herbevestig.

Die strategiese raamwerk en die gepaardgaande beplanning is ook gedurende die loop van die jaar hersien, gegrond op hierdie

herbevestiging van die doelwitte.

Na aanleiding van hierdie hersiene doelwitte is die sterk interne fokus van die eerste jare na die samesmelting sedert die

begin van die jaar onder oorsig verskuif na ’n gefokusde eksterne kliënte- en markgerigte benadering wat, in terme van die

Direksie se strategie, vrugte afgewerp het. Alle bedryfsaktiwiteite is deurlopend geëvalueer teenoor ’n gedetailleerde

begroting en ander vooropgestelde doelwitte. Verskeie groei- en uitbreidingsgeleenthede is deurlopend ondersoek, waaroor

hieronder in meer besonderhede gerapporteer word.

Die bedryfsaktiwiteite van die Overberg Agri Groep het gedurende die jaar onder oorsig dus normaal en oor die algemeen

volgens beplanning verloop. Goeie vordering is gemaak teenoor die vooropgestelde doelwitte, terwyl die bedryfsresultate ’n

goeie weerspieëling is van die huidige potensiaal van die onderneming.

Balansstaat

Die netto batewaarde beloop tans R779 miljoen. Dit verteenwoordig ’n netto batewaarde van ongeveer R99 per ekwiteitsaandeel.

Met die vertolking hiervan moet kennis geneem word van die wesenlike invloed van die stygings of dalings in die

waarde van die Pioneer-belegging.

Nie-bedryfsbates

Die toename in eiendom, aanleg en toerusting was hoofsaaklik as gevolg van uitbreidings en opgraderings van die Handel- en

Produkte-infrastruktuur in Overberg Agri Bedrywe (Eiendoms) Beperk.

Boltfast (Eiendoms) Beperk het ’n soortgelyke besigheidsaktiwiteit in Durban bekom deur die aankoop van sekere bates en

laste gedurende die jaar, wat aanleiding gegee het tot ’n toename in bates, hoofsaaklik ontasbare bates. Overberg Agri Bedrywe

(Eiendoms) Beperk het ’n versekeringsagentskap-besigheid bekom, waarvan die waarde ook onder ontasbare bates getoon word.

Dit is belangrik om te let op die wesenlike waarde wat die Pioneer belegging inhou. Die daling van die aandeelprys van

Pioneer was vanjaar weer die grootste rede vir die daling in die Groep se nie-bedryfsbates en die daling van R58,6 miljoen

word getoon onder beskikbaar-vir-verkoop beleggings.

Daar was ’n toename in die huurkoopfinansiering wat in Overberg Agri Bedrywe (Eiendoms) Beperk aan kliënte toegestaan

word en die langtermyngedeelte word onder nie-bedryfsbates getoon.

Bedryfsbates

Overberg Agri Bedrywe (Eiendoms) Beperk was in vorige periodes een van die betrokke partye in ’n transaksie waarin

moutgars aangekoop is. Die partye en formaat van die transaksie met die aankoop van die moutgars is gewysig, wat daartoe

aanleiding gegee het dat die moutgars nie meer deel van Overberg Agri Bedrywe (Eiendoms) Beperk se voorraad is nie, met

’n gevolglike afname in graanvoorraad op jaareinde. Boltfast (Eiendoms) Beperk se voorraadwaarde het toegeneem as gevolg

van stygende kommoditeitspryse. Die impak van die prysstygings op die belangrikste produksie-insetkoste het die voorraadwaardes

van al die filiale laat toeneem.

Overberg Agri Bedrywe (Eiendoms) Beperk se debiteure weerspieël die grootste waarde van die Groep se debiteure. Met

die lae graanpryse wat geheers het teen die einde van die vorige jaar het sommige produsente verkies om nie hulle graan te

verkoop nie, wat aanleiding gegee het tot ’n toename in die debiteurewaarde. Die ander filiale se debiteure het ook stygings

getoon in lyn met die verhoogde omset wat behaal is. Die Direksie is deeglik bewus van die risiko wat opgesluit is in die

4

OVERBERG AGRI BEPERK EN SY FILIALE

BEDRYFSOORSIG

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!