01.05.2013 Views

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

2009 Finansiële Jaar - Overberg Agri

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

die nuwe seisoen se graanoes, teen die einde van Oktober. Hierdie jaar het sommige debiteure nie hulle graan teen jaareinde

verkoop nie, wat dus ’n toename in debiteure tot gevolg gehad het en ook ’n direkte effek op kontantvloei het.

Die Groep se kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite was positief en die surplus kontant is gebruik om lenings te delg by veral

Boltfast (Eiendoms) Beperk en Bontebok Lime Works (Eiendoms) Beperk. Die positiewe kontantvloei is ook aangewend om

die besigheid in Durban te bekom.

Bedryfsaktiwiteite

Filiaalmaatskappye

OVERBERG AGRI BEDRYWE:

Gedurende die jaar onder oorsig het die Finansiering van handelsdebiteure en huurkope met 27% gestyg tot R349 miljoen.

Die styging spruit hoofsaaklik voort uit die styging in die koste van produksie-insette. Gedurende die jaar onder oorsig het

bedrae as agterstallige debiteure wesenlik gestyg teenoor die vorige jaar. Laasgenoemde kan hoofsaaklik toegeskryf word

aan die lae reënval en gepaardgaande lae graanopbrengste in sekere dele van Overberg Agri se bedieningsgebied, die groot

hoeveelheid reën wat in oestyd geval het en die nadelige invloed daarvan op die kwaliteit van koring- en garslewerings. Lae

kommoditeitspryse tydens en na die oesseisoen het ook veroorsaak dat ’n groter deel van die 2008-oes nie in die jaar onder

oorsig verkoop is nie, maar oorgedra is om later verkoop te word. Laasgenoemde het uit die aard van die saak ook die

agterstallige debiteure-syfer verhoog. As gevolg van die omvang van kredietverskaffing is die proaktiewe en deeglike bestuur

hiervan van groot belang en word baie fokus deurlopend hierop geplaas. Die voorsiening van waardedaling in debiteure is

dienooreenkomstig verhoog om voorsiening te maak vir die toename in die moontlike risiko.

Die Produkte-afdeling se resultate is positief beïnvloed deur ’n oordrag-effek van ’n bogemiddelde oes in die vorige seisoen

(2007-oes), die benutting van opgraderingsgeleenthede van die 2008-oes, asook ’n drastiese styging in kommoditeitspryse.

Laasgenoemde het ’n wesenlike effek gehad op die inkomste wat gerealiseer is uit die verkoop van graan in voorraad.

Gedurende die jaar onder oorsig is 248,792 ton graan in die silo’s met ’n beskikbare kapasiteit van 277,000 ton opgeberg. ’n

Groot hoeveelheid reën tydens oestyd het egter ’n negatiewe impak op die kwaliteit van koring en moutgars gehad. 11% van

die koring en 28% van die gars wat gelewer is, was voergraad, wat direk hieraan toegeskryf kan word. Fokus word voortdurend

geplaas op die behoeftes van die graanprodusent in ’n hoogs kompeterende mark, asook die instandhouding en opgradering

van infrastruktuur en die gepaardgaande dienste.

Die maatskappy se proefplaas, Roodebloem, vorm die basis van die Landbou-ontwikkelingsafdeling se strewe om die

behoeftes van kliënte ten opsigte van toepaslike navorsing en proewe te bevredig. Die afdeling fokus ook op die insameling en

verspreiding van relevante inligting aan kliënte en bied ondersteuning aan die georganiseerde landbou en projekte vir

opkomende boere in die gebied.

Overberg Agri Bedrywe se Handels- en Meganisasie-aktiwiteite bestaan uit tien kleinhandelstakke, drie meganiese

werkswinkels, drie ingenieurswerkswinkels, drie onderdele-afdelings en ’n brandstofverspreidingsaktiwiteit vanuit ’n voorraaddepot

te Klipdale. Hierdie aktiwiteite is primêr gefokus op die behoeftes van die streek se landbou en fokus op die diens van

die landboumark met kundigheid, gefokusde landbouprodukte en -toerusting.

Die afgelope jaar is gekenmerk deur hoë landbou-insette en die Handelsafdeling kon daarin slaag om deur middel van

strategiese aankope hierdie geweldige stygende tendens van pryse te beperk. In die proses is ook daarin geslaag om die besigheidsgeleenthede

te benut en goeie groei te bewerkstellig. Markaandeel word deeglik bepaal deur deurlopend in voeling te

wees met mededingende pryse en dienste.

Die volgehoue bemarkingsaksies het ook in die jaar onder oorsig ’n groot bydrae gelewer tot die totale inkomste van die

Handelsafdeling en die strategie van direkte bemarking, veral in die wingerd- en vrugtestreke, het positiewe resultate gelewer.

Meganisasie-aktiwiteite het die afgelope jaar die vrugte gepluk van twee van die primêre agentskappe, New Holland en Claas.

Dit het die onderneming in staat gestel om positiewe groei in die verkope van heelgoedere te bewerkstellig.

Beide die Handels- en Meganisasie-afdelings word gekenmerk deur ’n standaard van hoë diensvlakke en spesifieke fokus op die

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!