01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Egipte: Verhongerde

diere gehelp ALANI JANEKE

Plaaslike inwoners ontvang kos vir hulle

diere. Foto: FOUR PAWS

Kamele, perde en donkies wat in Egipte

se toerismebedryf gebruik word, vrek van

die honger weens die politieke onluste.

Luidens ‘n verklaring van Four Paws

Internasionaal, ‘n

liefdadigheidsorganisasie, vrek baie van dié

diere tans omdat hul eienaars hulle nie kan

voer nie. Veral diere wat gebruik word om

toeriste in die omgewing van die piramides

naby Luxor en Aswan te vervoer, word

hard deur hongersnood en siektes getref –

en hul eienaars kan hulle nie help nie omdat

hulle nie ‘n inkomste het nie en nie die

nodige hulpmiddele kan bekostig nie.

2000 diere

Dr. Amir Khahil, die organisasie se

verteenwoordiger in Kaïro, sê honderde

karkasse lê in die stad se strate rond waar

die diere bloot deur radelose eienaars

agtergelaat is: ―Volgens ons jongste

opname word 800 perde, 1 000 kamele en

‘n onbekende aantal donkies deur die

situasie geraak.‖ Dié diere het ‘n ernstige

behoefte aan voer, mediese sorg en

medisyne.

Baie van die diere het tydens die onluste

beserings opgedoen en het nog geen

mediese behandeling ontvang nie. Ander se

saals is nie noodwendig vir die spesifieke

dier ontwerp nie, derhalwe beseer dit hul vel

en ontwikkel hulle velsiektes.

400 diere gevoer

Four Paws het ‘n hulpstasie in Kaïro

opgerig, en op die eerste dag wat dié stasie

beman is, is 81 kamele en 14 perde

behandel. Sowat 12 500 kg voer is ook al

uitgedeel, wat beteken dat 400 diere ‘n

week lank genoeg sal hê om te eet.

Khahil sê die eienaars sien egter nie die

groter prentjie van ‘n groot

ondersteuningspoging in nie, derhalwe

moet die voer noukeurig versprei word om

seker te maak die maksimum aantal diere

voordeel daaruit geniet.

Khahil sê die reddingspoging sal vir nog ‘n

paar weke voortgaan, en met die groot

aantal jong vrywilligers wat reeds by hulle

aangesluit het, hoop hulle dat dit oor ‘n paar

maande kan strek.

I wondered why the baseball

kept getting bigger. Then it

hit me.

SA myne skrik groot geld af

Suid-Afrika se ster as ‘n bestemming vir mynboubeleggings skyn al hoe flouer, luidens ‘n

peiling van ‘n gesaghebbende navorsingsorganisie wat vandeesweek gepubliseer is.

Suid-Afrika beklee vanjaar die 67ste posisie uit 79 gebiede op die Kanadese Fraser Insitute se

Policy Potential Index, wat bepaal watter invloed beleidsmaatreëls op maatskappye se

beleggingsbesluite het. Verlede jaar was Suid-Afrika 61ste uit 72 gebiede, aansienlik swakker as

die 49ste posisie wat in 2009 beklee is.Die Fraser Institute vra jaarliks die mening van die hoofde

van sowat 3 000 mynboumaatskappye wat by eksplorasie- en ander mynontwikkeling wêreldwyd

betrokke is oor faktore wat mynbou-investering beïnvloed.Onsekerheid oor Suid-Afrika se

mineralewetgewing, ‘n onaanpasbare arbeidsomgewing en die verswakking van Suid-Afrika se

infrastruktuur is van die faktore wat Suid-Afrika al hoe ongewilder as ‘n beleggingsbestemming vir

mynbou maak.Sewe van die top-tien investeringsbestemmings is in Noord-Amerika. Chili is die

enigste land in die Suidelike Halfrond wat die top-tien kon haal.Arbeidswetgewing, botsings met

die vakbonde en stakings is gesamentlik die faktor waarom Suid-Afrika sy swakste ranglysposisie

(75ste) beklee. Meer as 80% van die respondente sê, dat dié faktor ‘n nadelige invloed sou hê op

hul besluit om in Suid-Afrika te belê.Besorgdheid oor veiligheid en toenemende onsekerheid oor

die rigting wat die regering met sy mynbeleid inslaan, is nog twee faktore wat meer as 80% van

die maatskappye die skrik op die lyf jaag.Suid-Afrika beklee onderskeidelik die 68ste en 71ste

ranglysposisie wat dié faktore betref.Suid-Afrika tel ook onder die onderstes wat betref faktore

soos kommer oor politieke stabiliteit (62ste), handelsversperrings, insluitende invoerbelasting en

valutabeheermaatreëls (70ste), en die beskikbaarheid van werkers met die nodige vaardighede

(58ste).Suid-Afrika het ook relatief swak gevaar wat regsprosesse (62ste), die hantering van

grondeise (64ste) en sy belastingstelsel (65ste) betref.Rusland (69ste) en Indië (74ste) is die

enigste Bric-lande wat ‘n swakker posisie as Suid-Afrika beklee. Brasilië (49ste) beklee die beste

posisie van dié lande terwyl China die 62ste posisie beklee.Luidens die verslag is dit ‘n jammerte

dat nege uit die tien swakste bestemmings ontwikkelende lande is, aangesien dié lande die

meeste kan baat vind by werkskepping en verhoogde welvaart wat mynbou-belegging

meebring.Botswana (14) is die aantreklikste bestemming in Afrika terwyl Burkina Faso (24), Mali

(29) en Namibië (30) ook stewige posisies beklee.Indien Suid-Afrika se regulasies op beste

praktyke gegrond was, sou hy die 43ste posisie beklee het.Luidens die verslag is Suid-Afrika een

van die bestemmings wat die meeste geleentheid het om sy beleidsraamwerk te verbeter.Hoewel

die beskikbaarheid van mineralehulpbronne ‘n indeksgewig van sowat 60% het, wys dié gaping

van 24 ranglysplekke die sterk nadelige uitwerking wat ‘n onaantreklike regulatoriese raamwerk

op mynbou-investering kan hê.Die Demokratiese Republiek van die Kongo is, gemeet aan dié

maatstaf, die grootste verloorder en sou die vierde aantreklikste bestemming gewees het indien

beleidsoorwegings nie ‘n rol gespeel het nie. Terselfdertyd sou Alberta, die algeheel aantreklikste

bestemming, in ‘n ―volmaakte wêreld‖ die 59ste posisie beklee het. (Nuus24)

"Die mens, soos plante, groei in die grond van

aanvaarding, nie in die atmosfeer van verwerping

nie." - John Powell -

Aerodynamically the bumblebee shouldn’t be able to 13 fly, but

the bumblebee doesn’t know that so it goes on flying

anyway…. 13

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!