01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Voer die stryd aan

Wyshede / Wisdom

Die film Made in Dagenham handel oor die historiese gebeure in England in 1968. Dit begin met die vrouewerkers,

by Ford se motorfabriek in Dagenham, wat ongelukkig is oor 'n nuwe betalingstruktuur wat hulle as

ongeskoolde arbeiders geklassifiseer. Maar kort voor lank verruim die saak na die onreg dat vroue in die

werkplek minder betaal word as hulle manlike eweknieë.

Hierdie stryd van die vroue word in Made in Dagenham uitgebeeld. Hoewel aanvanklik onwillig, neem Rita

O'Grady (Sally Hawkins) die leiding op haar om die stryd aan te voer. Die vroue besluit om standpunt in te

neem deur te staak. Hulle ondervind baie weerstand, selfs van die manlike werkers by die motoraanleg en ook

van die vakbond. Uiteindelike seëvier die vroue en word gelyke betaling vir albei geslagte, wetgewing in

England.

Wonder jy soms, wanneer jy hoor en sien van mense wat die stryd teen onreg aanvoer, of jy die moed sal hê

om dieselfde te doen? Behoort jy ook op te staan vir reg en geregtigheid of laat jy dit maar aan ander oor? Dit

is nie maklik om teen groot teenstand jouself te beywer vir 'n saak nie. Veral nie wanneer dit groot opoffering

van jou en jou familie sal verg nie. Jy kan teenkanting ervaar - self verwerping.

Dit is egter mense wat bereid is om te veg en te sterf wat hulle name verewig in die kanale van die

geskiedenis. Dink maar aan name soos Mohandas Gandhi en die Boere-generaal Christiaan de Wet wat

geveg het teen die onreg teenoor hul mense. Vir miljoene mense is Nelson Mandela die simbool van

opoffering en stryd. Martin Luther King jnr het roem verwerf vir sy stryd teen rasse-gelykheid in die VSA.

Martin Luther, die hervormer, het opgestaan teen die Roomse Kerk en 'n leidende rol in die reformasie

gespeel. Moeder Teresa het die stryd gevoer vir arm en hawelose mense. Emily Hobhouse het, met

teenkanting van haar landgenote van England, gekom om die vroue en kinders wat tydens die Anglo-

Boereoorlog in die haglikste omstandighede in konsentrasiekampe saamgebondel was, en wat by die

duisende gesterf het, by te staan en vir hulle te stry en te veg.

Het jy 'n saak waaroor jy sterk voel? Jy hoef nie 'n politieke stryd aan te pak of kruistogte te onderneem nie. Jy

hoef nie wapens op te neem of in die vakbondwese op te gaan nie. Jy hoef nie op podiums te staan en dapper

toesprake te voer of op die voorpunt van optogte te marsjeer nie. Jy hoef nie groot heldedade te verrig nie.

Wat belangrik is, is dat jy wel in hierdie lewe vir 'n saak staan. Jy kan tog nie jou lewe deurgaan en nie vir een

of ander iets die stryd gevoer het nie. Iewers moet jy kan opstaan teen dinge wat verkeerd is.

Wyle Jaap Marais, leier van die Herstige Nasionale Party, se oproep was: "Stryd is lewe!" Elkeen van ons

behoort 'n goeie saak te vind waarin ons glo en dan daarvoor te stry, te veg, 'n veldtog te voer of daarvoor te

werk. Dis eers wanneer jy jou gewig ingooi, moreel verplig voel en deur jou gewete gedwing word om op te

staan vir 'n saak wat jy werklik die vibrasie van lewe voel, en sin en betekenis in jou menswees ontdek.

Hierdie stryd kan enigiets wees waarmee jy jou vereenselwig. Dit kan wees om op te staan vir vroueregte, jou

teenstand te bied teen besoedeling, jy kan aansluit by 'n organisasie wat veg vir die beskerming van diere, jou

stem te laat hoor teen kindermishandeling, of jy kan standpunt inneem teen die agteruitgang van jou

woonbuurt, teen die uitwissing van die renoster, veg vir vryheid vir volk en vaderland, stry vir vryheid van

spraak, pleit vir die beskerming van 'n vleiland ekosisteem, jy kan die spreekbuis raak vir hawelose mense, jy

kan kos en klere verskaf aan 'n kleuterskool in 'n arm woonbuurt, jy kan jou beywer vir 'n remediërende klas

by 'n skool, jy kan jou stem verhef teen aardverwarming, die stryd voer vir beter gesondheidsorg in die land.

Ek weet nie vir watter saak jy wil opstaan nie, maar kry 'n goeie saak en laat jou stem hoor. En as jy nie wil

praat nie en eerder wil doen - wel, doen dan en bestee jou energie en tyd daaraan.

Wanneer jy 'n stryd aanpak, is dit gewoonlik (1) teen of anti iets; (2) vir iets waaroor jy sterk voel. Beide hierdie

komponente is meesal aanwesig. Maar moenie net anti iets wees nie. Stel eerder jou stryd positief, want dit

stel 'n visie vir jou stryd. Staan vir iets. Byvoorbeeld, indien jy die stryd aanvoer teen tolhekke, moenie net sê:

"Tolhekke is besig om die padgebruiker in Suid-Afrika uit te buit - ons betaal alreeds ons ore af aan belasting."

Natuurlik moet jy die onreg belig waarteen jy die stryd voer, maar stel jou stryd positief. In genoemde geval

kan jy dalk sê: "Ek veg vir tolvry paaie in Suid-Afrika waar die padgebruiker nie ekstra belas word nie." Voer jy

dus die stryd aan, moet jy die visie van jou stryd duidelik en helder stel, sodat jy en almal weet wat dit is wat

bereik moet word. Woodrow Wilson, voormalige president van die VSA, het gesê: "Absolute identifisering met

jou stryd, is die eerste en die groot voorwaarde vir suksesvolle leierskap." Die wêreld het mense nodig wat

bereid is om 'n verskil te maak. Nie mense wat net vir hulself wil leef nie. Die meerderheid mense is meesal

bekommerd oor hulself en hul omstandighede en of hulle genoeg geld het om te oorleef. Hulle is besorg oor

hul inkomste, wat hulle sal eet en aantrek, watter plesier hulle uit die lewe kan put. Maar die wêreld het jou

nodig om 'n verskil te maak daar waar jy is. Dit hoef nie 'n vreeslik groot en dramatiese saak te wees waarvoor

jy veg nie. Dit kan maar ietsie kleins wees. Jy moet dit egter nie aan ander mense oorlaat om te doen nie -

staan op, rol jou moue op, klim uit jou gemaksone en maak 'n verskil aan die wêreld daar buite. Maar hoekom

sal jy nou vir 'n saak veg? Wel, dit gaan oor die liefde in jou hart. Jy moet lief wees vir die mishandelde vrou.

Jou hart moet bloei vir kinders met verskeurde lewens en stukkende harte. Jy moet lief wees vir jou naaste en

daarom wil jy opstaan vir hulle wat dit nie self kan doen nie. Jy moet 'n liefde en waardering hê vir God se

skepping. Dit moet jou aan die hart ruk wanneer jy sien hoe die omgewing verniel en diere sinloos uitgeroei

word. Hierdie liefde dwing jou weg van eie-belang. Dit trek jou uit 'n egosentriese denkwyse en vra van jou

aksie en omgee en stryd vir dit wat buite jou eie onmiddellike belang lê. Uiteindelik word dit wel jou belang,

word die stryd deel van die mens wie jy is. Word die stryd deel van jou karakter en jou betekenis as mens.

Toe Jesus Christus na die aarde gekom het, het Hy nie klakkeloos alles aanvaar nie. Nee, Christus het

opgestaan en die stryd teen ongeregtigheid gevoer. Dit wat Hy gesê en gedoen het, was nie gewild onder die

manne in hoë posisies nie. Jesus het die stryd aangepak en dit tot die dood volvoer - ook vir jou. Daarom het

ek en jy rede om ook iewers vir 'n saak op te staan en ons te beywer vir dit wat reg is. Dit hoef nie 'n groot

kwessie te wees nie, maar op die klein skaal waarbinne jy beweeg, kan jy die stryd voer en 'n verskil maak.

Staan op vir dit wat reg. Staan op vir 'n saak waarin jy glo en voer die goeie stryd. (Dr.S.Potgieter)

25

Sy grootste preek

Iemand vertel my van hulle leraar

se grootste preek ooit. Dit was

nie 'n klompie nuwe Bybelse

insigte wat hy met hulle gedeel

het nie. Trouens, daardie preek

was eintlik 'n "flop." Halfpad deur

die preek het die leraar

vasgehaak. Toe erken hy, dat hy

nie voorbereid was nie. Net daar

ontvou 'n spontane verhaal van

die leraar se oorvol program,

omdat hy onder druk is om almal

in die gemeente tevrede te hou.

Met trane het hy bely, dat hyself

nie meer tyd oorhet om behoorlik

aan die Here se voete stil te word

nie. "Daardie dag het ons leraar

meer harte aangeraak as in enige

ander preek, omdat hy homself

met ons gedeel het," het die

persoon bygevoeg. Hoe

wonderlik, dat die Here ons ten

spyte van onsself kan gebruik.

Paulus skryf in 2 Korintiërs 4, dat

hyself ook maar 'n breekbare

kleipot is. Hy sukkel met tye om

behoorlik koers te kry op die Here

se pad. Boonop is hy nie skaam

om dit te deel nie. Lyk my, ons

almal is lewenslank onder

konstruksie van die Heilige Gees.

Ons is nie klaar voltooide

produkte nie. Tog gebruik God

ons met ons foute en al steeds as

verspreiders van sy genade.

A clear

conscience

is usually the

sign of a bad

memory.

Kry hier hulp

Was jou aflegging regmatig

binne die raamwerk van die

Arbeidswet?

Klik op :

http://www.labourguide.co.za/online

_advice.htm , of

die Kommissie vir Versoening,

Bemiddeling en Arbitrasie :

(011) 3776894

BUFFER PLAKKER

Moenie steel

25

nie -

die regering haat

kompetisie.

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!