01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Beheer jou stres, leef langer

na operasie

Moet jy binnekort ‗n operasie ondergaan? Dit sal jou dalk goed

doen om vooraf stresverligtingsklasse by te woon en

ontspanningsoefeninge te doen om jou na-operatiewe hersteltyd

te versnel.

Volgens navorsers wat waarnemings op 160 mans gedoen het

voor en nadat hulle ‗n operasie vir prostaatkanker moes

ondergaan, dié wat vooraf ontspanningsoefeninge leer doen het,

se immuunstelsel 48 uur na die operasie baie meer aktief as dié

van pasiënte wat nie leer ontspan het nie. ‗n Sterk immuunstelsel

help natuurlik om moontlike infeksie na ‗n operasie te beveg.

Volgens die navorsers blyk dit dat ‗n sterker immuunstelsel ook

help om die verspreiding van kanker na die operasie te verminder

of voorkom.

Pasiënte wat stresbeheer toegepas het, het na die operasie meer

aktiewe "natuurlike moordselle" gehad. Dit is selle wat veg teen

infeksie en hulle is ook in staat om vreemde of afwykende

liggaamselle (soos kankerselle) op te spoor en te vernietig.

Deur te leer ontspan, kan jy dus bydra om jou lewe te verleng en

dalk selfs volkome herstel. Die stresbeheer-tegnieke wat hulle

voorstel, is om sowat ‗n week tot twee weke voor die operasie

diep asemhalingsoefeninge te begin doen terwyl mens in jou

gedagtes na ontspannende "prentjies" kyk. Mans is geneig om nie

oor hul vrese te wil praat nie en krop dit eerder op, maar die

stresbeheerklasse sluit in dat hulle vooraf juis vrylik oor hul

bekommernisse en operasie-angs moet gesels.

Daar is voorts bevind, dat pasiënte wat stresbeheertegnieke leer

toepas het, se wonde binne twee dae na die operasie reeds

aansienlik beter genees het en dat hulle ‗n jaar later steeds ‗n

hoër lewensgehalte en beter gesondheid geniet as pasiënte wat

hul stres nie leer beheer het nie.

Navorsers sê dit is nog nie heeltemal duidelik waarom spanning

‗n mens se immuunstelsel aftakel nie, maar hulle teorie is dat ‗n

mens se "veg of vlug"-respons inskop wanneer jy ernstige stres

ervaar.

Die liggaam gebruik dan al sy beskikbare bronne om teen dit wat

jy as ‗n onmiddellike gevaar beskou (die operasie) te veg en

versprei dan baie van jou liggaamsbronne na jou spiere en groot

organe. Min bronne bly dan oor vir jou liggaam se "nieessensiële"

funksies - maar dit kan juis dié funksies wees wat jou

op langtermyn ‗n beter oorlewingskans gaan gee. (R.Fichat)

* Die volledige navorsingsbevindings word bespreek in die

joernaal Psychosomatic Medicine.

Focus on your potential instead of

your limitations.

Christchurch tydkapsule

Reddingswerkers wat deur die puin van die Christchurch-katedraal

gesoek het, het ‗n ―wonderbaarlike‖ bevinding gemaak.

Hulle het onder ‗n standbeeld van die stad se stigter op ‗n tydkapsule

afgekom wat moontlik meer as 100 jaar oud kan wees.

Twee items – ‗n glasbottel met ‗n opgerolde manuskrip en ‗n metaalsilinder

– is in die voetstuk van die standbeeld, wat na verlede week se

6.3-aardbewing vernietig is, gevind.

Reddingswerkers het die ontdekking Dinsdagoggend gemaak en werkers

van die museum is onmiddellik gekontak om die artefakte te bestudeer.

Die items was in die voetstuk van ‗n standbeeld van John Robert Godley,

die Ierse stigter van Christchurch, wat in 1867 opgerig is en in 1933

geskuif is.

Anthony Wright, die direkteur van die Canterbury-museum, het gesê dat

dit baie fassinerend sal wees om uit te vind wat binne-in was.

Twee woorde was sigbaar op die manuskrip, ―deur‖ en ―opgerig‖, maar

die hele boodskap sal nie duidelik wees voordat dit nie deur kenners

bestudeer is nie.

Dit sal in ‗n humiditeit-beheerde museum oopgemaak word om van enige

skade beskerm te word.

Niks was nog bekend oor die inhoud van die metaal-silinder nie.(Nuus24)

4

Mag... die mense om jou jou 4

persoonlike ruimte respekteer.... 4

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!