01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Geestelike voedsel

(Dr.K.Victor)

Oordenking

AS DIE FONDAMENTE WANKEL

Elkeen van ons kom op die een of ander tyd in ‗n situasie, dat ons nie

weet hoe om dit te hanteer nie. Jy is sonder raad. Jy kan nie sien hoe jy

daaruit gaan kom nie. Jy voel magteloos. Jou hande is afgekap.

Skynbaar het Dawid homself in so ‗n situasie bevind.

Wat die omstandighede was, word nie gesê nie. Maar dit moes baie

benouend gewees het. Al wat ons uit die Psalm kan aflei, is dat daar ‗n

aanslag gemaak word op hom en sy mense. Die goddelose, sê hy, span

hulle boë, en hulle lê aan met die pyl op die snaar; hulle staan reg om uit

die donker die opregtes van hart te tref. Blykbaar was dit ‗n aanslag om

alles wat vas en seker was, omvêr te gooi en te ondergrawe. Met ander

woorde, ‗n poging om anargie en chaos te saai, sodat mense ontwortel

kan word; sodat mense en hy inkluis, geen vastigheid meer kan besit nie.

Die fondamente word omgegooi.

Maar wat is die eerste ding wat oor sy lippe kom? ‗n Klaaglied of verwyt?

‗n Roep om hulp? Nee, hy verklaar: Ek skuil by die Here (Ps 11:1). Want

blykbaar het sy vriende vir hom gesê, dat hy geen ander keuse het as om

maar te vlug. Maar met verontwaardiging roep hy uit: Hoe durf julle vir my

sê: „Vlug na die berge toe soos „n voël?

Dawid kies om nie te vlug nie. As hy iewers heen moet vlug, dan is dit na

die Here toe. Dit is die enigste plek waar hy veilig en geborge kan wees.

En daar is twee redes waarom hy hierdie opsie kies:

Die eerste een is, omdat die Here in sy heilige tempel is. En dit beteken

dat Hy bereikbaar is. Hy kan te enige tyd en onder alle omstandighede na

Hom toe gaan. Hy sal hom nooit begewe en verlaat nie. Heel aan die

einde van die Psalm verklaar hy dan ook met volle sekerheid: Hy sal by

hulle wees.

Maar die tweede rede is: Die Here is op sy troon in die hemel! Dit

beteken, dat Hy regeer. As Koning van die konings is Hy regverdig en sal

Hy ongeregtigheid nie duld nie. Hy sien wat aan die gebeur is. Hy sal

onreg teenoor sy kinders nie duld nie. Hy het die mense lief wat regverdig

en opreg handel.

Dawid kon hierdie belydenis maak, omdat hy geweet het dat sy saak met

God reg is. Want dit is wat regverdig beteken: jy staan in ‗n persoonlike

verhouding met Hom. En jy leef soos iemand wie se saak met die Here

reg is.

Waarheen vlug jy wanneer die fondamente begin wankel?

"Take a moment upon yourself to reflect and

realise that you‘re already perfect.

You have everything inside you that you need

to succeed.

Don‘t look outward to superficial needs.

Let go of everyday fears.

Instead, know that your success is already

here.

This very moment, in the present is where you

need to be.

Don‘t squander your life away worrying about

‗what was‘, or ‗is to be‘!

Instead, love yourself for the extraordinary

being that you are.

And give yourself praise for having come so

far..."

God is in the best position to interpret the

facts of your life. Place your faith in him and

not your circumstances.

HOEKOM KERK TOE GAAN?

'n Persoon skryf 'n brief aan 'n tydskrif en kla, dat dit vir hom geen

meer sin maak om kerk toe te gaan nie.

Hy skryf: "Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, ek het gedurende

hierdie tydperk na ongeveer 3200 preke geluister, maar ek kan nie

een onthou nie. So ek dink ek mors my tyd en die predikante mors

hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag

te preek". Die artikel is in die tydskrif gepubliseer en 'n paar weke

het verbygegaan, voordat iemand soos volg op die artikel

geantwoord het: "Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my

getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar,

net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie. Maar dit

weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, as dit nie vir

daardie etes was nie, dan sou ek vandag dood gewees het.

Dieselfde geld ook vir die kerk. As ek nie gegaan het om geestelik

gevoed te word nie, sou ek vandag geestelik dood gewees het."

Wanneer jy af is, is God besig met iets! Geloof sien die onsigbare,

glo die ongelooflike en ontvang die onmoontlike!

Your attitude towards life will determine your

success. Life treats you as you treat it. If you

wish to achieve great results, think positively.

Begin your day with optimism and enthusiasm.

Die regte soort voorbereiding

As ek reg onthou, dan was dit Theodor Roosevelt wat gesê

het, dat as hy agt ure tot sy beskikking het om 'n boom af te

kap, dan spandeer hy ses ure aan die skerpmaak van sy byl.

Sonder deeglike voorbereiding kan jy nie goeie resultate lewer

nie. Of jy nou skool hou, preek, verf, bou, opereer, of kliënte

elke dag in 'n winkel bedien — voorbereiding én die regte

ingesteldheid is noodsaaklik. Die heel belangrikste

voorbereiding is egter daardie diep wete in jou hart dat jy dit

alles vir die Here doen.

Dit gryp my aan die hart as Paulus in 1 Timoteus 6 vir slawe skryf

om nog beter slawe vir hulle meesters te wees. Hy sê nie dat die

Here vir hulle iets beter vorentoe in gedagte het — 'n ander beroep,

'n bevordering of so iets nie. Inteendeel, hy roep hulle op om 'n

kopskuif te maak deur hulle nederige werk met absolute oorgawe te

doen. Die regte voorbereiding vir enige taak of beroep is die wete,

dat jy dit vir die Here doen, nie om jou loopbaan verder te vat nie!

Geen werk of taak is te gering om dit nie met die nodige hemelse

heerlikheid te omring nie.

Romeine 8:28: Vir hulle wat God liefhet,

werk alles ten goede mee.

2

2

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!