01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Jopie Fourie Kotzé -

`n ware ambassadeur vir

Namakwaland

Mense verwys graag na ander en soms na hulself, as

Namakwalanders, maar daar is min wat al probeer het om ‗n

Namakwalander te definieer. Ek dink nie dit is my taak om dit te

doen nie, maar dit is terselftertyd nie moeilik om die etiket van ‗

Namakwalander wees‘ om die nek van iemand soos Jopie Fourie

Kotzé te hang nie.

Jopie is gebore en het grootgeword in Namakwaland en dit is

waar sy integriteit, sy taalgebruik, sy menswees, sy

deursettingsvermoë, sy liefde vir die kultuur-historiese en die

natuur, sy gemaklike omgang met mense en sy besigheidsvernuf

beslag gekry het.

Wat hy in Springbok bereik het, het nie ontstaan deur

hoogdrawende toesprake van groot verhoë af, of belangrike poste

wat hy in die openbare lewe beklee het nie, inteendeel, hy was

suksesvol in besigheid, juis omdat hy hard gewerk het en elke dag

al die persoonlike waardes wat hy koester, ten volle uitgeleef het.

Gedurende die sewentiger jare van die vorige eeu het Jopie sy tyd

hoofsaaklik aan boerdery gewy en het hy hard gewerk om die

Mesklip Melkery en ‗n varkboerdery instand te hou en uit te bou.

Hy was trots op die produkte wat hy gelewer het en het

voortdurend seker gemaak dat hy op die hoogte van die nuutste

ontwikkeling in die bedrywe, gebly het. Op Mesklip het hy groot

bewaringsprojekte aangepak, omdat dit vir hom belangrik was om

op die wyse sy liefde vir die grond en die natuur uit te leef.

Gedurende die tyd het Jopie met sy gesin op Mesklip gebly en

voltyds die boerdery behartig. Saam daarmee het hy gereeld oor

naweke sy broer, Andries, by die Springbok Kafee, afgelos. Vir

harde werk en lang, ontydige werksure was hy nie bang nie. Hulle

het graag op die plaas vriende onthaal, maar Mesklip was nie ‗n

lêplek vir elke Jan Raap en sy maat nie. Oor die jare het hulle hul

huisvriende met omsigtigheid gekies en was dit ‗n voorreg vir die

‗uitverkorenes‘ om hul gasvryheid te geniet.

Na Andries se tragiese dood, moes Jopie oornag volle

verantwoordelikheid vir die boerdery en die kafee neem. Dit sou

oor die lang duur nie vir hom moontlik wees om daarmee vol te

hou nie en moes hy ‗n keuse maak. Besigheid is in sy bloed,

miskien meer so as boerdery en dit was dus ‗n gegewe dat hy die

besigheid sou kies om voltyds al sy energie en vernuf aan te wy.

Omstandighede het vereis dat hy vir byna twee jaar letterlik elke

dag daar moes deurbring. ‗n Ware voorbeeld van wat die begrip

‗24/7‘ beteken! Dit was, glo ek, die geleentheid vir hom om ander

moontlikhede in die plaaslike gastehuisbedryf te oorweeg en

algaande het hy die oorspronklike familiebesigheid omskep en

gevorm sodat die een aktiwiteit na die volgende kon lei en hulle

mekaar uiteindelik kon komplimenteer.

Na gelang die besigheid gevorder het, het sy belangstelling in die

kultuur-historiese nuwe geleenthede geskep en het hy betrokke

geraak by, onder andere, die museum in Nababeep, die Blou Myn

in Springbok en die herdruk van verskeie boeke wat, as dit nie vir

hom was nie, vir altyd vir die nageslagte verlore sou wees. Jopie

verdien ‗n groot dankie en ondersteuning vir hierdie inisiatiewe.

Dit sou moeilik wees om te raai watter van sy stokperdjies vir hom

die belangrikste is. Miskien is dit ook nie ons taak om daaroor te

wonder nie, want wat belangrik is vir ons en al sy gaste wat

daagliks aandoen, is die bron van kennis wat hy met almal deel.

Hy ken sy klippe, hy ken sy boeke, hy ken baie mense en hy ken

Namakwaland! Jopie is ‗n ware ambassadeur vir Namakwaland.

Hy bemark daagliks die prag en die voordele van die streek, maar

huiwer nie om terselftertyd die negatiewe uit te wys nie. As dit

droog is kry hy saam met almal swaar, as dit reën deel hy almal se

vreugde en deurgaans dra hy die wel en wee van Namakwaland

op die hart.

Hy is ‗n goeie vriend om te ken! (Floors Brand- Loeriesfontein)

Stem DA

vir

dienslewering

HERFS

Herfs? Herfs is kleure

Malse kleure

Oker, geel, oranje, bruin.

Anders as ander seisoene

Tooi ons moeder haar

Vir die swanesang wat

Winter baar.

Loom warm sonskyn dae

vol van Welbehae.

Herfs? Herfs is ook pyn

Soos bittergal in soete wyn.

Stadig maak die blaar haar

los

om saggies te tuimel…..

na kompos…

maar niks is net nutteloos

daarvoor is daar n

Hoërhand

wat in my herfsjare

my tuimeltog met

liefdesband

bewaar van kompos.

Maritha Kruger

(Groblershoop)

„n Groen Wenk

Groen bakstene

Kleibaksteen-geboue is ‗n baie

omgewings-vriendelike opsie vir bouwerk.

Dit verg geen onderhoud nadat dit gelê is

nie, wat dadelik ook jou koolstofspoor

dowwer maak.Dubbellaag-kleibakstene

reguleer temperatuur binne ‗n gebou meer

doeltreffend, wat ook beteken jy het minder

elektrisiteit nodig wanneer jy jou huis wil

verhit of verkoel. Kleibakstene word vir

beide residensiële en kommersiële

ontwikkelings gebruik om die omgewing te

help bewaar en koolstofvrystellings te

beperk.

"Keep love in your heart. A

life without it is like a sunless

garden when the flowers are

dead. The consciousness of

loving and being loved brings

a warmth and richness to

life that nothing else can

bring."- Oscar Wilde

Springbok

Superspar

Good for you.

Save more. Live more.

Visit / Besoek : www.spar.co.za

vir spesiale aanbiedinge / specials

Jopie Kotze

Sinoniem met

Springbok 20 Lodge.

Boeke! Klip.

Geskiedenis.

`n Besoek aan

Springbok Lodge

Restaurant met al die

kultuurgeskiedenis

teen mure uitgestal,

vertel hul eie verhale.

Interessante

vertellinge.Kennis.

Bewaring.

Bemarker van ons

streek, ons land?

―Namakwa-land‖.

foto:Karel du Toit SPRINGBOK LODGE

20

I am a part of all that I have met.

Alfred Tennyson

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!