01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Poverty

With hunger comes poverty. With AIDS comes

poverty. With unemployment comes poverty.

You get the idea. Poverty is at the heart of

everything.Poverty in South Africa condemns

our minds; we think we need to live on

handouts. Poverty has taught people to live on

handouts rather than find a way to prosper.

Kennisontploffing

In ʼn wêreld waar die omvang van kennis so geweldig uitgebrei

het dat dit ʼn leërskare uit elke studierigting sou neem om alles te

weet wat daar te wete is, vra jy jouself af: hoe kan ek ooit hoop

om genoeg kennis te versamel om wys te word?

Is dit nog enigsinds moontlik om ʼn intelligente gevolgtrekking

oor die lewe te maak as ons kennis van ons wêreld so gebrekkig

is?

Daar is natuurlik mense wat baie slim is en vir wie geen

wiskundige probleem te moeilik is nie, vir wie fisika en chemie ʼn

ope boek is en wat die gawe het om wonderlike verhale en

poësie oor alle onderwerpe onder die son te skryf. Maar watter

kennis het God in gedagte wanneer Hy oor kennis praat? Is dit

boekgeleerdheid, akademiese uitmuntendheid of besondere

intellektuele vermoëns. As dit die geval was het was die meeste

van ons seker maar onder aan die puntelys.

Wat is kennis in God se oë?

Dis die gawe van onderskeiding, d.w.s die gawe om te kan kies

tussen dit wat belangrik is en dit wat onbelangrik is of om van

die volheid van die skepping bewus te wees sonder om

daardeur oorweldig te word.

Kennis is sekerlik ook selfkennis. Om jou aard en wese te

ondersoek en te leer ken; om te weet wat jou swak en sterk

punte is; te weet wat jy glo en wat vir jou belangrik is is

noodsaaklike kennis in vandag se lewe..

God se gawe van kennis vereis nie ʼn universiteitsgraad of selfs

ʼn matrieksertifikaat nie. Dis opgeteken in die handboek van

God, die Bybel wat die aard van God en Sy handeling met die

mense deur al die sonligprentjies in sy Boek in al sy diepte en

wydte aan ons openbaar. Al wat jy hoef te doen is om dit jou eie

te maak.

1 Kor 3:18

Niemand moet homself mislei nie. As een van julle dink dat hy

volgens die maatstaf van hierdie wêreld 'n wyse man is, moet hy

dwaas word sodat hy werklik 'n wyse mens kan word, want die

wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God.

16

Samaritane vat weer die langpad

JANA BEKKER

Die groep vroue wat verlede jaar Noord-Kaap toe is met bakkievragte

kos en klere om die nood van minderbevoorregte mense daar te gaan

verlig, vat binnekort weer die pad - dié keer Namakwaland toe.

Sankie Pepler (59) van Goodwood en nog drie vroue samel tans goedere in

vir dié rit en het reeds twee bakkievol-vragte.‘n Datum vir die rit is nog nie

bepaal nie, maar dit sal waarskynlik aan die begin van Augustus wees.

Theresa Rinquest (59), Ann Butler (82), Alice Keyter (73) maak vanjaar die

rit mee. Kospakkies, klere en toiletware vir seuns(vir die kinderhuis-been van

die projek) is welkome skenkings wat gemaak kan word. Sankie sê dié projek

kan slegs suksesvol wees met die hulp van TygerBurger-lesers. ―Skenkings

van klere, beddegoed en so meer maak die rit die moeite werd,‖ sê Sankie.

Vanjaar sal die groep vroue die pad aandurf na dorpe soos Port Nolloth en

Kleinzee. Sankie doen ‘n beroep op mense om hul harte en hande oop te

maak en skenkings van enige items in goeie toestand aan die projek te

skenk. Diegene met bakkies wat die rit wil meemaak is welkom, aangesien

meer voertuie beteken meer goedere kan saamgeneem word.

―Ons het hulp nodig met die vervoer van goedere. Omdat fondse beperk is, is

die rit met bakkies vir elkeen se eie rekening, aldus Sankie. Sy sê die ideaal

sou wees as ‘n egpaar of twee mans saamgaan, nie net omdat dit veiliger

sou wees nie, maar ook omdat leiding met die rit welkom sal wees. Verlede

jaar het ‘n sakeman, met ‘n onderneming in Upington, aangebied dat een van

sy vragmotors, na dit ‘n vrag afgelaai het, dié goedere oplaai en saamneem

Noord-Kaap toe, wat vir die vroue ‘n bestiering was. Deel van die uitreik is ‘n

besoek aan Kamieskroon- kinderhuis, aan wie items ook geskenk gaan word.

Sankie sê sy benodig hulp met die insameling van items vir dié projek en

enigeen wat belangstel daarin is welkom om haar te kontak. Vanjaar se

uitreik is Sankie se derde. Die projek het in 2008 begin na sy en drie

vriendinne in die Noord-Kaap gaan vakansie hou het en hulle gesien het hoe

swaar baie van die inwoners trek. Vanjaar het hulle besluit op Namakwaland

omdat ―‘n mens baie hoor hoe swaar die mense daar kry,‖ sê sy.Sankie sê

vooraf word daar met gemeenskapswerkers in die omliggende dorpe gereël

om die pakkies te ontvang. Vir nadere besonderhede oor die uitreik,

bel Pepler by 073 603 4010. (TygerBurger)

"The happiest people don't

necessarily have the best of

everything; they just make

the best of everything 16 they

have..!”

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!