01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Plaaslike Owerheid o.a.

Mag jy kans sien vir enigiets, ongeag

die ander party(e) se oormag....

Doen die regte ding. Stem DA!

I would prefer even to fail with honor

than to win by cheating.

Manyi se verskoning laat

bitter nasmaak

Alhoewel Jimmy Manyi sonder voorbehoud verskoning gevra het

omdat hy genoem het dat daar te veel kleurlinge in die Wes-Kaap

is, is so ‗n verskoning niks werd totdat die ANC sy bedoeling om

seksie 42 van die Wet op Diensbillikheid te wysig, terugtrek nie.

Die poging om hierdie Wet te wysig, verteenwoordig ‗n poging om

nasionale eerder as provinsiale demografie as die kwalifiserende

kenmerk te erken aan die voldoening van diensbillikheid.

Die probleem is dat deur nasionale inplaas van provinsiale

demografie te gebruik, sal veroorsaak dat werkgewers die aantal

werknemers van enige ras wat in enige streek te gekonsentreerd

is, sal moet verminder. Om dinge te vererger, lieg die ANC vir die

Parlement deur voor te gee dat kleurlinge volgens die Grondwet

swart is, maar wanneer dit kom by dienslewering en

werksgeleenthede word kleurlinge weer ewe skielik tweedeklas

burgers.

So lank as wat die ANC wil voortgaan met hierdie betwisbare

wetgewing kan hulle met luidsprekers aankondig, dat daar ook te

veel kleurlinge in die Noord-Kaap, te veel Indiërs in Kwa-Zulu Natal

asook te veel swartes in Limpopo en Mmpumalanga is, want dit is

die kern van hulle onlogiese denkwyse.

Bogenoemde is die produk van ‗n diktatorskap en nie ‗n

demokrasie nie! As hulle hiermee voortgaan, sal dit ‗n herhaling

van die geforseerde verhuising van die apartheid era wees in die

naam van Vryheid – wat ‗n grap! Hoe kan enigiemand die ANC

ernstig opneem?

Hopelik maak die kiesers van alle rassegroepe hulle stemme dik.

Allen Grootboom, LPW DA Noord-Kaap

“Houer Biblioteke‖ (container libraries)

Die Demokratiese Alliansie is bekommerd, dat die Noord-Kaapse

Departement van Sport, Kuns en Kultuur se ―houer biblioteek‖ projek nie

van die grond af kan kom nie ten spyte van die fondse wat al reeds vir

hierdie doeleinde aangewend is.

Die ―houer biblioteek‖ projek het in 2007 begin. Dit was ‗n innoverende

idee om plaaslike ontwikkeling aan te vuur deur voorheen benadeelde

gemeenskappe se toegang tot boeke te verbeter, maar toe het die

probleme begin. Verskaffers was vooruit betaal en kon nie op die ou end

aan hul kontrak voorwaardes voldoen nie. As gevolg hiervan moes die

departement weereens vir 38 houers begroot.

Behalwe die geld wat op die houers vermors was, het ―houer biblioteke‖

‗n tekort aan leesstof en is in baie gevalle nie operasioneel nie. Een

houer in Rooiwinkel in Namakwaland word selfs deur die Departement

van Gesondheid as ‗n kliniek gebruik. Die Departement van Sport, Kuns

en Kultuur moet hierdie saak ernstig opneem. Sekerlik kan die

Departement van Gesondheid ander plekke identifiseer waarvan hulle

dienste kan verskaf. Ons bevraagteken of dié departement betaal vir die

gebruik van die houer asook waar die boeke is?

In ander plekke is die houers so verwaarloos, dat dit binne natreën en

boeke verniel word as gevolg van die vog en die son. Om dinge te

vererger kan die departement nie die houers en boeke roteer nie, omdat

die houers nie stabiel is nie, asook dat hulle nie in besit van die nodige

hulpbronne is nie. Dit blyk dus dat die bedoeling om houers te roteer, nie

eintlik ‗n oplossing is nie aangesien boeke in dié proses beskadig word.

Daar is ook baie gevalle waar mense aangestel is om die houers te

beman en daarvoor betaal word, al is dié houers leeg.

Die DA is bekommerd, dat biblioteekdienste nie sy mandaat nakom nie

en dat leesstof nie aan alle gemeenskappe verskaf word nie.

Die DA sal versoek, dat ‗n verslag ten opsigte van biblioteekdienste aan

die relevante portefuelje komitee voorgelê word. Dit is noodsaaklik dat al

die feite ter tafel gelê word, want eers dan sal ons behoorlike oorsig kan

doen en verseker dat korrektiewe maatreëls geïmplementeer word.

Die DA hoop dat daar ‗n logiese verduidliking vir die situasie is.

ALLEN GROOTBOOM, LPW DA NOORD-KAAP

―South Africa risks gaining a reputation as one of the most

corrupt countries in the world if we do not nip the scourge in

the bud. In the midst of abject poverty and hunger, greed and

the speedy accumulation of wealth have become the most

defining characteristics of South Africa's post-apartheid

democracy.‖ -- Sunday Times Editorial

Life without liberty is like a body

without spirit.

8

8

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!