01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Manyi se ―Kleurling‖ uitlatings deur NK

Provinsiale Wetgewer afgekeur

Die Demokratiese Alliansie aanvaar die feit dat die ANC-geleide

Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer samentlik die ―kleurling‖

uitlatings van nasionale woordvoeder Jimmy Manyi afgekeur het,

as ‗n oorwinning vir demokrasie.

Dit kom nadat die ANC Lede van die Provinsiale Wetgewer, lede

van die uitvoerende raad sowel as Premier Hazel Jenkins

teenwoordig was in die Huis wat ‗n mosie sonder kennis, soos

voorgestel deur DA LPW, Dr Allen Grootboom, aanvaar het dat:

―Die Huis, as ‗n gesamentlike onderneming die rassistiese uitlatings

van Jimmy Manyi ten opsigte van kleurling mense afkeur. Dít druig

in teen die Grondwet asook die maand van Menseregte wat die

gelykwaardigheid van alle inwoners herken.‖ Die mosie was

goedgekeur gedurende ‗n debat op Menseregte maand in die

Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer op 3 Maart 2011.

Die DA het opgelet dat die teenwoordigers in die Huis, waar die

ANC in die meederheid is, nie die DA-spreker in die rede geval het

nie of beswaar ten opsigte van die mosie aangeteken het nie. Die

“Speaker” het die mosie goedgekeur. Dalk ‗n teken van politieke

volwassenheid binne ons provinsiale regering, was dit ook

getuienis van die feit dat ‗n wysiging aan Seksie 42 van die Wet op

Diensbillikheid, wat sal veroorsaak dat werkgewers die aantal

werknemers van enige ras wat in enige streek te gekonsentreerd

is, sal moet verminder, hoogs onpopulêr is.

Ons hoop dít is omdat provinsiale leiers, nie soos hulle nasionale

ampsgenote, besef dat so ‗n wysiging niks meer as ‗n apartheidstyl

taktiek is om die rasse groepering van ons land te verander

sodat ‗n rassistiese faksie van die regerende party, wat hule mag

wil behou, daaruit voordeel kan trek nie.

ALLEN GROOTBOOM, LPW, DA NOORD-KAAP

SAPD WENK: BANDE SLENTER

Publiek word weereens gewaarsku om nie

sogenaamde goedkoop (tweedehandse)

voertuigbande te koop nie. Dit het aan die lig

gekom, dat persone niksvermoedende

motoreienaars nader en hulle tweedehandse bande

spotgoedkoop aanbied. Die betrokke persone

verdwyn egter sodra hulle die geld ontvang het.

Koop asseblief u bande by geakkrediteerde

besighede om enige ongeruimdhede uit die weg te

ruim. Geen kriminele sake is nog geopen nie.

Rooifontein: Kamiesberg munisipale

klerk misbruik posisie

14

Senior burgers van Rooifontein- o.a. mnr.Gert Jaars en Jacobus Beukes,

voel gegrief.

Klaarblyklik het die plaaslike administratiewe klerk hulle na `n

kerkbyeenkoms, verbaal viktimiseer en in vieslike taalgebruik dit duidelik

gemaak , dat hy nie voortaan vir hulle gratis krag sal gee nie, maar dat

hulle dit by hul ―@$%#‖party moet gaan soek. Ook, dat hulle met hul party

en al kan gaan &%$@. (naaldwerk doen).

Hulle sê, hulle voel baie ongelukkig. `n Brief is aan die munisipaliteit van

Kamiesberg in Garies geskryf, maar hulle het nog geen terugvoering

ontvang nie. Hulle voel dit is nie hoe daar met die publiek omgegaan moet

word nie.Veral nie bejaardes nie.Waar is die nodige respek? En van

wanneer af, word dienste uitgegee op grond van waar jou stem lê? Die

regering verskaf tog die dienste en toelae.

Die inwoners is oor die algemeen baie ongelukkig. Hulle noem, dat hulle

intimideer word en afgedreig word om vir die ANC te stem.

Werkskeppingsprojekte sal glo net aan mense wat vir die ANC stem,

verskaf word. Die inwoners kry swaar en baie mense besef nie, dat

niemand behalwe hulself weet, waar hulle hul kruisie getrek het nie. Daar

is juis nou gerugte van `n skoonmaakprojek in die dorp, maar glo net ANC

ondersteuners sal oorweeg word. Die inwoners wil weet,of `n mens dit

nou demokrasie noem? (Hilgaard Links)

93 Pakke dagga konfiskeer

Op Vrydag, 2011-03-11, omstreeks 09:50 is inligting deur lede van

Springbok Honde-Eenheid aangaande ‗n besending dagga ontvang. Die

inligting is opgevolg en daar is op 93 pakke dagga beslaggelê. Die beraamde

waarde van die dagga beloop ongeveer R 36 200-00. `n 37 jarige,

swartman is gearresteer en aangehou. Die gearresteerde het op 2011-

03-11 in die plaaslike landdroshof op ‗n dwelmverwante klagte verskyn en

die saak is uitgestel tot 31 Maart 2011. Die beskuldigde William Dubula,is

op eie verantwoordelikheid vrygelaat. Die ondersoekbeampte in die saak

is Speur/Adjudant Offisier Young van Springbok Speurtak. Kol Hender,

Gebiedsbevelvoerder, dank die lede betrokke by die beslaglegging met

hul goeie werk.

7 JAAR EFFEKTIEWE GEVANGENISSTRAF VIR

HANDEL IN DAGGA.

Op 2009-12-04 omstreeks 10:30 het lede van Springbok

Misdaadvoorkomings Eenheid op ongeveer 21,790 kg dagga en daggaplante

beslaggelê. Daar was aanvanklik (5) vyf persone gearresteer

waarvan drie (3) op verskeie dwelmverwante klagtes skuldig bevind was.

Op 2011-03-16 was hulle in Springbok Landdroshof as volg gevonnis :

1. Alwin Ross, 33 jaar van Bergsig was op ‗n klagte van Handel in

Dagga tot 7 jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis,

2. Tyron Newman, 28 jaar van Bergsig was op ‗n klagte van Besit van

Dagga tot R 300-00 of 3 maande gevangenisstraf opgeskort vir 5 jaar

gevonnis,

3. Lukas Mdluli, 36 jaar van Bergsig was op ‗n klagte van Besit van

Dagga ‗n boete vonnis opgelê van R 800-00 of 4 maande gevangenisstraf

gevonnis. Mnr. Martin April het as aanklaer opgetree en Mnr. Klaasse

was die Landdros. Speur Konstabel (v) Cloete-Landrew van

Springbok Speurtak was die ondersoekbeampte. Kapt (v) Farmer,

Springbok Speurtak Bevelvoerder, wil net haar trots en waardering

vir goeie ondersoekwerk teenoor die lid betuig.

14

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!