01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Geagte Redaksie

Kletzkolom

Vir bydraes aan die briewekolom: stuur asb. aan

: houthoop@telkomsa.net.

Die redaksie ondersteun nie noodwendig die opinies

31

van bydraes gelewer nie.

Met geen briewekolom om vrae te rig oor die artikel in een van ons plaaslike koerante, wonder ek of dit geskryf is om De Beers se beeld te probeer

poets, voordat hulle finaal die Namakwalandse stof (nou uitgewerk?) van hul voete afskud, al dan nie?

Ek lees raak, dat daar `n geskatte (L.W.) bate-evaluering van 9-10 miljoen karaat diamante gemaak word, wat klaarblylik nuwe geleenthede in die

toekoms kan skep, maar in dieselfde asem word genoem, dat verskillende kommunikasies van De Beers, verskillende opinies daaroor het.

Wat moet ons nou daaruit aflei? Dat dit meer koste effektief gaan wees vir `n kleiner / ander myngroepe, wat nie op dieselfde grootskaalse

werkswyse as De Beers myn nie om die karate te verhaal? As die bogrond gesloop is en hierdie neerslagte lê te diep om dit koste effektief vir De

Beers te maak om dit te myn(‖produksie minder winsgewend.. a.g.v. hoë koste om oorblywende neerslagte te bereik‖), hoe gaan kleiner groepe dit

doen? Ons lees raak van sosiale projekte en landbouprojekte. Kan die verslaggewer dalk in die opvolg met De Beers aanvra, dat hulle die projekte

by die naam noem/uitbrei daaroor?Ons wil graag ingelig wees oor al die geslaagde ontwikkelings wat in ons area onderneem word.

Hoe volhoubaar is die projekte? Kan mense werklik op hul eie bene staan, na `n skon-en-room lewe as werkers in die mynbedryf? Nie dat daar fout

is met roosterkoek nie, dis immers tradisioneel, maar sal die sosiale verantwoordelikheid onderneem deur die mynreus ons plaaslikes se brood nog

botter? Ek haal aan uit die Bench Mark Foundation-verslag: ― After almost a hundred years of diamond mining on the West Coast,

communities have little to show in terms of community development, infrastructural development or an existence much above that of a

subsistence level.Sound relationships and cooperation between the different stakeholders (mining companies, civil society, government and

communities) are essential for the sustainability of the mining sector in West Coast, where human rights often take second place to profitability

whilst corporate social responsibility remains a part of a glossy global corporate annual report with little bearing to the reality on the

ground.‖ Waar is die regering in al die prosesse sigbaar? ―Government incapacity, in so far as DME and DEAT is concerned implies that the

mining corporations in the area have almost carte blanche as far as environmental rehabilitation and mine closure commitment are concerned. The

implications are that CSR driven development is rendered ineffective unless the national and provincial governments take the necessary steps to

overcome these limitations. Government must take into account that, in a democratic nation, it has the role to protect the rights of those who elect

them rather than sacrifice their human rights for the sake of corporate investment. The fact of the matter is that, when this ‗business‘ relates to the

extraction of minerals that are supposed to belong to all the people of a given country and because mining has so many impacts on all levels of

society, the companies‘ core business should at the very least be ‗responsible mining‘. Currently, this is not happening on the West Coast, as is

evident from the results that were obtained from the measure of CSR practises against the „Bench Marks Tool‟ and community perceptions about

the industry. It is important to state that there are extreme social problems in the communities and the perception in the communities is that many of

the problems are caused by the mines and their operations, as well as by government‘s passive nature during all of this. Therefore the solutions,

according to the communities, are the corporate social responsibility of the mines, but also the responsibility of government entities. Although there

is a strong sense of dependency in the communities, it is important to note that there are people within the communities looking to move away from

this dependency on the mines. However, in order to do so they acknowledge that they need some initial support. Also important to note is the role

of government as a development partner.‖

Nou ja, soos ons weet en in die verslag aangedui word, lyk dit of die son begin sak het vir diamantontginning deur De Beers aan die Weskus.

Lyk nie net so nie, die son het gesak. Die probleem soos uitgewys, is dat die mense van Namakwaland na 100 jaar van mynbou, nie werklik

sigbare bydraes deur die mynreus in die gebied sien nie. Klein besigheidsontwikkelinge? In Kleinzee dryf dit mense na bankrotskap. Mooi

beloftes het mense (die voorheen benadeeldes- dit klink polities so korrek) beweeg om die klein besighede in Kleinzee oor te neem, maar waar is

die voete? Proklamasieprosesse sleur so, daar`s skaars brood op die tafel. Mense het ander heenkome gaan soek, want die steeds geslote dorpie,

sonder mynbou, is depresserend ―dood‖.Geen werk/geen inkomste. Selfs diegene wat graag hul huise sou wou koop, begin langtand pak, want jy

huur en huur en huur nou maandeliks om te kan koop(sommige het al tot R100 000.00 oor 2 jaar spandeer), maar skynbaar is niemand haastig nie

en De Beers is die enigste wat eintlik inkomste genereer-al is dit uit huurinkomste in `n spookdorp, terwyl alles verval. Dit kon `n betaalde

huispaaiement vir iemand wees.Nou is dit verlore pakket-/pensioengeld. Natuurlik pas dit diegene wat betrokke is in die huisontginning-projek,

want dit beteken meer huise waarop hulle hul gretige vingers kan lê. Gerugte doen ook die rondte, dat deels van die redes waarom die prosesse so

sleur, is dat sommige van die bestuur nog net werk het totdat die dorp privatiseer. Ander sê weer, die vriendskapsbande met sekere BEE

kandidate, sal verseker, dat van die hogeres in elk geval nie weer hoef te werk nie. Nie met al die gedeelde winste van sekere projekte nie….

Ek stem saam. De Beers, wat 10% van die SA kuslyn besit, het wel 30 000 ha grond aan die Namakwa Nasionale Park geskenk, maar sonder die

rykdom genereer uit o.a. Namakwaland se diamantvelde sou dit moeilik wees om so `n groot grondmagnaat te kon word. Miskien is dit deel van die

sosiale verantwoordelikheid om terug te gee aan die mense van Namakwaland en ook ander burgers van ons land. Minerale is tog eintlik al die

burgers van `n land s`n, dan nie? Die bewaringsklub-`n goeie iniasiatief. Dalk moet die besmette Swatlyntjiesrivier genoem in bg. verslag, of die

Rooipad (enigste pad) tussen Komaggas en Kleinzee wat uitmekaar val, ook op die prioriteitslys geplaas word as toekomsprojekte om van nader te

bekyk en op te gradeer.

Deur die nie -winsgewende / PUBLIC BENEFIT ORGANISATION (PBO) status van die SCC klub, word geld deur o.a. wildsverkope/jagte genereer,

maar waar ander besighede belasting betaal vir toerisme aktiwiteite en –akkommodasie geprosesseer, word hierdie klub vrygeskeld daarvan, a.g.v.

die status daarvan. Gaaf as daar tot R500 000.00+/jaar ge-in word, maar jy is nie belastingaanspreeklik nie.

Op die oomblik is daar een werkende waterpunt tussen Kleinzee en Koingnaas op die wildsplaas en die 1000e stuks wild moet almal na die

suidepunt beweeg vir water. Lesers kan self `n prentjie vorm van wat dit aan die natuur en diere doen. Windpompe word nie in stand gehou nie.

Die bure kla egter nie oor die swak toestande van die drade nie, want wie gaan nou nee sê vir vars wildsvleis in die pot? Daar sou klaarblyklik `n

voorman aangestel word, maar oorblywende Kleinzee inwoners en jagers is baie bekommerd oor die wyse waarop die gebied tans bestuur word.

Waar word die fondse wat op jaareindfunksies met tjop en dop deur die eksklusiewe komitee gevier word, aangewend? Toerisme ontwikkeling?

Wel ja, dit is beperk tot die lede van die komitee van die die Conservation Club. Laas was almal wit en semi+afhanklik van De Beers vir besigheid.

Die voorgenome landskapsprojekte om myngrond te rehabiliteer en na te laat as toerisme-attraksies, deur wêreldbekende kunstenaar Strydom vd

Merwe, het slegs geld in sy sak gebring. Meeste inwoners van Namakwaland sal nooit die voorreg hê om dit te sien nie- vermorste geld, wat elders

beter aangewend kon word. Was dit maar net nog `n belofte van moontlike inkomste as `n toerisme-attraksie waarmee plaaslike mense gepaai is?

De Beers het wel op sekere gebiede `n bydrae gelewer, maar is dit genoeg? As ek deur die vervalle dorpie Komaggas ry, waar heelwat van

De Beers se oud-personeel woonagtig was/is en ek sien die maatskaplike en sosiale verval(wat hand aan hand met werkloosheid gaan) na `n goue

era van werksgeleentheid by `n mynreus(wat definitief sy pond in Namakwaland gemaak het), dan wonder ek oor prioriteite. Argeologiese

navorsingsprogramme en navorsing oor die oestervanger en swart uilarend is uiteraard wonderlik, soos genoem in die koerantartikel ter sprake,

maar wat van die mense wat hier agterbly wanneer De Beers Namakwaland verlaat? Hoeveel gaan werklik in die gebied investeer word en hoe

volhoubaar is die nalatenskap? Hoeveel navorsing is daaroor gedoen? Myngroepe het `n sosiale verantwoordelikheid.

`n Namakwalander

31

31

31

31

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!