01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Raak betrokke!

Blikkieskos hulpfonds vir

Boesmanland boer

Die individu is met kanker

gediagnoseer; het sy boerdery/alles

verloor. Het `n afhanklike gesin,

maar geen fondse om hulle te

versorg nie.

Indien u graag wil help, skakel met

Anita van Dyk :

0277123328, op Gamoep.

Sy kan meer besonderhede aan u

verskaf.

Een of twee blikkies kos, gaan jou

nie noodwendig raak nie, maar mag

`n groot verskil in iemand anders se

lewers maak.Geen geld nie.

Wys jou omgee. asb.

Sien uitslae

Springbok Ope

op agterblad.

The will must be

stronger than the

skill.Muhammad Ali

SOKRATES

Griekse Filosofie – nog steeds nuttig

Hou die volgende in gedagte as jy weer ‘n gerug wil versprei of wil

skinder.

In die antieke Griekse tydperk (469 – 399 BC) was Sokrates

wydberoemd en geëer vir sy wysheid. Eendag kom ‘n ou kennis

opgewonde by hom aan en sê: ―Sokrates, weet jy wat word oor

Diogenes vertel?―‘‘Wag ‘n bietjie―, antwoord Sokrates, ‘‘Voordat jy

vertel laat ons eers jou voornemede storie deur die Drie Filter Toets

sit. Die eerste Toets is die Waarheid. Is jy seker dat wat jy my oor

Diogenes wil vertel die absolute waarheid is?――Nee‖, antwoord die

man. ―Ek het dit ook maar by iemand anders gehoor― ―So, wat jy wil

vertel is moontlik nie die waarheid nie, maar laat ons die tweede

Filter Toets probeer, die toets van Goedheid. Is dit wat jy vir my oor

Diogenes wil vertel iets goeds?‖―Nee, in teendeel ….‖ antwoord die

man. ―Wil jy sê dat wat jy oor Diogenes wil vertel dalk nie waar is nie

en ook niks goeds inhou nie? Jy kan egter nog slaag met die derde

Filter Toets, die toets van Nuttigheid. Gaan dit wat jy wil vertel nuttig

wees vir my?― ‘‘Nee, nie werklik nie―, sê die ontnugterde man en

gaan skaam-skaam weg.

Hierdie is ‘n voorbeeld van dit wat Sokrates so ‘n groot filosoof

gemaak het en waarom hy nog steeds hoë agting geniet. Dit

verduidelik ook waarom Sokrates nooit uitgevind het dat Diogenes ‘n

verhouding met sy vrou gehad het nie.

―Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit

gaan goed met die mens wat by Hom skuil.‖ (Ps 34:9)

KRIEKET

Griekwaland-

17

Wes Elite Groep

Van Dyk Wepener is die

enigste leerder van Hoërskool

Namakwaland (Springbok),

wat opgeneem is in die Elite

Squad o/17 & o/19.Die groep

sal op gereelde basis in

Kimberley bymekaar kom vir

oefeninge en wedstryde tot en

die die proewe in September.

A.g.v. die koste is daar besluit

om die volgende oefenkamp

oor twee dae in Upington te

hou.

Pragtige prestasie!

Springbok Gholfklub kuier op

Koringkorrelbaai

Storievertellers Gert Sarrisam, Nel van den Heever, Calla van den

Heever, Arno van Zyl en Erik de Milander. Orkes Boetie en Andre

Mostert van Rhapsody.

Springbok Gholfklub het tydens die lang naweek weereens ‗n

geslaagde saamtrek te Koringkorrelbaai gehou. Sewentig mense het van

oraloor gekom om die naweek saam te kuier – van o.a. die Kaap,

Clanwilliam, Langebaan, Vredendal, Okiep, Nababeep, Malmesbury tot

sover as Richardsbaai. Willie (Woerts) Schutte van Nababeep het groot

skade gehad toe sy ―Microlite‖ geval het.

Aktiwiteite was daar genoeg. Sommige het die robbe en grotte gaan kyk en

sommer net die wêreld verken. Die pad is sleg en hulle moes vreemde

besoekers uit die sand sleep. Die vrouens het teen die lang strand gestap

en Cielie van den Heever en Jaco Myburgh het die hoefystergooi gewen.

Saans is musiek gemaak en Boetiebaas Mostert en sy seun, Andre, van

Rhapsody het met hulle sang vermaak. Stories is vertel deur Arno van Zyl,

Nel van den Heever, Gert Sarrisam en Kalla van den Heever. Erik de

Milander van Bushman‘s Cave was ‗n voortreflike seremoniemeester.

Sondagaand is telefoonjie gespeel (woorde wat in mekaar se ore gefluister

word) en die woorde wat uitgekom het, was skreeusnaaks.

Gaste uit die Boland het wyn geskenk wat ten bate van die Gholfklub se

fondse opgeveil is.

Die etes was weer ―uit die boonste gestoeltes‖. Tinus van Schalkwyk en

sy helpers het heerlike brode gebak en Gerrie van Wyk was soos

gewoonlik gemoeid met die kospotte – afval, skaapstertjies en potjiekos.

Verder was daar slap pap met tamatiesmoor en Sondagaand was daar vis

en ―chips‖ met nog lekker brood. Cielie van den Heever en Marietjie van

Zyl was die voorvatters.

So ‗n naweek kan nie aangepak word sonder die nodige helpers nie. Tinus

van Schalkwyk en Fanie Engelbrecht, met die hulp van Nel van den

Heever en die Mosterts, het die groot tent gaan opslaan en weer opgeruim.

Hulle beplan om dit volgende jaar weer te doen.

Springbok Gholfklub wil almal wat die naweek bygewoon en

ondersteun het, van harte bedank en uitnooi om volgende jaar weer

so te maak. (Hestelle Engelbrecht)

17

17

17

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!