01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

DIE ENGELSMAN SE GRAF

Aan die suidekant van Merweville, naby die grondpad na Koupstasie, is daar ‗n

kennisgewingsbordjie wat aandui waar die ―Engelsman se graf‘ is.

‗n Marmer kruis is daar opgerig ter herinnering aan ‗n luitenant van Australië,

wat saam met die Britse magte aan die Anglo Boereoorlog deelgeneem het.

Walter Oliphant Arnot was ‗n lid van die Derde Suid-Australiese Kontingent.

Arnot was die seun van Dr Henry Arnot, ‗n mediese dokter. Arnot, junior, is in

Essex, Engeland, op 9 September 1860 gebore en het sy opleiding aan die

Royal Naval School in New Cross ontvang.

Na sy opleiding het hy op 19 jarige ouderdom na Australië vertrek om met

skape te gaan boer. Hy was so suksesvol in die boerdery, dat hy die volgende

jaar gevra word om een van die groot skaapplase te bestuur. Hy het in die

daaropvolgende agt jaar daarvan so ‗n sukses gemaak, dat hy later verskeie

poste beklee het en baie komplemente gekry het, veral oor sy bestuur van die

kudde tydens ‗n geweldige droogte.

Hy vertrek in 1888 na Adelaide en sluit by die ―A‖ Battery Artillerie aan. In Junie

van dieselfde jaar trou hy met Eleanor Frederica Rosevear Seabrook. Sy

troetelnaam vir haar was Nell. Teen 1900 het hulle vier kinders tussen die

ouderdom van 4 en 9 gehad.

Hy maak vinnig opgang en munt uit as ‗n knap leier en skut met die gevolg, dat

hy tot ‗n kommissierang bevorder word toe die Anglo Boereoorlog uitbreek. Hy

vorm deel van die ―S A Bushman Corps‖ en vertrek in Maart 1900 na Suid-

Afrika. Hierdie groep was hoofsaaklik verkenners.

Met hulle aankoms in Beira word hy tot Luitenant bevorder. Maar hy het baie

probleme met die groep ervaar. Hy sluit later by die ―Rhodesian Field Artillery‖

aan, maar dit lei tot probleme met die uitbetaling van sy salaris wat sy vrou

sonder geld gelaat het.

In April 1902 vertrek hy met ‗n muilwa uit Laingsburg op ‗n

verkenningsekspedisie. Hy word vergesel deur John Sparkes wat op

Laingsburg gestasioneer en in bevel van die perde-eenheid van die

Intelligensie Departement was. Verder het Abraham Januarie (bekend as

Jacob) ook van Laingsburg saamgegaan. Jacob was ‗n verkenner.

Die eerste aand het hulle op Dwarsrivier aangegaan om met Jacobus Adriaan

Victor ‗n onderhoud te voer. Victor was die enigste persoon in daardie

omgewing wat Engels magtig was. Later, tydens die nadoodse ondersoek, het

Victor getuig dat Arnot daardie aand baie opgewek en vrolik was. Maar toe die

geselskap daarvandaan verder gaan, het Arnot se gemoedstoestand drasties

verander. Van Dwarsrivier af het hulle die pad oor Modderfontein, De Syver en

Van Wyksberg na Prins Albertstasie geneem. Volgens sy reisgenote het Arnot

in ‗n diep depressie verval. Hy was nie meer homself nie. Iets het hom blykbaar

die vorige aan geweldig ontstel. Hy het al hoe meer in homself gekeer geraak.

Op 15 April 1902 het hulle net buite Merweville stilgehou. Arnot het sy geweer

en bandelier geneem en na ‗n koppie gestap. Daar was niks agterdogtig

daaraan nie, omdat hy dikwels ‗n wildevoël vir ete gaan skiet het. Skielik het

Jacob gesien dat Arnot die geweer op homself rig en homself doodskiet.

Arnot is begrawe op die plek waar hy homself geskiet het. Later jare het sy

vrou die marmer kruis daar laat oprig en die inwoners van Merweville het aan

haar belowe om daarna om te sien, wat hulle steeds doen.

In sy Book of Common Prayer het hy vir sy vrou ‗n vreemde nota gemaak op ‗n

bladsy wat hy uit sy notaboek geskeur het. Op die velletjie papier het hy ‗n

skets gemaak van die pad en daaroor geskryf: "This was not for the Boers".Op

die agterkant van die bladsy het hy geskryf: "I swear before God, whom I am

going to meet, that I am innocent." Dit is onderteken, W. O. Arnot.

In die gebedeboek was daar ook ‗n foto van sy vrou en tussen die laaste bladsy

en die omslag was daar ‗n foto van sy kinders. Op die vierde bladsy van die

gebedeboek was daar die volgende inskrywing: "I was never in any concern

with a Boer or Boer Agent by all we ever had between us God held me and you

my darling - goodbye, Walter."

Treinkaartjies na Matjiesfontein en Laingsburg , ‗n aanhaling van Shakespeare

en briewe aan sy vrou en kinders is ook in sy sak gevind. (Dr.K.Victor)

WERWINGSVELDTOG VAN POLISIE

VIR INTREE KONSTABELS

21

Die Polisie nooi alle burgers van die land tussen die

ouderdomme van 18 jaar tot 30 jaar,wat fisies en geestelik

gesond is om die Polisie hul loopbaankeuse te maak.

Het u graad 12 (matriek), of ‗n gelykwaardige kwalifikasie en

lees, praat en skryf u twee van die amptelike tale waarvan een

Engels is? ‗n Skoon kriminele / departementele geskiedenis ‗n

vereiste met geen van beide onafgehandel , geen sigbare

tatoeërmerke, mans mag nie korter as 1.60 meter en dames

nie korter as 1.55 meter sonder skoene wees nie, met ‗n

liggaams massa indeks van minder as 30. U sal ook

onderwerp word aan psigometriese toets om u profiel vas te

stel.

Hierdie vereistes bied u ‗n loopbaan, nadat u ‗n 24 maande

opleidingsperiode deurloop het , in die volgende rigtings

naamlik : Ondersoek van Misdaad, Misdaad Intelligensie,

Forensiese Ontledings, Inligtings Tegnologie, Vlieëniers,

Regsdienste en Ingenieurs.

Die veldtog is deurlopend met geen sluitingsdatum.

Aansoekvorms kan by u naaste polisiestasie gratis verkry

word. Voltooide aansoekvorms moet verkieslik persoonlik by

Adjudant Offisier (v) Young by Speurtak Springbok

ingehandig word. Die volgende persone kan gekontak word vir

enige verdere navrae Adjudant Offisier (v) Young 027 –

7189168 en Adjudant Offisier Farmer by 027 - 7189121.

BUSINESS FOR SALE - HONDEKLIP BAY

AN EXCEPTIONAL BUY!

THE WILD SIDE OF THE NAMAQUALAND ATLANTIC

COAST

This business is established 14 years ago and is situated in a

unique little village, untouched, extensive coastal scenery of

Namaqualand – Hondeklip bay, a place of heaven where you

can get piece of mind……were peace and tranquility is a way

of life.

DIE HONNEHOK, a combination of hospitality and a warm life

style, offers:

Six comfortable fully equipped self-catering chalets that can

accommodate up to six persons

Braai area

Bar & restaurant

Swimming pool

Guided 4 x 4 tours

An opportunity that knocks once in a lifetime! Don‘t miss out!

Price: R4 730 000.00

Financial statements are available.

For more detailed descriptions and info regarding DIE

HONNEHOK, visit their web address at:

http://www.hondeklip.co.za

BUSINESS FOR SALE - Godfather SPRINGBOK

Prime investment and location situated in main road Springbok.

Current lease agreements for: 9 batchelor flat-lets - building

size: 132,50m2, main building (size: 553m2) exists of restaurant

with bar and stoep, security company, 50m2 storage room - no

current lease agreement. Price: R2 625 000.00. Excellent buy!

Please contact us for further information.

Elzette du Toit

Seeff Properties Springbok

Tel : 027 712 3168 / Cell : 082 884 3377

Email elzette.dutoit@seeff.com

21

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!