01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Geloof, waagmoed en vakmanne

kan ekonomie red - Godsell

"Behou geloof in ons vaderland, Suid-Afrika. Ten spyte van sy foute

kan ons land steeds 'n lig vir ander nasies wees en 'n tuiste vir ons

kinders en kleinkinders. Wat ons nou nodig het, is waagmoed."

Dit was die boodskap van mnr. Bobby Godsell, ekonomiese kenner,

sakeman en voorsitter van Business Leadership, by die AHI se

jaarkongres in Vanderbijlpark.

Hy het die gevierde skrywer NP van Wyk Louw aangehaal wat

dekades gelede reeds beklemtoon het dat dit elke landsburger,

insluitend sakelui, se voorreg en plig is om 'n eie kultuur, vryheid en

skoonheid in die land te skep.

Godsell sê, hy is baie besorgd oor die opleiding-ineenstorting van

Suid-Afrikaanse ambagslui en meen dat die land se huidige

skoolstelsel te veel op verdere universiteitopleiding fokus.

"Ons moet hierdie obsessie met universiteitopleiding, grade en status

verbreek en doelgerigte opleiding in verskillende ambagte in ere

herstel," sê hy.

Wat nasionalisering van nywerhede en myne betref, meen Godsell

die staat sal eers moet bewys dat die land se inwoners groter

voordeel daaruit gaan put as dit in regeringshande pleks van die

privaatsektor s'n is.

"Die geskiedenis bewys, dat private ondernemings meer suksesvol as

die staat is om beleggings te kry en wins te maak. Tans kry die staat

belastinginkomste uit die myne, wat tot voordeel van alle

landsburgers benut kan word. Gaan die staat die myne net so

suksesvol kan bedryf as dit die dag in hulle hande is?"

Sy raad aan sakelui is om nie op die kantlyn te staan nie, maar aktief

aan 'n soort volksdebat deel te neem om hul saak te stel en om hul

vaardigheidsbehoeftes deeglik aan opleidingsinstansies bekend te

maak. Hy het 'n beroep op sakelui gedoen om korrupsie nie aan te

moedig deur omkoopgeld te betaal in ruil vir besigheid nie.

Care about

people's

approval and

you will be

their prisoner.

Geldsake met GJ

Dis baie maklik om hierdie maand aktuele sake te vind om op

komentaar te lewer. Die tsunami in Japan en die onrus in die Midde

Ooste is die twee grootste nuusmakers.Die Japanese natuurramp het

die fokus bietjie weggeneem van Egipte (waar die onrus min of meer

uitgesorteer is) en Libië. Die feitelike inligting het ons reeds, maar die

uitwerking wêreldwyd is baie meer kompleks. Die Japanese

aandelebeurs het alreeds 12% verloor teen die tyd dat ek hierdie

saamstel, terwyl faktore soos die kernontploffings nog geensins

gekwantifiseer kan word nie. Ons moet nie uit die oog verloor, dat

hierdie gebeure almal kom aan die einde van die herstelsiklus na die

ekonomiese resessie van 2008 nie. Markte tegoor die wêreld kyk uit

vir rigtingaanwysers en getrou aan die tendense van die geskiedenis,

sal daar waarskynlik oorreageer word. Persone met 'n "kontant"

komponent in sy portefeulje sal die ideale geleentheid kry om dit te

plaas teen relatief lae pryse. Dit behoort oor die medium tot lang

termyn die negatiewe effek van die regstelling in winste te omskep.

Enige skuiwe onder die 30 000 punte op die ASI behoort meer as

vrugte af te werp. So kan geleenthede in die beleggingswêreld uit

oënskynlike katastrofes ontstaan, deur die basiese beginsels van

belegging te verstaan en toe te pas.

Tip vir die Tyd: Wanneer almal skree "Koop" is die tyd op sy rypste om

te verkoop.

G.J. van Zyl : NWK Makelaars Cc

0832619876 / 0277122345(T+F)

Juffrou: ―Maak vir ons ‘n sin met halsstarrig.‖

Susan: ―My ouma is al baie oud, sy haal starrig asem.‖

SELFOON KOMPETISIES “TABOE”.

Publiek moet hulle nie steur aan kompetisies

waarvoor hulle nie ingeskryf het nie.

Moet asseblief nie enige kontant inbetaal of

enige lugtyd (“airtime”) koop en aanstuur nie.

Indien u wel gewen het sal erkende

ondernemings bv. Nokia ,of Virgin Mobile 7 u

telefonies kontak, nie per sms nie.

7

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!