01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Gaskoeldrank kan tot hoë

bloeddruk lei

Wetenskaplikes het die drink van suikersoet

koeldranke, soos gaskoeldrank en vrugtesappe, met

hoë bloeddruk verbind.

Hul bevindinge dui aan, dat deur die inname van suiker

en sout te verminder, dit die risiko van hoë bloeddruk

sal verlaag.

Hoë bloeddruk, of hipertensie, is ‗n groot risiko-faktor

vir hartkwale, wat wêreldwyd die grootste oorsaak van

sterftes is.

In ‗n studie van meer as 2 500 mense in die VSA en

Brittanje, het navorsers gevind dat vir elke ekstra

blikkie van dié tipe koeldranke wat per dag gedrink

word, het deelnemers hoë sistoliese bloeddruk gehad,

met ‗n gemiddeld van 1,6 mmHg en ‗n hoër diastoliese

lesing met ‗n gemiddeld van 0,8 mmHg.

Die verskil was merkwaardig, selfs as faktore soos

gewig en lengte in ag geneem is, het die wetenskaplikes

Maandag in ‗n studie in die joernaal Hypertension

geskryf.

Bloeddruk is die hoogste wanneer die hart klop en die

bloed pomp. Dit word sistoliese druk genoem.

Tussen hartkloppings, wanneer die hart rus, daal die

bloeddruk. Dit word diastoliese druk genoem.

In die studie was die verband tussen suikerdrankies en

hoë bloeddruk veral sterk by mense wat baie sout en

suiker ingeneem het.

Dit het vorige bevindinge bevestig dat ‗n hoë

soutinname tot hoë bloeddruk kan lei.

―Dit is algemeen bekend, dat as jy te veel sout in jou

dieet het, jy meer geneig sal wees om hoë bloeddruk te

ontwikkel. Die resultate van hierdie studie stel voor, dat

mense versigtig moet wees met hoeveel suiker hulle

inneem,‖ het Paul Elliott van die Imperial Kollege in

Londen gesê.

―In die tussentyd wil ons mense wat suiker-versoete

drankies wil drink aanbeveel om dit te beperk.‖

(News24)

Vitamien A kan sterftes weens

masels voorkom

Navorsing deur die Cochrane-navorsingsgroep toon dat

vitamien A-aanvullings sterftes as gevolg van masels en

diarree by jong kinders kan voorkom.

‗n Vitamien A-tekort is ‗n algemene probleem in lae- en

middelinkomste lande. Mense wie se dieet nie genoeg

vitamien A bevat nie, het ingeperkte liggaamsfunksies. Hulle is

meer vatbaar vir infeksie, toestande wat tot blindheid kan lei

en hulle het oor die algemeen ‗n korter lewensverwagting as

mense wat genoeg van dié vitamien inneem.

Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beveel aan dat veral

swanger vroue, babas en kleuters vitamien A-aanvullings

moet kry en verskeie hulpprogramme in ontwikkelende dele

van die wêreld, veral in Afrika, is ingestel om Vitamien A onder

armes te versprei. Dié hulpprogramme was die afgelope jare

gereeld onder skoot omdat daar in sommige mediese kringe

gemeen is sulke aanvullings is duur, oneffektief en dus net ‗n

mors van geld.

Teenstanders van Vitamien A-aanvullings se monde is egter

gesnoer nadat 43 afsonderlike navorsingstudies waarby 215

633 babas en kleuters betrek is, nou bewys het dat sulke

aanvullings kindersterftes met tot 24% verminder het.

Die grootste voordeel van Vitamien A in ontwikkelende lande

is dat dit skynbaar masels en diarree, wat jaarliks derduisende

kindersterftes veroorsaak, in ‗n mate voorkom óf dat kinders

nie so ernstig siek word daaraan dat dit hul lewe eis nie.

Die navorsers meen landbou-ontwikkelaars moet die

moontlikheid van bioverrykte stapelvoedsel verder ondersoek

sodat minderbevoorregtes nie kunsmatige aanvullings hoef in

te neem nie, maar die vitamien op ‗n natuurlike manier saam

met hul kos inkry. (VWB)

Tamatie kan aspirien

vervang

Aspirien word daagliks deur miljoene

mense gebruik om hartaanvalle en

beroertes te voorkom, maar dit kan ook

jou maag beskadig.

Goeie nuus vir die wat probleme het

met aspirien. Die tamatie kan voortaan

aspirien vervang as die nuwe, veilige

manier om hartsiektes te beveg.

Volgens Health News kan ‗n ekstrak

van tamatiesade ‗n potensiële

alternatief vir aspirien wees om

hartaanvalle en beroertes te voorkom.

(Health News)

As jou rekenaarskerm

swart word

Jy werk nog so lekker, toe word jou

skerm swart. Jy is seker die

rekenaar is nog aan, maar jy kan

niks sien nie. Miskien kan jy tog iets

red. Druk nou Windows + R. Jy kan

niks sien nie, maar jy het die Run

blokkie geroep. Tik nou cmd. Nou

kan hy bevele verstaan. Druk nou

Alt + Enter. Dit skakel die volskerm

mode aan en af. As die haakplek nie

ernstig is nie, behoort jou skerm te

herleef. Tik nou Exit om uit te gaan.

Indien dit nie help nie, sal die

tegnikus moet kom help!

~Andrew (Worldstart.com)

Verminder jou bankkoste

Het jy gewonder hoekom FNB se

6

kitsbank nie meer R500 as ’n

standaard-opsie gee nie, maar wel

R600? Die bankkoste vir R500 is

R5-50 en vir R600 is dit R11-00!

Slim nè? Tik dus maar liewer R500

in en jy kan baie geld bespaar. As

jy by ’n ander bank is, gaan kyk

mooi waar hulle tariewe-grense lê!

http://tinyurl.com/5wu6hyt

TEACHER: ―Clyde, your composition

on 'My Dog' is exactly the same

as your brother's. Did you copy his?‖

CLYDE: ―No, sir. It's the same dog.‖

Change is the law of

life. And those who

look only to the past or

present are certain to

miss the future.

John F. Kennedy

Breinboelie

Daar is baie van my soort.

My twaalf kinders wissel tussen 28 en

31. Deur al die jare bly hulle by my.

Ons is almal bymekaar maar tog is

elkeen heel eie.

Ons staan bymekaar deur goeie en

slegte tye. Hoewel ek alleen is, vat ek

elke dag op 'n slag soos hy kom.

Volgende jaar begin ek maar weer.

Wie is ek?

Antwoord: bl. 30

Set Your Goals

High Enough To

Inspire You And

Low Enough To

Encourage You.

Kallie: ―Het julle dalk

onsigbare ink?‖

Winkelklerk: ―Ja, 6

watter kleur?‖

6

8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!