01.05.2013 Views

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

22 April 2011 - Namaqualand Information

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Mooi mense is slimmer ook!

Algemene Pitkos

Te oordeel aan wetenskaplikes se onlangse studie oor die

verband tussen skoonheid en intelligensie, lyk dit asof die

natuur ‗n wrede sin vir humor het.

Die bevinding is, dat mooi mense oor die algemeen ook

slimmer en suksesvoller as hul leliker buurmanne en -vroue is!

Navorsing deur die London School of Economics het onder

meer bevind, dat aantreklike mans en mooi vroue nie net

slimmer as die minder aansienlikes is nie, maar ook gesonder

is, in ‗n hoër sosiale klas val en ‗n beter liggaamsbou het.

Een van die navorsers, prof. Satoshi Kanazawa, sê dit blyk dat

mooi en slim mense deur die eeue ook mooi en slim

huweliksmaats gekry het, met die gevolg dat hul kinders ook

mooier en slimmer sou wees as die gemiddeld. Sodoende is

die mooi en slim gene uit alle kante van hul stambome versterk.

En indien die navorsers reg is, kan voorspel word, dat mooi en

slim families se nasate net al mooier en slimmer sal word.

Volgens Kanazawa lyk dit asof die verwantskap tussen

aantreklikheid en algemene intelligensie nog hoër by mans as

by vroue is. Die navorsing is oor etlike dekades gedoen en

35 000 Amerikaners en 17 419 Britse kinders wat in Maart 1958

gebore is, se ontwikkeling, voorkoms en intelligensie is deur die

jare aangeteken. Die Britse been van die navorsing het bevind,

dat mans wat as fisies aantreklik beskou word, se IK‘s gemiddel

13.6 punte hoër is as die norm, terwyl mooi vroue s‘n 11.4 hoër

as minder aantreklike vroue s‘n is.

Die minder mooies hoef egter nie in sak en as te sit nie. Ander

navorsing het bewys, dat minder aantreklike mense miskien

bietjie harder moet werk om hulself in die werksplek of op

sosiale front te bewys, maar dit is ook ‗n feit dat positiewe

eienskappe soos vriendelikheid, fluksheid, eerlikheid en lojaliteit

op die lang duur vir jou ‗n hoër pos kan besorg as wanneer jy

net ‗n mooi uiterlike het. Boonop bewys navorsing ook dat

wanneer ‗n minder aantreklike persoon respek vir sy of haar eie

voorkoms toon deur netjies aan te trek en jouself goed te

versorg, ander mense jou ook daarvolgens positiewer gaan

behandel.

"You cannot turn back the clock,

but you can wind it up again"

Die gesondheidsvoordele van

rooibostee

Dit is lankal algemene kennis, dat rooibostee gesond is en

onlangse navorsing bewys ál meer dat hierdie stelling waar is.

Die Suid-Afrikaanse Rooibos-raad is tans besig om ‗n ogie te hou

oor navorsing wat hier en regoor die wêreld gedoen word oor dié

soort tee.

Die volgende gesondheidsvoordele het al aan die lig gekom:

* Internasionale navorsers het gevind dat rooibostee baie

antioksidante bevat, wat die liggaam help om op ‗n natuurlike

manier siektes te beveg. Die ideaal is om deur die dag ses

koppies daarvan te drink.

* Rooibostee speel ook ‗n rol in die voorkoming van velkanker.

Dit is veral goeie nuus in Suid-Afrika, waar ongeveer 700 mense

elke jaar sterf as gevolg van velkanker.

* Navorsers in Pakistan, Kanada en Duitsland het ondersoek

ingestel oor die effek van rooibostee op die spysverteringstelsel

en gevind dat dit ‗n kalmerende effek op dié stelsel het en ook

gebruik kan word vir die behandeling van ander probleme in

hierdie liggaamsarea.

* In Japan is navorsing gedoen wat bewys het dat rooibos goed

is vir die immuunstelsel, dus kan dit voordelig wees vir mense

met MIV/vigs.

* Waarskynlik die beste nuus: – nóg navorsing wat in Japan

gedoen is, het gevind dat rooibos boonop veroudering kan

teenwerk.

Vir meer inligting oor rooibos en die gesondheidsvoordele

daarvan, besoek www.sarooibos.org.za. (N.Fourie)

Vroue onthou langer as mans

Vir vroue gaan dit 'n onvergeetlike oomblik wees.

As jy 'n man is, sal jy dalk die laaste uitslag van die ewige stryd

tussen die geslagte wil vergeet.

Wetenskaplikes het vasgestel, dat vroue se geheue sterker is as dié

van mans. En dat dít verbeter met ouderdom terwyl mans s'n

verswak.Wetenskaplikes vermoed die hormoon estrogeen mag dalk

'n rol speel.'n Reuse-lewenslange studie wat onlangs gedoen is, het

dít bewys. 10 000 50-jariges het teen mekaar te staan gekom om hul

geheue te toets. (Daily Mail)

The roots of education are

3

bitter, but the fruit is sweet.

3

3

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!