22 April 2011 - Namaqualand Information
22 April 2011 - Namaqualand Information
22 April 2011 - Namaqualand Information
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
NAMAKWALAND

Namakwaland land van my herkoms en geboorte

Land van noutes, vlaktes en poorte

Land van baie en min

Alles gaan egter nie oor ontgin

Jy het ons gevorm en gebuig

Ons hoef nie aan die agterspeen te suig

In ‘n wêreld van oorvloed en te veel

Het jy ons geleer om te deel

Ons het jou verlaat omdat ons moet

Maar binne-in ons het dit nooit ophou woed

Jy is elke dag nog in ons are

Maak nie saak hoe groot en waar die skare

Die waarheid is egter ons het jou nie verlaat

Ons het jou ook nie verruil vir ‘n ander maat

Ons het met ons migrasie

Jou grense verbreed na die nasie

Namakwalanders is vandag die wêreld oor

Jy sien dit in hul stap en spoor

Jy hoor dit in hul lag en vertel

Want Namakwaland jy is in ons vel

Jou waarde as land

Lê in elkeen van ons verpand

Waar ons is, is jy

Daaroor is ons dankbaar en bly

Jou grense het dalk dieselfde gebly

Maar in getalle het jy gedy

Ons vertel ons kinders met trots

Ons is gekerf uit ‘n unieke rots

Namakwaland baie het jou leeg gedrink en

uitgesuig

En jy moes gedwee die knie maar buig

ons wat lief is vir jou

sal by jou staan tot die laaste dou

vir ons lê jou waarde

nie diep in die aarde

ons weet jou rykdom is die mens

ons hoef dus vir niks meer te wens.

GB / 23.02.11

`n Gedig oor Namakwaland wat

Gideon Basson (Dominee Botter van

Leipoldtville) vir die Namakwaland

saamtrek geskryf het.

Solidariteit Helpende Hand

Om armoede te voorkom en maatskaplike nood te

verlig, hoofsaaklik in gemeenskappe waar

staatshulp nie algemeen beskikbaar is nie; en om

te verseker dat goeie sorgstandaarde gehandhaaf

word.

Besoek www.helpendehand.co.za

22 April 2011

Earth Day

ARGITEKTUUR IN NAMAKWA

MATJIESHUT

Die matjieshut was die tradisionele woning van die veeboer in Namakwaland sedert die jare

toet. Die Khoikhoi het die hut saam met hom gebring, gelaai op sy pakos, toe hy so 2000

jaar terug Namakwaland vanuit die noorde binnegetrek het.

‗n Matjieshut word met matte en ‗n raamwerk van pale gemaak, en het ‗n ronde vorm. Die

matte word gemaak van biesies wat hoog en ruig in die Kamiesberge se klowe groei. Die

pale is van die Soetdoring (Acacia karoo) of Abiekwa (Tamarix usneoides) gekap. In ‗n

area waar bome maar skaars is, kan pale kap ‗n hele dag lank wees of jou ver laat loop.

Die biesies word in die somermaande gepluk en moet volgroei wees, nie meer groen nie.

Anders is die vesel in die lang reguit biesie nie taai genoeg nie, en sal jy andersins ‗n matjie

van swak gehalte hê. Dit word in die son oopgesprei vir agt tot veertien dae, na gelang van

die weer, om te droog. Wanneer die biesies droog genoeg is, word dit gesorteer in bondels

van min of meer dieselfde lengtes en die aand in water gesit. Die biesies word aanmekaar

geheg met tou. Eers word gate met ‗n metaal-els deur die biesie gesteek. Die els word

self gemaak en is so ongeveer 5 mm breed en 40 tot 50 cm lank. Agter aan die els kom ‗n

selfgemaakte houthandvatsel. In die ou dae is die els en die naald van geelhoutbos

(Richtersveld) gemaak. ‗n Naald met ‗n oog voor in die effens spiesvormige punt word

gebruik om die tou deur te trek. Die deurgetrekte tou word met ‗n strykplank plat gedruk.

Die aksie word matjiesteek genoem.

Die matjieshut is lugtig, lig en koel in die somer en warm in die winter. Wanneer dit reën,

swel die biesies en hou die nattigheid uit. Die hut slaan maklik op, en breek maklik af. Dit

is dus uiters geskik vir die rondtreklewe van die veeboer.

DIE KOKERBOOMHUIS

In Namakwaland is daar areas waar

die bekende Kokerboom in woude

voorkom. So ‗n area is Rooifontein.

Dit is dan ook hier waar ‗n mens die

Kokerboomhuise begin aantref.

Hierdie Kokerboomhuis is ‗n treffende

voorbeeld van wat beskikbaar is in die

omgewing om ‗n huis mee te bou, veral

dan in ‗n area waar ander bome skaars

is.

Slegs dooie bome wat al goed droog

is, en nog in ‗n goeie toestand is, is

gebruik vir die bou van hierdie huise.

Eers word die koppe, die takgedeeltes,

afgesaag. Die stam word in die lengte

in planke gesaag wat ongeveer 20 cm

breed is.

‗n Fondasie van ongeveer 30 by 24 cm

breed word gegrawe. Die gesaagde

dele word met hul ―kopkant‖ in die

grond geplant. Die planke word al om

die ander een met dun en breë kante

geplant. Houtpenne word gebruik om

die stukke aanmekaar vas te maak.

Die huise is gewoonlik in ‗n reghoekige

vorm gebou. Die dak word ook van

die kokerboomplanke gemaak. Klei

word gebruik om gapings tussen die

stukke as ―muur‖ toe te pleister. Die

huise is ongelooflik koel in die somer,

en die mense het ook koelers van die

kokerbome gemaak. Hierdie huise

sou ook ‗n aparte kookskerm gehad

het. Kokerboomstamme is ook

gebruik om krale, veral lammerkrale,

mee te maak.

(Namakwa Nasionale Parke)

19

Die Houthoop Gasteplaas

15km buite Kleinzee

0832362152

19

20