01.05.2013 Views

OPVOEDING

OPVOEDING

OPVOEDING

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

6 E.G.White - Opvoeding

Die Bron en Doel van Ware Opvoeding

7

spreek nog van Sy Skepper. Nogtans is hierdie openbarings gedeeltelik en

onvolmaak. En in ons gevalle toestand, met verswakte vermoëns en beperkte

gesig, is ons nie daartoe in staat om dinge reg te vertolk nie. Ons het die

voller openbaring nodig wat God in Sy geskrewe Woord van Homself gegee

het.

Die Heilige Skrif is die volmaakte standaard van die waarheid en as sodanig

moet die ereplek in die opvoeding daaraan verleen word. Om ’n opvoeding

te ontvang wat sy naam werd is, moet ons ’n kennis van God, die

Skepper en Christus, die Saligmaker, ontvang, soos hulle in die heilige Woord

geopenbaar word.

Elke mens, na die beeld van God geskape, is toebedeel met ’n mag wat aan

die van die Skepper verwant is - indiwidualiteit, die vermoë om te dink en te

doen. Die manne in wie hierdie vermoë ontwikkel word, is die manne wat

verantwoordelikhede dra, wat leiers in ondernemingsgees is en wat karakter

beïnvloed. Dit is die werk van ware opvoeding om hierdie mag te ontwikkel,

om jongmense op te lei om denkers te wees en nie bloot weerkaatsers van

andere se gedagtes nie. Eerder as om hul studie te beperk tot wat mense

gesê of geskryf het, laat studente na die bronne Van die waarheid verwys

word, na die grenslose velde wat in die natuur en openbaring vir navorsing

blootgelê is. Laat hulle die groot feite van plig en lotsbestemmingbetrag en

die verstand sal uitsit” en sterker word.

- 18 -

Eerder as opgevoede swakkelinge, kan inrigtings van die geleerdheid mense

uitstuur wat sterk is om te dink en te doen, mense wat meesters en nie slawe

van omstandighede is nie, mense wat ’n breedte van verstand, ’n helderheid

van gedagte en die moed van hul oortuigings het.

So ’n opvoeding voorsien meer as verstandelike dissipline; dit verskaf

meer as liggaamlike opleiding. Dit versterk die karakter, sodat waarheid

en trou nie aan selfsugtige begeertes of wêreldse ambisie opgeoffer word

nie. Dit verskans die verstand teen boosheid. In plaas dat die een of ander

heersende drif ’n mag word om te vernietig, word elke motief en begeerte

met die groot beginsels van regskapenheid gelykvormig gemaak. Namate

die volmaaktheid van Sy karakter betrag word, word die verstand hernieu en

die siel na die beeld van God herskape.

Watter opvoeding kan hoër wees as dit? Wat kan sy waarde ewenaar?

“Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie en geen silwer as koopprys daarvan

afgeweeg word nie. Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie

die kosbare onikssteen en saffier nie. Goud en glas kan daarmee nie vergelyk

word nie en vir goue voorwerpe ruil ’n mens dit nie. Korale en kristal kan nie

genoem word nie en die besit van wysheid is meer werd as korale.”

Job 28: 15 - 18.

Hoër as wat die mens se hoogste gedagte kan reik, is Gods ideaal vir Sy

kinders. Godsvrug - Godgelykheid - is die doel wat bereik moet word. Voor

die student gaan daar ’n pad van oneindige vooruitgang oop. Hy het ’n doel

om te verwesenlik, ’n standaard om te bereik, wat alles goed en rein en edel

insluit. Hy sal in elke vertakking van ware kennis vorder so vinnig en so ver as

wat moontlik is. Maar sy pogings sal toegespits word op doelstellinge

- 19 -

wat soveel hoër as bloot selfsugtige en tydelike belange is as wat die hemele

hoër as die aarde is.

Hy wat met die Goddelike voorneme saamwerk om ’n kennis van God aan

die jeug oor te dra en die karakter tot ooreenstemming met Syne te fatsoeneer,

doen ’n verhewe en edel werk. Na gelang hy ’n begeerte wek om Gods

ideaal te verwesenlik, bied hy ’n opvoeding aan wat so hoog soos die hemel

en so breed soos die heelal is; ’n opvoeding wat nie in hierdie lewe voltooi

kan word nie, maar in die hiernamaalse lewe voortgesit sal word; ’n opvoeding

wat vir die suksesvolle student sy paspoort verseker uit die voorbereidingskool

van die aarde na die hoër vlak, die skool daarbo.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!