01.05.2013 Views

OPVOEDING

OPVOEDING

OPVOEDING

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

10 E.G.White - Opvoeding

GRONDBEGINSELS

11

Aan Adam en Eva is die sorg van die tuin toevertrou, “om dit te bewerk en

te bewaak.” Genesis 2:15. Hoewel hulle ryk was aan alles wat die Eienaar van

die heelal kon voorsien, moes hulle nie ledig wees nie. Nuttige arbeid is as

seën aan hulle opgedra, om die liggaam sterk te maak, die verstand te laat

uitdy en die karakter te ontwikkel.

Die boek van die natuur, wat sy lewende lesse voor hulle uitgesprei het,

was ’n onuitputlike bron van lering en lus. Op elke blaar van die bos en klip

van die berge, in elke skynende ster, in aarde en see en lug was die Naam

van God geskrywe. Met sowel die lewende, as die lewenslose skepping - met

blaar en blom en boom en met elke besielde wese, vanaf die leviatan van die

waters tot die stofdeeltjie in die sonstraal - het die Edenbewoners omgegaan

en van elkeen sy lewensgeheime opgediep. Gods heerlikheid in die hemele,

die ontelbare wêrelde in hul ordelike omwentelinge, “die gesweef van die

wolke” (Job 37:16), die geheimenisse van lig en klank, van dag en nag - was

alles studieonderwerpe vir die leerlinge van die aarde se eerste skool.

- 22 -

Die wette en werkinge van die natuur en die groot waarheidsbeginsels

wat die geestelike heelal beheer, is deur die oneindige Bewerker van alles

vir hul verstande oopgestel. In “die verligting ... van die kennis van die heerlikheid

van God” (2 Korinthiërs 4:6), het hul verstandelike en geestelike kragte

ontwikkel en hulle het die uitnemendste vreugde van hul heilige bestaan

gesmaak.

Soos dit uit die Skepper se hand voortgekom het, was nie net die tuin van

Eden nie, maar die ganse aarde wonderskoon. Geen sondesmet, of doodskaduwee,

het die lieflike skepping geskend nie. Gods majesteit het die hemel

bedek en die aarde was vol van Sy lof (Habakuk 3:3), “toe die môresterre

saam gejubel en al die seuns van God gejuig het.” Job 38:7. So was die aarde

dan ’n paslike sinnebeeld van Hom wat “lankmoedig en groot van goeder

tierenheid en trou” (Exodus 34:6) is; ’n paslike studie vir diegene wat na Sy

beeld geskape is. Die tuin van Eden was ’n voorstelling van wat God verlang

het die hele aarde moes word en dit was Sy doel dat, namate die menslike

geslag in getalle toeneem, hulle ander huisgesinne en skole sou stig soos

die een wat Hy gegee het. So kon die hele aarde met verloop van tyd in besit

geneem word deur huisgesinne en skole waar die woorde en werke van God

bestudeer word en waar die studente op dié manier toegerus sou word om

steeds meer en meer volkome, deur die eindelose eeue heen, die lig van die

kennis van Sy heerlikheid te weerkaats.

Die Kennis van Goed en Kwaad

“OMDAT HULLE DIT NIE DIE MOEITE

WERD GEAG HET OM GOD IN ERKEN-

TENIS TE HOU,” IS “HUL ONVERSTAN-

DIGE HART ... VERDUISTER,”

- 23 -

HOEWEL hulle onskuldig en heilig geskape is, is dit nie vir ons oerouers onmoontlik

gemaak om verkeerd te handel nie. God kon hulle geskape het

sonder die mag om Sy vereistes te oortree; maar in so ’n geval sou daar geen

karakterontwikkeling kon plaasvind nie; hulle diens sou nie vrywillig gewees

het nie, maar gedwonge. Daarom het Hy aan hulle die mag gegee om te kan

kies - die vermoë om gehoorsaamheid te bewys of te weerhou. En alvorens

hulle ten volle die seëninge kon ontvang wat Hy graag wou skenk, moes hul

liefde en lojaliteit getoets word.

In die tuin van Eden was “die boom van die kennis van goed en kwaad... En

die Here God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die

tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad,

daarvan mag jy nie eet nie.” Genesis 2:9-17. Dit was Gods wil dat Adam en

Eva nie die kwaad sou ken nie. Die kennis van die goeie is vrylik aan hulle

verleen; maar die kennis van die kwaad - van sonde en die gevolge daarvan,

van moeisame arbeid, van kommer en angs, van teleurstelling en verdriet,

van pyn en die dood - dit is in liefde weerhou.

Terwyl God die mens se welvaart beoog het, het Satan na sy ondergang

gestreef. Toe Eva die Here se waarskuwing

- 24 -

oor die verbode boom in die wind geslaan het en gewaag het om dit te nader,

het sy met haar vyand in aanraking gekom. Nadat haar belangstelling en

nuuskierigheid ge wek is, het Satan daartoe oorgegaan om Gods woord in

twyfel te trek en wantroue in Sy wysheid en goedheid te saai. In reaksie op

die vrou se verklaring oor die boom van kennis, dat God gesê het: “Julle mag

daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe,” het die

bedrieër geantwoord: “Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as

julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur

goed en kwaad te ken.” Genesis 3:3-5.

Satan wou graag die skyn wek dat hierdie kennis van goed, met die kwade

vermeng, ’n seën sou wees en dat God, deur hulle te verbied om van die

boom se vrugte te eet, groot voordele van hulle weerhou. Hy het nadruklik

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!