You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
26 E.G.White - Opvoeding

Die Opvoeding van Israel

27

gelei en daar was geen vreemde god by hom nie.” Deuteronomium 32:10-12.

“Want Hy het gedink aan sy heilige woord, aan Abraham, sy kneg. En Hy

het sy volk laat uitgaan met vreugde, sy uitverkorenes met gejubel. En Hy

het aan hulle die lande van die heidene gegee en wat deur volke met moeite

verwerf is, het hulle in besit geneem, dat hulle sy insettinge kan onderhou en

sy wette bewaar.” Psalm 105:42-45.

God het Israel met elke gerief omring, hulle elke voorreg vergun, wat hulle

’n eer vir Sy Naam en ’n seën vir die omliggende nasies sou maak. As hulle

op die weë van gehoorsaamheid sou wandel, het Hy belowe dat Hy hulle

“die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot ’n lof en ’n roem

en ’n sieraad.” “Al die volke van die aarde,” het Hy gesê, “sal sien dat die Naam

van die Here oor jou uitgeroep is en hulle sal vir jou vrees.” Die volkere wat al

hierdie verordeninge hoor, sal sê: “Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en

verstandige volk.” Deuteronomium 26:19; 28:10;4:6.

In die wette wat aart Israel toevertrou is, is uitdruklike onderrig oor opvoeding

gegee. Aan Moses het God Hom te Sinai geopenbaar as ’n “barmhartige

en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.”

Exodus 34:6. Hierdie beginsels wat in Sy wet beliggaam is, moes die vaders

en moeders in Israel aan hulle kinders leer. Moses het ooreenkomstig die

Goddelike opdrag aan hulle verklaar: “Hierdie woorde wat ek jou vandag

beveel, moet in jou hart wees; en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor

spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.”

Deuteronomium 6:6; 7.

- 41 -

Hierdie dinge moes nie as ’n droë teorie geleer word nie. Diegene wat

waarheid meedeel, moet self die beginsels daarvan beoefen. Net deur die

karakter van God in die regskapenheid, adel en onselfsugtigheid van hul eie

lewens te weerkaats, kan hulle op andere ’n indruk maak.

Ware opvoeding is nie die afdwing van onderrig op ’n onvoorbereide en

onontvanklike verstand nie. Die verstandelike kragte moet gewek en die

belangstelling wakker gemaak word. Hiervoor het Gods onderwysmetode

voorsiening gemaak. Hy wat die verstand geskep en Sy wette bepaal het,

het dienooreenkomstig vir die ontwikkeling daarvan voorsien. In die huiskring

en die heiligdom, deur die dinge van die natuur en die kuns, in arbeid

en fees, in heilige gebou en gedenksteen, deur ontelbare metodes, rites en

simbole het God aan Israel lesse geleer wat Sy beginsels geïllustreer en die

herinnering aan Sy wonderdade verduursaam het. Dan, soos daar navraag

gedoen is, het die gegewe onderrig verstand en hart beïndruk.

In die reëlings vir die opvoeding van die uitverkore volk, het dit duidelik

geblyk dat ’n lewe wat God tot middelpunt neem, ’n volkome lewe is. In elke

behoefte wat Hy ingeplant het, voorsien Hy om te versadig; elke ingeskape

vermoë trag Hy om tot ontwikkeling te bring.

God het, as Bron van alle skoonheid en self ’n liefhebber van die skone,

voorsien om in Sy kinders die liefde vir skoonheid te bevredig. Hy het ook vir

hulle sosiale behoef tes voorsiening gemaak, vir die vriendelike en hulpvaardige

samesyn wat soveel beteken om meegevoel aan te kweek en om die

lewe op te vrolik en soet te maak.

As opvoedkundige middel is ’n belangrike rol deur die feeste van Israel

gespeel. In die alledaagse lewe was die gesin sowel ’n skool as ’n kerk, met

die ouers as leerkragte vir sekulêre en godsdienstige onderrig. Maar drie

keer per

- 42 -

jaar is daar spesiale tye vir sosiale samesyn en aanbidding bepaal. Eers te

Silo en later te Jerusalem, is hierdie byeenkomste gehou. Net van die vaders

en die seuns is daar vereis dat hulle teenwoordig moet wees; maar niemand

wou graag die geleenthede van die feeste verbeur nie en, sover moontlik,

het die hele huisgesin dit bygewoon; en saam met hulle, as deelnemers aan

hul gasvryheid, was die vreemdeling, die Leviet en die arnie.

Die reis na Jerusalem, op die eenvoudige patriargale manier, te midde van

die lenteskoonheid, die weelderige hartjie van die somer of die rypgeworde

herfsglorie, was ’n genot. Met dankoffers het hulle gekom, vanaf die grysaard

tot die klein kindjie, om God in Sy heilige woning te ontmoet. Op die reis is

die ondervindings van die verlede, die verhale wat oud en jonk nog steeds so

lief het, aan die Hebreeuse kinders oorvertel. Die liedere wat hul woestynomswerwinge

verbly het, is aangehef. Gods gebooie is gesing en, verbind met

die geseënde invloede van die natuur en goedige menslike samesyn, is dit

vir ewig in die geheue van menige kind en jongmens ingeprent.

Die seremonies in verband met die Pasgadiens wat te Jerusalem gadegeslaan

is - die nagtelike byeenkoms, die mans met hulle omgorde lendene,

met skoene aan die voete en staf in die hand, die haastige maaltyd, die lam,

die ongesuurde brood, die bitter kruie en, in die plegtige stilte, die opnuut

gesproke verhaal van die gesprinkelde bloed, die doodsengel en die grootse

opmars uit die land van slawerny - dit alles was van so ’n aard dat dit die verbeelding

aangegryp en die hart beïndruk het.

Die huttefees, of oesfees, met sy offergawes uit boord en landery, sy weeklange

kampering in die Iowerhutjies, sy gesellige herenigings, die gewyde