01.05.2013 Views

OPVOEDING

OPVOEDING

OPVOEDING

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

22 E.G.White - Opvoeding

Die Opvoeding van Israel

23

In Sy handelinge met die swerwers in die woestyn, te midde van al hul omwandelinge

heen en weer, in hul blootstelling aan honger, dors en vermoeienis,

in hul gevaar van heidense vyande en in die openbaring van Sy voor-

sienigheid vir hulle verligting, het God getrag om hul geloof te versterk deur

aan hulle die mag te openbaar wat voortdurend tot hulle voordeel gewerk

het. En nadat Hy hulle geleer het om op Sy liefde en krag te vertrou, was dit

Sy doel om, in die voorskrifte van Sy wet, die karakterstandaard aan hulle

voor te hou wat Hy verlang het hulle deur Sy genade moes bereik.

Kosbaar was die lesse wat gedurende hulle verblyf te Sinai aan Israel geleer

is. Dit was ’n tydperk van spesiale opleiding vir die erfenis van Kanaän.

En hulle omgewing hier het die vervulling van Gods doel begunstig. Op die

kruin van Sinai, wat die vlakte oorskadu waar die volk hul tente opgeslaan

het, het die wolkkolom gerus, wat die gids gedurende hul reis was. Snags as

vuurkolom het dit hulle

- 35 -

van Goddelike beskerming verseker; en terwyl hulle deur die slaap omsluit is,

het die brood van die hemel saggies op hul laer neergedaal. Orals daaromheen

het geweldige, ruwe hoogtes in hul plegtige grootsheid van ewige verduring

en majesteit gespreek. Die mens is daartoe gebring om sy onkunde

en swakheid aan te voel in die teenwoordigheid van Hom wat “die berge

geweeg [het] met ’n weegtoestel en die heuwels met ’n weegskaal.” Jesaja

40:12. Hier het God, deur die openbaarmaking van Sy heerlikheid, probeer

om Israel met die heiligheid van Sy karakter en vereistes te beïndruk en die

ontsettende skuld van oortreding.

Maar die volk was traag om die les te leer. Omdat hulle in Egipte aan tasbare

voorstellings van die Godheid gewoond was wat ook dikwels van die

verlagendste aard was, was dit vir hulle moeilik om ’n denkbeeld van die

bestaan of karakter van die Onsienlike te vorm. Uit medelye met hul swakheid,

het God hulle ’n simbool van Sy teenwoordigheid gegee. “Ook moet

hulle vir My ’n heiligdom maak,” het Hy gesê, “dat Ek in hulle midde kan

woon.” Exodus 25:8.

Met die bou van die heiligdom as woonplek vir God, is Moses beveel om

alle dinge te maak volgens die patroon van die hemelse dinge. God het hom

na die berg toe geroep en aan hom die hemelse dinge geopenbaar en volgens

die gelykenis daarvan is die tabernakel gemaak, met alles wat daaraan

verbonde was.

So het Hy aan Israel, wat Hy verlang het om Sy woonplek te maak, Sy

heerlike karakterideaal geopenbaar. Die voorbeeld is op die berg aan hulle

getoon toe die wet van Sinai afgekondig is en God voor Moses verbygegaan

en verklaar het: “Here, Here, barmhartige en genadige God, lankmoedig en

groot van goedertierenheid en trou.” Exodus 34:6.

- 36 -

Maar hierdie ideaal was hulle, op sigself, magteloos om te verwesenlik. Die

openbaring te Sinai kon hulle net hul behoefte en hulpeloosheid laat besef.

’n Ander les wat die tabernakel, deur sy offerandediens, moes leer, was - die

les van kwytskelding van sonde en krag deur die Heiland vir gehoorsaamheid

tot die lewe.

Deur Christus moes die doel verwesenlik word waarvan die tabernakel ’n

simbool was - daardie heerlike gebou, met mure van glansende goud wat

in reënboogkleure die gordyne weerkaats het waarop die gerubs uitgewerk

was, die welriekendheid van die ewig brandende wierook wat alles deurtrek

het, die priesters in vlekkelose wit geklee en in die diep verborgenheid van

die binnevertrek, bokant die versoendeksel, tussen die figure van neergeboë,

aanbiddende engele, die glorie van die Allerheiligste. In al hierdie dinge

wou God graag hê dat Sy volk Sy doel met die menslike siel moes bespeur.

Dit was dieselfde doel wat lank daarna deur die apostel Paulus uiteengesit is

toe hy deur die Heilige Gees gespreek het: “Weet julle nie dat julle ’n tempel

van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van

God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig en dit is

julle.” 1 Korinthiërs 3:16, 17.

Groot was die voorreg en eer wat met die toebereiding van die heiligdom

aan Israel vergun is; en groot was ook die verantwoordelikheid. ’n Gebou van

onoortreflike luister wat vir sy samestelling die kosbaarste materiaal en die

mees verhewe kunstigheid vereis, sou in die woestyn opgerig word deur ’n

volk wat so pas uit slawerny ontsnap het. Dit het na ’n oorweldigende taak

gelyk. Maar Hy wat die bouplan gegee het, het belowe om met die bouliede

saam te werk.

“Verder het die Here met Moses gespreek en gesê: Kyk, Ek het Besaleël, die

seun van Uri, die seun van Hur,

- 37 -

van die stam van Juda, by sy naam geroep; en Ek het hom vervul met die Gees

van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande

werk. ... En kyk, Ek het hom Oholiab bygegee, die seun van Ahisamag, van die

stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid

gegee, dat hulle alles wat Ek jou beveel het, kan maak.” Exodus 31:1 - 6.

Watter skool vir vakmanne was dit nie daar in die woestyn, wat Christus en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!