02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

die het Hy gesê: U is my Seun. Hier word gepraat van die ewige generasie. Die mens

verwek 'n kind wat 'n bestaan apart van hom verkry. By God is Vader en Seun nooit

weg, los van mekaar nie.

Engele is gesamentlik seuns genoem (Job 1:6), maar net van een geld dit in enkelvoud

(Luk. 1:32).

□ Hy bring die Eersgeborene in (1:6). Die Hy moet die Vader wees en Eersgeborene is

Jesus Christus. Dis 'n eretitel en dui 'n besondere verhouding met die Vader aan (Rm.

8:29; Kol. 1:15). Die aanhaling kom in die Septuaginta (O.T. in Grieks) só voor in

Deuteronomium 32:43 en bietjie anders in Psalm 97:7. Die weer bied

vertalingsprobleme: Sê God weer of bring Hy weer die Seun in (wederkoms)? Dit gaan

in elk geval om die hoogheid van die Seun bo engele.

Christus is God

Kyk ons mooi na die aanhalings, dan merk ons nog die volgende op:

Die grootheid en oorwig van die Seun in vergelyking met die engele is klaarblyklik. So

handel vss. 7 en 14 oor die engele en tussenin gaan dit oor die Seun.

Wat in die Ou Testament van God gesê is, word hier doodgewoon op die Seun

oorgebring (1:10 — 12). By erkenning van die Godheid van die Seun lewer dit geen

probleme nie (1:8, 9 en Ps. 45:7; 1:10 en Ps. 102:26).

Die aandag val op die aarde, maar veral op die hemel, waar die engele besonderlik werk

en voor God dien. Alles wat geskep is, kan vergaan — of soos 'n kleed opgerol en

eenkant geskuif word (1:11, 12). Alleen God is ewig en werklik blywend.

Die triomf van die Seun (Middelaar) ná sy volbragte werk en hemelvaart (1:3) word weer

beklemtoon (1:13). Jesus en sy teenstanders het in elk geval beide die Psalm Messiaans

bekyk (Mt. 22:41 e.v.). Ook Petrus het getoon dit geld van Christus (Hd. 2:33e.v.).

Wat in 1:1 — 4 gestel is, word eintlik in 1:5 — 14 uit die Ou Testament bewys. Veral is

duidelik dat die engele onder die Seun in eer en posisie is. Hulle is hoogstens dienende

geeste. Hy is wel verneder en was nederig, maar het toe op grond van sy werk en as loon

dié hoë posisie van die Vader ontvang. Deur Hom verkry verloste mense die saligheid en

die engele is daar om hulle te dien (1:14).

Die gedagte in die laaste vers help as oorgang na die volgende uiteensetting waarby die

saligheid en die engele verder ter sprake kom — om die heerlikheid van die Seun en sy

werk verder aan die lig te bring en te beklemtoon.

10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!