02.05.2013 Views

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

Gepubliseer op - AH Bogaards

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

dat die woord volmaak dieselfde grondwoord is oor die vervulling van die Skrifte (Jh. 19:28)

en die volbring aan die kruis (Jh. 19:30).

Die een uit wie almal is (2:11) word soms gelees as siende op Abraham, maar geld seker

beter as van God. Die Middelaar is unieke Seun (1:3), maar deur Hom word die gelowiges

weer kinders van God (2:11). Hy verander nie net hulle posisie voor God nie, maar gaan

verder om hulle te heilig — te bevry van sondesmet en dat hulle voor God kan kom. Hy stel

Hom op een lyn met diegene wat Hy verlos — Hy noem hulle broeders. Dit hou nog nie in

dat verloste mense te eie of familiêr oor en tot Hom mag praat nie.

Die aanhalings (2:12, 13) as bewys kom uit Psalm 22:23, wat gepas is by/van Christus (dink

aan Godverlatenheid — Ps. 22:1). Verder kom dit waarskynlik uit Jesaja 8:17, 18, terwyl die

en verder net ingevoeg is om te beklemtoon. Dit dui op Christus onder sy volk, en dien as

oorgang tot 'n volgende saak.

Die ware Verlosser

Die sprake van kinders gee aanleiding om oor Christus se kindskap of vleeswording te

handel (2:14e.v.). Jesus is een met sy volk, maar dan moet Hy dit inderdaad wees. Deur die

sonde is dit asof Satan mag of beskikking oor die dood het. Daarmee verkneg of verslaaf hy

mense. Indien Jesus werklik wou bevry, moes Hy ook in die dood in en daarvoor vooraf in

die vlees gekom het om te kan sterf.

Daarby (2:16) kom dan weer die engele ter sprake (1:4, 7, 13; 2:2, 5). Sy verlossingswerk is

nie vir hulle nie, maar geld die geslag van Abraham — dit geld dan dié wat uit hom afstam,

maar ook almal wat deur die geloof in die seëninge van die verbond deel (Gal. 3). Die

bekommer is elders (8:9) aan die hand neem.

'n Priester moet één wees met die volk vir wie hy voor God verskyn; dat Hy hoëpriester is,

herinner aan die Ou-Testamentiese diens en sê Hy is die ewige en ware priester. Deurdat

Hy self gely het, ken Christus uit ervaring die diepste nood van die mens — en Hy sal dus

ontfermend wees teenoor dié wat in nood is. En Hy het volgehou tot die uiterste en so sy

getrouheid bewys. Juis Hy is tot die uiterste toe versoek of beproef — deur die duiwel self,

ook deur sy dissipels — en daarom geen beter een om sondaarmense te help en verlos nie.

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!